Geskenke

Phibbie het onlangs aan die topic geraak en ek dink na vanoggend is dit heel vanpas om self weer daaraan te peuter.

Ek het een aand terwyl ek en my vrou lê en tv kyk het ‘n flits van een my fave flieke van alle tye gesien.  Maar sy het nie geweet dit is my fave nie.  Ek sit toe vasgenael om te sien wanneer die outjie gaan opkom…toe adverteer hulle eintlik die hele tyd ‘n spesifieke fliek kanaal op DSTV.  Ek was de moer in!

Sy sê nie ‘n woord nie.

Nou kyk…ek het al self gesoek dat ek blou is in die gesig, maar Pulp Fiction kon ek nerens kry nie!  Vanoggend staan mamma op, gee my een moviese groot druk, kerplaks oppe bek en stop ‘n pakkie in my hand.  Low and behold!  PULP FICTION…

Ek kyk nie vanaand daai fliek nie…vanaand kry ek ‘n full body massage van mamma af (sy’t my die “koepon” in die hand gedruk vanmore) en dan …wel…ek’s mos getroud is ek nie? LOL!

Ek dink, na diepe denke in die kar vanoggend, dis die eerste keer dat eiemand rerig opgelet het voor my verjaardag en my met iets verras het wat ek rerig wou gehad het!  Dit mag nie noodwending die wereld gekos het nie, maar die blote feit dat sy gaan soek het vir dit en dit gekry het is vir my meer werd as ‘n R44000 stel gholfstokke!

Het julle al ooit so ‘n geskenk gekry?  Ene wat die wind heeltemal uit jou seile gehaal het?

 

 

21 Responses

  1. Hehehehheehe ek kan myself indink hoe de moer in jy was. Ek het met my 30ste verjaarsdag gekry wat ek gesoek het. EK het dit nog steeds. Disse boomstomp wat behandel is en met gedroogte blomme getooi is. Die blomme is nie meer so mooi nie, maar vir 12 jaar staan daai blomme in MY huis en nou het pappa gese ons moet hom weer ingee dat hulle blomme kan opsit. Elke keer as ek na hom kyk dink ek onwillekeurig aan my 30ste verjaarsdag en dis die enigste ding wat ek WIL onthou van daai dag. Was vreksiek vir 3 dae en vir maande voor dit depro, maar die boomstomp is vir my ‘n teken van ewigdurende gevoel tussen my en my man. Simpel but true.

  2. Baie geluk met jou verjaarsdag. Geniet daai message vanaand! 😉

    Jy verjaar saam met my blog! 🙂

  3. Hi Dellie. Baie geluk dan met jou blog ook. Mag jy en hy groei van krag tot krag

  4. Wel …Veels geluk Dellie se Dinge!

  5. Veelsgeluk Pagoda mag dit `n lekker dag wees en `n heerlike jaar saam met ons op die werf.

  6. Happy Happy Birthday Pagoda and many many more. Verlede jaar toe my vrou veertig geword het , het ek haar ook by `n pamperlang en body massage plek ingeboek , en vir my saam met haar ons het langs mekaar gele en die dames het ons behoorlik getreat.

    Jy moet dit geniet.

  7. Een klein verskilletjie…my vrou het self die olie gekoop en dit word vanaand agter geslote deure gedoen…

    Dankie Brein!

  8. Pagoda, niks wat ek sê gaan jou verjaarsdag beter maak nie, ek dink jy ry op ‘n ‘wave’!!! Maar in any case: ♫♪♫Happy Birthday to you! ♫♪♫ 😉 Geniet jou aand 😉

  9. Heita Pikkelik!
    Thanks Girl!

  10. Pagoda net nie babaolie nie, maar die soort wat ek nou die dag genoem het. Inttimo aromatheraphy massage oil, Forbiddenfruit.As jy nie forbidden fruit kry nie is enige ander geur reg, en dit proe na niks.

  11. My vrou het Forbidden Fruit…kan nog nie aan die melons raak nie. Nie solank dit kondensmelk op demand vir my laitie maak nie!

  12. Sorry Pagoda ek sien agter geslote deure, kan ek nie maar `n voyuer kom wees nie ek sal baie goeie raad gee en …………………………………………….

  13. Brein: Noudat jy daai weer noem ne. Ek kry nie daai goete hier by ons nie. Die plek maak my mal. As mens iets soek moet jy honderde kms ry ommit te kry. ffs

  14. hehehehehehehehe pagoda.

  15. Phibbie soek en jy sal vind.Hustlershop.

  16. Ek sorg my vrou het ALTYD breast pads…daar is niks erger as die outjies begin drup soos ‘n poelliesperd op heat nie…veral as mens nou rerig in die groove begin kom.

    Dis verstommend hoe vinnig ‘n mood gebreek kan word LMGA!

  17. Op Jefferysbaai? ‘n Hustlershop? Die naaste daaraan wat daai plek kom is ‘n 7/11 met ‘n rak vol 80’s Scopes!

  18. whahahaha….

  19. Ag jis Brein, kan jy nie maar vir ou Phibbs uithelp nie? Koop vir haar ‘n bottel en stuur dit met die pos. Shame man, ek kan hoor Phibbie is ernstig opsoek na daai “forbidden fruit”….hehe. LMGA!

  20. hustler shop in Richardsbaai. Ag nee rerig Brein hoor. Bhwhahahahhahahahahahahahaha Pagoda eish

  21. bwhahahahahahhahahaha nee Koekie nou nie so dringend nie ne. EK het gesoek maar die plek is rerig. Ek hettie rerig daai nodig nie was eintlik meer nuuskierig daaroor

Leave a reply to phibbie Cancel reply