Die naweek

Middag almal

Sorry ek was vrekbesig en gaan vir die volgende paar dae/weke nog besiger wees.  Sal later verduidelik hoekom.

Ek het sommer die naweek met daai donner genoemd Murphy begin.  Vrydagmiddag sommer so na die tent opgeslaan is en ek nog bleddie nugter was, neergeslet soose vrot vel reg voor ons tent.  Ek het sommer gehuil van die pyn.  Nou lyk dit asof ek die ligamente in en rondom my enkel beseer het.  Gaan nou 14h15 die dokter sien.

Die res van die naweek was so lekker. (behalwe virrie pyn).  Ons het bleddie baie gelag, gevreet soos varke en matigheid voor ogies gehou mettie voggies, want ek was mos nou oppie pil.  Die weer het lieflik saamgespeel soos julle kan sien.  Die fotos is geneem een Saterdag middag en een gister oggend.  Die vuur het ons elke aand gebou en almal het ommie boma gesit en kuier tot vroeg. Hehehehehehhehehe.  Die plek is baie mooi, maar ons moes die naweek verneem die eienaars gaan die plek opgee want die nuwe SA wil hulle nie met rus laat en hulle huurtermyn van 30 jaar is nou skielik na 10 jaar verstreke.  Dis regtig nogal ‘n jammerte.  Ek het maar so tussen die geklets gehoor daar is nou iemand van Dubai wat helse vakansie kompleks en hotel daar gaan opsit.  Wat ‘n pity!!!!

Baie geluk aan al die pappas met vadersdag Sondag.  Hoop julle was net so kleeiinnnn bietjie bederf.  Nie te veel nie anders kan mens mos nie byhou met julle nie.  Lmfga.

Lekker dag vir almal en ek sal sodra ek ‘n tydjie het weer ietsie skryf.

 

27 Responses

  1. Ek het self al ‘n paar keer neergehel oor ‘n tenttou, moet se was al laat in die aand gewees , ek dink ek moes al iets ingehad het…… kon nie onthou nie………🙂

    Hoop daai enkel voel al gou beter.

  2. Phibbie dink jy nou ons moet jou glo??Dis gout in jou enkel van al die rooiwyn.Of jig soos die ou mense altyd gese het.

    Bly om te hoor julle het dit geniet.

  3. Hehehehehe Brein. Ek wens. Ek gaan more vir x-strale. Dr se hy vermoed daarse beentjie gekraak of gebreek in my voet. Ek wens was bleddie rooiwyn lol.

  4. Eina! Ons het eenkeer op die strand in Mosambiek gekamp – doer bo in P’raia de Tofo (wetie of spelling reg is). Anyway, omdat die tentpenne diep ingeslaan was in die seesand, kon jy hulle nie sien nie en elke nou en dan het jy net ‘n gil gehoor wanneer iemand op die pen trap. Maaaaaaar wat, ek is steeds mal oor kamp. Hoop jy enkel voel gou beter Phibs. Al wat nou gaan help is ‘n lekker glas rooiwyn – beste pynpil ooit!

  5. As daar wyn betrokke was, was dit seker die moeite werd heh?

    So gepraat van wyn, dis vandag my 19de huweliksherdenking, ek het maaggriep en het vanoggend my man met die hand gelukgewens. Sad heh?

    Ek gaan definitief op hierdie maag sjampanje drink en my man ‘n klapsoen gee, hy moet maar die germs gelate aanvaar.

    Lekker aand vir julle almal

  6. Geluk Koeksister! Gee die man ‘n deep kiss. For better or for worse….

  7. Hi almal,
    Bly om te hoor jou naweek was lekker. Sterkte met daai enkel. My naweek was maar droog…

  8. Lol, jy’s reg Annie, hy gaan moet bontstaan vanaand!🙂

  9. Pagoda32 hoop jy het nie baie pyn en sterkte man. Ek het Sondag met ‘n skok verneem dat Vadersdag eers hierso in NZ in Oktober geskied …… k sal moet dood seker maak kersfees is nog steeds kersfees op die 25ste Desember!!!🙂

  10. Sien ek sweer eks nog nie heeltemal wakker nie, daar gaan staan en maak ek Pagoda siek met ‘n beseerde enkel in plaas van arme Phibbie. Sorry vir die foutjie. Phibbie hoop jy voel sommer baie vinnig beter en moenie te veel stress plaas op daai enkel nie. Dit is hel seer ek weet.🙂

  11. Baie geluk koeks!! Hoop julle het nog 100 jaar saam🙂

  12. Geluk Koeksister. Gaan groot vanaand..hehe..

  13. Thanx Patches en Koekie, nie so seker van die 100 j nie, sal hom teen daai tyd al ingeruil het vir ‘n stewiger model LOL.

    Ons het dit maar rustig gevat gisteraand, saam met die kinders gevier, ek het darem my soen (e) gekry. hehe

  14. Baie geluk koeksister. Sorry sien nou eers. Het so paar minute tyd. Hoop pappa het jou erg bederf toe die kinders gaan slaap het.

  15. Hallo Almal ai man ek werk baie hard, ek werk by ons tak in pta en kan nog nie mails ens daar kry nie.Ook geen internet sal die IT outjie moet uitkry.
    Ja ons was ook die naweek see toe het vrydagmiddag gery om die sardiens te sien, maar saterdagmiddag net so voor 15h00 kry ek n oproep van my nig, haar pa het nou net n hartaanval gehad en is oorlede, Ons was baie geheg aan hulle en het toe sondagoggend terug gery. Maandag was die sardiens toe daar, en skoonsus staan op die rotse om fotos te neem en die manne met die nette stamp haar onderstebo sy val tussen die rotse en breek toe haar bene, so sy is nou nog in die hospitaal in Toti.

    En ons was ook woensdag by Steve se show by Emperos en het so bietjie met hom gesels, hy lyk goed maar jy kan sien hy is nog nie heeltemal gesond nie. Ek het vir hom gevra om by diewerf te kom in loer, hy is bly ons hou nog aan chat op die blok.

    Nou ja ek moet netnou weer pta toe om verder te werk.
    Lekker Bly Almal

  16. Hi daar

    Ek sal later lekker lees en opvang met almal. Yipee vrydag sluit die skool.

  17. Hi Parkes. Ai tog. Dries werkie met jou nie ne. Smaak my Murphy het hom sommer reg tuisgemaak in jou bed. Eish arme jy.

  18. Hi Rory en baie welkom hier ne. Hoop jy gaan lekker lees ure he.

  19. Sjoe siestog brein. Jy kan bly wees dit was ‘n klein hondjie…..as hy groter was kon hy jou SHLONG afgebyt het. LOL LOL

  20. Dankie Phibbie. Ek het die gechattery gemis. Maar hel ek werk my morsdood. Ek bid vir die vakansie dat ek net weer rus en vrede het.

    Hoe gaan dit nog met jou?

  21. Hi Rory. Gaan goed ook net moerig besig dankie. Ek het so baie bleddie werk maar kom nie vandag aan die gang nie. Is besig met ander goete. Gaan dit met jou?

  22. Dit gaan eintlik goed met my. My skoonma maak ons net gedaan met al haar gekla en gekerm. Maar nou ja, dis seker wat skoonmas doen.

  23. Wel julle almal moet ‘n lekker dag verder hê. Ek ry oor rukkie. My seun speel in die rugby finaal en ek hoop hulle skop gat vandag. Gelukkig is ek een van daai mammas wat glo jy doen dit als vir die fun, maar gee jou beste. Maar vandag beter hulle wen. Is darem so lekker dat so klein skooltjie sover gekom het.

    Mooi bly almal en Brein as jy verveeld is by die werk die kiddies speel by Bosman stadion op die B-Veld….dan kom kyk jy hoe dit eintlik gedoen word. LOL

    Bye

  24. Hiehiehiehiehiehiehiehiehie brein verveeld? Ek sluk erg aan daai een lol

  25. Jong ek sit maar en hoop die man is verveeld en gedra hom so bietjie. ‘n Mens mag hoop.

  26. lmfga

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: