Honde, Troeteldiere en openbare plekke

DIS NOU OOK EEN DING WAT MY DWARS IN DIE KROP STEEK. MENSE WAT NIE HUL MUNGRELLS BY DIE HUIS KAN LOS NIE.ONS IS MOS MAAR ALMAL LIEF VIR DIE GEDIERTES. EK GLO BY VERRE DIE MEERDERHEID VAN ONS HET `N PAAR TROETELDIERE BY DIE HUIS.

EN EK GLO DIE MEESTE VAN DIE PUBLIEK GAAN NA OPENBARE PLEKKE SOOS INKOPIE MALLS, RESTAURANTE, VIDEO WINKELS EN VLOOIMARKTE OM ONGESTOORD HUL BESIGHEID TE DOEN.  MAAR TERWYL JY SO SAAM MET JOU GELIEFDES IN DIE WANDELGANGE LOOP EN DIE UITSTALLINGS BESIGTIG SAL, HIER SKIELIK VOOR JOU ‘N STERT SWAAIENDE VERSKONING VAN `N BRAK STAAN EN RONDTRIPPEL EN AL ONDER JOU VOETE BELAND.TERWYL DIE BAAS VAN DIE BRAKKIE NET SMILE EN SE KOM OUBAAS SE HONNE, DIE MENSE WIL VERBY KOM.DIE PERSOON SAL NIE N BEHOORLIKE POGING
AANWEND OM DIE VLOOITAXI UIT DIE PUBLIEK SE PAD TE KRY NIE, TERWYL DIE MENSE AGTER JOU
OPDAM.

EK HET AL LUS GEVOEL OM DIE SOGENAAMDE OULIKE DINGETJIE UIT DIE PAD TE BOOT SOOS NAAS BOTHA `N BAL SOU PLACE EN DEUR DIE PALE STUUR.MAAR DAN WAS EK NATUURLIK OP AL WAT `N KOERANT WAS SE VOORBLAD EN UITGEKRYT AS SONDAAR NOMMER EEN.EK HET OOK `N HOND EN SAL WAT WIL GEE OM HOM OOK SAAM TE VAT WAAR EK OOK AL HEENGAAN.OF BETER NOG EK IS MAL OOR DOBERMANN PINCHERS NIE DIE VERSKONING VIR `N HOND SOORT NIE, MAAR DIE GROOT RAS. HOE SAL DIT LYK AS EK MET DIE AGRESIEWE HOND AAN `N LEIRIEM IN DIE BOKSBURG VLOOIMARK
RONDLOOP TERWYL DIE COIL UIT SY BEK UITLOOP?EK HET AL GESIEN HOEDAT MENSE `N HOND SAAM BRING TERWYL HULLE BY `N KOFFIEWINKEL GAAN EET. HOE LAAT DIE EIENAARS EN BESTUUR DIT TOE? NEEM HULLE NIE ANDER KLANTE IN AG NIE?  HOE HIGIENIES IS DIT? EN DAN HET DIE BRAK NOG DIE VERMETELHEID OM TEEN ALMAL WAT VERBY KOM OP TE SPRING.

EN WAAR DOEN DIE BRAK SY BESIGHEID?KYK HONDE HET DIE GEWOONTE OM TEEN ALLES TE PIE SOVER AS WAT HUL LOOP OM HUL MERK AF TE STEEK. EK HET OOK AL GESIEN HOE PIE `N HOND LANGS `N KAS IN `N VIDEOWINKEL.DAN TEL DIE BAAS HOM SKIELIK OP, SHAME.`N RUK GELEDE HET EK `N PAAR PLANTE GAAN KOOP BY `N KWEKERY, TERWYL EK NA MY MOTOR GELOOP HET , HET DAAR OOK SO SWAAP GESTOP WAT `N KLEIN PAVEMENT SPECIAL SAAM GEBRING HET. DIE OOMBLIK TOE HY DIE BRAK NEERSIT BESTORM HY MY EN MY VROU.AS EK NIE PLAKKIES AANGEHAD HET NIE HET EK HOM GESTUUR VIR`N SES. DIE KLEIN BLIKSEM HET MY AMPER GEBYT IN `N OPENBARE PLEK. DIE BAAS VAN DIE BRAK EN SY VROU HET BLY SKREEU NEE SIEBIE NEE! EINLIK MOES EK DAT DIE BRAKKIE MY `N PAAR BYTPLEKKE GEGEE HET EK SOU BESLIS `N SIVIELE SAAK TEEN SY BAAS BEGIN HET, EK KAN DOEN MET `N PAAR RAND.

AL HOU JY DIE BRAK IN JOU ARMS VAS,DIE PRINSIEP VAN DIE SAAK IS,HY IS WAAR HY NIE HOORT NIE EN KLAAR! NOU VRA EK JOU NEEM JY ANDER MENSE INAG BY OPENBARE PLEKKE?OF GAAN JY DEUR
DIE EEN OF ANDER LEWENS KRISIS?AMPER SOOS `N MIDLIFE CRISIS.?OF MISKIEN KRY JY NIE GENOEG AANDAG NIE EN HOOP`N DOGTERJIE OF TWEE SE OEE, AAH KYK DIE OU HONDJIE.SIESTOG! NIE ALMAL DINK DIS TE OULIK NIE.SO MENEER, MEVROU LOS DIE OU DIERTJIE BY DIE HUIS HY MOET `N PLESIER VIR JOU WEES NIE VIR ANDERE NIE.
 
Aangestuur deur Die Brein en onge-edit geplaas. Ek hoop die CAPS was bedoel om die ontstoke emosie oor te dra…lol

15 Responses

  1. More Brein

    Daars ‘n plek en tyd vir als. Ek het ook hondjie, maar sy gaanie saam my dorp toe nie. Teen my beginsels omme hond rond te jaag in ‘n sentrum, wat nog anner mense se kyke te aanskou

  2. Ja-nee, jy moet kwaad wees om so te tik in caps…!! 🙂
    Ek vat my boxer orals saam met my, wel altans, net kort trippies winkel toe, hy mag ook nie uitklim nie.

    Wat my lelik omkrap is as mense met hulle honde gaan stap, en hond se kind doen sy nr2 sommer in die middel van die sypaadjie waar ek moet verbystap.

    Aaaargh!!, leer jou hond maniere man!!! My hond is so geleer hy doen nie eens sy besigheid op die grasperk nie, anders dreig ek hom om hom plat te slaan met die graaf….lol!!

  3. Koeksister: Donner hoe bly is ekke eks nie jou boxer nie. lmfga! Ek weet jy sallie daai doenie, maar net incase lol

  4. Hi Brein – Amen! Iets wat ek ook haat is as ek Spar toe gaan en iemand stap by my verby met hulle hondjie binne in die trollie. Hulle sit hulle honde binne in die kos trollie – kan jy glo? Dis simpel.

  5. Phibbie, hy’s my ou baby 🙂

    Stem saam Koekie, baie simpel mense daarbuite

  6. Ai nee a! ‘n Baie groter irritasie is skreeuende stoute kinders! Los tog daai klein brat by die huis asb. Ek verkies tien maal eerder ‘n hond in ‘n mall as ‘n bederfde klein bliksem wie se ouers nie omgee dat hy/sy die dak afgil nie. So het ons almal maar ‘n broertjie dood aan iets.

  7. Annie; Dit kan amper nie die helfte so erg wees soos in Engeland nie. Daar word die stoute wetters nie eers getik nie, want dan word die ouers tronk toe gestuur. Ek se jou niks maak my maller of kwater asse kind wat GEEN maniere het of wat sy of haar ouers manipuleer nie. Ek dink ek moet sommer net hier ophou met die comment. eish

  8. Fokkit Anniegetyourgun ek stem saam ek kan skreeuende brats nie verdra nie.Ek skeer die twee onderwerpe onder dieselfde mes.Maar self my broer en sy vrou se brak moet oral waar ons gaan ons en hulle vergesel.Menig maal was ons al weggewys by plekke as gevolg van hulle brak.

    Sorry Pagoda32 ek het nie eers agtergekom ek tik in caps nie.Sallie weer nie.

  9. Hiehiehiehiehiehie Brein

  10. Ja ek hoor jou Brein, maar ek is jammer, ek hou nou maar eenmaal meer van diere as van kinders. En moenie my skiet daaroor nie! Asb! Kan dit net nie help nie. Seker maar oor ek nie kinders van my eie het nie (net stiefkenners).
    Phibbie ek stem saam jou – die ding oorsee (veral in Amerika) begin nou mos ook hier kop uitsteek. Jy mag die klein draaksel nie pakslae gee nie. Ga! Ons is gelooi toe ons kinders was en ek is seker ons generasie (die baby boomers) het baie beter maniere en is beter aangepas as hierdie X generasie!

  11. Annie ek vermoed maar ook ek sou hulle so hard gebliksem het hulle sou ore moes koop om te hoor. Ek is jammer maar ek se sommer reguit vir die ouers: maak plan of ek maak plan. Ek het net stiefkleinkinners, maar ek kan jou belowe hulle weet presies as hulle by my huis inkom en wanneer ek in die geselskap is. Respek en maniere en as hulle dit nie wil aanvaar nie, glo my sal ek hulle name so gat maak hulle sal nooit weer saam my inne vertrek nie. Inteendeel ek verdra nie swak maniere en geen respekte nie. Phibbie vermoed sy klink nou na ‘n bleddie heks. Eish

  12. Phibbie, so ‘n bek moet jam kry!

  13. Hehehehehhehehehehehehe

  14. Hi almal.

    Hoe gaan dit daar. shame brein. Gelukkig was dit ‘n klein hondjie anders het hy dalk jou SHLONG afgebyt.

  15. Hi Rory. Welkom welkom.

Leave a reply to phibbie Cancel reply