Lus vir niks – niks vir lus

More Almal.

Het jy al ooit opgestaan en sommer net lus vir niks gevoel nie?  Dis lekker koud enne dag in die bed sal niemand kwaad doen nie, behalwe vir die werk wat agter raak.  Sommer net lus vir useless wees, geen betekenis te he nie en in en uit die slaap te dompel die hele dag deur.  Natuurlik weet ek daai sal nou nie kan gebeur nie, want ek het mos rooi miere.  Kan mos nie stilsit en niks doen nie.  Is alewig besig met iets, al is dit later tot my spyt toe oor die harde werk en die ure wat dit neem.  Ek kan amper nie glo mens kan jouself soveel werk laat doen en dit sommer omdat jy nie die rooimiere kan platsit nie.  Ek dink ek sal maar iets moet koop om daai miere helemal dood te maak.  Maar ek vermoed dan sal daar net groter miere kom.  Wie het ook rooi miere?

15 Responses

  1. Hi Phibbs. Ek het ook al baie so gevoel en het ook al een of twee keer regtig net niks gedoen nie. Maar jel, ek voel erg skuldig na so ‘n niks-doen sessie! Gelukkig gebeur dit nie baie nie…hehe..

  2. Ek wens ek kan bietjie stilsit en net niks doen nie, maar ja Phibbie, die rooimiere gaan dit nie toelaat nie. Miskien inboek by ‘n spa vir ‘n dag??

  3. Hmmmm dink jy jy sal kan stilsit vir die dag?

  4. Sit met ‘n catch 22…

    Ek het al ‘n paar keer gevoel ek ontwikkel ‘n seer keel dan bly ek by die huis. Lekker slaap en nog wat…
    Dan’s ek op teen 7:30 en plaas myself voor my kompie. Teen 6 uur die aand dink ek heel de moer in vir myself…Ek kon mos maar eintlik werk toe gegaan het, want ek kon daar ok agetr ‘n kompie sit!

  5. Miskien nie stilsit nie, maar definitief platlê vir ‘n dag.

  6. nee koeksister ek kannie platle virre hele dag nie, eks seker ek sal bedsere kry man. lol. Ja Pagoda. Murphy’s Law werk weer jong

  7. Ja horisontaal vir n hele dag is ook nie vir my nie, maar soms net sleg wees, voor die TV sit, surf, of ma pla is somer baie lekker.Maar ek kry deesdae meer sulke dae dat ek net nie wil gaan werk nie.

    Maar gewoonlik is my dae propvol en soms is ek net oorwerk, en soms net GATVOL!!

  8. Ek kry ook al hoe meer dae dat ek nie wil gaan werk nie, het selfs al uitgewerk wanneer is my aftree datum, eishh!

    Phibbie, daar is roompies vir bedsere🙂

  9. bwhahahahahhahahahahahaaha nee koeksister wie gaanie roompies aansmeer dan. Ja brein ek voel ookie lus vir werkie.

  10. Ek kan aan ‘n paar mense dink

  11. ek sidder om te vra Koeksister. hiehiehiehiehiehiehie

  12. Koeksister jy dink seker dan aan my ook.(lol)

  13. hang af, het jy nice voorarms??

    hehe

  14. bwhahahahahahhahahahahahahhahahahahahahahhaha

  15. Ek moet se, om by die huis te bly WAS LEKKER gewees, maar nou is dit nie meer nice nie, ek is nou sterk opsoek na werk, want die kinders is in die skool en manlief werk, en ekke is alleen by die huis. In die begin was dit lekker, soveel om te doen, soveel om te sien maar ‘n mens kan ook net soveel sien en doen, dan raak dit boring, veral as jy dit alleen doen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: