Toe ons nog kinders was

Na aanleiding van Brein se “input” oor troeteldiere het ek besluit die kan ‘n goeie ding wees om oor te skryf.

Toe ons kinders was, was dit nogals cool hoor.  Geen rekenaars of internet nie.  Radio en tapes.  Heeldag buite speel.  Ek onthou soos gister hoe my ma en pa altyd saam met ons gespeel het op naweke.  Ons het krieket, rugby, rounders en hokkie gespeel.  In die aande kaarte en monopoly.  Donner en die mans het altyd gekroek.  Hoekom kroek hulle altyd?  Tsk.  Ons het nog in die aande om ‘n tafel gesit en eet.  Niks van voor ‘n televisie nie.  Radio geluister in die aande en baie musiek gespeel. (Ja toe eks nie so bleddie oud nie ne).  Wanneer ons dorp toe gaan, dan “step” jy omtrent uit.  Hande agter die rug, want as jy iets breek moet daar betaal word.  (Ek staan nou nog so in winkels waar goete kan breek).  As mens kom kuier of as ons gaan kuier, speel jy buite of wil jy tande tel.  In die skool word jy geleer om ‘n woord te klank, nie te raai wat dit dalk kan wees nie.  En as jy nie jou tafels ken nie, word jy eenvoudig gebliksem mettie liniaal oor die hande.  Gelukkig het ek nie baie van dae gehad nie.

Deesdae se kinders:  Meeste het televisies in hulle kamers, sit voor rekenaars die hele dag, speel musiek op allerhande gadgets (wat ek dink sommige van hulle nie eers behoorlik weet wat die naam is nie wat nog van uitspraak.  Playstations.  Kinders van vandag le die hele dag, niks van regop sit nie.  Hulle ken al die skinderstories van die soapies op tv en nog die mense in die dorp waar jy bly.  Hulle sit in die geselskap van ouer mense en gesels lustig saam en as jy nie oppas nie, dan is seks ook ‘n topic wat hulle jou sal inlig.  Kinders van vandag kan nie spel nie.  Ek veralgemeen nou, maar baie kinders het geen respek of maniere nie.  Gee ook nie om hoe hulle met hulle ouers praat of met enige ander persoon nie.  En skynbaar gee die ouers ook nie om nie want die kinders is besig en uit hulle hande.

Wat word tog van ons?

25 Responses

  1. Ek stem oor kinders wat nie kan spel nie, dit is wmj? En sulke vreemde goed, my kinders het my nou hulle spelling geleer, ek gebruik dit ook net op mxit as ek met hulle chat!

  2. Hi en welkom meermin. Ek dink die spelling op daai mixit is eenvoudig so erg dat geen kind ooit kan leer reg spel in die skool nie en in die skool moet hulle nog raai raai speel ook. Nou die dag kry ek sms van een vannie kleinkinners af. Ek moes seker virre halfuur lank ry, toe ry ek maar soontoe en gaan vra wat beteken dit.

  3. Haai daar,

    Die kinders-van-vandag topic is ook een van daai waaroor ek baie kan praat. Ek stem volmondig met jou saam. Ek het 2 stiefkinders wat aan al daai nuwerwetse simptome lei en vir my is dit ‘n stryd, want hulle ma laat dit toe en ek nie…. Nou ja, dit is waarmee ek opgesaal is!

    Lekker dag vir almal!!!

  4. Hi en Welkom Renchia. Hoe kan mens maak want as jy iets se is jy die heks en shooting range in the verhaal

  5. Ek stem saam met julle oor die spelling. Ek het ook al aangeleer om so “kortliks” sms’e te skryf. Ja, Phibbie, jy is so reg oor vandag se kinders. Playstation, rekenaar, MP4 ens. Dis wat ons kinders doen. Ek moet se, ek het vir my seun vir sy verjaarsdag net sport tipe goed gekoop. Ons het vir hom ‘n basket-ball ring teen die muur opgesit en hy en sy boetie speel nou heerlik buite. Ook ‘n vingerbord – hulle geniet dit vreeslik. Sit sommer lekker op die mat en speel. Ek en pa speel ook saam. Ek probeer darem altyd ‘n bietjie balans hou tussen rekenaar speel en buite speel. Dit werk darem nog, maar weet nie vir hoe lank nie. Hy’s amper ‘n tiener – dan begin die moeilikheid.

  6. Sterke koekie. Lol dissie rowwe stadium

  7. Thanx Phibbs, maar ek gaan nog baie raad hier op die werf kom vra van al die ander mas wat al deur die tiener stadium is. hehe…

  8. Ja swaer. Hieroor kan ek nie genoeg saamstem nie. Renchia bly jy het ook gejoin (ek het ‘n paar ander bloggers vanoggend per e-mail laat weet van die lekker blog).

    Ek het ook 2 stiefkinders en so waar as wragtig ek dink hulle is slimmer as die duiwel self. Veral om soveel moontlik uit hulle pa te suig. En weet hulle nie hoe om hom te manipuleer nie!!!!! Die oudste een is 26 en bly steeds by ons. Hy het geen planne om te trek nie want hoekom sal hy nou as hy so lekker verniet kan plak en pappie koop tot sy duur toiletries en bring duur klere en gholf-toerusting en MP3s en kameras en selfone ens ens ens van oorsee vir sy bloedjie. Hy verdien ‘n goeie salaris, maar blaas elke sent op homself. Ek is al moeg gepraat – dit veroorsaak net onenigheid tussen my en my man. Die enigste manier hoe ons ooit van hom ontslae gaan raak is as ons Kaap toe trek. Ek sal more gaan as ek kan! Nou het ek afgedwaal van die topic. Maar eintlik kom dit daarop neer dat die kinders glad nie die waardes geleer het wat ons geleer is nie. Hulle het geen respek vir niks of niemand, net hulle eie gatsak vol geld.

    OK, nou het ek lekker stoom afgeblaas en voel beter …

  9. My oudste is nou 4. ‘n Regte klein stoutgat Trompie, maar hy kan speel. Miskien is dit die voordeel van die platteland en ma wat tuis is. Hy lê nie voor die TV nie, weet nie wat is Playstation nie, haat dit om in die huis te wees en kan nog skree dat die berge antwoord gee. Miskien is ons bevoorregd of miskien is ek net ‘n mamma wat omgee??? Who knows, ek hoop net dit bly so, vir laaaaaaank….

  10. Mooi so Annie. Ek ken presies van daai wat jy se hoor.

  11. Pikkelik: Daas niks vir my mooier asse kind wat lekker buite speel en lag en skree nie. En ja die platteland is beslis ‘n voordeel sou ek dink

  12. Hi almal

    Is presies hoekom ek maar hier in die Vrystaat bly en nie Johannesburg, Pretoria of Welkom toe trek waar sommige my wil hê nie! My laaitie speel nou wel soms op die rekenaar, maar ek laat nie meer as 20 min op ‘n dag toe nie en hy is seker een van die grootste 7de laan aanhangers, maar die res van die tyd is hy iewers besig om te speel en hy is op sy gelukkigste as dit buite kan wees. Hy is nou in Graad 1 en hulle leer gelukkig nog klank. Ek weier om sms’e of enigiets anderster te tik as wat ek gewoonlik tik en sukkel ook om sommiges se boodskappe te verstaan.

    Maar wat die spelling aanbetref – my niggies wat in Transvaal skoolgegaan het kon ook nooit spel nie en hulle is ouer as ek. Ons kan dus nie net die nuwe kurrikulum daarvoor die skuld gee nie.

  13. Annie – Sjoe, daai “kind” is dan al ‘n man!! 26!! Nee wat, ek sal net daar en dan vir manlief se – “Dis ek of jou seun” Hy gaan nooit verantwoordelikheid leer nie. Hoe kan ‘n man van 26, nog by sy ouers woon? My innige simpatie Annie, ek kan net dink met watse frustrasie jy moet sit. Ek hoop julle Kaap relings werk uit.

  14. Hi Pikkelik – Ek is ook op die platteland en by die huis. My jongste is nou 3 en ek moet vir jou se, hy’s ook heeldag buite. Op sy fietsie, in die grond, spuit die tuin nat, speel karretjies ens. Ek kan ure vir hom sit en kyk terwyl hy speel. Dis so cute.

    Xanika – Hi, ek doen dieselfde met my oudste seun van 11. Hy kan ook net ‘n sekere tyd rekenaar/playstation speel, dan moet hy buite gaan speel. Ek glo aan daai balans. Dishoekom ek se, ek weet nie vir hoe lank ek dit sal kan doen nie. 13 is om die draai…

  15. Ja Koekie. Ek weet dit maar te goed. En “frustrasie” is lig gestel. Dis egter nie so maklik om sulke ultimatums vir jou man te stel nie, en glo my, hy sal nie dat ek hom probeer voorskryf waar sy kinders aangaan nie. En ek meen ons is self nie meer kinders nie en beplan om oor 4 jr in Boggomsbaai te gaan bly. So intussen byt ek maar my tande deur en leef net vir dan. Ek kan regtig ‘n boek skryf oor stiefkinders. Die stiefma is nie altyd die heks nie, veral as die bloedjies by jou bly en nie net kom kuier nie en ook nog tot in die afgrond bederf is. Toe ek my man ontmoet het, het die bloedjies al by hom gebly. So ek het altwee die kinders deur die hoërskool by my gehad, en nog steeds. Gelukkig is die ander een (21) nou al 3 jr in Londen en heel gelukkig. Ag wel, dit help nie om heeldag te kla nie. Ek moet maar net vasbyt en baie bid.

  16. Jy het deesdae ‘n graad nodig om die kinders se sms’e te verstaan.

    Ek stem saam Phibbie, kinders is nie meer kinders nie.

  17. Hallo julle oulike mensies!! Ek onthou toe ons nog kinders was en daar kom kuier “grootmense”, my ma sou ons net so een skewe kyk gegee het en gevra het “tel jy tande” suster dan moet jy gat skoon maak want as sy jou vang…… ek was in standard 6 toe speel ek nog pop glo dit as julle wil, Ons het in Bloemfontein gebly en ek was nog steeds ‘n blote kind gewees. Vandag se kinders as hulle standard 5 instap is die meisies so vol make-up beplak dat jy jouself ‘n hartaanval probeer spaar want hulle lyk wraggies waar 18 of diep in die 20s. Seuns begin te rook op laerskool ouderdom want dit is cool, drink bier en wie weet wat nog. Nee wat my ma hulle het geglo : “buig die boompie tewryl hy groei…..” my kinders word so grootgemaak, en glo my hulle weet, een kyk van my af en dit is moeilikheid vir hulle. Hulle speel buite, ry fiets of speel in hulle kamers met hulle speelgoed. Seun speel saam jessie barbie en jessie speel dan weer saam met seun krieket of wat ook al. dit is mos hoe dit hoort of hoe?

  18. Ja hier kan ek ook saam praat, nie my eie kinders nie hulle het gespeel, maar toe kom die stief kinders, hulle het ook so een vir een by ons kom bly tot aldrie hier was, eers die een in std4, toe boetie std 9 en toe die ander een std 8, wel ek het omtrent les op gesê met hul, ek was die heks en klaar, die jongste was die ergste sy het by die huis gekom, geeet en in haar kamer gaan sit met `n toe deur, maar as pappie by die huis kom, dan kom sy vinnig uit en gaan sit by hom, ek en hy kon nooit gesels nie, gelukkig is hulle nou almal uit die huis, nou kom kleinseun elke vakansie, hy wil net tv kyk en op die rekenaar wees, hy is maar 11, ons baklei so daaroor, maar nouja by sy eie huis mag hul nie buite speel nie want hulle sal iets oorkom. ai en die vakansie lê om die draai.

  19. Nou verstaan julle hoekom ek meer van diere hou as van kinners! hehehehehe

  20. Touche Annie. lmfga

  21. Hmm,… gespreek soos een van Salomo se wyse vroue.
    .. en dan net om ook dankie te se vir 7 jaat se maatjie wees,..en sorry vir die stadigheid. Mog al jou drome waar word,.. en die lewe vir jou so soet soos heuning word.

    Next time kan ekkie beloof dat ek die stuur sal bly vasklou nie.

    CHEERS

  22. bwhahahahahahahahahahahahahahahahahahhahahahahaha. Ek belowe ek sal weer die boeie goud verf. hiehiehiehiehiehiehie.

  23. David: Ek kannie glo ons ken mekaar so lank en ek hou so lank al van my lyfie af en dit was omtrent mette gesukkel. Hiehiehiehiehiehie. Dankie vir jou ondersteuning en die boeie se kleur het ek nie verander nie. Bwhahahahahahahhahahahahahhahahaa. Jyse pel 100000000000

  24. Phibbie ja dis ons natuur om altyd te wil wen ek het ook al my vrou lekker gecrook met Kaarte en Risk. Ons mans staan saam as almal saam speel ,dis hoe dit is.

    Ja hoe sing Ruben Lennox Kinders was nog kinders toe ons nog kinders was.

  25. Jip Brein en baie goeie song dink ekke. EK hoor ook Matt Hurter sing nou: Oud word issie vir sissies nie. Lmfga

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: