Teleurstellende vakansie oord

Soos meeste van julle seker weet was ek die naweek Sodwana toe.  Wat ‘n ongelooflike teleurstelling was dit nie vir ons nie.  Die oord waar ons gebly het was puik, seer sekerlik een van die bestes.  My diepe teleurstelling het gekom het die toestand waarin die res van die omgewing daar was.  Eerstens:  Die pad tot by die strand – ongeveer 5km – was in so toestand en was eintlik lagwekkend…..die eerste deel was so vol gate dit het gelyk asof jy moes duik en koes vir die dele van die pad wat ordentlik genoeg was om een wiel op te ry.  Die laaste deel van die pad – ja waarlik het hobbels opgehad.  Ons het sommer begin lag – want nader aan lagwekkend kan jy nie kry nie.

Die strand  – man kyk ek het al baie mooi strande gesien en ek het al strande gesien waar dinge baie verwaarloos is.  My beskeie mening is dat die mense en voertuie wat daai strande gebruik nie ‘n blerts omgee nie en net uithaal en niks insit nie. Tragies sowaar tragies.

5 Responses

  1. Nogals jammer Phibbs

    Mens haal partykeer baie geld uit om net vir ‘n rukkie te kan ontspan. Dan gebeur so iets. Mens is op die ou end so de moer in vir die gebeure op so ‘n “getaway” dat mens meer gestress is as ooit tevore daarna! En jy’t actually betaal om dit aan jouself te doen!

  2. Ja so kan ons van vele plekke praat, party plekke is so mooi maar dan is die toilette in `n toestand, vuil en stukkend, mens betaal ten duurste, as mens gaan kla, sê hulle hul sal gaan kyk maar doen nie veel daaraan nie.

  3. Phibbie, helaas is dit nie net daar wat dinge so is nie. Om die waarheid te se kan mens na ‘n land se paaie kyk, en daarvan aflei in watter toestand die land is. Dan ook die sogenaamde publieke plekke wat so vervalle geraak het.

  4. Ja dit is skrikwekkend hoe party van die strande lyk. Ek moet sê hier waar ons bly (NZ) mag jy op die strande ry met jou 4×4 of quad of enige ding wat wiele het en ek belowe jou die mense is beskaaf, kyk om hulle rond en baie verantwoordelik. Daar is 2 spesifieke strande wat baie gewild is daarvoor en dit lyk behoorlik soos spitsverkeer op ‘n naweek daar. Die mense weet daar is kinders en ry versigtig. Die een strand, Muriwai is verkriklik lank, die verste wat ons nog op die strand kuslangs gery het was so 15km in een rigting maar het weer omgedraai want die gety was besig om in te kom. Die mense sê jy kan nog baie ver teen die strand opry. Ons wil dit nog doen en kyk hoe ver. Daar is professionele ouens wat met hul 2wheelers daar op die duine ry en in die lug trek maar weereens hulle is verantwoordelik en meeste van die tyd het hulle iemand wat uitkyk terwyl die ander ry. Wat ‘n plesier om my dogtertjie van 5 soontoe te vat om met haar quad te ry en ons natuurlik ook en ook so bietjie met die 4×4.

  5. Is eintlik maar weer tipies… tipies MENS! Eish! Voel ‘n vlieende &^% vir natuur en en en!

    By the way, I LIKE!!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: