Bad of Stort

Na ek gedink ek sou vanmore diep depressed en lekker innie k@k gewees het, was dit toe nou nie so erg nie.  Jy sien die ding is so.  Ek hou daarvan om dinge te doen en dit dadelik te doen.  Mens koop nie teels etc en laat dit 3 maande le en wag tot iemand besluit dit moet nou gedoen word want die tyd is reg nie.  Na so 2 weke se deurdenkte opsies besluit ek dis nou hoe dit is en dit moet gedoen word.  Gister toe kap hulle al die ou teels af en nou staan die fan en blaas die mure droog.  (Nou daai droog blaas affekteer die voorportaal se muur ook en man is ek noual op met daai muur).  More kom sit hulle die nuwe teels in en seel die mure behoorlik.  Maar Pappie het nie geweet hy gaan gisteraand by die huis kom en daar is nie stort in die en-suite nie.  Eish.  Man en gisteraand is hy juis nie lekker nie en ek drop sommer die bom, maar ek vererre vir myself erg.  Maar ek hou my koel, want eks mos ‘n goeie vrou en GLADNIE ongeduldig nie. 

Vanmore moet Pappa in die ander badkamer gaan stort.  Klaar gestort.  Ek besig met broodjies vir hom.  (Maak nogals bleddie lekker broodjies want eks mos effe in die stront en soek DALK witvoetjie).  Vra ek so ewe:  “Werk die ander stort darem nog reg?”  Ek wag in spanning vir die hou om te val, maar al wat ek gese word is: “Ja, dis nogals goed om te weet”.  Tsk.  Bleddie man.

Ja man, ek weet is nou lang aanloop, maar ek besluit toe nou om vanmore te bad vir die eerste keer in maande.  (Ja toe ek stort want die stort is mos en-suite.)  Was dit nou lekker, vol skuimpies en die water vuurwarm.  Toe dink ek mos nou terwyl ek in die bad is, is bad ongesond of hoe.  Ek weet hulle se stort gebruik baie minder water.  Ek dink nie hulle weet hoe lank stort Pappa nie.  Wat dink julle?

7 Responses

  1. Hi julle, Ek stort nou al die afgelope 2 jr, want na my 2de operasie het ek net eenkeer probeur bad, gelukkig was dit aand gewees, daar kon ek toe nie opstaan nie, na lank se gesukkel roep ek toe vir liefie, ek lag so dat hy my nie kan uitkry, en al wat hy sê hou op lag, wel ek het nie weer in `n bad geklim nie.

  2. Hiehiehiehiehiehiehie bytjie. Ek kan dink dit was helse funny

  3. Ek hou net mooi niks van bad nie. Dit voel vir my of my vel nie kan asem haal nie (jis, maar dit klink gay!)

    Ek stort my hele lewe lank al.

    My vrou het actually een Sondag vir my probeer bedref na ek die Saterdag ‘n harde krieketwedstryd gespeel het en dit toe met ‘n groot 6-aan-‘n-kant kriekettoernooi die volgende dag (die einste Sondag) opgevolg het. Ek in poerdes merdes by die huis gekom en daar tap sy my hierdie badsout borrel move in die bad wat alles toemaak tot by die nek. Dit was nogals nice.

    Maar oor die algemeen is dit net vinniger en makliker om te stort vir my.

  4. My gewaarwording is dat mans nie graag van bad hou nie. Ek weet myne se dis soos om in jou eie sweet te le. Ek moet ook erken ek kan beslis nie ure in ‘n bad le en boek lees etc etc etc nie. As ek dit doen issit om dit klaar te doen. Soos amper oop ‘n toilet sit. Hoe de duiwel kan mens oppe toilet sit mette boek en lees terwyl jy jouself helemal vergas? Huh uh klink net nie vir my reg nie. En btw ek het nie ‘n boek nodig om nr 2 te doen nie, ek kan dit uit my kop uit doen. My ma het my mooi geleer

  5. Ek’s net so mal oor stort, hoe meer stortkoppe daar is hoe beter, Phibbie, ek vat al my leesstof saam badkamer toe, te boring om vir die muur te sit en kyk en vir die hoeveelste keer te lees wanneer verjaar wie die betrokke maand!!

  6. Koeksister: Issit om in die bad te lees of op die toilet?

  7. die toilet natuurlik, Phibbie! LOL! 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: