Kom drink tee by my – Zille

Dit sou nou reg klink in die perfekte wereld…Helen Zille nooi almal om ‘n ou teetjie te kom tokkel in haar voorkamer en dan gesels ons almal oor ditjies en datjies tot die son opkom en ons speel Scrabble.

Die probleem met die scenario lê in die feit dat nie ek of jy, selfs as normale plebs, so ‘n extended invite sal los vir die publiek om te kom inloer nie.  Ons waardeer ons privaatheid.  Ons werk bitter hard om die dak oor ons kop en die kos op die tafel te sit en verwag ten minste dat, na ‘n dag se harde werk, ons kan gaan na ons toevlug…die enigste plek waar ek rerig my skoene kan uitskop, die dag se sieldodende doners behoorlik vloek in die privaatheid van my huis en sommer net in my onderklere rondloop want ek kan!

Gisteraand trek honderde mense op na Helen Zille se huis in die suidelike voorstede van Kaapstad.  Hoekom?  Hulle het griewe oor die een of ander politiese speelbal (dienslewering, misdaad, die lot van die Suidsee Eenoog Pikkewyn…)…

My punt is dit…Helen Zille in die Kaap was die laaste twee jaar ‘n absolute geskenk van Bo.  Sy trap op die regte tone, probeer lewer op alle beloftes deur haar EN haar voorgangers gemaak en weier volstrek om die stand van sake op enigiets anders as die persoon wat daaraan gewerk het te blameer.

Maar die meeste mense hardloop mos maar as ‘n massa rond…weet van niks en dink niks van niks.  Die uitnodiging gaan uit…”Kom ons trek almal vanaand op na Zille huis.  Hoeveel van daardie mense het regtig geweet waaroor dit gaan?  Hoeveel het nie dalk op pad soontoe vir die man langs hom gevra :” Eish…why are we protesting tonight?”

Tog word die privaatheid van iemand ongelooflik besig en toegewyd ge-disrespect.  Sy was ten tyde van die voorval glad nie daar nie, sy was in Jo-ies.  Maar haar man was daar en kan jy jouself die ongemak, die kwaad…indink wat daardie man moes deurgaan?  Op die oog af klink alles snaaks, maar as dit so moes gebeur dat die wetters voor my deur kom rondtrippel het sou ek nie verantwoordelik gehou kon word vir wat sou gebeur het nie.

 

4 Responses

  1. Dis nou bleddie tipies. Hulle seker geprotesteer oor die freebies wat hulle gaan kry en die gehalte daarvan. Ek kan die mense nie verstaan nie en Vader behoed die dag as ek kan.

  2. En die sad ding is dat sy nie die werk vir een bevolkinsgroep doen nie!! Diw swart mense glo vandag nog steeds dat ‘n wit politikus net werk vir sy eie soort!

    Sy doen tans meer vir die swart en bruin gemeenskap in Kaapstad as wat die hele Suid Afrikaanse regering die laaste 20 jaar gedoen het!

    So more staan daar ‘n nuwe bewoonbare huisie vir eiemand om intrek te neem en die verkeerde doners word bedank! Want hoe kan ‘n wit vrou dit nou vir hulle gedoen het…hoe absurd!

    Ek wens almal se oe moet net eendag oopgaan…

  3. Ja Pagoda. Dis die lewe hoor en moenie dink dit gaan net so in ons land nie. Dit gaan orals so hoor. Maar hulle is mos almal belowe hulle kan ‘n kar enne huis kry FOR FREE. F@K

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: