New Zealand, kyk hoe lag ons nou ….

Hallo julle outjies,

Voordat ek begin met my heel eerste inskrywing wil ek ietsie regstel, Pagoda dit is nie altwee laaities nie, die ene is ‘n meisiekind hoor …..🙂

Ok hier gaat ons, dankie vir die eer om hier vanuit NZ vir julle ook vir julle te skryf.

Immigrasie, mense moenie dat iemand ooit vir julle se dat dit maklik is nie, want dit is nie, daar is soveel stress aan verbonde dat ek sweer ek deur 3 bottels dye is voordat ons gevlieg het. Maar sal ek dit weer doen? JA JA JA, ter wille van my kinders, anytime.

Ons kinders leef nou soos wat ons klomp geleef het toe ons nog kinder s was. Hulle ry op hulle fietsies op die sypaadjies rond, hulle skop bal buitekant, ons loop met hulle in die aande om die blok of sommer net winkel toe. ek het gelag toe ek gesien het hoe “don’t care” die New Zealanders is, kaare word nie gesluit nie, voordeure word sommer net toegetrek sonder om dit te sluit. Daar is nie alarm stelsels nie, geen burglar bars of security gates nie. Jy is nie meer ‘n kluisenaar in jou eie huis nie ……

Almal het klippe gegooi toe ons die dag besluit het om te immigreer, ek self het begin koue voete kry op die einde se kant toe, maar julle moet dit self ervaar om dit te kan glo. Daar is nie bedelaars hierso nie, elke ene wat kan werk hierso het ‘n jobbie, of dit nou in McDonalds is of in KFC en petroljoggie, hulle doen hulle werk met trots en met ‘n smile.

Daar is nie crime hierso nie, miskien die odd occation waar iemand iets stupids sal aanvang maar dit is ook omtrent al. Jy voel sommer net veilig as jy hier aanland.

Hierso ry hulle presies in dieselfde kant as wat julle daarso in SA ry, al verskil hierso is waar julle ry voorgang het as julle wil links draai werk dit nou anders om hierso, hier moet jy eers wag sodat die ander outjie draai voordat jy kan draai. daar is ongelooflik baie verkeers-sirkels maar alles verloop vlot. En jy hoor nie taxi’s nie!! Daar is waaragtig waar geen taxi’s hierso nie, ek praat nou van die combi taxi soort🙂

Kos is baie goedkoop hierso, bv gas koeldranke $1,99c vir ‘n 2,25ltr. Pringles vir die groot blik ene $1,00. Dan praat ek nie eers van vleis en groente nie, alles is verskriklik goedkoop. Ons koop elke tweede week kruideniersware en dan meen ek dit is van skoonmaakmiddels af regdeur tot by toiletries vir $300,00. Okei ek weet as jy dit convert na Rand toe is dit seker duur, maar dit is wat ons nie kan doen nie want manlief verdien geld in dollars!

Daar is soveel mooi plekke hier om ons om te sien dat ek wonder of jy ooit verveeld kan wees hierso. Ta Mata Peak, een van die hoogste berge in New Zealand (ek dink), dit is asemrowend daarbo, jy sien net bergreeks op bergreeks. Daar is baie druiwe plantasies hierso want Hawkes Bay is nogal bekend vir hul wynmakery. En daar is ‘n strawberry farm ……

Hierso gaan die kinders skool as hulle 5 jaar oud is, skoolgelde vir ‘n jaar kos jou $70,00. Dan sluit dit boeke, stationery en als in.

As ek nou terugkyk en dink aan al die bakleiery oor ons besluit …. sal ek dit weer doen? Ja en nogmaals ja, want kyk hoe lag ons nou…… ons leef vir ‘n slag weer sonder om te worry wat gebeur volgende, is my man, kinders en familie okei? Ons leef in rus en vrede, ons leef veilig ……

 

“My innige verskoning oor die dogtertjie wat ek nou voor “laitie”… Admin, Pagoda32;  BAIE welkom met jou eerste insetsel!”

11 Responses

  1. Patches, ek beny julle en ja eks jaloers.Geniet dit.Dit klink soos die Paradys.

    My pa was laat gister middag in `n motorongeluk in Sasolburg, hy is gelukkig nie erg beseer nie, maar die motor lyk sleg, hy het erge diabetes en het in `n koma verval agter die stuur en het `n lamppaal getref.Ek is af vandag en gaan hom en my ma bystaan.

    Lekker dag almal.

  2. Patches: Puik gedoen hoor. Puik. Dis so positief.

    Brein: Ek is jammer om te hoor. Sterkte vir jou en jou familie.

  3. Ek’s so jaloers op jou Patches, maar baie bly vir jou kindertjies wat ‘n goeie lewe verdien.

    Brein: hoop jou Pa is gou beter, ek het nou-net gehoor my Ouma (92) is oorlede, dis ‘n sad dag vandag.

  4. Koeksister: Alle simpatie vir jou en jou familie. Sterkte.

    Patches: Shit ek registreer nou eers wat jy gese het. Nee man eks baie rustig en kalm. Vat baie lank om my omgekrap of bedonnerd te maak, en as ek daar is issit nag, maar eks net so gou weer inne gou bui. Al wat ek lank kan doen is sulk. Lmfga. Ek se mos altyd eks die rustige vrou wat my man kan he. Hiehiehiehiehie

  5. Hi Patches.
    Ag hemeltjie tog dit klink te goed om waar te wees. Ek’s sommer jaloers as ek hoor hoe lekker julle bly en aanpas daar. Geniet elke oomblik Patch, ek dink julle verdien dit.
    Groete hier uit ‘n flippen koue Parys (Vrystaat)
    xx
    Brein – sterkte, ek hoop hy’s ok.

  6. Patches: Ek het nou die pic veranner. Ek lyk nou vriendeliker. Lol

  7. (((Brein))) (((Koeksister))) Sterkte vir julle en ons dink aan julle.
    Jip ek kan beaam wat Patches sê want ek is ook mos in hierdie pragtige NZ. Bietjie langer as ou Patches, maar sy bly in ‘n baie mooier gedeelte as ek. Alhoewel die hele NZ pragtig is. Ek is mal oor die wynplase en sy maak my sommer jaloers maar gelukkig kan ons darem soontoe ry. Die eilande hier vanaf Auckland is net ‘n ferry rit weg. Dis asemrowend daar. Ons was al op Rangitoto eiland so 30 minute se ry met die ferry en natuulik Waiki so 25 minute met die ferry. Waiki natuurlik een van die eilande met baie wyn en olyf plase. Rangitoto is onbewoon maar pragtig.

    Hier was dit gister in Auckland 0 grade en die karre se vensters was gevries. Lekker sop en in die bed bly weer.

    Vriendelike Kiwi Groete

  8. Brein, ek so is verskriklik jammer om te hoor van jou pa, alle sterkte vriend en ek sal bid vir krag vir jou en jou familie en jou pa se vinnige herstel.

    Koeksister my innige simpatie vriendin, dit is en kan nie ‘n lekker tyd wees vir jou en jou familie nie, ek is regtig baie jammer om te hoor van jou ouma, maar eentroos wat ek miskien vir jou kan gee is dat jou ouma het ‘n goeie en vol lewe geleef.

    Alle sterkte en voorspoed vir jou en Brein.

  9. Dankie Beertjie en Patches,

    Jy’s reg Patches, sy het ‘n vol lewe gehad, snaaks hoe jy verwag dat iemand moet doodgaan, maar as dit wel gebeur, ruk dit jou nogal.

    Einde van ‘n era………..

  10. (((Koeksister))) so jammer om te hoor van jou ouma, my innige simpatie vir julle.

    (((Brein))) sterkte daar by jou ook!

    Patches ek is so bly dit gaan goed met jou daar in NZ. Dit lyk of julle feeste daar gaan hê. 🙂

  11. thanx wipneus, nou-net gehoor die begrafnis is Donderdag, 4 van ons, my ma, suster, ek en my niggie gaan van die Kaap af opry Pretoria toe.

    My ander suster kom van Zambia af, so ons klomp girls gaan weer bietjie bymekaar kom vir ‘n slag.

    My ouma was ‘n besonderse mens, wel vir my altans, gaan haar baie mis, ek mis haar al ‘n hele rukkie, sy het gely aan Alzheimers, haar wakker tye was die laaste ruk maar min gewees.

    jammer, ek moes net gesels het nou.

    lekker dag vir jou verder

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: