Wanneer is iemand sexy?

Ek is seker mens sal soveel verskillende antwoorde en opinies kry.  Ek en my man het eintlik so speletjie as ons byvoorbeeld televisie kyk, dan besluit ons sommer saam wie is sexy en wie nie.  Ons kyk sommer na albei geslagte.  Vir my en ek kyk nou maar na vrouens (nee eks nie lesbies nie ne) dink ek Charlize Theron is hel sexy, maar dan is Julia Roberts weer sexy, maar oppe ander manier (Ek dink dis hoe die kamera haar vang – hiehiehiehiehie).  Van die ouer garde dink ek natuurlik is Elizabeth Taylor die voorloper.  Ek dink nie Carol Burnett kan sexy lyk vir my nie. Eish.  My man dink weer Cameron Diaz is helemal verby sexy. Ek dink ook sys sexy, maar syt haar boobs by die huis vergeet.  Seker maar soos die meeste aktrises.

Vir my is mans natuurlik sexy nr 1 – Kevin Costner.  Hy doen net daai iets aan my hormoontjies.  Van die ouer garde dink ek Sean Connery. (Eish mammie sal hom vat gratis en free) en Richard Gere ook. 

Nou wat dink julle en wie dink julle is die beste voorbeeld van sexy?

12 Responses

  1. Hi Phibbie

    Ek dink dis Cameron Diaz se mond wat die manne tickle! Anyway, ek dink Penelope Cruiz, Angelina Jolie en Catherine Zetha Jones is baie sexy. As ek ‘n man was, sou ek vir so ‘n donker eksotiese girl geval het. En wat die blondines aanbetref, dink ek Scarlet Johannsen vat die koek.

    Sover dit die manne aangaan, gee my krag! Matthew McCaughney (nie seker van die spelling) maak my mond opdroog en die vog herlei elders heen. Het jy hom in die nuutste Dulce + Cabana advertensie op TV gesien! Kyk bietjie. Ek het ‘n sagte plek vir ‘n blonde man. Ook natuurlik Brad Pit (hy bly sexy). Sal nooit vergeet hoe hy gelyk het in Legends of the Fall met daai lang hare op die perd se rug. En van die ouer ouens is ek mal oor Bruce Willis (daai mond van hom en sy hees stem – eina!). Daar is eintlik so baie en ek hou ook van Kevin Costner.

    Ag laat ek maar werk. Dit help tog nie om van hulle te droom nie! Maar dis steeds lekker …

  2. Hiehiehiehiehiehiehie Ja Annie. Dammit ons is gelukkig om te kan sien. issit nie? Nee ek het noggie daai advert gesien nie, maar sal beslis my ogies oophou. Eks nou nie eintlik hot op blondes nie. lol, maar bliksem daar darem mooies van hulle hoor. Ja ek dink Catherine Zeta-Jones is ook ongelooflik mooi. Eks eintlik gelukkig my man het die mooiste stem. So diep stem. Doen dinge aan ‘n vrou hoor.

  3. Hi Phibbs,
    Ek’s mal oor Collin Farrel en Brad Pitt!! O , my hel hulle is sexy. Dan ook vir seker Sean Connery, Richard Gere en Indiana Jones (wat sy naam nou weer?). My man is mal oor Drew Barrymore, Britney Spears (Kan jy glo?). Hy se Britney is baie sexy en Katherine Heigl (Grey’s Anat).
    Plaaslike talent – ek hou van Nico Panagio (7e laan) en Pierre Spies(baie sexy). Hahaha… ek moet nou ophou!!

  4. Harrison Ford………..OMG daai ding is mooier asse mens man. Ja Britney is mooi hoor. My man like haar ook. Hiehieheiheihie ja hele bleddie dag drool.

  5. O ja, hoe kan ek vergeet. Harrison Ford – nou praat jy…haha.

  6. Salma Hayek…kaal boudjies in Wild Wild West en daai scene uit Desperado! OI!! Sy laat my bloed bruis…erger as eno’s

  7. Bwhahahahahahahahaha hou jou in ne. Jyt gisteraand oordosis gehad lmfga

  8. Sy is my ideale vrou…mooi lyne, getan…rond sonder om oorgewig te wees…fan-blerrie-tasties!

  9. Ek moet erken sy is flippen mooi hoor

  10. Vir my is dit `n opgewekte begeerte (seksuele) en onbewustelike soeke of smagting na wat jy sien.Fokkit ek kry sommer `n heerlike hol kol op my maag as ek `n vrou sien wat baie sexy is.

    My gusnstelinge Shania Twain, Scarlet Johanson, Salma Hayek,Jennefir Anniston is tops.

    Vir my is Die Brein die enigte sexy ou wat ek ken!!!!!!!!!

  11. Vir my is dit `n opgewekte begeerte (seksuele) en onbewustelike soeke of smagting na wat jy sien.Fokkit ek kry sommer `n heerlike hol kol op my maag as ek `n vrou sien wat baie sexy is.

    My gusnstelinge Shania Twain, Scarlet Johanson, Salma Hayek,Jennefir Anniston is tops.
    Fokkit ek kry sommer `n heerlike hol kol op my maag as ek `n vrou sien wat baie sexy is.

    Vir my is Die Brein die enigte sexy ou wat ek ken!!!

  12. Jis Brein jy so excited oor die onderwerp. Hiehiehiehiehiehie. Nou wys ons sien toe, dan sal ons jou se of ons dink jys ons nr 1

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: