Aborsie – Nee of Ja!

Na aanleiding van gisteraand se program op Carte Blanche is ek in twee geskeur vanmore.  Ek weet nie wat ek moet voel teenoor ‘n ma wat daai besluit moet neem ten opsigte van mediese redes of verkragting nie.  Hoe besluit jy?  Ek stem nie vir aborsies vir mense wat net eenvoudig rondspyker en lekker kry daaroor nie.  Jammer daai is vir my ‘n ongelooflike NO NO.  Maar wat van die ouers wat moet besluit oor redes waaroor hulle geen beheer het nie.  Hoe besluit mens?  Hoe besluit ‘n pappa tussen die nuwe baba en sy vrou se lewens?  Hoe besluit jy as jy weet die baba met gebreke gebore word en bykans geen kans op oorlewing het nie, hoe besluit jy?  Dit maak my aan die eenkant bly ek hoef nooit daai besluit te neem nie, dis reeds vir my besluit gewees deurdat ek nie kon kinders he nie.  Maar hoe besluit mens?

23 Responses

  1. Ek voel dat aborsie oor die algemeen ‘n vorm van moord is, maar daar is ongelukkig geen ander uitweg om seker te maak ons populasie bestaan uit mense wat daar hoort nie.

    Ek kan nie verwag dat iemand wat “rondspyker” en nie sy kind wil hou dit moet doen net omdat die wet of die samelewing van hom / haar vereis op dit te doen nie…dis mos “nou jou verdiende loon”. 9 uit 10 keer word daardie arme kind in armoede grootgemaak en word nooit gemaak voel asof hy / sy rerig waardeer word nie. Om te glo dat ‘n verwagtende moeder se gevoel teenoor haar kind moet sal verander die baba eers daar is grens aan die romantiese sy. Dit gebeur wel, maar nie naastenby so baie soos wat movies ons maak glo nie.

    En ongelukkig sal daardie kinders die grootste kans staan om deel te word van die onproduktiewe, selfs misdadigerskant, van ons samelewing.

    Maak nie saak hoe die aborsie kwessie mens laat voel nie, mens moet die dinge in perspektief sien. Dit klink wreed, maar ek sal veel eerder ‘n vrou ‘n ongewenste kind se aborsie vergewe as wat ek haar sal kan vergewe vir jare se mishandeling, emosioneel of fisies, van dieselfde kind.

    Dis maar hoe ek voel…

  2. Ek stem helemal saam met jou. Dis maar ‘n helse emosionele onderwerp en gisteraand met die program het ek gesien hoe draai tot my man se gesig weg.

  3. More almal, het julle lekker naweek gehad?

    Sjoe, hierdie is ‘n moeilike een. Ek staan ook nie vir aborsie nie maar soos wat Pagoda se – vergewe eerder ‘n aborsie voordat die kind dalk jare se mishandeling moet verduur. Gelukkig was ek nog nooit in so situasie nie, so eintlik mag en kan ek nie oordeel nie. Ek dink die besluit, om ‘n aborsie te he word nie ligtelik gemaak nie.

  4. Ok, hier klim ek nou pens en pootjies in ‘n miernes in. Aborsie vir enige ander rede as verkragting en bloedskande is verkeerd. Punt! Nou gaan ek liewer verder stilbly en terugkruip in my blik….

    • hoe is dit verkeerd ?? as die persoon ( vrou of tiener )nie finansieel reg is of nie kinders wil he nie dan dit hulle besluit … ek verstaan mense sien dit as ‘n moord mag ag asb tog dink bietjie die kind het nog nie op daai ouderdom enige emosie beleef nie ,,, ek dink mense moenie judge wat andre doen nie ,,, dit hul besluit nie joune nie jy maak jou lewens keuses … bly liewers in jou blik as jy nie bietjie uit andre mense se oe uit kan sien …

  5. Pikkelik
    Moenie so wesie man!
    Gesels nog…wil graag jou why’s and why not’s hoor!

  6. More almal,

    Ek is en was my hele lewe lank net ‘n draadsitter, het nooit gedebatteer oor enigiets nie, het nooit die guts gehad om my uit te laat oor iets nie, maar sedert ek aan ‘n blog behoort, kry ek kans om daaroor te dink en selfs my sê te sê.

    Ek is vir aborsie, so there. Wanneer iemand so iets oorweeg, wat ook die rede is, doen dit dan, hoekom nog twyfel of jy die baba wil hê of nie.

    My hart breek as ek sien hoeveel mishandelde kinders daar is, en hoe hulle ly……………

  7. Pikkelik: Welkom eerstens. Disse taai onderwerp die en ou weet nie aldag watter kant toe nie. Hoe gemaak as die baba helemal gestremd is en geen kans het op oorlewing nie. Hoe maak mens? Hoe besluit mens? Dalk is dit nou tyd vir my om dankie te se dat daai besluit my nog nooit te beurt geval het nie.

  8. Koeksister: Goeie punt. Ek vermoed eks ook maar ‘n pissie en ergelike draadsitter.

  9. Oi Phibbie, as jy ‘n gebreklike kind in die straat sien gaan jy tog nie ‘n pistool gryp en hom doodskiet nie?! Wat maak ‘n fetus dan anders… Ek wil nie te diep betrokke raak nie, dit is eenvoudig my siening en ek sal daarby staan. Ek was al diep in die gevaarsone vir Downsindroom met altwee my kinders, maar ek het geweier dat Amnio’s ens gedoen word. Dit is net eenvoudig vir my ondenkbaar om ‘n ander te vermoor. Miskien is ek naief, want dit is nie ‘n maklike besluit vir enige persoon nie, maar weereens dis ‘n persoonlike besluit en nie ons reg om in ander se psiges te gaan rondkrap nie….

  10. Nee man pikkelik ek bedoel dit nie so nie ne. Eish. Ek meen net eenvoudig dat as daar geen kans is vir oorlewing en die uiterste soos sonder brein gebore etc. Ek bedoel nie sommer net gebreklik nie. Nee o donner nou klink ekke soos ‘n boef eish. Lol ek weet wat jy se ek wil net ook he jy moet ok weet wat ek bedoel.

  11. Lees gerus Francine Rivers se boek “Kind van Versoening”. Daar word elkeen van hierdie punte gedek. Ek is ook maar ‘n draadsitter oor baie dinge – het my eie siening, maar respekteer ook ander met verskille. Met aborsie het ek egter ‘n definitiewe standpunt en sal daarteen gaan betoog. Ons MAG nie besluit oor wie mag lewe en wie nie. Elke kind is ‘n unieke skepping van God en word gebore met ‘n doel in Sy unieke plan. Ek gaan ook nou maar weer terugklim in my beek!

  12. Verstaan jou punt Von, maar sal dit nie minder traumaties wees vir ‘n fetus om dood te gaan op ‘n vinnige mediese manier as wat ‘n persoon haar eie manier probeer vind by haar huis nie.

    Daar is baie desperate mense daar buite, wat enigiets sal doen, wonder waar trek mens die “menslikheid” streep?

  13. Baie welkom Von. Sal beslis daai boek gaan soek hoor. Dis ‘n baie fyn draad van reg en verkeerd met die topic. Dis egter interessant om almal se opinie te hoor en te wete te kom.

  14. Whahahahaha, 😆 @ Phibbie, ek bedoel nie jy is ‘n monster nie… Dis net my mening/standpunt/ wat jy dit ook al wil noem! Jy of wie ook al het die volste reg om van my te verskil, so sif ons maar deur die lewe…

  15. Hiehiehiehiehiehie nee Pikkelik ek voel soos een nie gese jy se eks een nie. Dis net dat ek sulke helse gemengde gevoelens het oor die topic man. Dalk soek ek helderheid deur julle comments te lees en te hoor hoe voel julle oor dit

  16. ‘n besliste NEE. soos alles in die lewe is daar soms risikos. as jy die risiko loop , maw sonder kondoom seks het, dan moet jy die gevolge dra. Dan is dit nie ‘n onverwagte gebeurtenis nie. daar is ALTYD ‘n gevaar van ‘n gebreklike kind. My ondervinding is dit is geliefde kinders selfs al is hul gestrem. Ek het ook baie kinders al gesien verwek in verkragtings – en hul ma’s het hul ook nie minder lief nie. Volgens my is daar nooit ‘n rede vir aborsie nie…Pikkelik my mening is dus selfs strenger as joune. wat bloedskande betref, kyk die pragtige kinders verwek deur die monster in Duitsland. hoekom sal mens hul wil doodmaak? die boef is die man, nie die kind.

  17. Middag Prok. Hoop nou nie ek het jou bp in die hemel in geskiet vandag nie.

  18. phibbie werk hy hier ook soos met F5 refresh? jy weet ek sokkel ma met die tegnologie. ini hof is da mos net praat….
    jy raas oor ek solank weg was, was bietjie besig jong en die werk sit al hier voor en wag. Tsk is hier ook ‘n hoofstroom lyn wa mens kan refresh ne oor als skryf of moet jy soos ‘n dronk otter na elke berig toe ry?

  19. ja prok werk ook met F5. ja prok kyk bo regs daar verskyn waar almal wat geskryf het en die nuutste inskrywings lol

  20. In my humble opinion –

    As ek verkrag sou word, gaan ek eerste dokter toe vir al die forensiese bewyse. Van daar af gaan ek apteek toe vir die morning-after pill. As dit nie werk nie, sal ek besluit wat om met die kind te maak. Aanneem as ek hom/haar nie kan aanvaar nie of self grootmaak.

    Al is die morning afterpill ook ‘n aborsie, werk dit letterlik met selle. Ek sal dit net na ‘n verkragting gebruik.

    As dit my lewe of die kind se lewe is. Eish, sal hard moet bid daaroor. Maar ek dink dit is die ma se besluit, nie die pa s’n nie. Hy kan nie oor sy vrou se lewe besluit nie, sy is nie ‘n broeikas nie.

    Dit is die enigste 2 gevalle waar ek ‘n aborsie as geregverdig sien.

  21. Welkom Adrie. Ja dit is ‘n baie moeilike onderwerp hierdie jong.

  22. God is the creator of all life. He is the lifegiver. I personally think that abortion is wrong. I have seen countless women who have had abortions and how traumatic and emotional it was for them. Many a times the devil condemned them! They felt like murders! They constantly had dreams of babies. They didn’t experience peace for their souls.
    I want to say to all women who have undergone abortions, run into the saving arms of Jesus Christ, He can forgive you and heal your broken heart. He can restore you and give you peace.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: