Afrikaans – Die mooiste taal ooit

 
*        Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
*        Ek is nou so lui my hol hang oop!  
*        Hy is so maer, hy lyk soos ‘n potlood met ‘n handbriek.
*        Ek is nou so opgewonde soos ìn budgie op steroids !
*        Ek is so lui soos ‘n by – ek wil nie steek nie – ek wil net so aan die koek hang!
 *       Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die stoel en
          my klere lê in die bed.
 *        Ek is nou so lus vir ‘n Rennie ek eet sommer ‘n pastei.
 *        Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
 *        Van sit of staan bly lê die lekkerste.
 *        Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
 *        Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
 *        Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!
 *        Hy is so skelm, hy bid onder n skuilnaam
 *        Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks
 *        Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
 *        ‘Lang gesig soos ìn bok wat afdraand vreet.’
 *        ‘Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.’
 *        ‘Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.’
 *        ‘Ek is nou so lui ek trou sommer ‘n pregnant vrou.’
 *        ‘Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.’
 *        ‘Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.’
 *        ‘Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer ‘n pofadder oopbek’
 *        ‘My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap..’
 *        ‘Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur ‘n vliegtuigmotor ingesuig nie.’
 *        ‘Die mens is op aarde geplaas om ‘n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is     ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.’
 *        ‘Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.’
 *        ‘Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.’
 *        ‘Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!’
 *        ‘As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.’
 *        ‘As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy ‘n reis nodig.’
 *        ” Ek bliksem jou sommer dat jy omsingel voel”
 

20 Responses

  1. Ek sekondeer jou Phibbie, dink maar aan plekname soos Paternoster, Waenhuiskrans, Dwarskersbos,Baardskeerdersbos,Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein en natuurlik K@fferwaatlemoenkonfyt.

    Hastilla Vista.

  2. Jip en niemand kan iets so mooi verduidelik soos in Afrikaans nie en dit met gevoel ook doen nie. Ek meen maar jy kan iemand in sy mo@r in stuur en hy sal wragtig uitsien na die trippie en nog dink hys oppad hemel toe. Hehehehehehhehe

  3. Whahaha! Dis omtrent ‘n lekker lys!😆

    Dankie vir die smile!😉

  4. Ek sekondeer. Woorde soos “gatvol en hardegat” kry jy nie in ‘n ander taal nie, om nie eens te praat van skelwoorde soos “k@k, bliksem en donner” nie!

  5. Stem Annie…vat nou bv. opfok..mooi, kragtig, 1 woord. Ek hoop net ek word nooit so lui soos ‘n by nie

  6. LOL @ Demoerin!😆

  7. ja ek stem demoerin, maar die afrikaanse F klink baie beter as die ingilse een

  8. Hehe, Demoerin🙂

  9. Dit is ‘n goeie lys. Ek lag my stukkend vir die een:
    “Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.”

  10. middag almal
    haha, hier is paar goeies. Ja Afrikaans bly maar die beste!
    Reën lekker hier by ons.
    Lekker aand vir almal.

  11. As mens in Jozi’s bly verengels mens maar as jy in afrikaans begin vloek dan weet almal wat jy bedoel maak nie saak watter taal hulle praat nie

  12. Laat ek myself voorstel ek is koeksister aka twisted sister se jongste sussie ek was nuuskierig om te sien wat sy die hele tyd op die rekenaar hier by my gedoen het. Nice om julle te ontmoet. Ek het nie geweet blogging is so interesant nie. Almal van julle klink baie nice ek kan verstaan hoekom koeksister seker maak sy “log” in elke dag.

  13. Ek het in `n huis groot geword waar pappa `n pf innie lugmag was…Majoor. Meddie nare gevolge dat ek vrot is vannie Afrikaans!

  14. Sigeuner Baie welkom ons waardeer jou inloer, jy`s mos deel van die ou familie.

  15. Hi Phibbie,
    (((Sigeuner)))
    Lekker stukkie hierdie, het nou lekker gelag.
    Ek hou van die een wat sê “Ek’s nou so lui my hol hang oop” whahahaha….. flippen oulik.

    Afikaans ek smaak jou…. Afrikaans ek praat jou… Dis MY taal!!

  16. Afrikaans is en sal altyd my, my man en ons kinders se huis taal wees maak nie saak wat gebeur en waar ons bly nie, ons is en sal altyd gebore afrikaners bly kom wat wil, en ek dink nie daar is enige iemand wat iets daaraan sal verander nie. Nou moet julle weet as ek met die kinders of met manlief in afrikaans praat tussen ‘n klomp kiwi’s dan kyk hulle ons aan of ons van mars af kom, en ek kan se: ag jou moer man ……. en hulle het nie ‘n cooking clue wat ek se nie🙂

  17. Goeie hel…! nou is my wind uit my seile uit.

    Koeksister se sister! 🙂

    Welkom op die blog, blog maar gereeld, dis goed vir jou sisteem en pasop vir die Brein….. en Mevrou Brein

  18. 😆 ek dink ek was gister aand so dronk soos dit hier bo gesê word.

  19. Ek neem aan jy voel nie lekker nie, heh?

  20. Neykie – kry vir jou ‘n tomato coctail en handvol panados. 10 min, dans jy weer sharp.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: