Wat fassineer jou?

‘n Possie deur Brein

 

Wat fassineer jou?

Slange is vir my misterieus en dis vir my boeiend om na dokumentere op TV oor slange, snakes, njogas, serpents noem hul wat jy wil, te kyk.Dit fasineer my vreeslik. Ek het al `n paar hanteer en ook en ook `n paar stele afgetrap.Ek kan hulle darem meeste van die tyd klassifiseer en uitken.En van alle slange op aarde is die Swartmamba vir my die koning van slange.Hy is grasieus, onvoorspelbaar en uiters dodelik (potent) amper soos Die Brein.(lol).Die pofadder is weer een van die stadigste seilers maar pik seker die vinnigste van alle slange.

Daar is drie soorte gif:
Sitotoksies, gif wat die weefsel aanval erge pyn veroorsaak en mens kan lede mate verloor ( weefsel vrot) of met nie genoegsame behandeling is dit goodbye cruel world im leaving you today.(Pofadders) neurotoksiese gif, die gif val die sentrale senuwee stelsel aan.Mens begin moeilik asemhaal , jou hartklop versnel en dit kan lei tot `n hartstilstand.Jou spraak word aangetas, jou sig word belemmer.Jy vind dit
moeilik om te sluk. Nierversakking en algehele verlamming.(Mamba spesies en Kobras)Ek het eendag op TV gesien dat oor die jare is ses mans in Hollywood al gebyt deur Swartmambas terwyl hulle films gemaak het oor slange en al ses het serum en noodbehandeling gekry onmiddelik, maar al ses het die tydelike met die ewige verwissel.Ek se mos as `n Swartmamba jou pik kan net die Here jou help.

Hemotoksiese gif, byna geen pyn of swelsel waar die slange ( Boomslange en voelslange) jou byt nie, maar ……………….jy begin bloei deur die bytplek , jy raak naar, braak baie, raak verward en daarna is dit `n
nagmerrie.Jy begin bloei uit enige seer plekke aan jou liggaam , slymvliese en inwendige bloeding jy kan self deur jou oe en ore , neus, mond enige liggaamsopeninge begin bloei.Geen teen gif is beskikbaar vir
voelslange nie.

En dan is daar die nie giftige slange, my swaer se broer was op sy plaas deur `n nie giftige Gestreepte skaapstekertjie gebyt. Maar hy het by die dood omgedraai, want hy is allergies vir bye en die uiters swakgif van die slangetjie het nie met hom geakkodeer nie.Soos `n bysteek.

Ek admireer oorlede Steve Irvin, Austin Stevens, Jef Corwin en Johan Marais skrywer van die boek `n Volledige Gids tot die slange van Suider Afrika.

Nou weet julle die enigste ding waarvoor ek allergies is , is `n swartmamba byt.

Volgende week vertel ek julle van my drie bad ondervindinge met giftige slange en dat daar nie so iets soos `n slanggat bestaan nie.
 

23 Responses

  1. Brein: Laat ek en jy mekaar mooi verstaan……daar net eending waarvoor ek banger is as ‘n padda en disse slang. As jy nou wil ‘n show sien, sitte slang voor my, voor ek nog gril dans ek uitgepass en terwyl ek uitpass het ek reeds being hardloop.

  2. *sien in geestesoog Phibbie se bene wat hardloop met haar torso wat uitgepass agter haar aangesleep word…herinner aan daai scene van Excorsist*

  3. hiehiehiehiehiehie sies moenie lelik wees met my fobies nie ne. Hehehehhehehehehehehhee

  4. Met jou Phibbies nie…of wat?

  5. jy kannit dalk effe berou of hoe dink jy?

  6. Wie ekke? Ek berou niks…ek maak alles gaar voor ek dit eet. Net oesters eet ek berou…vra my vrou

  7. bwhahahahhahahahahahahaha oppas slim vang sy baas nou nou ne en dan sal jy dit berou of rou oor ietsie dalk. hiehiehiehieheihie

  8. Eks k@k bang vir slange. Maar sal nog deur glas vir hom kyk. My vriend sukkel om selfs deur glas na slange te kyk. Het hom al homself uit sy tekkies sien hardloop toe hy agterkom hy staan met sy rug teen ‘n glaskas wat ‘n slang huisves!

  9. Ek het eendag geloop inne wandelpad toe kom ek oppe klomp klein slangetjies af. F@k het jy al ooit in jou lewe gesien hoe hoogspring ‘n paar boobs. you wont believe

  10. Jy vat jouself laag…(no pun intended)
    Ek sien jou nie as boobs op bene nie!

  11. huh uh as jy my boobs het sal jy nie so dinkie ne. Hele paar 5kgs saam. Ek steek dit net goed weg onner klere

  12. Wow 5Kg njammies.

    Wel ouens nou vra ek julle met trane in my oe hoe oorreed ek my vrou en dogter om een of twee dwergluisslange aan te hou. Hulle dreig sodra die slang in die huis is stap hulle uit.En hulle is dood ernstig.

    Maar ja hulle stem dat ek `n groen Igwana mag aan hou.

  13. Brein: Ek sal jou nie eers innie driveway laat stop met die slange nie nevermind die huis.

  14. Wat fassineer my? Sterre en planete en die melkweg ens. ens. Ek skimp so by my man vir my eie teleskoop, maar dit werk nie. As ek kan, staan ek vir ure met my verkyker buite en staar na die sterre.

    Met loadshedding is ek nog meer buite my vel van blydskap, dan kan ek mos beter sien!!!

    ‘n slang? wat staan in die bybel? hy sal jou aan die hakskeen byt, en jy sal sy kop vermorsel. of so iets…..

  15. Ek is skyt bang vir slange, en hier in Natal is hulle volop, ek bly in Amanzimtoti nou al so 3 jaar en het al ‘n paar in die jaart gekry, veral die dun groen boomslange, party mense sê hulle is nie giftig nie en ander sê weer hulle is so ek sal moet ‘n boek aanskaf oor watter soort is giftig en watter nie en ook hoe die goeters lyk, maar wat my aan betref maak ek dood voor ek vra of hy giftig is of nie!! Ek het ‘n baie groot erf en ek belowe jou ek kyk wyd as ek hier loop!!

  16. Ek is bang vir slang se kind!!! Sien uit na die volgende week se inskrywing.

  17. Ons het in Tzaneen gebly, en kyk, daar is ‘n kleinhuisie vol slange daar. Mambas!! My bediende het ‘n paar slange per week daar doodgemaak. As ons by die huis kom in die aande dan lê daar ‘n slang op die grasperk soos madem hom bygekom het. Dit was een van die redes hoekom ons daar getrek het.
    Ek is baie bang vir slang!!

  18. Ida , Ja boomslange is baie giftig, maar byt selde, die gif volgens sommige boeke vat `n paar uur om sy verwoestingswerk te doen, maar so paar jaar gelede is `n slanghanteerder by `n slangpark in Randburg binne tien minute oorlede nadat `n boomslang hom aan die vinger gebyt het.Hulle beweer die slang het `n aar raakgebyt en sy gif direk in die aar gespuit en nie in weefsel nie.

    Groenmambas is dodelik , maar mense oor die algemeen is geneig om enige groenslang as groenmambas aan te sien, soos die onskadelike Gespikkelde bosslang en die Natalse bosslang.So ek stel voor jy kry `n goeie boek omtrent Suid Afrika se slange. Indien `n onskadelike slang jou byt en jy se dis `n groenmamba, kan die verkeerde teengif beslis jou dood beteken.Kyk maar na jou kinders, slanggif maak keinmensies gou dood.

    Koekie ja Tzaneen wemel van die hakskeenbyters soos Koeksister hulle noem, maar ek maak hulle nie sommer vrek nie.

  19. My eerste inloer, ek ek kom definitief weer terug. Het ook hierdie absolute fasinasie met slange…en dan ook spinnekoppe. Nice stuk!

  20. Hey Demoerin! Welkom!

  21. Hey julle! Gaan bietjie rustiger die week met die dat al ons base op Strat Plan Zambië toe is die week. So ek sal bietjie meer kan inloer.

    Slange is aaklig en ek is vrekbang vir die goed. Maaaaaaaar. Glo dit of te nie! Ek is banger vir spinnekoppe! As ek moes kies tussen ‘n slang wat oor my seil of ‘n spinnekop wat oor my loop, ag, daar is nie eers ‘n oomblik se twyfel nie. Ek is absoluut arachnophobies! Ek kan glad nie daai Fear Factor kyk as hulle met die spinnekoppe besig is nie! Jissum. Dis genoeg om my mal te maak. Terwyl ek nou daaroor skryf, loer ek eers gou onder my lessenaar of daar nie dalk ‘n agtpotige monster vir my sit en loer nie! Spinnekoppe, hysbakke (en ek werk op die 31ste vloer!) en donker water langs damwalle met pype en goeters daar onder! Dis my grootste vrese. Ek droom menige nagte van hysbakke wat val of ‘n diep, donker swembad se drein wat my insuig! Dit klink seker simpel! Ek wonder net waar kry ons ons vrese vandaan!

  22. Annie, ek swem ook nie graag in ‘n plek waar ek nie my voete kan sien nie, raak gou benoud.

  23. Ek is ook vrekbang vir slange, maar het uit ondervindig gevind die meeste val ‘n mens nie aan nie. Tensy jy op die slang trap of ‘n bedreiging vir hom is.
    Wat ek graag wil weet, hoe hou ‘n mens die goed uit jou werf, bedoelende dat jy nie rommel, paddas, muise om en in jou werf het nie.
    ‘n Ou swarte het eenkeer vir my gesê, ons moet teer(wat jy op houtpale, wendy huise ens.) smeer rondom jou plek gooi. Ons het dit gedoen en ek het werklik nog nie ‘n slang gesien nie. Maar ek het ook ‘n paar katte(nie my eie nie) wat gedurig in my erf rondloop. Miskien hou hulle die slange weg?
    Weet mense van iets beter, want die “snake repelent” wat jy koop by die Kooperasies werk nie………..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: