Die storie op News24 raakgelees

Dis uit Steve se mond:

http://www.news24.com/News24/Entertainment/Local/0,,2-1225-1242_2332971,00.html

Wat my nou so bietjie omellie is die feit dat die koerante / media eerste hiervan geweet het.  Hy het vir maande nou al ‘n paar oorvalle / aanvalle gehad as gevolg van die (onsensitiewe) media en hy vertel hulle eerste voor hy die bom laat val op die blog!  Ek laaik dit niks.

 

Ek sê nie die man skuld ons enigiets nie, maar daar is sekerlik ‘n etiek gekoppel aan so iets.  Baie van ons het hom en sy blog nou vir ongeveer twee jaar in ons huise, kantore, ens gehad as deel van ons eie internet ondervinding en dis hoe hy ons laat weet?

A nee a!

4 Responses

  1. EK het dieselfde ding gesê op daaglikse dosis en toe vat Harvey my so bietjie aan. Hy sê ons moes dit sien kom want die tekens was daar. Miskien is ek bietjie stadig maar ek het dit die minste verwag.

    Ek respekteer sy besluit en dit was anyway eerste in die media so hy kon dit maar eerste op die blog gesit het of hy het mos ons almal se epos adres, net so vinnige email gegooi het, maar nou ja dis nou gedoen en te laat daarvoor.

  2. Hallo weer aan almal
    Julle moet lekker chat vandag ek join weer more, ek mis oppad na die Sandton Convension Centre ons stal uit daar (RAIL SHOW) as daar dalk iemand hier ook daar gaan wees ons is by SIBANYE se stalletjie
    Kom loer in.
    Groetnis

  3. Beertjie

    Harvey sal jou aanvat. Hy is vriende met Steve. Steve is niks meer as ‘n baie goeie internet pel en kennis van baie van ons nie, maar my mening sal bly staan so lank as dit moet.

    Ek voel net dat aangesien die media gereeld insetsels op sy blog teen hom gebruik het en hy dit verpes het (op die oog af – hulle sê mos daar is nie so iets soos slegte publisiteit nie), hy ten minste diegene wat hom getrou gevolg en ondersteun het vir twee jaar eerste daarvan in kennis gestel het. Dit sou nie die uiteinde verander het in terme van die blog wat sluit en dat die mense moet vrede maak daarmee nie, maar ten minste sou hy daardeur ‘n sekere mate van lojaliteit teenoor sy aanhangers gewys het.

    Nou hardloop hy eers media toe, die einste entiteit wat (op die oog af) verpes, en laat sy aanhangers laaste weet.

    Ek vind dit baie slegte smaak. Dit verander nie die feit dat ek steeds sy ondersteuner is nie, maar as een sou ek graag meer takt wou sien in sy optrede.

  4. Hallo julle, ek is ook hartseer oor SSSB wat nou gesluit is, dit sou nice gewees het as ons voor die tyd geweet het wat gaan gebeur, maar per slot van rekening is Steve niks aan onsverskuldig nie, “it was good while it lasted” …… gelukkig het Pagoda32 en Phibbie ons ou sieletjies nou “gered” deur hierdie blog te stig. Hip Hip Hoera Hi Hip Hoera!!!🙂

    Chat weer later outjies

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: