MAKE-OVER, MAKE-UP OVER, NUWE BEGIN

Ek het gese ek sal julle vertel van my foto.  Hier is die lang en kort van dit.  Twee jaar terug was ek absoluut op ‘n laagte punt van my lewe.  Als het gevoel dit duiwel ineen en ek het besef ek moet iets doen om ten eerste myself te red en tweedens iets te doen om my selfbeeld te verbeter.  Op daai stadium is ek net deur egskeiding, bly inne dorp waar ek bykans niemand ken, behalwe my “sussie” (vir wie ek oneindig baie dankbaar is en haar met my lewe sal beskerm, want sy is die beste mens ooit) en haar familie.  Ek het ook net deurgekom deur amper 4 jaar se invitro behandeling (f@k 50kgs opgetel met allie pille en inspuitings) en ‘n nood-histerektomie (topic beslis vir ‘n ander dag).  Ek het toe nou mooi al die gewig plus verloor.

Elke dag het ek verby die bord gery van die foto plek wat vreeslik mooi gelyk het.  Toe besluit ek dis wat ek moet doen en dis wat ek nodig het.  Afspraak gemaak en gegaan.

Daar aangekom vroeg al 8 uur die oggend.  Jeez watte treat.  Make-up opgesit, hare gedoen, naels gedoen, klere aangetrek.  Die fotograaf was ‘n vrou, baie gaaf en eks seker sy kon sien ek was helse nervous.  Ek het toe duidelik gese ek maak nie goeie pics nie.

Dammit groot was die verbasing na die eerste foto en sy my wys.  Ek kon nie glo was ek nie.  Daai sessie het aangehou vir seker 6 ure.  Paar gewaagde fotos ook gewaag.  Nee nee nie nakend nie, net sexy.  Die vrou het oor die 80 fotos van my geneem. Ek het so spesiaal gevoel en hull het als in hulle vermoeens gedoen om my so te laat voel.

Vandag weet ek dit was die beste ding wat ek ooit vir MYSELF kon doen en is geen oomblik ooit spyt nie.  My selfbeeld het ‘n ongelooflike hupstoot gekry.  Ek voel goed omtrent myself en die lewe.  En toe begin “life at 40”.

Ek kan dit aanbeveel vir enige vrou, hetsy jy oppe laagtepunt is of nie.

 

12 Responses

  1. Hallo Phibbs!!!
    Mooi gedaan. Jy’s ‘n pragtige vrou! Jou go girl!!

  2. Dankie Koekie.

  3. Dis mos Vrydag vandag. Hoe laat kan ons die bottels uitruk?? ..hehe..

  4. Allie kaste is reg. Wag net vir Dellie virrie uitdeel daarvan.

    Eks so bleddie excited ek kanie wag vir 3 uur nie.

  5. Moet ons tot 3 uur wag? Dis te lank!!

  6. Nee man wag net virrie vliegtuig en vir Dellie. Ek gaan 3 uur huistoe hiehiehiehie. Of eintlik moet ek se shopping saam manlief. hiehiehiehie

  7. Hi almal,
    Dit is ‘n heerlike blog hierdie. Ek het gereeld by Steve se blog ingeloer maar nie baie gechat nie. En dan loer ek gereeld by Xanika en Daaglikse Dosis in. Dankie vir ‘n oulike blog – Pagoda en Phibbie!!

  8. Hi Estia. Baie dankie. Kom gerus en blog ook sommer lol

  9. My F@k Pagoda. Eish jy sit sommer die pic hier. Ai jai jai. lmfga. Phibbie raak sommer nervous vir daai move.

  10. Hi Julle, man Phibbie as ek so mooi sou lyk sou ek ook my foto oral laat wys, los vir Pagoda dat hy vir ons kan wys, kyk jy is pragtig binne en buite, Hier`s `n nood berig Kkeet is alweer in die hospitaal, infeksie en sy bloei dalk weer van binne, hulle gaan toetse doen om te sien wat gaan aan, so asb mense bid vir haar, dankie.

  11. Bytjie: Dankie. Jy moet asb groete stuur vir KKeet asb

  12. Nou ja. Eks nou amper weg. Lekker naweek vir almal. Gedra julle self nou baie mooi en goed. Ek sal ook. pagoda: Geniet jou naweek. Sien weer Maandag oggend

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: