To be or not to be…

Uit Brein se pen…

Wel ek praat so van die lekker massage olie wat ek koop vir my en vroulief
se manne wallusse.  En ja, meneer moet dit mos self gaan koop en waar verkoop hulle die Forbidden fruit oil???…………..by enige Hustlerwinkel of Plessuredome.  Wel laasgenoemde is nou nie so ordentelik ingerig soos die Hustlerwinkel nie.My vrou weier om saam te gaan want netnou sien iemand ons of haar daar.Ag fokken shame look the worries in my eyes, ek het mos maar die houding van F@CK T the people we are the people.

 
En almal spyker tog of waar dink julle kom die 6000 000 000 mense op aarde vandaan???Windbestuiwing?Proefbuise?Nee shucks ons lewe in 2008 en nie in 1910 nie.Jare gelede was my vrou saam in een so `n winkel in Durban, toe die plek nog oraait was.Wel ja daar is weird goeters en megousters , maar ook dinge om die lewe so bietjie interessanter te maak.
Ja in die begin sou ek eers drie, vier maal verby ry en kyk wie sien my en dan vinig in en uit glip.Maar ja ek het al daar bekende gesigte raak geloop en dan groet ek maar en maak maar asof die plek Pick en Pay is.Selfs een van my vorige base met `n baie hoe pos.Daar is vroue en mans wat rondsnuffel.

Wat dink julle is dit `n euwel plek of interessante plek?

11 Responses

  1. More Brein en allie anner mense. Eish ek was ook eers baie skaam om by so plek in te gaan. Maar almal is mense en soos jy se iewers moet iemand iets doen omme baby te he.

  2. Hallo Brein!! Dis so lekker om hier op die werf te kom skrop en jou posts te lees. Ek lag lekker vir jou. Ek was nog net eenkeer in so plek en my mond het behoorlik oopgehang! Ons het vir my vriendin ‘n… jy weet… ‘n … ‘n vibrator (sorry) gesoek vir haar kitchen tea. Dit was nogal vet pret hoor. Die ou agter die toonbank kon sien ons is nie so iets gewoond nie. Hy het sommer nader gestap en begin verduidelik van groottes en teksture en watter een is nou die nuutste op die mark, rome, olies ens. Ons het ons amper dood geskaam. Die ding is toe gekoop en ons is met ‘n spoed daaruit.
    Ek is darem nou heelwat ouer so ek dink nie dit sal my meer pla om by so plek in te gaan nie. Daar’s vreeslike interessante goed daar hoor. Ek die mense sal verbaas wees.

  3. Dankie Koekie, mense moet lag die lewe is te vol stront..

    Phibbie dit gaan nie vir my oor babies nie, maar oor om eentonigheid en alledaagsheid te breek , mens moet die extra-ordinary in die lewe doen en aanpak.

  4. Brein

    Ek sê altyd…doen alles in die lewe ten minste een keer…
    As dit niks doen vir jou nie, doen dit net nooit weer nie!

  5. Howzit Brein! Lekker om hier ietsie van jou te lees!

    Nee, ek is nie bang om daar te gaan rondkrap nie… as mens gemaklik is met jou seksualiteit, is ‘n hulpmiddeltjie hier en daar in orde, reken ek?😳

    Pagoda, was die aandjie toe lekker?:mrgreen:

    Kom help my bietjie met idees op my blog vir die voucher wat ek vir Liefie wil gee op Vadersdag asseblief? Daar is reeds ‘n goeie klompie, maar dit klink vir my of jy ken van? Die vouchers bedoel ek. :mrgreen:

  6. Ja, net DIEBREIN sal nou so onderwerp aanroer.

    Was ook jare terug in so winkel in, jinne maar daar is darem vir jou goeters hoor! Liefie moet maar liewerste die olie gaan koop🙂

    NSBTW, ek dink nog steeds ek het die brein en die looks!

  7. Ek het hierdie nare probleem: ek bloos verskriklik, ek bly maar uit sulke plekke uit, tensy ek met ‘n tamatierooi gesig wil rondloop.

    Maar gelukkig skort daar niks met my verbeelding nie🙂

  8. Hi Zee!!! Hehe… ek dink beslis die Brein gaan met jou stry oor daai een..

    Koeksister – ek kan al sien hoe rooi word die gesig, ore tot in die nek…haha.

  9. Ja-nee Koekie, ek het heel voor in die ry gestaan toe dit uitgedeel is.!

  10. Ag Z ee jy weet tog eks Godsgift to woman.

  11. hiehieheihieheihiehie. Jy vanmore Eat me up pille gehad brein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: