Hoe de d&*^er werk dit?

UIT DIE PEN van Die Brein

So paar jaar gelede vra my beste vriend (ons is nou al 36 jaar vriende) vir my hoe is dit moontlik dat een ma vir ses kinders kon sorg, maar ses kinders kan nou nie eers vir een ma sorg nie. Ek kon hom toe nie antwoord nie.

Jy sien hulle was ses kinders op skool hy is nou 43 jaar en die jongste sowat 32 jaar oud.Maar sedert sy pa se dood so klompie jare gelede is hy die een wat sy ma finansieel onderhou, sy pa het sy ma nie met veel nagelaat nie.Maar die bietjie wat sy geerf het , het die res van die kinders saam met haar verkwis , maar vir hom was daar niks.  Hy is self maar `n salaristrekker maar was te trots om haar geld te vat.  Nadat sy niks geld oorgehad het nie en met geen werksopleiding hoegenaamd nie, het die res van die kinders haar net so gelos en een vir een sy eie pad gevat.

Die een broer werk tans in Australie, is `n Ausieburger vandag, verdien baie goed maar help glad nie.`n Ander een is met `n Britse prokureur getroud en woon somewhere in Brittanje en ook die help fokkol.

Die ander drie dra niks by nie, soms sal die een as dit baie goed gaan ietsie gee.Maar my vriend het deur die jare haar blyplek betaal, kos gekoop op `n maandelikse basis, meubels gekoop, klere en gehelp met ander uitgawes.Of soos tans bly sy nou by hom en sy vrou ,nadat sy alles verkoop
het en by een van die dogters gaan bly het en toe die dogter uit haar man is, is ma weereens sy las.

Min het ek geweet dat ek eendag ook in dieselfde bootjie sou wees.Om ‘n lang storie kort te maak, sukkel my ouers om kop bo water te hou, nadat my een broer en suster sowat R100 000.00 saam uit my ouers gemelk het verledejaar en dit terwyl albei werk en goeie inkomste het.Twee weke gelede het
ek en my vrou besluit om die ander drie te nader sodat ons almal maandeliks met `n X-bedrag kan help.Maar almal het verskonings en die een wat hulle help uitsuig het het ook belowe om te gee, maar ek weet hy sal nie.  My suster is plein hardegat en om haar sover te kry om te betaal is so goed soos Mugabe gee die leisels oor aan Tsangirai.My ander broer en die se vrou sou my voor verlede week laat weet het. Hulle is redelik goed af en loop met die Bybel onder die arm en is die kinders van die Here, maar nou swyg hulle soos die graf.

Nou vra ek jou met trane in my beautiful brown eyes.Amper soos Ben Kruger in Poena is Koning as die skoolhoof, vir Poena en Vaatjie gevra het……………HOE DE FOK WERK DIT?Dat ons ouers vir ons almal kon sorg, maar nou kan ons vier nie vir hulle sorg (help) nie.

Wie ken die situasie of soort gelyke een ?
 
Dankie vir die ene Brein…al self gewonner!

23 Responses

  1. Brein: Dit gebeur elke dag hoor. Die ouer kinders lyk my is altyd die wat moet kyk, nie dat ons omgee nie. Die anner like net van spend en uitgee en wfe nog. Daars so baie gevalle van dit hoor. Dit maak mens hartseer. Gelukkig is dit nie die geval met my ma nie. Dis net moerse hartseer en geen verskoning voor nie. Hmmmmm dont get me started op wedergeborenes wat dweep etc en dan eish nee los maar eerder.

  2. Brein

    Ek weet ek moet nie skuldig voel nie, maar ek doen!

    Daar is baie redes hoekom ek bitter is teenoor my ouers en my sooister. Maar dit verander steeds nie die feit dat ek lief is vir hulle en elke moontlike klip uit hulle pad sal rol nie.

    My pa is in die knyp. Sy pensioen is te min om hom en my ma te dra en moes dringend werk soek in die kaap. Hy kry toe ene so paar maande terug as wag by Tafelberg Meubels (goddank nie die soort wat karre oppas nie)…maar stuur die baas in sy moer na twee weke. Hy het by my suster gebly op daai stadium.

    Ek sit met drie slaapkamers in my huis…een is my en my vrou s’n, die ander die laitie s’n, en die ander is al intussen ten volle in ‘n studeerkamer omskep…met geen spasie vir ‘n muis nie.

    Nou kry hy weer ‘n werk in die kaap, en wil nou by my intrek. Hy se toe hy sal tot in die sitkamer slaap…en ek oorweeg dit toe. Maar toe vra ek hom vir hoe lank dit sal wees (want ek wil nie he hy moet permanent op die vloer in my sitkamer slaap nie…) toe se hy dit kan “twee weke wees…dalk selfs tien jaar”…

    Ek raak toe maar stil. Ek kan hom nie help nie…nie oor ek nie wil nie, maar ek rerig nie kan nie. Maar hoekom voel ek dan so skuldig?

  3. Pagoda: Dis natuurlik om skuldig te voel en skuldbesef te he, maak nie saak wat in die verlede gebeur het nie. Dis omdat dit jou ouers is en dis die rede en omdat ondanks als jy tog met die regte waardes grootgeword het, hetsy jy dit jouself geleer het of by jou ouers. My beskeie opinie is dat jy vir jouself en jou gesin se selfbehoud gedoen het wat die beste is. Maak vrede met dit.

  4. Ja ek pleit ook skuldig, my ma het by my suster gebly die jongste, hulle was al die jare by mekaar, sy het baie kom kuier en my sus sleg gesê by my, by die ander kinders ook gekuier, ons het die laaste 3jr geldelik gehelp, ek en my een jonger broer, ons was toe nog net 4 van die 6 kinders oor. my ma wou nie meer kuier nie sy het te deurmekaar geword, nou is sy oorlede en ek voel skuldig…

  5. Hi Brein, Ek was in dieselfde bootjie, moes maar alleen my ma versorg en alles vir haar doen, selfs ‘n kuiertjie by die ander was uit, daar was altyd verskonings maar ek het dit gedoen en goed na haar gekyk tot haar dood, selfs haar begrafnis moes ek alleen hanteer, ek het vingeralleen langs haar sterfbed gesit, en ek sal jou sê sy was die wonderlikste ma wat ons drie kinders kon droom om te hê, selfs toe sy oud was nooit baklei of gekla oor enige iets nie. Ek is nie vir ‘n dag spyt dat ek dit kon doen nie, sy was so afhanklik van my, ek het altyd gesê sy is my groot baba toe sy so oud was en ek haar moes bad en aantrek, weet jy ek mis haar baie.

    Ta-Ta,
    Ida

  6. Pagoda32 ja dis ook dieselfde in ons geval vier slaapkamers die een vir ons , die ander vir my dogter en die ander een is ook omskep in `n studeerkamer en die ander `n TV kamer ( ONS SEKSKAMER)(LOL)
    Gelukkig bly my ouers in huleiehuis. Maar ek weet die dag kom al hoe nader dat ons sal moet help eendag, maar shucks my huis is my huis en my dogter en haar vriend gaan weer die einde van die maand vir tussen twee en vyf jaar in Ierland werk vir sy pa. En as ek en my vrou alleen is loop ons lekker kaal in die huis.Ek sal daar `n ander plan maak vir my ouers.

    Dankie julle en ja soms laat sekere ouers mens skuldig voel en verwag altyd dat mens net eenvoudig moet help en maak misbruik van jou goedheid.

  7. Die lewe is soos ‘n nickerball. Hard, maar baie lekker

  8. Hi Brein, jy praat so waar. My skoonma het so 5 maande terug by ons kom bly want die ander kinders wou haar nie he nie. (My man is haar jonste van vier kinders). Ons moes ‘n groter huis kry (R1500 meer ‘n maand), die bediende moes meer geld kry ens. Nie een van die ander kinders het gehelp nie.

    Twee maande terug, se skoonma vir ons sy gaan Pta toe. By ha niggie bly. Nou sit ons met ekstra uitgawes wat ons eintlik nie kan bekostig nie en ek is goed moerig. Sal twee keer dink, volgende keer.

  9. Ja K@K en betaal is die wet van Transvaal, die lewe is soms so onregverdig en deur ander te help ly mens se kinders daaronder.Sterkte Koekie.

  10. Dis juis hoekom ek niks aan my pa se lot kan doen nie. Tans gaan al my geld in my kind in en ek weier volstrek om die kamer wat ek vir my laitie uitgesit het, wat sy eie is, vir iemand anders te gee. Ek het my eie gehad as kind en ek gun hom nou al dieselfde!

  11. Dis so waar ek sekondeer jou Pagoda.

  12. Thanx Brein.
    Ek stem Pagoda!!

  13. Ditto ditto ditto

  14. Ek dink dit werk so iets julle:

    Dit is Saterdag en op die Kaapse Parade is die tafels propvol en dit koop en
    verkoop vir die vale.

    Van iewers af dreun ‘n prediker se waarskuwende stem oor die omstanders se
    koppe:

    “Djulle moet djulle bekeer! Djulle moet djulle se verkeerdighede laat staan!
    En as djulle nie wil luister nie, sal djulle hel toe gaan! En die hel, sê ek
    vir djulle, is ‘n vreeslike plek. Die Woord sê daar sal ‘n geween wees en ‘n
    gekners van tanne!”

    Iemand lag en die prediker kyk stip in sy rigting.

    “En djy met die haasbek daar annerkant – die manne wat nie tanne het nie,
    vir hulle sal tanne gesupplaai word! Maar kners sal djulle kners!”

  15. Hi, ja dit gebeur oral. Mens hoor so baie van ou mense wat in ouetehuise sit, en die kinders kom eers nooit vir hulle kuier nie. Ek weet nie hoe kry kinders dit oor hul harte om net te vergeet van hul ouers nie. My ouers is nog op hul eie en werk nog, maar die dag sal ook seker kom dat mens na hulle moet kyk. En ek sal dit met liefde doen, na als wat hulle al vir my deur die jare beteken het.
    Lekker dag verder.

  16. Nou ja na amper nogge blouer Dinsdag wil ek almal ‘n lekker aand toewens. En Pagoda gedra jou ne asb tog net. Sien more

  17. Lizet, ek stem saam met jou. Hulle was daar vir ons toe ons kinders was, so ons moet na hulle kyk. My pa is verlede jaar oorlede 2 weke voor sy 80ste verjaardag. Dit was die seerste dag van my lewe en ek sal enige besitting van my opgee om hom net weer te kan hoor lag en sy klein lyfie vas te druk. My ma bly nou by my suster en ek help geldelik en elke Saterdag vat ek haar vir inkopies en lunch. Daar is sekere verpligtinge wat mens maar moet nakom.
    Al wat ek sê is dis maklik om te praat terwyl hulle nog lewe – ek het ook altyd verskonings gehad en kuiers vermy – maar glo my goed. As hulle wegval sit jy met selfverwyt wat jou opvreet, en die ergste van als is jy huil oor verlore tyd wat jy hulle kon sien en te besig met jou eie dinge was. Ek was bv die Saterdag by my pa want hy was siek en wou nie hospitaal toe gaan nie. Toe ek loop het ek omgedraai en hom (weet nie hoekom nie en vir die eerste keer) weer ‘n drukkie gaan gee. Die Sondag wou ek daar omgaan, maar het gedink nee wat, ek moet gaan karwas ens!!!!!!! Dit was sy laaste dag op aarde. Hy is daardie nag oorlede. Karfokkenwas!!!!!! Weet julle hoe vreet dit aan my soos kanker!

    Anyway, ek sit nou weer en trane afvee want dis nog baie seer.

    Lekker aand vir julle ouens

  18. Ai Annie

    Dis juis daardie wete wat maak dat ek ‘n daadwerklike poging aanwend om die verhouding tussen my en my familie op ‘n vlak te kry waar ek kan goed voel daaroor.

  19. Probeer maar doen wat jy kan Pagoda. Ek weet dis nie altyd maklik nie. Ek skram ook maar weg om my ma by my te laat bly. Dis baie moeilik, maar sê vir hulle jy is lief vir hulle terwyl hulle lewe. Ek is so bly ek het dit darem gereeld vir my pappie gesê.

    Lekker aand.

  20. weet julle die ergste is as daardie ou mense wegval dan stap ons as die volgende generasie in hulle plek in, dan is ons die volgende ou mense wat dalk ook nie welkom gaan wees nie……. laat mens nogal dink !

    Lekker aand almal,

  21. Hallo julle, dit is ‘n baie teer saakie in ons familie. My skoonpa is so 10 jaar terug oorlede, skoonma het toe ‘n man ontmoet, saam ingetrek ens. Laasjaar Desember iis hulle uitmekaar, sy bly by my man se broer. Ons het elke maand, haar toiletries gekoop, geld gegee en sigarette vir haar gekoop. Noudat ons nie meer daar is nie, is die hel los. Die ander 2 boeties gee niks, doen niks, zultz, nada. My man se hande is agfekap hier waar ons nou sit, maar die die jongstes worry nie regtig nie. Sy werk nie, het nog nooit in haar lewe gewerk nie, so sy sit elke dag by die huis. Maar wat my dwars in die krop steek is die feit dat sy verdien glad nie ‘n inkomste nie, maar sy wil rook. Ek weet nie wie koop nou haar sigarette vir haar nie, maar ons kan dit nou nie meer doen nie, sy is nog nog (51) maar sy het die attitude “die “wereld” skuld haar, sy het lank genoeg alles vir almal gedoen, nou is dit die ander se beurt om vir haar te doen. Sy stel nie belang om te werk nie, want sy het geen ondervinding nie, maar sy is ook nie sieklik nie, ek dink dit is te lekker vir haar om by die huis te sit en net handjie uit te hou, nie dat my swaer hulle dit kan bekostig nie, hy werk maar vir ‘n klein salaris……

  22. Daars soms ‘n fyn lyn wat geloop word tussen ouers en kinders. Ek glo vas dat daar in heelwat gevalle op gevoel gespeel word om te kry wat jy wil he…van beide kante af.

    Ek verpes dit. Ek ra my ouers eerder niks as wat ek iets vra en oor drie maande word daar op mens se gevoel gespeel om iets in “return” te kry. Ek’s dankbaar oor ek ‘n dak bo my kop gehad het en kos op die tafel…as kind. Maar jammer, jy’s veronderstel om dit vir jou kind te bied. Dit klink hard, maar dit is so.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: