Duiwelstrepies

More Almal.

 

Dis nou een ergerlike swakheid van my.  Dis soos om ‘n groot sjokolade voor my te sit en te se jy mag nie vir ‘n jaar daaraan vat nie.  Ek sal dood. 

 

Ek kan net eenvoudig nie die versoeking weerstaan om gek te skeer met iemand nie.  Ek sien net so klein liggie vanne “gap” en ek vat hom.  Mense was al vir dae lank kwaad vir my oor die bleddie duiwelstrepies, maar hoe keer mens dit as dit deel van jou menswees is.

 

Dis soos om nie te lag as daar iets snaaks gebeur nie.  Ek se nogals altyd my sin vir humor is vreeslik verwronge.  Dinge wat mense nie altyd snaaks vind nie, is vir my so snaaks dat ek elke keer daaroor sal lag as ek dit sien.  Dis soos die een advertensie van Uno.  Ek het op daardie stadium ‘n Uno Mia gery so viooltjie kleur.  My eerste NUWE kar.  En was ek erg oor die karretjie.  Anyways ek dwaal nou weer af.  Daar was mos die advertensie op die tv, waar die uno stop by die stop straat, dan kom die fietsryer en hy sit sy hand op die kar.  Twee keer gebeur dit en die bestuurder is sommer lekker de moer in.  Derde keer en toe die ou dink hy sit sy hand neer, toe “reverse” die uno en die fietsryer land op sy gat.  Elke keer as ek dit gesien het, dan skree ek soos ek lag.  Baie menses al dink dis wreed, maar ek dink weer nie so nie.  Die fietsryer hette bleddie cheek sou ek se.  En dan die vodacom advertensies.  Dammit hulle is goed.  Ek wonner wie dink dit uit.

 

Dis soos om vir iemand te lag wat val.  Hoe de hel moet ek dit help?  Dis mos snaaks as iemand val, veral van iets af.  Ek weet mense kan seer kry, maar dammit daars niks snaakser as iemand oppie grond rondkruip as hy of sy probeer keer om te val nie.  Weird eish.

 

Dan my anner groot ding is iemand wat hakkel.  O donner ek draai eerder om en loop want ek kan net eenvoudig nie help nie.  Ek weet is nie reg nie, maar eish eish eish.

 

Nout ek myself helemal vergat en dalk nog mense de wetter in gemaak.  Alweer. Hehehehehehehhe.

2 Responses

  1. Phibbie ek kan ook nie altyd help om te lag as iemand val nie, dis ‘n sonde maar hel dis snaaks.
    Laat my dink aan hierdie een vriend van my. Was die Sondag in die kerk en sê hulle het een van hierdie miracle workers die dag in die kerk. Een van daardie ouens wat bid dan staan jy uit jou rolstoel op en jy kan wees sien as jy blind was en en en.
    Wel die een tannie het met krukke geloop al die jare en die ou sê hy kan enige siekte genees, wel die ou bid vir die tannie seker so 20 minute lank na hy amen sê vertel hy vir die tannie sy moet haar krukke neergooi en na hom toe loop, wel my vriend sê hy het nog nooit en ek bedoel nooit so hard in sy lewe gelag nie, want hy het nog nooit ‘n tannie so hard gesien neerdonderd mens kan dit nie iets anders noem nie, nadat sy haar krukke gelos het nie, nodeloos om te sê die gebede het nie vir haar gewerk nie.

    Ek het myself amper natgepiepie toe hy dit vir ons vertel want jy leef jouself so in die storielyn in dat ek dit voor my sien afspeel.

    Jis en nou gaan ek nie ophou lag nie.

    Kiwi Groete

  2. Beeertjie: bwhahahahahahahhaahhahahaaha daai arme man of issit arme vrou. bwhahahahahahahahhahaha

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: