Sê seblief vir jou man hy moet lekker verjaar…sopas gesien. Van ammal hier by Die Werf.
Hoop jy’t hom vrot gespoil!
Filed under: Uncategorized | 3 Comments »
Sê seblief vir jou man hy moet lekker verjaar…sopas gesien. Van ammal hier by Die Werf.
Hoop jy’t hom vrot gespoil!
Filed under: Uncategorized | 3 Comments »
Hier’s hy Koekie…die stage is joune!
Hamburger sonder “garnish” asb / Klere vir kort mense??
Ek hou nie van uie, blaarslaai of gherkins nie. En menige male is dit ‘n moerse verduideliking aan die kassier dat ek geen “garnish” op my burger soek nie en as ek by die huis kom moet ek vir ure sit en blaarslaai afkrap (en daar gaan my sous ook), omdat “madam” nie verstaan het wat “NO GARNISH” beteken nie. “Hau, die vrou hy soek nie die garnish nie maar ek dink sy het die fout gemaak, ek denk sy hou van die blare”……fok, fok …NEE. Ek soek net die patty, sous en die bun – verstaan julle nie???
Kan daar nie ‘n “universal” woord uitgedink word, sodat die “kokke” presies weet wat bedoel word nie? Soos bv: “One Zinger, “full of shit” burger – Dan weet die ou in die kombuis dat ek geen ander “shit” op my burger soek, behalwe die patty en die sous nie??
Dit moet ‘n woord wees wat elke take-away sal verstaan. McDonnalds, Kentucky, Nandos ens. As ek vra vir ‘n burger “full of shit” moet hulle onmiddelik weet wat ek bedoel. Ek is gatvol verduidelik en dan verstaan hulle in elkgeval nie.
Nog iets wat my alie krap. Maak asb klere vir kortmense. Korter broeke en in normale sizes asb. Normale sizes soos in 36, 38 ens. Edgars, Foshini…. hallo??? Hiers ‘n mark vir julle. Ek is kort en sukkel my gat af om klere te kry wat pas. Ek kan nie net by ‘n klerewinkel instap en koop nie. Ek moet eers die broek vat en nog ekstra R30 betaal om die some korter te maak.(naaiwerk is nou nie einlik my sterkpunt nie). Dan word die “mooi” van die broek ook nog afgesny en dit lyk of ek sulke reguit “boomstomp” bene het want die kuit gedeelte sit nou by my enkels!
Hoe bly was ek nie nou die dag toe ek in Edgars instap en sien daar’s nou verskillende snitte, beskikbaar nie. “Long-leg”, “Medium-leg” en “short-leg”. Ek was so opgewonde, gryp onmiddelik ‘n broek en sit af aanpaskamer toe. *&%^&!! Ek wonder watse kort mense het sulke fokken lang bene?? Luister almal, moenie dat die “short-leg” julle bluff nie. Daai “short-leg” is maar 3cm korter as die “long-leg”.
Ek begin nou ‘n kompleks ontwikkel…. Dalk is ek die een wat abnormaal gebou is. Dit kan nie wees nie, as ek vir myself in die spieël kyk, lyk dit darem of alles in proporsie is…. Ai tog, ek gee op!
Koekie.
Filed under: Uncategorized | 5 Comments »
Jan Tuisbly was ‘n paar jaar gelede iemand wat uit vrye wil tuis gebly het.
Vandag se Jan Tuisbly het geen ander alternatief nie. Die hoë petrolprys het sy kar op blokke laat parkeer en die groceries, wat sommer so oornag vir jou ‘n ekstra R1000 ‘n maand uit die sak jaag maak dat hy noodgedwonge selfs by die huis nie altyd homself kan wees nie. So het Jan nou nog anderdag ‘n laitie ryker geword ook en nou trek Jan se gordel so styf dat sy mangels vir hulp skree.
‘n Lekker aand uit om die eerste huweliksherdenking te vier was eers beplan. Toe word dit duidelik dat jou beweegruimte eintlik beperk is tot jou nabygelee omgewing as gevolg van die jong man se teenwoordigheid en die noodsaaklikheid om nie die babysitter geheel en al aan haar eie lot oor te laat nie.
Toe kom payday, die somme word gemaak, doktersbesoeke van die vorige maand wat nou uitgesorteer moet word, ens…en jy sit met ‘n handvol note wat jy nou moet maak rek tot volgende payday. En jou beplande aand is moer toe. Wat nou gemaak?
Wel, Jan dank sy vader elke dag dat hy met ‘n vrou getroud is wat beter verstaan as wat die meeste mans aan gewoond is. Daar was fluks ingespring en in ‘n japtrap is daar Maandagaand ‘n dinee voorgesit met seekospasta en geroosterde knoffelbrood AAN TAFEL…nie voor die tv nie. Daar was gesmul…aan die kos en aan mekaar.
Maar die ete wat Jan en sy vrou wou gehad het by ‘n sushi plekkie het bly vassteek in die agterkop. En Jan maak ‘n plan. Een van die kiosks by UCT verkoop sushi…en as die goed nie uitverkoop is teen 5pm nie word dit weggesmyt. R60 later stap Jan weg 16 stukke sushie en 4 salm sushi sandwiches. Op pad huis toe stop Jan vir noodles. En loop toe ‘n bargain raak…R60 vir ‘n Oca pyp met twak en kole.
So eindig Jan en die se mevrou toe op vanaand met ‘n paar bekke vol sushie by kerslig, bietjie rooiwyn, ‘n Oca pyp wat eintlik vra om getrek te word dat die cherry geurtjie die sitkamer vul…en die klein doner begin skree van bo af.
Nou sit Jan met ‘n halwe bottel rooiwyn en ‘n gloeiende oca pyp en blog in sy studeerkamer. Dit kon erger gewees het…
Filed under: Uncategorized | 3 Comments »
Na aanleiding van die minister in die Staatspresident se kantoor Essop Pahad dat blankes die 2010 sokker wereldbeker wil sien misluk. Wel ja Essop ek is een van daardie blankes, ek is nie ’n rasis nie maar ek hoop met my hele wese dat op 99,9% word dit weggevat van Suid-Afrika af, of dat dit op ’n chaotiese fiasko sal eindig indien dit hier aangebied sal word.
Wat het jy “agbare“ minister of die patetiese ANC regering ooit vir die land beteken behalwe bevryding en om apartheid af te breek asook om rassisme te beveg. My antwoord is eintlik “fokkol“.
Hierdie land is sedert julle bewind oorgeneem het in totale anargie gedompel. Alle misdaadvorme het ongelooflik ge-”skyrocket“. Suid-Afrika word as ’n rampokkerland gesien en ’n plek wat skuiling bied aan berugte misdadigers. Ons landsgrense is ook vir die hele Afrika en enige ongewenste elemente oopgestel om te kom en gaan soos hulle wil.
Julle het ‘n kultuur van vrees gestig, ‘n subkultuur om rond te kyk oor jou skouer en om enige oomblik ‘n barbaarse aanval te verwag.
‘n Tipiese dag in die gemiddelde Suid-Afrikaner lyk so :
06H00 Staan op, drink koffie van water wat jy moet suiwer met jou eie toestel, want die water wat jou regering verskaf is besoedel en vol stront.
07H00: Maak jou motorhuis se deur oop, dankie Here my kar is nog hier. Ry uit jou motorhek wat jy eers die drie slotte van moet verwyder. Wanneer jy, uit is moet jy eers behoorlik observasie doen om te kyk wie is in jou onmiddellike omgewing en wie is ‘n moontlike aanvaller. Jy sluit weer jou hek met al drie slotte. Aktiveer jou huis se alarm en hoop dat ADT ‘n ogie sal hou oor jou plek. Al is dit omhein met palisade, lemmetjiedraad bo-oor en ook met elektriese omheining.
07H15: Jy ry soos ‘n dronkman op pad werk toe soos jy “duck en dive” vir die moerse “potholes” in die teerpaaie. By die tweede verkeerslig, staan ‘n rits motors voor jou, die motors dam vanuit alle rigtings op. Verkeersligte buitewerking as gevolg van die gebied se “loadshedding”. Terwyl jy wag vir jou beurt om te ry het vier mense al teen jou venster geklop vir aalmoese of om ‘n artikel aan jou af te smeer. Jou senuwees is op hol jou een hand op jou pistool tussen jou bene, want jy het nou net op 94,7 gehoor dat hulle ‘n motor gekaap het by die vorige verkeerslig waar jy oomblikke tevore was en dat die slagoffer uit sy motor gepluk was en terwyl hy op die teer le, het hulle sommer gou drie skote deur hom gejaag, ten aanskoue van ander motoriste en kinders.
07H30: Shit se jy vir jouself ek gaan laat wees vir werk. Terwyl jy agter ‘n skoro-skoro taxi ry wat se agterwiele wankel van een of ander meganiese fout, so deur die rook van die taxi se uitlaatgas kan jy sIen daar is ten minste dertig mense in en dis eintlik vervaardig vir sestien passasiers. Net toe jy wil verby gaan versnel die taxi na seker maklik 120 in ‘n sestig zone bebied.
08h00: Uiteindelik by die werk, ja nog ‚n dag by die plek, sug jy. Voorheen was jy lief vir jou werk, dit was ‚n uitdaging en jy het dit geniet. Maar as gevolg van affirmative action is die plek gedompel in rompslomp.Kak onbeholpe bestuurders. Oorlading en oneweredige verdeling van werk.
Tog gaan jy moedig voort en skakel jou rekenaar aan.Vandag is iets alweer verkeerd. Die rekenaar tel nie die stelsel op nie. Wat nou weer?`n Kollega kom ingestap en se dat die telefone en datakabels gedurende die nag gesteel was. Fok dis nou al die derde keer die maand.
Telkom word geskakel en laat weet hulle gaan nie meer die kabels vervang nie want dit word te veel gesteel. Nog infrastruktuur in sy moer.
16H00:Ry terug huis toe 500 meter van die huis af al weer sulke tyd – obserweer kyk in jou truspieel en kant spieeltjies – vir enige agtervolgende voertuie, en ongewenste elemente naby jou oprit.
16H30 Uit en tuis. Wonder wat gaan jy aanmekaar slaan vir aandete. Sit solank die stoof aan en ontvries solank vleis in die mikrogolfoond.Zap krag is af, nie loadshedding nie, ontploffing by substasie as gevolg van verouderde en oorlaaide stelsels, Eskom/plaaslike regering het weer gesit en slaap en nie tred gehou met ontwikkeling en nuwe toerusting nie.Nou moet ons weer daaronder ly en natuurlik weer opdok.Gaslampe aan, kerse, flitsligte.Gaan koop kos by Kentucky. Almal moet bad terwyl daar nog warm water is.
Saterdag : Braai saam met vriende vleis, lamstjoppies R69,99 per kg, boerewors R42,99 per kg, broodrolle R10,00, drinkgoed plus minus R150,00 slaai R50,00, petrol om alles te gaan koop R50,00. Bybenodighede soos botter, speserye, charcoal en blitz +/- R50,00 en dis net vir my gesin R423,00 vir ‘n braai, die ander vriende (huisgesin) moet hul eie goed bring (bring en braai). Die braai tussen ons twee gesinne (agt mense) kos jou R846,00 vir een ete.(Redicilous)
Gee ’n glimps op TV daar is nie rugby vandag nie.Jou oog vang die telling 3 vir ’n afgewaterde span van Zimbabwe en 0 vir Bafana, dis hoekom hulle so verloor, die span is dan 100% swart, geen blankes nie.Waar is kwotas nou, meneer Essop?Gelukkig het die bokke verlede Saterdag beter gevaar en die kiwis eers laat in die tweede helfte afgerantsel het nadat Pieter de Villiers eers al die kwota spelers met whities vervang het.Dis hoekom ek nie sokker in ons land ondersteun nie, daar is niks van my colour in nie.Ek wil ook `n Van der Merwe daar sien of `n ander boere van.
Sondagoggend hoor ek dat my buurman op die hoek van die straat gisteraand deur drie gewapende lafaards aangeval is terwyl hy en sy familie gebraai het in die veiligheid van sy eie huis.
Meneer Pahad ons vroue en dogters word verkrag, ons mense vermoor, beroof en bestel, ons paaie is moer toe, Eskom is ’n grap, telefoonkommunikasie word ontwrig deur kabeldiewe.Groot getalle rowers sak toe op die lughawens, banke, Carnival City en Gold Reef City Casino, skiet links en regs, dood mense, grond, huise en motors is onbekostigbaar. Polisie is korrup en hulle reageer nie of as hulle doen is dit letterlik ure na die tyd.Net ‘n brood en ‘n melk kos ongeveer R30,00 vir beide.Meneer Pahad wat julle geskep het is ‚n nagmerrie en die land is besig om vinnig ageruit te beweeg. Kyk hoe swak het jul span by die Olimpiese Spele gevaar.Ek hoop uit my hart ons verloor die 2010 sokker bid of as ons dit aanbied dat die ander lande se oe sal oopgaan oor jou en jou swak regering. Ek kan kla, want ek was aan baie beter gewoond in die ou Suid-Afrika.Swart, wit, bruin en Asiers was beter daaraan toe in die ou Suid-Afrika as nou.
Filed under: Uncategorized | 4 Comments »
Geplaas deur Dan by IAfrica…dis skreeusnaaks, as jy krieket volg!
http://iafrica.com/sport/columns/dan_world/1110700.htm
Wednesday, 20 August: Can’t wait for the one-dayers to start — all this waiting around after the Test series is getting very drawn out, and it’s getting to the guys. Had to stop Nella test driving his homemade bungee jumping cord off the top of the hotel with a very unwilling AB, and then take Vernon to hospital after he dropped a plate on his bare foot (and wasted a very good lasagne). No sign of Herschelle for the fourth day running though; bit worried about him. Flicked through the script for the hundredth time, worked on a couple of dance moves, and had an early night.
Thursday, 21 August: Very embarrassing morning. Got to the team room early, and for some reason broke into one of the Bollywood song and dance routines I’ll be performing in my first movie. I was getting to the crescendo — I pick up a piece of wood, double step down a beach, and hit a coconut to knock out an escaping mugger, and reunite a beautiful girl with her handbag, while singing about true love — when JP, Makhaya, Morné and Johan walked in. Very awkward silence; I muttered something about yoga and keeping fit, and left quickly. Had dinner with Kevin; we’re getting on really well, and I kind of like it when he calls me ‘Smithy’. Still no sign of Herschelle.
Friday, 22 August: Crazy day… Herschelle finally appeared this morning — turns out he’d been working a double shift at a nearby takeaway place, trying to earn some money. Didn’t realise he’d fallen on such hard times — he’s been sleeping on Albie’s floor, and renting out his room to a Polish family of six. Had to lend him kit for the afternoon’s game, as he’d flogged his at a pawn shop. Bad omens for the match, and we didn’t have a great day — Kev played really well, we didn’t, and we’re 1-0 down. Not a great start,
Saturday, 23 August: Vernon’s out for the next game as well — dropped a butter knife on the same foot he dropped the plate on a few days ago, and gave himself a nasty cut. Feeling really bad about Hersch, so let him do my laundry for a few quid — gives Mickey a break as well. Watched the rugby, which was horrible; throw in the Olympics, and not a great weekend for South Africa. Got a strange phone call just before bed: couldn’t understand a word, but think it was someone speaking Hindi. Could it be about the movie? Hope so. Had a couple of racks of ribs with Jacques, and went to bed. Can’t wait for the series to be over, so I can get to India and start filming.
Sunday, 24 August: Woke up with a start (and disturbed a great dream, where my first film gets an Oscar, and Jessica Alba asks for my phone number), by a large crash, and AB came tumbling into the room. Bloody Nella and his bungee jump. Thankfully AB was okay. Must be a full moon sometime soon, as Nella’s even stranger than usual (and still thinks he’s German). Team doctor gave everyone updated vaccination shots (you never know what you’ll catch in England), except for Vernon, who’s had tests, and apparently can’t catch anything. Bought a copy of ‘The Big Issue’ from Hersch, and then went out to see the new ‘Batman’ with a few of the boys. Big mistake — AB was absolutely terrified, and ended up sleeping in my room with the light on. Joys of captaincy. Phone rang again with the same person on the line — couldn’t understand a word, but almost certain it’s Hindi. Who could it be?
Monday, 25 August: Played golf with Mark, Jacques and Herschelle today (we paid for Hersch’s round). Quite bizarre — all four of us shot 83. Mark reckoned it was a sign, and that we’d all make 83 tomorrow. Mickey’s shoulder was a little painful after carrying my bag, but he should be okay. Got another of those unintelligible Hindi phone calls — could be a crazed fan, I suppose, but what if it’s a major producer? Don’t want to miss out on any big opportunities.
Tuesday, 26 August: Phone woke me this morning, with the same Hindi person on the other end — except it wasn’t Hindi at all! This time he spoke really slowly, and I could finally make out some of what he said: it was Peter de Villiers, the Springbok coach! He was in tears, and said that Saru had given him public backing, so he knew he was about to be fired. Could I please throw the game today to distract attention from the Boks, and do so spectacularly? He sounded so sad, so forlorn, that I just couldn’t say no, so I sat the team down, explained the situation, and we agreed that sometimes you have to make a sacrifice for the country. It was tough to swallow, but sometimes you just have to be bigger than the game. Wonder what Hansie would have said?
Filed under: Uncategorized | 2 Comments »
Ek dink ons moet net gou kyk na hoe die fotos opgelaai word in posts.
1 Vind die foto wat jy wil gebruik en kliek op hom
2 Right click dan op die foto en kies “save as”
3 Save die foto na jou hardeskyf toe op ‘n file naam wat jy wil he.
4 Sodra jy jou post doen, kliek op “add an image” regs bo die posting boksie.
5 Kliek “files to upload” en kies die foto / prentjie
6 Los alle details daarna net soos dit reeds is en kliek net op die dot wat sê “thumbnail”
7 Dan kliek jy op “insert into post” en Bob’s your uncle!
So sal elke foto en elke posting redelik in lyn bly met die “look” wat al reeds in werking gestel is en sal ons elke probleem met eksterne weblinks wat inkom geheel en al misloop.
Enjoy
Filed under: Uncategorized | 7 Comments »
Ek het gedink dis fan-blerrie-tasties…en nogals waar! Judge for yourself!
__________________________________________________________________
Girls leave their schedule wide-open and wait for a guy to call and make plans.
Grown women make their own plans and nicely tell the guy to get in where he fits in.
Girls want to control the man in their life.
Grown women know that if he’s truly hers, he doesn’t need controlling.
Girls check you for not calling them.
Grown women are too busy to realize you hadn’t.
Girls try to put a man ‘on lock’ by using sex.
Grown women know that it’s the sex of the mental kind that makes a man want to ‘lock’ you down.
Girls fake-moan, lay there and take the stabbing.
Grown women say, “Just stop”, get up, get dressed, and walk out.
Girls are afraid to be alone.
Grown women revel in it– using it as a time for personal growth.
Girls ignore the good guys.
Grown women ignore the bad guys.
Girls make you come.
Grown women make you come home.
Girls worry about not being pretty and/or good enough for their man.
Grown women know that they are pretty and/or good enough for any man.
Girls try to monopolize all their man’s time (I.e don’t want him hanging with his friends).
Grown women realize that a lil’ bit of space makes the ‘together time’ even more special — and goes to kick it with her own friends!
Girls think a guy crying is weak.
Grown women offer their shoulder and a tissue.
Girls want to be spoiled and ‘tell’ their man so.
Grown women ’show’ him and make him comfortable enough to reciprocate without fear of losing his ‘manhood’.
Girls get hurt by one man and make all men pay for it.
Grown women know that that was just one man.
Girls like to hear things like “I love you”
Grown women understand that if a person is with her it is because of many reasons, one of them is that he wants to be with her.
Girls fall in love, chase aimlessly after the object of their affection, ignoring all ’signs’.
Grown women know that sometimes the one you love, doesn’t always love you back — and move on, without bitterness.
Girls will read this and get an attitude.
Grown women will read this and pass it on to other Grown Women !! and men who needs to know the difference.
Filed under: Uncategorized | 7 Comments »
So lyk dit tans:
Hall of Fame nominasies:
Natalie du Toit, Taliep Petersen, Valiant Swart, Steve Hofmeyr, Percy Montgommery
Werfetter van die Maand nominasies:
Morne Harmse
Najwa Petersen
Raait, is daar nog? Julle’t tot more aand die 27ste om julle nominasies in te kry…daarna gaan dit oor in ‘n poll sodat daar demokraties gestem kan word. Die wenners word aangewys in die eerste week van sept.
Laat loop!
Filed under: Uncategorized | 18 Comments »
“Why don’t you age gracefully?” Eeeeeeeeeeeeeeeeuw!!!!! As nog een persoon dit vir my sê gaan ek ‘n tantrum gooi wat ‘n 4-jarige jaloers sal maak. Oud word is glad nie vir my nie… Ek gee nie ‘n hel om wat wie sê nie. Al wat lekker is is dat ek baie wyser is en nie ‘n flenter omgee wat mense van my sê of dink nie. Maar verder… alles begin grond toe trek en jy tel gewig op deur net aan witbrood te dink, en jou vel raak so onelasties soos ‘n ou krokkodil s’n. Hoekom het hulle nog nie ‘n pil uitgevind wat alles styftrek nie?! En nee, Viagra is nie ‘n opsie nie. Ja ek weet, ek is ydel… Aangename kennis. Dis een van my swak punte.
Ek kon nog my lewe lank eet net wat ek wil en het nooit gewig opgetel nie, en lekker sorgvry deur die lewe getrippel in my eina shorts. Ander vroue het my met haat aangekyk as ek pakke chips verorber en hulle moet knaag aan ‘n slaaiblaar. Toe slaat ek die fourties en die wiel draai en moeder natuur sê, “Vat so suster! Kom ons kyk hoe laaik jy dit om twee keer te dink voor jy iets in jou mond prop!” Eish. Dis nie lekker om die heeltyd jouself te haat oor jy lus is vir brood met dikgeplakte botter en peanut botter, pakke slap tjips wat na asyn ruik, pizzas, deep fried food, hamburgers, ens ens. En heeltyd verskonings te soek hoekom jy nie by die gym kan uitkom nie. En elke aand maar weer voor die spieëlkas te gaan sit en die duur Estée Lauder rome in te vryf en hoop ‘n wonderwerk sal oornag gebeur. Soveel tydmors, en geldmors, en niks help rêrig nie. Plooie en selluliet raak jou grootste vyand, en colour shampoo jou beste maatjie. En dan besluit jy jy gaan daai fronsplooi laat botox, en almal raai jou af en vertel jou hoe sleg dit is vir jou. Hellooooo! Lyk ek vir hulle soos ‘n health freak wat hou van joga, rooibos- en groentee? Ek hou van wyn! Spuit hom dokter, spuit hom. En as iemand my weer vra, “Why don’t you age gracefully?” Dan gaan ek antwoord, “What is so graceful about looking like a dried up prune?” En hoop daai wonderpille wat als styftrek word uitgevind voor ek vyftig slaat!
Filed under: Uncategorized | 18 Comments »
Gisteraand vra Kuifie my om ons weddingvows te hernu met ons 20ste huweliksherdenking volgende jaar. Ek is completely buite myself en opgewonde soos tien. Julle mense verstaan nie, ons eerste huwelikseremonie is nie iets wat jy oor wil vertel nie. Ek kan net sê my suster het soos ‘n os voor in die kerk neergeslaan want die dominee het eers ‘n uur lank gepreek en toe eers begin met die huweliksformulier.
Hierdie keer moet die dominee net vra: wil jy, sal jy en gaan jy? Finish en klaar. Maar dis nie die belangrikste nie, dis alles wat daarmee gepaardgaan, die ROK, die dj, die kos, die venue, die hele paartie, en ek kan die wag nie.
So bear with me, ek gaan onmoontlik wees om mee huis te hou in die volgende paar maande.
Maar terwyl ons nou op die topic is, vertel my bietjie van jou blapse op die groot dag? ![]()
Filed under: Uncategorized | 12 Comments »