Evolusie en die godsdiens

 

 Hier kom marakas!

 

 Ek WEET ek trap vandag op tone, maar so be it!

 

Ek worstel al vir jare met die feite wat wetenskaplikes vir ons voer rondom evolusie, die mens, die aarde en wat voorheen hier was…en hoe dit alles in godsdiens steek.  En bitter min mense wat ek tot dusver ontmoet het het die wilskrag of die breinkrag gehad om egter te sit en dink oor alles en ‘n aanvaarbare antwoord op my vrae te kry.  Ek moes ongelukkig, of gelukkig, my eie navorsing doen en tot my eie gevolgtrekkings kom.  En dalk, net dalk, deel ander my sieninge (waarvan ek ook seker is)…ek weet in elk geval dat die meeste wetenskaplikes wat self Christene is self met die vraag gespook het en basies tot dieselfde slotsom as ek gekom het…(of dalk het ek tot dieselfde slotsom as hulle gekom?)

 

Hoeveel van ons glo dat David Copperfield deur mure kan loop?  Al iemand ontmoet wat genees was deur God? *voel die oë deur my boor*

 

Ek vra die vrae met ‘n rede, en ek verwag dat almal my ‘n kans gee om klaar te praat en nie tot konklusies te spring nie.

 

Ek weet ek glo nie in iemand wat deur mure kan loop nie en ek het definitief nog nie iemand ontmoet wat deur “die hand van God geraak was en genees is van sy blindheid nie”.  Daarvoor is ek hopeloos te realisties en slim.  Dinge moet sense maak, en as dit nie doen nie soek ek antwoorde tot dit doen.  Die mens is basies een soliede wese…en rots, baksteen en sement is is net so dig soos ons.  Daar is nie ‘n manier dat iemand deur ‘n muur kan loop nie…en om dit verder te illustreer, as die man rerig kon, hoekom dit agter ‘n doek doen?

 

Die mens is ‘n wetenskaplike wese, ongeag of jy as mens jouself as een sien.  As jy blind is, is daar ‘n mediese rede daarvoor.  Die oorgrote meerderheid van die tyd is dit medies verklaarbare redes en soms, net soms, is dit kuurbaar.  As mens daarna, gelowig of nie, uit ‘n operasie kom en jy kan weer sien val die meeste op hul knieë en dank die Here vir die feit dat hulle kan sien.  Die mediese professie het dit reggemaak, dan nie?  As jou geloof so sterk in God was, hoekom het hy nie jou visie vir jou teruggegee nie?  Is dit God se wil dat jy dinge in jou eie hande neem en jou visie terugkry deur dokters te gebruik?  Of het God nie dalk die dokters op jou pad geplaas nie?  Miskien wou God nooit gehad het jy moet sien nie, en jy het al sy tekens misgekyk (excuse the pun)?

 

Die punt wat ek probeer maak is dat daar geen regte antwoord is nie.  En in godsdiens is daar min waarborge.  Jy moet of glo…of nie.  Maar wat is beter?  Om te weier om te Glo net omdat daar geen bewyse bestaan nie, of om te glo want jy weet jy moet…al is dit net om jou “bases te cover”?  Daar is dae wat selfs ek wonder!

 

Maar die meeste van ons verloor uit die oog dat daar WEL wetenskaplike bewyse bestaan wat donker lyne tussen die Bybel en die “werklikheid” trek!  Goed wat so lank gelede al op papier neergesit was en steeds baie daarin dra wat mens nie kan miskyk nie!

 

Neem byvoorbeeld die feit dat God die hemel en aarde in 7 dae geskep het!  Tyd is ‘n mensgemaakte maatstaf.  Ek’s amper 100% seker dat God nie net ‘n vinger geklap het en tjoeps! “Daar is die water en daar is die land!” nie.  Moses en Adam en dies meer het almal honderde jare oud geword!  Maar daar is reeds bewys dat hulle jare in maande gemeet was!  Dus as jy dood is op 500 jarige ouderdom was jy eintlik nog blerrie jonk! (42 om presies te wees!)  God ken nie tyd nie…so MOET mens aanneem.  God is nie iets waaraan jy kan vat nie, God is nie ‘n wese uit Ghostbusters nie.  God is God.  Klaar.  Kan nie gemeet word in ons terme nie.  En voor ons hier was moet mens die aarde as ‘n bol klei in die hande van God sien.  Hy het nie ‘n “dag” gekies en besluit vandag maak hy lig en donker nie…nee!  Hy’t besluit dat hy die landmassas gaan saamvoeg en skei (nes dit in die Bybel sê).  Hoekom kan mens vandag nog sien dat al die landmassas inmekaar kan pas soos ‘n legkaart?  Dit was in die bybel geskryf lank voor daar kaarte was waarop mens die afleidings kon maak of voor daar wetenskaplikes was wat die bewyse kon ontleed?

 

Hy skep toe vir Adam en Eva…

So?

Die mensdom  word op omtrent 10000 jaar oud geskat (as ek reg onthou).  Die laaste dinosaur is laaaaaaaank voor dit uitgemoor deur die elemente, ens.  Was dit nie God se hand wat besluit het dat die tyd aangebreek het om die mens in sy beeld hier te plaas nie?  Hoekom moes dit oornag gebeur?  Hoekom kon dit met tyd gebeur nie?  God het het nie tyd nie!  Dalk was die oerdiere God se manier om te sien of ons hier sou kon leef en oorleef?  EN voortplant!  En 10 000 jaar klink lank, maar as mens dit in konteks plaas is dit nie so lank nie. 

Hoeveel van ons dink die tyd “vlieg” damn vinnig?  Amper almal!  Vandag is my kind gebore en more is hy uit die huis uit besig met sy eie gesin.  Dit voel soos gister dat ek met my bewerige poffertjies in Sub A ingeloop het…en dis nou al 26 gelede.  Tyd vlieg.  Punt! My oumagrootjie het 104 jaar oud geword.  En ek is doodseker sy het by tye dieselfde gedink!  En sedert Christus se geboorte was daar die ekwivalent van 20 van haar leeftye wat verstryk het! Dis min!  En die laaste 2000 jaar is maar net ‘n vyfde van wat ons totale mensdom se ouderdom op geskat word!  Dus het my oumagrootjie in 1% van die totale tyd wat ons mensdom bestaan geleef!  Dis skrikwekkend!

 

Die uiteinde is basies dat daar permanent tussen die Bybel, ons godsdiens, en die wetenskap sekere paralelle is.  Die twee kan nie geskei word van mekaar nie.  En bloot omdat die wetenskap se storie van iets in die Bybel verskil beteken nie die een of die ander is verkeerd nie!  Ons almal ken die speletjie “telefoontjie”.  In die bestek van 5 minute kan ‘n storie tussen 10 mense versprei en die eindstorie sal nooit 100% strook met die oorspronklike nie!  Hoekom MOET die bybel verskillend wees?  Hoekom kan ons nie net die feit aanvaar dat in alles wat daar geskryf staan daar waarheid in steek maar dat ons niks letterlik moet opneem nie?  As mens alles letterlik moes opneem sou ons in groot moeilikheid wees!  Daar is dan kwansuis net 144 000 plekke in die hemel vir ons!  Jy mag nie jouself bevredig nie, maar jy moet eerder jou saad in die buik van ‘n hoer stort?  Huh? Hoe strook dit met jy mag nie begeer nie?  Of jou vrou verneuk nie?  Of buite-egteklike seks hê nie?  Mens sal jouself mal maak as alles letterlik opgeneem moet word.

 

Die twee…godsdiens en wetenskap…loop eintlik hand aan hand.  Ek wens net meer mense, veral die verkramptes in ons ouer gemeentes, wil dit insien, aanvaar en vrede maak daarmee.

 

Dalk sal ons almal dan van kleins af reg geleer word en nie net aan jou eie lot oorgelaat word nie.  En elke keer as die crêp die fên straaik vir ons met die hel dreig nie.

53 Responses

  1. Eish watte mondvol. Ek sal dit eers moet bestudeer en inneem. Phibbie is stom virre slag

  2. Science without religion is lame, religion without science is blind. – Albert Einstein

    Moenie eers probeer om die twee goed met mekaar te vergelyk nie! Ek het die goed al jare terug vir myself uitsorteer.

    Dis hoe dit is…..

  3. Goed gese Wipneus. Hierdie tipe goete is in elkgeval te rond vir my plat kop!!

  4. Wel as Albert so sê sal ek nooit stry nie…en dans ek bly ek’s nie al een wat so dink nie!

  5. Net soos jy daar sê Pagoda.

    He he Koekie

  6. Hi ek sukkel vreeslik met my Vodacom 3G ontvangs vandag.As ek nie weer post nie sal julle weet hoekom.

    Pagoda die volgende woorde kom nerens in die ganse Bybel voor nie en ek haal jou aan ” Jy mag nie jouself bevredig nie, maar jy moet eerder jou saad in die buik van ‘n hoer stort?” Op geen ander sin snede ook nie, dit is net `n Slagspreuk wat iemand erens in die verre verlede begin het om sy hoerery te regverdig. Jy kan maar gaan search. Nerens maar nerens nie.

    Ek het ookal hoor veral Afrikaners sal ook se in die Bybel staan Daar iets van die Ongekroonde dier mag nie in die vergadering van die Here kom nie.Met ander woorde hulle se dis swartes, maar dit kom ook nerens maar nerens in die ganse Bybel voor nie.

    Ek was in standerd agt in 1980 my ma was stom sy kon glad nie praat nie.Ons was daardie jare in die NG Kerk en eendag het `n pastoor ons uitgenooi om sy Tentdiens by te woon erens in Springs.My pa wou nie gaan nie, maar ons het bly smeek daardie aand het ek groot wonderwerke gesien en die pastoor het ook vir my ma gebid en sy kom onmiddelik praat.Ons was heeltemaal oorbluf.

    Ek self is in 1998 genees met gebed, onmiddelik en ja ek het al `n baie enstige siek hond wat so te se vrek was voor gebid dat die Here hom onmiddelik genees het 100% gesond. Maar vandag twyfel ek weereens en haat Kerkmense en enige iemand wat se hulle is kinders van die Here want hulle befok jou net en stel jou om elke hoek en draai telleur.

    Hierdie is `n baie goeie onderwerp en ek sal jou later na die naweek paar antwoorde gee.

  7. Lekker post Brein…ek kannie wag nie!

  8. Brein: Daai 3G die nie forever nie, jy kom mos trug of hoe. Brein ek het so moerse hekel om mense wat huself wedergebore Christene noem ne. Ek weet ek veralgemeen almal is nie so nie, maar meeste wat ek ken is donnerse skelms en bedrieers en sal jou deur die ore werk vir niks

  9. Brein, Ek sal graag wil hoor wat jy verder te sê het. Daar is baie mense wat hulself voor doen as wedergebore Christene en so die mense vertroue te wen en hulle dan daarna te “bedonner”. En dit is jammer dat sulke mense die oorsaak daarvan is dat alle Christene onder dieselfde kam geskeer word. Maar tenspyte van dit is ek gladnie skaam om te sê EK IS ‘N KIND VAN GOD nie. Ek hoop net dat ek nooit in so ‘n situasie sal kom dat daar van my gesê word dat ek net voorgee dat ek ‘n kind van God isnie.

    Ons is maar almal net mense en daarom sal ons altyd verkil oor geloof en die wetenskap!!!!

  10. Welkom Suz. Eerste keer ek jou sien hier? Ek dink dit gaan maar oor die feit dat daar mense is wat vals is nie hulle voordoen as wedergeborenes en so mense lekker bedonner. Ek het dit ook gese maar het wel gese almal is nie so nie en ek veralgemeen en ek vermoed Brein oor maar oor ons stelle wat ons afgetrap het met sulke mense. Ek is doodseker daar is mense wat wedergebore is wat wel dit handhaaf

  11. Baie waar.

    My skoonpa het onlangs, terwyl hy een van sy huise in Paarl bemark het, ‘n oproep gerky van ‘n voornemende koper af. Sy vertel vir hom sy’t ‘n droom gehad en in die droom het God vir haar vertel sy moet ‘n offer in sit van R400 000. Die verkoopprys was R700 000. Hy het aan die lag gegaan en haar gevra of sy weet dat die prys R700 000 is.

    sy vertel hom toe dat sy weet ja, maar dat God hom sal “bless” as hy haar die huis gee vir haar prys.

    Ek het ‘n helse gly in mense wat God se naam so gebruik…

  12. ja disse catch 22 situasie want wie kan mens deesdae vertrou. In elk geval lekker aand vir almal. Sien more.

  13. whahaha..Pagoda32, dis nou blerrie belaglik. Nee regtig. Ek kan nie sulke mense glo nie.

  14. Baie moeilike onderwerp, ek is maar skepties om my opinie hier te gee, 1. netnou klink ek na ‘n volslae idioot en 2. selfs erger, netnou dink mense ek is ‘ n atiës.

    Wat ek nie is nie, maar ek gaan deur ‘n baie twyfelende tydperk nou van my lewe, miskien het ek net een wetenskaplike boek te veel gelees. Ek weet nie.

    Lekker aand mense, die begrafnis was oke “(

    Ek gaan nou na die Kris Kristofferson show by Emperors Palace, chat more weer met julle.

  15. 😦 sorry moes gesiggie gewees het

  16. Evolusie het nooit bestaan nie, as dit ooit bestaan het , waarom is daar nie nou erens enige lewende organisme wat besig is om te evoleer nie.n Kriek bly `n kriek, `n muis bly `n muis ens.En nie eers die eenvoudigste vorm van lewe op aarde nl. die Amoeba/eensellige organisme het tweesellig of multi-sellig geword nie, reeds sedert dit ondek is in 1755 tweehonderd drie en vyftig jaar gelede nie.

    Die dinge wat David Copperfield doen is okkulties en demoniese kragte/wesens help hom met die uitvoering van sulke weird tricks.Jy is reg die mens is `n wetenskaplike wese en onthou ons bestaan uit drie dimensies gees, siel en liggaam.Koop en lees gerus die boek va Rebecca Brown, HE CAME TO SET THE CAPTIVES FREE.

    God kan genees wie hy wil wanneer Hy wil omdat Hy soewerein is soos hulle in Engels se He is the SUPREME RULER.Hy genees wie Hy wil wanneer Hy wil en soos Hy wil.Daar is niks verkeerd met die mediese profesie nie, God gebruik ook dokters.Ja dalk wil Hy nie he sekere mense moet sien of bly leef nie.Nou ken ons ten dele maar een dag in die hiernamaals sal ons alles weet.

    Ek glo ook dat die hemel en aarde ook moontlik in 7000 jaar of langer geskape was en nie sewe dae nie ,maar dit kon ook sewe sekondes gewees het so magtig is God.God kan ook beveel en dit sal geskied.

    Oor die ouderdom van mense in die Bybelse tyd, wel ek glo hulle kon 900 jaar en ouer geword het.Want God het die mens gemaak om nie dood te gaan nie, maar om vir ewig te lewe.Onthou die aarde, lug en water was skoon niks was besoedel nie.Daar is bewyse dat die oerdiere (dinosourusse) nog op aarde lewe net in baie kleiner vorme.Onthou alle reptiele hou aan met groei vandat hulle gebore word totdat hulle vrek.En as mense 900 tot 1000 jaar kon lewe het hulle ook honderde jare of self `n duisend jaar plus, gelewe dan was hulle voorwaar dinosourusse.

    Tot op `n punt het God se Gees in die mens geheers, maar God het dit onttrek volgens Genesis 6:3 en het gese:“MY GEES sal nie veraltyd in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is, maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar. Daar het God Sy Gees onttrek wat hy destyds in Adam en Eva gesplaas het.

    `n Baie interessante onderwerp wat jy aanroer is dat alle landmassa op `n tyd een was.Dis absoluut waar kyk maar na die wereldkaart alle lande en eilande pas mooi in mekaar soos `n legkaart.Maar nog interresanter is die feit dat ISRAEL presies in die middel van daardie Superkontinent is.Israel is vandag nog steeds in die middel van die aarde sover ek kon onthou tussen die 30 en 40 lengte graad en tussen die 30 en 40 breedte graad.

    Ook stem ek saam dat God nie tyd het nie, tog stuur alles af op `n tyd wat net Hy bepaal het.

    Aan die anderkant dink ek dat die oerdiere in `n despensasie voor ons gelewe het en dat God proefnemings gedoen het om te bepaal of die mens (die kroon op Sy skepping) hier sou kon leef en oorleef.Ek stem saam met jou Godsdiens en wetenskap loop hand aan hand, soos siel en liggaam.

  17. Koeksister niemand is dom nie, Die Brein is net slimmer, Bwa ha ha ha ha , nee ek maak net `n grap.Jy sal dink jou opinie sal eenvoudig klink ,maar dalk is die mees eenvoudigste verduideliking dalk die skranderste.

    Ja ok miskien is daar opregte mense daar buite, wel ja ok, maar tog…….uhm uh.Deesdae is ek ook verwar en dan glo ek en dan twyfel ek.

  18. Ek voel meer spriritualisties, as godsdienstig, daar is seker ‘n groot verskil? Ek sal dit moet gaan google…

    Steve Hofmeyer gisteraand? Fanf@kkentasties!
    Ek het in die 4de ry van voor gesit, smack in die middel, hy het baie verander, dis vir seker.

    Ek het Frank Botha van Daaglikse Dosis ontmoet, baie nice ou.

    Geniet julle dag

    aka Twisted sister🙂

  19. More Koeksister. Bly om te hoor dit het als ok afgeloop. Hoe het Steve verander? Hehehehehe ek stem saam Brein niemand is dom nie, weet okkie van slimmer nie. Dink net elkeen het sy eie beskeie opinie, al klink dit hoe dom

  20. More Brein
    Ek dink dat daar steeds evolusie plaasvind elke dag. Maar omdat die meeste ooglopende veranderings oor 10 000de jare gebeur is die veranderings wat plaasvind in ons leeftyd, en selfs dit die laaste paar honderd jaar, te klein vir ons om op te merk.

    Daar is kleiner veranderings wat ons wel kan optel…soos die gemiddelde lengte van ‘n leeu se maan wat die laaste 200 jaar korter geword het…heel waarskynlik as gevolg van globale verwarming.

  21. More Pagoda. Ekke sien ons datum op die kalender het nie verander na die 13de nie, is wordpress bang vir die 13de lol

  22. Datum verander eers as daar ‘n nuwe post OP die 13de gesit word…

    Sal sien of WordPress banggat is!

  23. lmfga dalk is hulle na my inskrywing vandag

  24. Hi Phibbie

    Soos wat ek al geluister het by baie mense wat na sy shows to gegaan het, ek het dit glad nie beleef soos wat hulle dit beskryf het nie.

  25. Oh okay.

  26. Koeksuster ek was ook verlede week by Steve se Kris Kristofferson konsert , dit was brilliant verby.

    Pagoda ja ok miskien is daai een van die maanhare waar want die afgelope eeu het sekere mans se Joysticks ook korter geword agv steroids. bwa ha ha ha .

  27. hiehiehiehiehiehiehiehie

  28. Brein en Pagoda,

    Die mens is definitief nie 10 000 jaar oud nie.

    Die moderne mens is 200 000 jaar oud (Homo sapiens) en sy voorsate nog miljoene jare ouer.

    Die dinosouriers het 65 miljoen jaar gelede uitgesterf, waarna die soogdiere dominant geraak het. Die mens is ook ‘n soogdier, want hy val in die groep mammalia.
    Biologie 101.

    Die feit dat ons vandag melk kan drink, nie doodgaan aan waterpokkies nie ect en daar blou oe is voorbeelde van evolusie.

    Die bybel is/was nie ‘n wetenskapboek nie! Sal ook nooit wees nie. Twee verskillende kwessies: teologie en wetenskap word hier met mekaar verwar.

    Dan verstaan mense evolusie (dalk aspris) verkeerd.

    Evolusie staan op die bene van: natuurlike seleksie, seksuele seleksie, genetiese drif, adaptasie ect.
    Kry die begrippe en waarvoor dit staan onder knie.

  29. Ja rosalindfranklin, as jou oervoorsate Australopithecus (eerste oeraapmens) was gaan ek beslis nie met jou stry nie, myne kom van Genesis 1:26 af “en God het gese:Laat ons mense (homo sapiens) maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voels van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.(insluitende jou oervoorsate die Australopthecus)

    En volgens Genesis 1:27 is my voorsate na God se beeld geskape.Daar is ongelukkig niks wat jy daaromtrent kan se of doen wat my van sienswyse kan verander of oortuig nie.

    Ek glo ook dat die mensdom slegs ongeveer ses of sewe duisend jaar bestaan.Nog iets wat jy nie in `n duisend jaar my anders sal kan oortuig nie.

    Die feit dat ons melk kan drink is slegs `n teken dat die mens dinge getoets en beproef het en waarnemings gedoen het en toe agtergekom het die flippen wit vloeistof is heerlik, voedsaam en maklik bekombaar en later agter gekom het as jy dit verhit tot `n sekere grade en vinnig laat afkoel dan hou dit langer en is sommer ook gesonder.

    Omdat ons nie meer doodgaan agv waterpokkies nie is omdat daar mense was wat baanbrekers was en pionierswerk gedoen het om werklike probleme op te los en mediese oplossings te kry eerder as mense wat gevolgtrekkinge maak met `n paar dorre bene en klippe wat net verwarring wil bewerkstellig.

    Jare gelede het of so glo ek in die tyd van Sem, Gam en Jafet het die mutasies plaas gevind, GOD self het dit so bewerkstellig. Sem(Westerling) was die blue-eyed boy, Jafet (Oosteling) die groen-oog en Gam (Afrikaan) die bruinoog, en soos mense ondermekaar en deurmekaar gespyker het, het die oogkleur ook verander.Het jy al gesien hoe lyk die swartmense van Malawi, Ethiopie en Iretrea se oe dis `n vermenging van blougroen, bruingroen, groenblou, bruin, blou en groen in verskillende skakerings.(HUH?)

    Soos jy se Evolusie staan op die bene van: natuurlike seleksie, seksuele seleksie, genetiese drif, adaptasie ect.

    Die Skeppingsteorie (Creationism) aan die anderkant staan weer op die bene van feite, waarheid,oorspronklikheid en ware geloof.

  30. En so terloops alle wesens kan adapteer.Mense kan net adapteer met hulpmiddele.

  31. Ek het die ander aand gesien op Discovery dat die moderne mens eintlik net 25000 jaar oud is. Nie 200 000 jaar nie. Die wetenskap omtrent ons mensdom is in elk geval gehul in geheimsinnigheid. En kom ons wees eerlik…ek gaan my nie deur ‘n ou met ‘n graad laat vertel dat die beentjie in sy hand dateer uit 165000 jaar BC nie. Nie met al die wind, weer en ander elemente wat irodeer en tyd wat stempel afdruk nie.

    Die uiteinde van my storie was nie sosseer om vir mense te vertel hoe oud ons mensdom is nie, maar dat die Bybel verskriklik baie “stories” vertel wat regstreeks vergelyk kan word met baie geskiedkundige ontdekkings die laaste 100 jaar.

    En my punt was, en is weereens: Jy kan die twee nie skei nie. Net omdat die een in sommige gevalle meer water dra as die ander maak nie van een of albei verkeerd nie.

  32. Die Brein

    Waar kom jy aan die inligting van 10000jaar?

    Kyk gerus bieki na die studie http://www.timehasanend.org ons luister in Suid Afrika oor die short wave senders na die radio uitsendings van Family Radio… is jy bekend met hierdie ouens se teachings…?

    Lekka dag

    johannes coetzee

  33. Johannes

    All due respect to Brein…dit was my posting en ek het 10000 jaar as voorbeeld gebruik.

  34. En ek het net diegene (wetenskaplikes) aangehaal wat van mening is dat die mensdom eintlik net 10 000 jaar oud is. Ek weet dit klink “min” maar ek sukkel persoonlik met die “feit” dat ons mensdom ouer mag wees.

    Ek glo byvoorbeeld nie mens kan enigsins die oerman vergelyk met die moderne mens van vandag nie. Dit gooi dalk, in sekere sirkels, ‘n goeie 100 000 jaar uit die somme van wetenskaplikes, maar so be it!

  35. Sorry dalk het ek nie mooi opgelet nie.

    Ek stem heeltemal met die wetenskaplikes waarop jy jou siening bou saam, in actual fact, alles in die Bybel dui daarop dat 1988 die 13000ste verjaardag van die bestaan van hierdie heelal is…!

    Ek stem met jou saam dat die wetenskap en Waarheid van Bybel nooit teenstrydig met mekaar is nie….!

    1988 is ook die jaar waartydens God met die institusie van die kerk “klaargemaak” het.

    Die wetenskaplikes wat nie verknog vasklou aan die “evolusie-godsdiens” nie begin toenemend inlyn kom met met dit wat vir bykans 3500 jaar in die Bybel geskrywe staan…! WOW…!

    Praat weer…!

  36. Die Ardipithecus ramidus is die oudste hominied!!! Weer eens ken jy nie jou feite nie.

    As die mens net 25 000 jaar oud was het iets anders die hond makgemaak!

  37. Maar word Ardipithecus ramidus ge-erken as die eerste moderne mens? Nee!

    Lees weer waaroor alles gaan en besin asseblief voor geskiedenis klasse aangebied word.

    Vertel ons eerder wat jou “take” is omtrent godsdiens? Want as Ardipithecus ramidus deel vorm daarvan probeer jy mos dan eintlik se die bybel is ‘n feeverhaal?

    Probeer dit wat hier geskryf staan in konteks lees…as ek wou kon ek die wikipedia gebruik het om my punte te bewys, maar ongelukkig het die punt wat ek probeer maak het niks met presiese datums of the vorm van ‘n homonied se skedel uit te waai nie.

  38. Ag ,rosalindfranklin, moenie te slim probeer wees nie.Jy is nou besig om die dam onder die eend uit te ruk en “oer-aap-kunde” is nou nie eintlik vir my nie.Lekker dag vir jou.

  39. Nee daarom het ek die woord HOMINIED gebruik, pagoda32

    Die eerste moderne mens is Homo Sapiens…aiaaiaiai

    En nee, ek gebruik nie wikipedia as dit by paleontologie en antropologie kom nie.

  40. En wat het die bybel te doen met dit alles? die bybel is nie ‘n wetenskapboek nie.

  41. Aha!

    Maar sien, dis waar die debat uitgelok word! En dis juis hoekom ek hierdie possie geplaas het!

    Ek en soveel ander is van mening dat dit wel is, in ‘n mindere mate as die bronne wat mens orals kan kry wat mens hul eie wetenskaplike teorie wil wysmaak, maar as gevolg van tyd en die natuurlike phenom wat genoem word “woordsverdoeseling” sal die stories in die bybel nie noodwendig altyd 100% strook met die wetenskap nie…maar dat daar wel sekere lyne wel getrek kan word tussen die twee!

  42. Ek het glad nie gewet jy gebruik wikipedia nie, punt! LMGA!!

    Ek het dit eers raakgesien toe ek nou net daar by jou uitgeval het!

    En die woord hier ter sprake is dus? Homosapien…en in alledaagse afrikaans? Moderne mens!

  43. Wiki is goed vir vinnige verwysing, mits jy reeds die basiese feite verstaan.

    Weer verkeerd oor homo sapiens.

    Nee mens vertaal dit nie: Dit werk soos alle spesies op Aarde, die eerste deel toon die genus aan en die tweede die spesie!

    Die meeste is in Latyn

    Die eerste deel Homo = man
    Sapiens = wyse (van die die latyn sapere)

    Domein: Eukaryota

    Kingkryk: Animalia

    Fylum: Chordata

    K;as: Mammalia

    Orde: Primates

    Familie: Hominidae

    Genus: Homo

    Spesie: H. sapiens

  44. Jammer dit moet Klas en Konigkryk wees

  45. 🙂
    Wat doen jy vir ‘n lewe, as ek mag vra?

  46. Eet en lees meestal🙂

  47. Klink lekker…word jy betaal daarvoor?
    As jy doen is jy in die verkeerde trade!

  48. Die Bybel is heeltemal waar…en so ook die Wetenskap.
    Om die waarheid te sê, in Job staan mooi duidelik geskryf dat dit n sonde is om die Wetenskap verkeerd te probeer bewys net vir die Godsaak (Bybel)..Die Here is in beheer van die Wetenskap.Hy IS Wetenskap. Sien dit so en dan sal die Bybel / Wetenskap baie meer sin maak.

    Evolusie vind oor baie miljone jare plaas.Nie 250 jaar soos iemand hier iewers bevraagteken nie..
    En Evolusie beteken NIE dat die “oorsprong” organisme weg sterf nie! Evolusie is n VERBETERING op die oorspronklike…dis hoekom daar nou nog Amoeba’s is..en Paddas…en krokkodille…ens..

    Die ADAM en EVA “teorie” is baie beslis as voorbeeld gebruik…Dit moes “iewers” begin het om die mensdom n beter oorsaak te gee…
    Julle moet onthou dat ons nog BITTER MIN weet van die heelal…om meer perspektief te kry…die aarde is nie eers ‘n koppie speld se punt op n rugbyveld in vergelyking met al die GALAXY’s saam nie! Dis amazing!
    Ek glo daar is baie beslis lewe in ander Galaxies..

    Maar ja, omdat die Here die Wetenskap is/beheer, het alles wat gedoen was/ gebeur het in die Bybel tyd, regte antwoorde..en Wetenskaplik bewys as korrek..

    Evolusie bestaan rerig…ons kom van ape af…
    Mens moet ook in gedagte hou dat mense in groepe hulle nie kan gedra nie…daarom moes die “slim mense van ouds’ begin om iewers iets te kry waarin mense kan glo..en dit toe AFDWINGBAAR gemaak..(Kerke het meer lewens verliese veroorsaak as oorloe. Het julle geweet ?)
    Maar intussen het die mens op Intelektuele vlak baie gevorder (Evolsusie ?) en toe kom landswette ens ens…
    Hoekom dink julle is die mensdom so gaande oor sport ? Want dit is n “opgevoede en aanvaarbare’ manier om van frustrasies ontslae te raak.Dis oorlog voering op n skoon manier..dink maar aan die ou Romeine en hulle stadiums waar die Gladiators baklei het…dieselfde as ons sport stadiums deesdae…
    besighede werk op dieselfde prinsiep..

    Ek kan boeke en boeke vol skryf oor die dinge, want ek het baie navorsing gedoen…

  49. Hi daar. Dit baie interesant maar een ding!!! Die van jy mag nie jouself bevredig. Dis levitikus 15!! Ek het ook daaroor gewonder en het die antw gekry. Dis waarvoor mens kerk toe gaan en die goed verstaan of praat met n dominee. In die ou tyd moes jy as jou broer dood gaan met sy vrou trou. Dawid of wie ook al het geweier toe sy broer sterf en sy manhood uit sy broek gehaal en gese hy help hom eerder self as wat hy met sy broer se vrou sal trou. Dis waaroor dit gaan en dit voor jesus vir ons sondes gesterf het.

  50. waar staan dit in die bybel

  51. Tienie,03/01/2013 10.10

    Ja so het elke mens sy eie oepinie, ek glo God het die mens en al wat leef gemaak, in die begin toe het God die opdrag gegee en gese wees vrugbaar en maak kinders baie, maar n vraag wat ek wil vra is al die mense in die wereld is eenders gemaak behalwe n swarte, die kop is nie die selfde nie die been spier bookant die enkel ook nie en ook nie die hare nie, en dit is ook die eenigste mens wat as jy vir hom iets gee of maak breek hy dit af, nerins waar hul oor vat het dit beter gegaan nie net slegter tot daar niks oor is nie, is daar iemand wat dit kan verklaar.

  52. God se: Glo soos n kind…. moenie alles ondersoek nie jy sal mal raak…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: