Verjaarsdag

Sien een van die dae verjaar ek.  Almal het altyd die gewoonte om goed te koop wat ek nie wil he of ooit sal gebruik nie.  By Pappa soek ek ‘n “eternity” ring.  Hom sommer Saterdag oggend saam gesleep juwelier toe, maar nou is die vraag, het hy die skimp gevang.  Of tref skimpe net varke.  Ek raak sommer bedonnerd, want dis wat ek soek.  Niks anders nie.  Ek vermoed ek sal hier erg moet konkel vir daai skimp om hom te tref.  Nou die ander familie.  My ma het die beste “knack” om ‘n geskenk te koop wat ek nooit sal gebruik of dra nie, maar ek waardeer dit regtig.  Ek bere dit forever.  Wat doen ek, stuur ek lysie en se wat ek soek of gaan ek konkel konkel deur die verjaarsdag moet gaan.  Maar o my donner, gaan ek upset wees as ek self daai ring vir my moet koop.  Eish.

7 Responses

  1. Phibbie, ons hier werk almal deesdae op ‘n “wishing list”
    Voor jy verjaar stel jy ‘n wishing list op en noem allles van baie goedkoop tot duur wat jy graag wil hê en gee dit dan vir mekaar. Dan weet jy, jy kry iets wat jy graag wil hê.

  2. Ek kan dit nie try nie. Alles wat ek wil he kan my vrou nie bekostig nie. Sy’s op kraamverlog en het, na ‘n goeie paar maande se gesels daaroor, besluit om te bedank by haar werk en na kleinding om te sien.

    Ek voel in elk geval dis nie reg as ek vir haar se “koop my ‘n presentjie met die debietkaart” en ek weet eintlik het ek daarvoor betaal nie. So laat haar self besluit hoe sy wil maak.

    As daar 11 Junie niks is nie, is dit fine. Ek soek in elk geval net vir haar en my seuntjie…al die ander goeters is bysake.

  3. Hi Annie. Weet jy ne ek vra nie veel nie want ek koop dit liewer self. Ek se ook nie mens moet betaal word of vergoed word vir als wat mens doen nie. Maar as ek in oenskou neem wat ek die laaste jaar vermag het, spandeer het en k@k waardeur ek is, moet ek ‘n diamant so groot soos Kimberley se gat kry. Ek soek nie veel nie en dit gaanie eers baie kos nie, maar ek wil net voel dat ek waardeer word en dat daar vir my omgegee word.

    Pagoda: Jys bleddie man na aan my hart. Ek sien nou ons is amper dieselle teken. Lol.

  4. Phibbie maak ‘n lysie. My mense moet eerder goed koop wat ek kan gebruik, ander mors hulle net geld. Nee hier koop hulle van ‘n lysie af.

  5. Manlief het al slim geraak hy koop vir my `n kettingtjie vir my nek maar die ding is so grof, ek like van fyn kettingtjies wel as ek sê die ding is te grof dan vat hy dit vir hom se self, hie hie.

  6. Hiehiehiehiehie slim man daai ne Bytjie. Gelukkig like myne niks van juweliersware nie. Nie eers ommit te koop nie, vermoed ekke.

  7. Ek wens dit ksn slles stop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: