Mooiste kompliment of nie

More almal

Voor ek begin sommer met enige onderwerp, moet ek eers die volgende doen:

Pagoda:  baie baie geluk met jou verjaarsdag.  Mag jou mees gelukkigste dae, nou jou ongelukkigste dae wees.  Mag jy soveel liefde, geluk, seks, geld etc etc etc kry wat jy soek. 

Ek dink ek het gisteraand die mooiste kompliment seker ooit by pappa gekry.  Flippen hel ek was stom vir lank.  EN daai issie maklik nie.  Wat is die mooiste kompliment wat jy al ooit gekry het OF wat jy vir iemand gegee het?  Wat is die swakste een wat amper soos ‘n belediging was?  En wat jy gegee het?

12 Responses

  1. Ek kry elke liewe dag die mooiste komplimente van my vrou af! Ek weet nie hoe sy dit doen nie, maar ek weet voor my siel ek is geen olieverfwerk nie…tog vertel sy my elke dag hoe sexy ek is, en…en…en Sy’s ‘n vrou duisend. Het ok ma haar stront, soos enige ander, maar ek ruil haar vir niks! En sy’s BAAAIE mooier as ek!!!

  2. Wys hoe net hoe baie het n mens om voor dankbaar te wees. EK kan regtig uit beginsel rerig nie kla vir laaste jaar van my lewe saam met my man nie. Dis asof dit beter word hoe ouer ons word

  3. Jeezlaaik Pagoda, jy klink na ‘n moerse nice ou met ‘n marshmallow kant soos min! Jou vrou is baie lucky en dit klink of julle twee perfek pas – min wat mens dit sien en hoor!

    Ek het die BESTE man ooit! Hy gee nie so baie komplimente met die mond nie, maar met wat hy doen. Ek kry elke dag ontbyt, hy pak my lunch vir werk, was omtrent elke dag die skottegoed, maak vir my koffie, vryf my voete met room, tap vir my badwater, en en en….

    Die beste van alles is dat beide my twee seuns net soos hulle pa is en die vrouens in hulle lewens soos “a million bucks” laat voel – ELKE DAG!!

  4. Daasy wys jou nou net ne.

  5. Baie, baie geluk met jou b/day Pagoda, hoop jy’t ‘n wonderlike dag en moenie jouself oorwerk nie. Geniet jou “geskenk” vanaand, jy klink na nice man so ek dink jy verdien dit!! Tjorts op Pagoda!!

  6. Thanks Koekie
    Ek hoop nie dit laat te veel mense dink ek’s ‘n softie nie.
    Ek’s sag met my vrou en kind, maar bewaar die ou wat my paaie met ‘n attitude kruis!

  7. *try ook maar die facade daar hou*

  8. whahahaha @ Pagoda. (ou softie)…

  9. Ai ja my man sal baie vir my sê ek lyk pragtig, al is ek vol plooie en geite, my eks het weer altyd gesê al dra `n aap `n goue ring hy bly `n lelik ding.

  10. Bytjie: Ja hulle kan so sweet wees en dan sulke bliksems op tye. Hehehehehehhe. het jy enige nuus oor KKeet

  11. Mooiste kompliment, …Dankie jy was weer skitterend soos altyd.

    Badste kompliment: Ken jy vir Jesus vra `n klein seuntjie my , JA se ek, Seuntjie Hy (Jesus) moet jou help want jys nie lekker in jou kop nie.

  12. Mens kry komplimente en dan kry jy komplimente ….. soms het mens (veral vrouens) net nodig om te hoor hulle lyk mooi …. veral as jyself nie “mooi” voel nie, die kleinste kompliment kan jou weer lus vir die lewe gee. My ma het altyd gese as jy nie iets goeds van iemand kan se nie, bly dan net stil, en soms dink ek dit is beter so, maar dit werk nie altyd nie. Moenie vir my elke dag se ek lyk goed/mooi nie, maar so af en toe kan nogal waardeer word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: