BABELAAS OF DOOD

Het jy al ooit opgestaan en gevoel is oordeelsdag?  Niks kan jou ooit help om beter te voel nie.  Jy kannie so lekker onthou wat waar en hoe nie.  Die gevoel op jou maag is ongenadiglik en jys seker iemand het jou iets ingevoer wat jou siek maak.  Die geringste geluid klink soos ‘n swak drommer wat probeer om heavy metal musiek te speel.  Dood het ingetree.  Dan onthou jy……… dis als “self-inflicted” .  Jy het die als aan jouself gedoen.  Hoe kon jy?  Jy probeer onthou hoe het jy in die bed gekom, nevermind hoe het jy by die huis gekom?  Jy ruik iets soos hondestront.  Soek orals en dan kom jy tot die besef dis jou asem wat so ruik en onmiddellik gaan jy oor inne intieme verhouding met jou porselein pel.   Jou hele lyf ruk en jy weet dis nou enige sekonde dan gaan jy ophou asemhaal en dood is genade nou.  Dan staan jy op en iemand het die gordyne voor die venster weggetrek en die son slaan jou mette 10 pond hamer voor die ogies.  Jy wil skree maar niks kom uit nie.  Ag asb kan ek tog net doodgaan skree jy vir jouself in jou binneste, maar dis ook te hard.  Dis nou ‘n ordentlike babelaas wat jy het!!!!!!!!!.

 

Jy begin dink aan enige iets om te gebruik en skielik duik al hierdie wonderkure wat almal so oor spog werk, voor jou geeste-oog op.  ‘n Lekker vetterige bord kos – bacon en eiers – die eiers swem sommer nog in die olie.  Jy bekyk weer jou beste pel en sluk swaar. Jy sien die bottle coke – gryp hom sommer en begin diep slukke wat.  Shit, dis eintlik seer ontdek jy, die keel is bietjie rou.  Dan voel jy jou kop swaai nog effe en besluit om dit te ignoreer en vaar die kaste en yskaste in.  Rou eiergeel in melk.  O Neeee!!!!!! Daai gevoel wel weer op in jou keel.  Jy soek verder en kom af op ‘n bottel pille – sluk sommer 4.  Die koppie klop nou soos dromme.  Jy soek verder.  Jy kom af in die yskas op melk wat suur geword het.  Soos blits maak jy die yskas toe en soek verder in die kas.  Blikkie sardiens in olie.  Huh uh.  Dit gaan ook nie werk nie. Tamatie cocktail….hmmm dalk.  Maar jy voel hoe wel die sooibrand op in jou keel. Jy maak die mikrogolf oond oop en daar is iets inne bord wat lekker mag lyk en as jy van naderby gaan kyk, sien jy dis lewer en niertjie.  O donner hier kom daai gevoel weer.  Slaan die mikrogolf deur maar weer toe.  Jy onthou nou iemand het iets gese van voor jy gaan slap drink die pille saam jou coke.  Voorkoming is beter.  Jy verwens jouself dat jy dit nie onthou het nie.  Jy burp en al wat jy proe en ruik is die tequila en die anner likeurs.  Jy weet jy gaan vir bleddie lank nie goed voel nie en storm buite toe waar jy inne bol hondestront trap.  Dis nou die toppunt.  Hoogs de moer in gaan staan jy onder die kraan en spoel jou voete af.  Trug bed toe is nou al wat dalk gaan help.

 

Het julle enige wonderkure vir die siekte?

34 Responses

  1. Hi Phibbs,
    Ek is een van daai Tomato cocktail drinkers, dit werk vir my. En dan ook SLAAP!!
    My skoonsussie drink Cream Soda as sy effe olik voel en my man drink weer hierdie gekleurde melk (Super M). Elkeen het maar sy eie raad wat hy volg maar ek weet darem nie of dit regtig die babbie wegvat nie. Laat voel jou maar net bietjie beter vir so 10 min.
    Beste raad : Moenie dit die vorige aand oordoen nie….hahaha..

  2. bwhahahahahahaha ek stem Koekie, maar wat nou gemaak as daai anner tweeling vanne mens uitkom en daai een het net GEEN brieke nie

  3. Yes Phibbs, dis waar die sh*it die fan strike…. As dit gebeur, dan moet jy maar GROOT gaan. Daai kopseer die moeitewerd maak…haha!
    Wat se raad het jy vir ‘n babbie?

  4. ek haat daai tweeling van my, want gewoonlik steek sy my so innie skande en laat haar boobs sommer teken mette pienk kokie. Dan moet ek vir weke sukkel ommit af te kry. Hiehiehiehiehie. Coke en pille voor jy gaan slaap. En as jy vergeet. Eish eish eish. ‘n Bier offe brown cow, dis al

  5. hehehe… ja Phibbs, ek haat ook daai tweeling suster van my. Ja man, ek het al vergeet van daai brown cow een, dit werk ook. Ek het al daai bier een probeer maar eish, ek sukkel bietjie met daai een…

  6. phibbie

    Voer daai tweeling wat se briekskoene so bietjie afgeloop is liquorice (drop) terwyl daar gekuier word, en 100 % lemoensap (‘n paar glase vol) die volgende oggend en die wereld is weer honkiedorrie.

  7. Jislaaik, kry ek nou sommer so suurigheid in die agterkant van my keel…ek het twee weke gelede verjaar en natuurlik die “te” aand gedoen – te veel drank, praat, prawns, shooters….yegh!!

    Ek het eers die volgende oggend onthou dat ek nie veronderstel was om die porselein troon te omhels nie (groot oprasie gehad mag nie “kots” nie), maar ek dink dit het my g@t gered omdat die ergste uitgekom het en ek naam kon red daardeur. Die volgende oggend was minder lekker en manlief het net gewag dat ek kla, maar ek het maar my “pose” gehou.

    Ek vind dat “vita thion” (kry by apteek sonder voorskrif) regtig wonders verrig, en hou altyd ‘n paar sakkies byderhand ook vir daai tweeling sussie wat na die derde dop uitspring!!

  8. Ek dink ek sal enige iets try om dit te oorkom

  9. Boskind: Baie welkom op so nare onderwerp. Hiehiehiehie. Man eks nie mal oor drop nie. Eish. Lemoensap het ek al getry, maar ek vermoed daars niks wat rerig sal help nie. Lol. Eish bons eish

  10. Hahaha Bons. Ja-nee daai gevoel die volgende oggend. Sal bietjie daai vita-thion een probeer. Ja, ek moet se as al daai drankies kan “uitkom” dan voel ‘n mens bietjie beter maar jel, dis darem nie lekker nie.

  11. Die ergste van die volgende oggend, is as jy jouself in geheuverlies in gedrink het die vorige aand! Jy sit nie net met ‘n moeder van ‘n babbie nie, jy moet baie versigtig probeer uitvind hoeveel k@k het jy aangejaag in die proses ook.

    Ek het ‘n klein tatoo op my bors en as daar een ding is wat die tweeling sussie goed onthou is dit waar hy sit – glo my hy word vir almal wat wil sien gewys! en ek onthou gewoonlik boggerol die volgende dag!

  12. bwhhahahahahahahahhahaaha gelukkig het ek nie tattoo nie, maar arme Dozi en Stef Kruger se ogies het uitgeval toe ek hulle die pienk koki gee om te teken waar hulle moes teken. Volgende oggend toe ek wakker word sien ek sommer altwee is beteken. Eish

  13. Phibbie,
    Die beste raad het ek gekry by so sexy kind wat in die apteek gewerk het. Een Saterdagoggend to strompel ek daar in, enkele tree van die dood af. Sy het sommer net geweet toe sy my sien wat die probleem is. Ek vra anyway toe vir iets wat dadelik sal help, of my verlos uit die wrede lewe lol. Kom sy terug met glas water en opgeloste Guronsan, en ook 2 Essentiale kapsules. Ek kan eerlik se ek was weer reg vir party een uur na ek dit geneem het. Drie hoorah’s vir Veronique!

  14. Grompie……. luister mooi ne as daai 2ling uittie kas kom, vergeet sy om goete te koop en ek sukkel juis om haar noual innie kas te hou. Hiehiehiehie

  15. Bwhahahahahahahahaha, Phibbie, daars nie pille vir onnoselheid nie. Wel nou weet jy, en hopenlik is jy nugter ook, so gaan kry vir jou nou.

  16. More sê. ek het die beste raad moet nie drink nie, ek het altyd so gevoel, toe hou ek heeltemal op met drink, nooit weer so gevoel nie en as ek ander mense sien die volgende dag wat te diep gekuier het , lag ek te lekker want ek voel dan goed. hie hie

  17. Grompie: Ek slaan jou oppie oor. Oppas. Bytjie: Hehehehehehe ek se ook so, maar my 2ling willie luister nie man

  18. Phibbie, tap `n bad vol water en versuip haar, tewyl jy dit doen sê toe suip jou t##f.

  19. Grompie – Ja.. dis die antwoord – Essentiale!! ‘n Mens moet net die flippen goed gaan koop en drink voordat jy gaan party. Dit help vir seker.

  20. bwhahahahahahahahahahhahaahhaha Bytjie. Lekker lag ek nou.

  21. lol @Bytjie – Weet nie of ek dit sal kan doen nie want so nou en dan laaik ek nogal my tweeling sussie… hahaha..

  22. Bytjie, met daai stem ek saam. Dis nou amper 10 jaar wat ek nie meer sterk drank gebruik nie. Sal net wyn of bier drink, en dit doen niks aan my. So vermy is die beste raad.

  23. Hallo hallo. Op die minder aangename onderwerp: Ek hou altyd vitamien B pille aan. Drink dit sommer voor jy gaan slaap en weer die vlg oggend (net nie op jou nugter maag nie). Jou liggaam het ‘n tekort aan vitamien B (dit het ‘n apteker vir my gesê) as jy babbeleer. Hoop dit help

  24. Dankie Annie. hehehehehe, maar eks nie siek nie. Net gedink is dalk goeie topic lol

  25. Hier volg my storie!

    So drie jaar gelede gaan kuier ek een aand (net voor my ek my vrou ontmoet het) by ‘n bekende klub in die Bloubergstrand area.

    Ek kuier so lekker en is so smart aangetrek, ek trek al die aandag van die skoner geslag. En ek is mos maar ‘n lekker ou (die drank praat in tale!!)

    Toe ek myself so ver kry om na my horlosie te kyk kom ek met ‘n skok agter dis al 06:30 en ek voel eintlik nog OK! Ek het telling verloor van die biere wat ek in het, die Jurger-bombs wat noodgedwonge ook moes af dat ek later die sweet ongesiens van my voorkop moes afvee, ens…en moenie eers praat van die oulike eyecandy in bikinis wat rondgeloop het met die gunsakke met bottels shooters wat nie net jou beursie leeg maak nie, maar jou ook so stadig aan laat vol tap dat die watervlak (lees alkoholvlak) net so kort van jou oge gaan lê.

    Maar ek voel eersteklas.

    Kom so 7:20 by die huis en besef skielik dat ek daai Saterdagoggend by die werk moet wees! Ek doen gou ‘n paar wiskundige berekenings en besef dat met die sagter verkeer en die feit dat ek reeds aangetrek is ek kan slaap tot 7:45, opspring en gaan werk (moes daar wees teen 8:00). As ek eerder nie het nie! OI!!!!!! Ek slaap dwarsdeur alle wekkers wat gestel is, ‘n concrete mixer, die hele lot! En ek skrik 9:30 wakker, vlie op en vind ‘n bloedspoor wat ek toe volg en my lewer kry waar dit oor die bad se rand hang en water drink. LEwer ingepak waar hy hoort en gewapen met sonbrille val ek letterlik in my kar en teen die tyd wat ek by die werk kom is ek so naar van daai warm son wat my kook in die kar dat ek nie eers kan uitklim nie!

    Ek het belowe nooit weer nie! My voorneme het presies twee weke geduur! LMGA!

  26. Laas jaar, tydens die laaste krieketseisoen, gaan staan ek mos en moker ‘n honderd tal (my eerste vir die spesifieke klub). Ek weet van niks beter nie en daag op by die klub die aand waar almal toe al gehoor het daarvan. En die wetters wag toe heel geduldig al vir my. My vrou, so cool soos sy is, weet hier kom k@k en hare! Sy laat haar handsak so met ‘n skrefie oop staan en gee my so ‘n stout “wink”. Ek laat ongesiens my sleutels in die handsak val en net daar kry ek toe mos ‘n liksens om uit te hak! Maar kyk, daai aand lag my vrou vir my.

    Die ouens voer my spiders (‘n whiskey glas volgemaak met een shot elk van al die wit en bruin spirits in die bar, gemeng met so 50ml lemonade…net om die sterk alkoholsmaak te breek), rooi wyn down downs, wit en pers sambuca, you name it, I had it!

    So teen 12 daai aand probeer ek y vrou sê dat ek nou reg is vir huis toe gaan maar al wat uitkom is “Ekshhhhh nog hipper hoish kar hond kondoom binne…”
    Sy kry die teken, bedank die ouens grappenderwys vir die feit dat hulle sopas haar man usless gerender het vir enige afteraction satisfaction en dra my kar toe. Ek onthou dat dit gereen daai aand.

    Volgende word ek wakker teen 11am, met die seerste kopseer ooit, kaalgat onder die duvet. Ek vra my vrou of sy advantage van my gevat het gisteraand want ek onthou niks en le dan nou kaalgat! Sy lag kliphard, want ek het volgens haar ingekom, gestort, ‘n nougat bar geeet, met die hind gespeel, eiers gebak en geeet en gaan slaap en tussendeur nog met haar gepraat ook…

    Ek verloor in die vervolg eerder my wicket op 99 voor dit weer gebeur!

  27. Bwhahahahahahahahahahahahahahhaahhaahahahahaha. Ai tog. Phibbie huil eintlik soos sy lag vir goggabie

  28. Eintlik wat ek wou weet, daai wat jy gepraat het was dit in verskeie tale wat net jy daai aand verstaan het? bwhahahahahahahahaha

  29. Ek het nie net in tale gepraat nie…ek was op so ‘n frekwensie ingestel dat ek radioseine van aliens op Neptinus ontvang het. Ek het eers gedink dis stemme in my kop, maar oor my vrou dit nie gehoor het het ek vas geglo dis wesens daai wat net met my wil praat.

  30. bwhahahahahahahhahahahahahahahahahahahahahahahaha ai toggie

  31. Ek kon lekker gorrel (suip) voor 1998 daarna tot bekering gekom nooit weer gedrink tot 2003 nie, maar die afgelope paar jaar kuier ek en my vrou baie lekker met `n bottel Rooi Dutoitskloof Muskadel, ons hou ook van `n stein of sauvignon blanc asook lekker pinnotage, merlot of cabernet sauvignon.

    Maar ek het nog nooit in my lewe babbelas gehad nie ek weet regtig nie wat dit is nie.Soms raak ek lekker mellow van die muskadel of wyn, maar weet waar om op te hou.

    O ja ek like ook shooters, pina colada en Malibu.

    Wie gaan saam kuier vannand by Mikes Kitchen en so twee bottels merlot??

  32. Dankie Brein maar ek gaan kamp by die see saam so 30 mense of wat.

  33. Ek het twee keer in my lewe Tequila gedrink en altwee keer die volgende dag akute watervrees gehad – dis mos wanneer die bad getap is en mens aanmekaar verbyloop. My vriend Toitjie het twee tots Tequila oorgehou vir die volgende oggend. Hy het geglo aan veg vuur met vuur. Twee babbies in ‘n leeftyd is genoeg. Nou drink ek versigtig.

  34. LO DAAR
    AL WAT VIR ‘N BABBELAAS HELP-BEGIN DAAR WAAR JY DIE VORIGE NAG OPGEHOU HET!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: