Die Werf – ‘n Sticky Topic!

  • Kyk uit vir stemme wat geplaas kan word vir die Werfetter / Hall of Fame elke maand
  • Diegene wat gebruik wil maak van Die Werf se “Willie Werfetter” banner kan na die “Wie’s Ons” blad gaan om die html kode daar te copy en te paste op jou blog.
  • Is jy al deel van Die Werf op Facebook? Wil jy graag hê Die Werf moet vriende wees met jou op Facebook? Skud jou biskit!
  • Soek jy updates sodat jy die eerste sal weet van bekgevegte wat uitbreek? Kyk regs en “subscribe” per email vir daaglikse updates. MOENIE WORRY NIE, jy sal nie gespam word nie…dis Google certified.
  • Indien enigiemand enige resepte, gedigte, kort verhale, ens het wat hulle graag wil plaas, mail my gerus by diewerf@live.co.za sodat ek dit kan plaas.
  • Hou julle oge oop vir enige ander kennisgewings wat van tyd tot hier op hierdie “sticky” geplaas kan word…as enigiets noemenswaardig opduik sal dit heel eerste hier geplaas word!

Lekker kuier! ;)

Gefaal as vrou – deur Anoniem

***Hierdie diep, roerende post word gedoen op aanvraag van Anoniem – dit het so week gelede in my inbox opgedaag, maar weens “elemente” wat rondgesluip het hier eerder besluit om dit te plaas sodra dinge genoegsaam kalmeer het.  Anoniem het gevra dat ek haar naam weerhou.  Dis ‘n ware verhaal en ek voel geeer om gevra te wees om dit hier te plaas.***

Weer het ek gefaal as vrou. Ek sit en dink so baie dinge en elke keer kom dit terug na my toe dat ek gefaal het om as volwaardige vrou vir die man wat ek my lewe sou gee en in alle opsigte gegee het.

Ek het hom op ‘n “pedestal” gesit en hom bemin. In my oë kon en sou hy niks verkeerd kon doen nie. Ek het hom gefaal as vrou in so baie opsigte. Die teleurstelling is diep in my hart en seerder kan ek nie voel nie.

Ek kon hom nie ‘n kind gee nie, ek het myself en hom gefaal.

My liefde was nie sterk genoeg dat dit hom sou weerhou om aandag by ander vroue te soek nie.

My lewe het inmekaar getuimel met die eerste besef dat ek nie die enigste vrou in sy lewe is nie. Ek het gegryp na strooihalms en mis getas; getas na niks. Ek het weereens gefaal.

Daar was ‘n breek en met die terugkom slag het ek gedink ek weet nou beter…hoe om die situasie te beheer en dinge te aanvaar. Weereens het ek gefaal as vrou, want beheer kon ek beslis nie, aanvaar is nog moeiliker.

Na ‘n tyd begin mens dink jy kan dinge aanvaar, maar weereens het ek gefaal as vrou, want aanvaar kan ek nie. Baklei, skoon en vuil het niks gehelp nie. Verwyte help niks. Vingerwysing help nog minder. Aanvaarding? Weereens faal ek as vrou.

‘n Ander plek sou dalk die antwoord gee, maar selfs daar het ek gefaal. Seer soek ek na antwoorde en ek kry niks, weer het ek gefaal.

Hoe aanvaar ek dat hy eerder aandag soek by ander vroue en dat ek gefaal het in myself en as vrouwees vir die man wat ek my lewe sou gee.

Hoe kan mens vrouwees as jy so faal? Die teleurstelling is diep en mens groei seker met elke slag wat toegedien word, maar hoe staan mens op as jy faal vir die man wat jy so liefhet dat dit net te seer is.

Nederig en gedwing tot dankbaarheid

Van Phibbie – Uit die hart! Thanks bok!

Vir die laaste 3 dae sit ek die Olympiese Spele en kyk.

Met bewondering en met respek kyk ek hoe die atlete wat soveel gebreke het, dit als oorbrug, in die openbaar verskyn en hulself geheel en al totaal gee vir hul land.

Daar is sommiges met geen arms nie, hulle bereik die hoogste pieke en aanvaar hulle goue medalje met trots en stort selfs ‘n traan met die seremonie. Daar is die twee mans wat brons en goue medaljes gekry het vir hulle land. Hulle is so trots, maar weens hul cerebral palsy kan hulle omtrent nie die blomme vashou nie. Die goue medalje wenner probeer die medalje tussen sy tande sit vir die fotograwe en na die derde poging slaag hy daarin. Hy staan met ‘n glimlag en ek sit met trane.

Hoeveel het ons as mense met geen fisiese gebrek of toestand nie om voor dankbaar te wees nie? Ek is gedwing tot nederigheid en met elke medalje seremonie loop die trane.

My hoed gaan af vir elke atleet en ek dwing myself om te kyk na die positiewe dinge in ons lewens en hoeveel ons eintlik het om voor dankbaar te wees.

Werfetter en HOF stembus gesluit! En die wenners is…

……………Drumroll please!!………………

September 2008 Hall of Fame Wenner

Percy Montgomery

September 2008 Werfetter van die Maand Wenner

Essop Pahad

Gaan kyk op die onderkeie bladsye wat ons te sê het omtrent die twee individue!

DIt was lekker…binnekort weer sulke tyd vir Oktober 2008 se nominasies…hou ‘n ogie of twee oop! ;)

As die skoen jou pas………..trek hom aan !!

Sommige dinge wat ek hier op die blog kwytraak is geinspireer deur die lewe self, soos ondervinding, mediaberigte, bloggers wat comments lewer en iets aanraak wat ek dink is goeie materiaal vir `n toekomstige posting, alledaagse gebeurtenisse, famillie , vriende , vyande en sommer fokken alles.

As mense my kontak en aanvat omdat ek kwansuis hulle doelbewus aanvat of beskuldig of sugestie toe pas, en jy vat dit persoonlik op en of jy voel skuldig oor enige , dan is dit ook maar daarna toe.Lees jy dalk jou naam in my postings?

Enige ooreenkoms of skuldgevoel wat dalk erens gewek word is bloot denkbeeldig en geeneen moet dit as persoonlik sien nie ek praat net in die algemeen.Net dit het my oe al aanskou en my ore al gehoor.

Skoene word in verskillende groottes vervaardig, en as jy voel `n sekere nommer pas jou …………trek hom aan.Ek verkoop nie skoene nie.

Leon go with the flow op Bosparra, Gods water oor Gods akker?

Ek haal `n gedeelte uit ene Leon se comment op Bosparra en gaan maar net sy comment klaar maak wat hy nie behoorlik afgesluit het nie. Dit is nie `n aanval op ons goeie bure (Bosparra) nie. Maar net my mening.

Leon se:”kom ons wees realisties. 2010 gaan plaasvind ongeag wat. Go with the flow en hoop vir die beste. Alle negatiewe beelde en ondervindinge sal binne ‘n jaar vergete wees…voel jy vandag regtig nog so geskok oor 9/11 of is dit maar net nou al ‘n historiese gebeurtenis..onthou julle die 3 maande se Prinses Di dood…nee, dis ou nuus.”

Die Brein se:

Leon, O Leon jy is baie wys en jy praat ware woorde, maar weet jy hoekom is dit dinge van vergange dae en weet jy hoekom “go with the flow”.Vir iemand wat nie `n geliefde afgestaan het aan 9/11 nie sal jy vere voel na `n ruk , maar indien jy `n geliefde afgestaan het in daardie situasie/gebeurtenis sal jy dit onthou totdat jy eendag jou kop neer le.

Vir baie is prinses Diana se dood ou nuus maar vir haar twee seuns is dit rou wonde wat nooit behoorlik sal genees nie.  So ook ja sal 2010 heel moontlik plaasvind.  Maar omdat mense soos jy gou vergeet en dinge soos water van `n eend se rug af laat rol is dit sekerlik omdat jy nie weet hoe dit voel as jy in jou huis oorval word, jou vrou en dogter langs jou verkrag word en jy half dood gewetter word nie…jou seun voor jou oe doodgeskiet word nie.  Net om in die hospitaal wakker te word en te hoor jou vrou is ook later in die hospitaal oorlede aan haar wonde.  Nee! Fok more, oormore het jy dit vergeet en jy “go with the flow”.  Weet jy waardeur vroue gaan wat verkrag word?  Weet jy hoe voel `n ouer met die lewelose liggaam van sy dogtertjie in sy arms wat pas deur rowers doodgeskiet is in `n “vredeliewende” park waar hulle piekniek gehou het?

Jy se jy hoop vir die beste , hoekom hoop?  Wat se dade doen jy positief as om net te hoop, want hoop alleen sonder aksie gaan jou niks in die sak bring nie.

Leon se:”Selfs al word daar 300 doodgeskiet en 3000 vrouens verkrag sal hulle na ses maande vergeet daarvan en begin dink aan London se olimpiese spele.”

Dis waar, mense sal voortgaan, maar dink hoe lekker sou dit wees om dit saam met jou oorlede geliefde te kon kyk of wat as hy of sy dalk goed was in sport en daar kon deelneem?  As een van jou geliefdes deel raak van daardie geweldsmisdaadstatistiek of jyself teen daardie tyd dalk deurgeloop het, wat ek hoop nooit gebeur nie, hoop ek maar jy beplan maar sonder kommer en verwyt aan jou volgende “die lewe gaan maar voort projek.“

Aldus, Die Brein.

Zapiro se cartoon!

Ek het nou net my oë gesit op die sketsie van Zapiro.

Ek is ‘n stoere anti-Zuma blanke, en ek moet erken dat die cartoontjie selfs vir my so bietjie laat terugsit het in verbasing! Dis vrek skerp, maar neem dit, soos wat die ANC tans beweer, die Zuma sage heeltemal uit konteks vas?  Is dit geplaas as deel van ‘n agenda?  Indien wel, kan iemand dalk my die “agenda” wys sodat ek my stem daarby kan voeg?

Persoonlik glo ek die spyker is nie net op die kop gewetter nie, hy is sommer dwarsdeur die plank gemoer.

Vir die wat hom nog nie gesien het nie, hier’s hy:

Met dank aan Zapiro!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.