Histerektomie

Hiers die begin vanne nuwe week en die onderwerpe is swaar en moeilike besluite wat enige een moet neem. My eerste posting is vanmore ‘n ding wat my na aan die hart le en wat ek self beleef het.  Daai operasie verligting vir sommige pyne en skete, maar die emosionele impak en die gevoelens waarmee mens vir jare daarna moet saamleef is iets waarmee dokters, die pasiente en die mans nie werklik besef nie.  Soos julle reeds weet moes ek nood-histerektomie ondergaan.  Ek is die Donderdag-oggend gese om vir Vrydag in te boek.  Nooit het ek besef wat die 7de Februarie ooit vir my sou beteken en watter impak dit om my lewe sou he nie.  Die lewe is klaar hel met al die pyn en dan nog die ondraaglike emosionele hel wat DAAI tyd van die maand op mens het.   

Verstaan mooi, ek was verlig om te weet, ek sal nie weer deur daai pyn hoef te gaan nie.  Maar wat ek nie besef het nie, was dat daai verligting naderhand my hel sou word.

Ek onthou toe ek le in die prepsaal, ek was vrekbang en skielik het ek nie meer geweet of ek dit regte ding laat doen nie.  Ek onthou toe ek wakker word, behalwe vir die ongelooflike pyn, die morfien wat mens genadiglik in daai diep gat indryf, was ek wete en besef dat dit nou finaal verby is.  Ek sal of sou nooit eers weer kon probeer om ‘n kind te he nie.  Ek het gevoel asof ek van al my vrouwees gestroop was.  Nutteloos, asof ek niks beteken nie.  Verslae. Geskok.  Ek kan amper nie beskryf hoe ek gevoel het vir die daaropvolgende weke en maande nie.  Genadiglik het ek aanvaar, maar dit was moeiliker om te aanvaar dat ek nooit eers weer sou kon probeer om ‘n kindjie te he nie.  In elk geval nie my eie nie.

Ek het al met baie vrouens gepraat en verstom was ek toe ek agterkom daar is baie wat dieselfde as ek gevoel het, met kinders.  My gevoel is dat daar moet behoorlike konsultasie wees.  Sielkundiges se hulp moet nader geroep word.  Iemand moet vir die vrou en haar familie vertel van die implikasies en die gevoelens na die tyd.  Hoe om daarna te “cope”.  Wat dink julle?  Was julle ook daaraan onderwerp?  Was julle gevoelens dieselfde?

17 Responses

  1. Phibbie
    Ek kan nie begin om te verstaan hoe ‘n vrou moet voel nie. Ek dink die naaste daaraan is wanneer ‘n man met ‘n operasie sy pypies laat afbind.

    Dalk lê daar ‘n geleendheid vir jou ‘n “support” groep te begin en dokters en chirurge te nader met jou details sodat diegene wat in dieselfde bootjie sit of dit oorweeg eers berading en selfs die ander kant van die coin kry by dit voor hulle dieselfde deurgaan.

    Net ‘n voorstel! Baie goeie post, so by the way!

  2. Baie dankie. Ek wou al so ding doen, maar ek vermoed eks nie expierenced genoeg om so ding te loots nie. Dalk moet ek weer bietjie gaan dink oor dit als.

  3. Hallo Phibbie, ek verstaan presies hoe jy voel, ek het self daardeur gegaan amper drie jaar terug agv kanker. In die begin was dit weird, want almal wou weet,: “Maar wat as een van jou kinders iets oorkom? Wil jy nie dan ‘n ander baba he nie?”, NEE NEE NEE EN NOGMAALS NEE!! Ek sal nie en hoe kan enige iemand jou kind vervang met ‘n ander een? Ek het maar net altyd gelag en gese, nee dankie twee monsters is genoeg vir my …. maar ‘n mens kom op daardie stadium wat jy amper “half vrou” voel, niemand kan dit beskryf nie, en die wat nog nooit daardeur gegaan het nie, verstaan nog minder……

  4. Patches: Dis darem snaaks wat ‘n vrou nie als moet doen om te survive nie lol. Gelukkig het ek besef ek sal moet iets doen en daarom was die fotosessie die beste ding wat ek nog ooit kon doen om myself daaruit die groot donker gat te red.

  5. Dankie Phibbs vir hierdie post. Dit maak dit vir mense soos ek, wat nog nie daardeur is nie, dinge baie duideliker. Thanx Phibbie!

  6. Koekie al wat ek kan se is voor jy dit doen, eish moet jy weet hoe jy daaroor gaan voel en hoe anner vrouens voel wat daardeur is. Praat met vroumens wat dit al gehad het. Dit kan jou net help met vir voorbereiding van die skok wat jou liggaam gaan kry

  7. Sal ek ooit vergeet hoe depresief ek was na my operasie, ek kon vir dae aaneen huil, gelukkig gaan dit ook verby, snaaks almal het ook vir my gevra, wat as jou 3 kinders iets oor kom, maar dankie tog my kinders leef nog almal, ek sou hul ook nie wou vervang nie.

  8. Hi Phibbie,

    Jy is so in die kol met jou skrywe soos more heeldag. Ek het ‘n histerektomie op 22 gehad ook oor die groot K, ek was wel gelukkig dat ek te groot was vir my skoene en reeds kinders gehad het. Dit maak dit nie makliker nie. Nie net was ek ‘n kind met kinders nie, maar ek moet hierdie moerse operasie kry wat niemand mooi verduidelik het nie.

  9. Hi Bons. Ek wonder net hoekom hulle mens nie ordentlik kan voorberei vir dit nie. Dit bekommer my hoor erg

  10. Ek dink die oorgrote meerderheid van diegene wat die operasie doen op jou is self nog nooit in daardie posisie gewees nie of het ook self nog nie so ‘n operasie onder lede gehad nie.

    Hulle weet nie rerig waardeur vrouens gaan nie en weet dat as hulle die vrou bekommerd moet maak oor haar geestestoestand na so ‘n operasie kan dit die moontlikheid van die plaasvind van die operasie beinvloed. En soms dalk ten koste van die vrou se gesondheid.

  11. Die Brein se vrou wil graag ook haar mening gee rondom historektomie. Ek het gedurende September 2007 gegaan vir ‘n historektomie een iets in my lewe waaroor ek regtig spyt is. As ek die tyd kon terugdraai sou ek eerder elke maand die pyn verduur het maar nou kan ek ongelukkig nie. Ek het ook my emosionele tye ervaar na die operasie en ek voel net my liggaan is nie dieselfde soos voor die operasie nie.

    Vir my gaan dit nie oor om nog ‘n kind te kan he nie ek het ‘n pragtige dogter van 21 jaar en ons het van die begin af besluit om net een kind te he. My man het in 1993 gegaan vir ‘n vasektomie en ons was nog nie een dag spyt daaroor nie. Soos jy se dit voel so finaal dit voel vir my of iets weg is binne in my en ek weet ek kan niks daaraan doen nie. Afgesien van my emosionele gevoelens kan ek se ek en my man geniet mekaar en ons het ‘n fantastiese sekslewe.

  12. Phibbie,

    Ek gaan die 25ste Aug. vir “daai” operasie, en ek is vrek bang. Voel vir my hulle gaan deel van my vrouwees wegvat. Ek het 2 kinders en wil beslis nie
    nog hê nie. Maar ai, dit bly maar nie ‘n lekker gedagte nie.

  13. My thoughts, en ek glo baie ander hier, is met jou…

  14. Goeiedag,

    Dit is vandag, Maandag, 12 Oktober 2009. Op 21 Oktober moet ek besluit of ek vir ‘n Histerektomie waar slegs die baarmoeder verwyder moet word, of ‘n abbulasie (brand van die baarmoeder wand) moet gaan. Ek het seker nou al met te veel mense gepraat en elkeen vertel sy eie ondervinding van Histerektomie. Die meeste gelukkig positief, maar helaas ek moet nou self besluit. Die rede dat ek vir enige van die 2 operasies moet gaan is swaar bloeding. My GP het my op ysterpille op die oomblik.

    Ek voel moeg die heeltyd, huilerig en is nie in staat om elke dag my werk (Bemarking) te doen soos wat ek moet nie agv ‘n gebrek aan energie? Het enige een vir my raad. Ek kan ook nie te lank van die werk af vat nie en sal dan onbetaalde verlof moet vat wat ek nie regtig kan bekostig nie.

    Ek het nog net vandag om te besluit. Ek is 45 jaar oud en wil nie meer kinders hê nie, my man het in elk geval ‘n vasektomie gehad?

    Enige raad en bemoediging sal help.

    Dankie vir die geleentheid om my vrese iewers te kon uitstort.

  15. Ek het die 22/9/2009 ‘n histerektomie gehad en voel goed na 3 weke. Ek het ook 3 kinders en my Ginekoloog het dit aanbeveel. Gee jou liggaam genoeg Rus en ontspan goed die eerste paar weke, moet niks swaar optel nie en glad nie bestuur vir 6 weke nie. Die pyn is erg maar word beter met tyd.
    Glo net en vertrou alles sal regkom! Sterkte..

  16. Regter eierstok baie vergroot. verdukking en massa?
    Pynlike menstruasie en baie lang tye bloeding. Huisdokter beveel histeriktomie aan?
    Iemand advies?

  17. hoe ongelooflik om te lees van al die verskillende gevolgtrekkings omtrent histerektomies .Elke mens is so verskillend en aanvaar dinge heel anders….Ek het vir een gegaan in April 2009,glo my dit is nie so erg as wat baie se dit is nie,ek kan beslis die vaginale histerektomie aanbeveel,baie minder komplikasies.

    Na die tyd is wat mens moet vrees..jy huil as jy nie wil nie,jy voel soos n balloon en sukkel om gewig te verloor,baie tel meer gewig op as ander gelukkiges..dan hou jy begrafnis met jou mooi,sexy klere wat nou nie eens meer by jou bobene wil op nie..en jy huil,maar soos baie ding kom daar aanvaarding,soos met die dood van iemand en jy gaan aan..lewe,want daar is niks wat jy daaraan kan verander nie.

    Lewe saam met die mood swings,hot flashes en daar is nog vele ander,en wees dankbaar vir die klein dinge in die lewe wat ons as vanselfsprekend aanvaar,want after-all,jy is nog jy,dis wat saak maak..jy het nog al jou liggaams dele en baie van julle het pragtige kidz!Ja,mans verstaan dit nie,maar het hulle ooit n vrou verstaan,voor of na die histerektomie?

    Lewe jou Lewe…..n baarmoeder is nie die einde van jou lewe ni!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: