Ek en my ouers die naweek…

Ek sien my ouers maar min.  En dis sad, ek weet.  Ongelukkig is my hele familie van die sort wat mekaar maar min sien.

 

Albei my ouers was gebore in groot families.  Die soort waar jy eendag wakker word en jou siblings moet tel.  My ma was een van 13 en my pa een van 12.  So met 23 direkte ooms en tannies kan mens in elk geval vergeef word as jy nie almal se name ken op begrafnisse nie, want face dit nou maar, al wanneer mens rerig kontak maak met so baie familielede is wanneer iemand dood.

 

So, met beide my ma en pa wat kom uit astronomiese families is daar van kleins af deur my opgetel hoe die dinamika in familie werk.  Jy word groot, verlaat die huis en doen jou eie ding.  Ongelukkig is die dinamika wat jy aangeleer het meer tuis in die huise van groot families en mag mens eendag op 30 jarige ouderdom agterkom dat jy erens iets gemis het.  Dis asof iets skort in jou psige.  Maar die blaam vir dit wat jy gemis het vind jy soms maar moeilik in jouself.

 

Ek is maar een van twee kinders (jonger suster) en selfs vir haar sien ek min omdat ek so “geleer” was.

 

Die ander groot verduideliking wat ek aan kan dink is die feit dat my suster van kleins af die lewe op ‘n skinkbord aan haar voete gehad het.  En ek was ‘n pak slae gegee as my rapport nie ten minste 4 A simbole gehad het nie.  Ouers besef dit soms nie, maar kinders is sponse.  En ek bedoel nie net dat jy jou woorde moet tel as jy nie wil he jou kind moet lelik praat nie.  Ek dink dieper as dit.  Ek dink aan daardie dag wat ‘n jong 11 jarige besef dat dit eintlik maar net hy teen die wereld is.

 

Anyway

 

Die uiteinde van die saak is dat ek nou al vir baie jare my eie ding doen en niks en niemand enigiets vra nie.  Nie eers my ouers nie.  Maar tog, elke keer as ek daar kom is dit asof die wereld van my skouers val en jy jou “guard” kan laat sak, al is dit net vir ‘n dag of twee.

 

Sedert 25 Augustus laas jaar het ek my ouers 2 keer gesien.  My troudag (25/08/07) en drie weke na my laitie se geboorte (middle Maart) vir ‘n dag elke keer.  My vrou kan nie aldag verstaan hoe dit moontlik is om vir so lank sonder jou ouers te gaan nie, want sy is ten minste 3 keer per week by hare vir ‘n kuiertjie.  Dit help natuurlik as jou ouers nie ‘n petroltenk ver bly nie.  En dis dan dat ek die lyne trek tussen my verhouding met die familie en die van my ouers met hulle s’n.  En ek sê dan maar net “My familie is onder my dak…”

 

Dan loop ek weg en gaan lek weer die oopgekrapte wonde.

 

Die naweek gaan my ouers kwaliteit tyd met my laitie spandeer, of hulle nou wil of nie.  Ek vertrek 15:00 en kom Sondag laat terug.  En ek weet ek sal in alle waarskeinlikheid dit weer geniet om daar te wees vir ‘n dag of wat.  Maar Sondagaand sale ek oudergewoonte weer in my eie bed kruip en dankbaar wees ek kyk na myself en my oë toemaak met die pynlike wete dat 1000 “jammers” nooit genoeg sal wees vir ‘n kind nie…en dan rustig slaap met die visie van my seun se blou peepers in my drome.

15 Responses

  1. Pagoda: Ek stem saam met jou en my hart is sommer seer saam met joune. Die besef van dinge, eish isse moeilike ding. Die wete dat jy jouself aanvaar en jou familie jou “pilar of strength”is, sal jou nog deur baie haal. Jy moet die naweek geniet. Met tyd kom die heel.

  2. Ai Pagoda, jy skryf pragtig. Ek voel saam met jou hartseer. Met jou verhaal maak jy my oe oop vandag. Ek is ook taai op my oudste en besef nie altyd hoe seer kan woorde maak nie. Jy laat my dink…
    Soos Phibbie se – tyd sal heel. Sterkte.
    Lekker dag.

  3. Ek praat nie maklik oor die goed nie. My kinderlewe was by tye maar moeilik. Fisies en emotioneel. Maar ek’s daardeur en het myself beloof om dit nooit aan my kinders te doen nie. En ek weet ek’s op die regte pad want ek kan soms vir ure nie my laitie los nie, terwyl my pa nooit so met my kon sit nie.

    ‘n Arm om my skouers was soms so ongemaklik vir hom…groot families sien! Ek mak dinge nou reg, sodat die res van die James nageslag nie deur dit hoef te gaan nie.

  4. Gert: Eks bly en ek verstaan oor die moeilik etc. Solank mens net op dit kan verbeter. Eendag sal ek jou my storie vertel. maar Sterkte vir jou

  5. Pagoda32, ek kom ook uit ‘n groot familie soos jy, verskil is ek het nog 7 broers en 2 susters, my ma was een van 12 en my pa een van 13. Ek moet verskil en sê nie alle groot families is anders nie. My ouers het altyd vir ons as kinders tyd gemaak, maak nie saak hoe moeg hulle was nie, onthou ons was 10. Hulle het altyd hul liefde vir ons gewys en ons het pakgekry as ons stout was en eenkant toe gestuur om te “sulk” en daarna was jy geroep en jy moes vertel hoekom jy dink jy pak gekry het en daar is vir jou gesê wat jy verkeerd gedoen het en daarna het hulle nogsteeds vir jou gesê hulle is lief vir jou.

    My man kom uit ‘n klein familie en sy pa het hom half doodgeslaan (hy was enigste seun). Sy pa het geen beheer gehad nie en ek is dankbaar, baie dankbaar dat my man nie na sy pa aard nie. Hy doen presies my sy twee dogtertjies wat my ouers gedoen het. As hy hulle tugtig doen hy dit op ‘n ordentlike manier en hy sê altyd vir hulle hoekom hulle raas gekry het of hoekom hulle speelgoed weggevat word en daarna gee hy vir hulle drukkies en sê vir hulle hy is nog lief vir hulle.

    Miskien is my familie anders en was ons die uitsondering op die reël en daarvoor is ek dankbaar.

    Kiwi groete
    Beertjie1

  6. Beertjie: Ek stem elke familie moet op sy eie meriete “gerate” word. Dinkie is die regte woord nie. Maar jy sal seker verstaan wat ek bedoel. My pa was een van 23 kinders. Almal een ma en pa. Hehehehehehe was nogals oppe slag innie rekordboeke. Kan jy glo mens is innie rekordboeke vir baie “spyker” (kinners). Shit is erg. Hulle was maar erg verspreid die kinders en van hulle in kinderhuise soos my oorlede pa. Ek vermoed hulle het dit rerig nie breed gehad nie. Maar ek dink die familie ding was nie by hulle nie. Daar was net n paar wat kontak met mekaar gehad het. Ek kennie eers meer as die helfte van die niggies en ooms en tannies en neefs nie. Dis woes. Mens is maar bly dat jou familie jou familie is op die ou einde van die dag ne

  7. Ek het al die vraag gevra…ek het 154 niggies en neefs. 23 ooms en tannies, getroud maak dit 46! Tussen 2 en 3 kinders elk gemiddled! Ek ken 80% van my neegs en niggies glad nie. Kan verny hom / haar loop in die straat en ek sal nie weet nie.

    Hoor vanoggend op die radio die werldrekord vir meeste kinders deur dieselle vrou is 69! Amper net tweeling en drielinge vir 24 jaar straight! Elke jaar nog!!! Goeie mensdom! Dit was erens in die 1800’s in Rusland

  8. Liewe bliksem eish

  9. Kyk vandag raak jy aan `n teer puntjie, my ma het my gehaat met `n passie, my pa het my weer vreeslik bederf, ons was 6 kinders, ek en my ma het eers vrede gemaak toe my pa oorlede is ek was toe 15 maar het getrou op 16jr, het seker die liefde gesoek ,weet nie, ons is na 23jr geskei, nou maak my dogter en haar man so met my kleinseun hulle het 2 kinders die meisiekind is alles maar boetie kry slae vir alles, sussie is met alles goed, skoolwerk, netbal, trompoppies, ens. ek word sommer van vooraf kwaad, en ek mag niks se nie want ouma sien nie wat hy doen nie, maar almal sien raak dat sussie alles is.

  10. Eish bytjie ek sien daai vannie kleinkinners en kinders wat voorgetrek word gereeld. Maak my mal hoor.

  11. Geniet jou naweek Pagoda!

  12. Pagoda, ek dink baie families sien mekaar deesdae minder as voorheen, wat is die algemeenste ding by begrafnisse of troues? Ons se vir mekaar ons moet mekaar meer sien ens. ens.

    Die lewe druk ons almal in ‘n blik, voorheen kon jy almal nooi vir ete, en nou? tensy jy ‘n paar rand in bank het, is dit bykans onmoontlik .

    Ek het 3 susters, ons het ook ‘n rowwe kindertyd gehad, probeer nou opmaak daarvoor, maar dit gaan maar sukkel-sukkel

    “they fuck you up, your parents, they do”

  13. Al wat ek vir julle ouens kan sê is: As hulle nie meer daar is nie die dag, dan wil jy hulle so bitter graag terughê jy droom jy praat met hulle. Meeste mense het ‘n seer in hulle kinderlewe, maar dit help nie jy dra dit saam jou vir die res van jou lewe nie.

    Ek verlang so na my pa dat ek sommige dae net wil gaan lê en huil en nie aangaan nie. Die wêreld is nie dieselfde sonder ‘n pa nie. Jy voel skielik weerloos. As ek net weer sy stem kon hoor en veral sy lekker lag. Hy het ook foute gehad (meer toe hy jonger was), maar hy was die liefstevolste pa wat daar ooit was. En ek dank die Heer dat hy hom vir ons gegee het, en nie ‘n nader gesin nie. Ek weet ons was bevoorreg. Moes dit net met julle deel ….

  14. Vemore eers 5 uur gaan slaap. Het met my ma gesit en tjol praat oor n bottel Olof Bergh!

    Was nice.
    My pa is darem nie meer dieselfde as toe hy jonger was nie. En ek kan sien hy probeer hard met sy dade se dat hy jammer is. Ek het maar nou besluit om die ou n fair shot te gee. So kom ons kyk…

  15. Gee hom ‘n kans Pagoda!!

    My Pa het ook die laaste ruk probeer voor hy dood is, ek het darem 2jaar voor hy dood is, met hom “opgemaak”.

    Ek is nou so jammer dat hy nie langer in my lewe kon wees nie…….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: