Slot aflewering oor slange.My drie onder onsies.

 

Ek self het al drie stelle afgetrap met slange die eerste was sowat 21 jaar gelede toe my vrou sowat vyf maande swanger was met ons dogter, ons en vriende het naby Nelspruit in `n vakansieoord gekuier toe ons later die aand na ons charlet geloop het.Ek en my vriend het ons vrouens  geabba op ons rue omdat daar baie paddas was.So in die loop het ek met my plakkie op `n Bergadder se kop getrap, maar op die selfde oomblik het my vriend se vrou geskreeu SLANG!! Ek het met my plakkie op sy kop bly staan en my vrou so te se afgegooi op die grond,  sy het weg gehardloop en ek het die slang se lyf om my enkel los gemaak en weggespring.Die slang het twee maal rondgepik. Ons het hom daarna vrek gemaak met `n besem van mense wat daar gekamp het.My vriend Eddie, se vrou het sy rug papnat gepie van skok.

 

My tweede stel  was in 2001 ek was besig om my graspek by die huis te sny en het die vol bak buite my erf op `n hoop uitgegooi.Net toe ek by die motorhek kom het `n stem vir my gese oppas vir die slang, ek het rondgekyk en niks gesien nie, maar weer et ek die mansstem kristalhelder  vir my hoor se oppas vir die slang.Ek het om die hoek van die heining geloer en maar weer geloop en met my kaalvoet bo-op `n rinkhals van sowat een en `n halwe meter getrap, my dogter was toe in standers ses (graad agt) en was besig om die oprit skoon te vee en het met die besem aangehardloop gekom.Ek het seker sowat tien sekondes op sy kronkelende lyf gestaan met sy bakkop wat wieg tussen my bene net bokant my knie.Ek weet nie wie het die grootste geskrik nie, ek of die slang.Ek het weg gespring en die slang binne teen my erf se heining, ek het my dogter gese om die graaf aan te gee, toe ek die graaf na hom uitsteek het hy ses keer die graaf gepik sodat die gif teen die graaf afgeloop het.Ek moes hom ongelukkig vrek maak want my dogter was toe al amper histeries.

 

In Februarie vanjaar was ek by `n ou kwekery wat plek-plek lang gras het terwyl ek soek vir `n sekere plant het ek weereens `n stem gehoor wat vir my se staan doodstil ek het `n warmgevoel teen my regter bobeen gevoel amper asof dit brand en weer se die stem staan doodstil.En ek het.Toe ek regs kyk staan daar `n moerse monster rinkhals (sowat twee meter) reg langs my sowat 30 sentimeter (`n liniaal lengte) van my af .kop omhoog en bakkop absoluut paraat en gereed om my te pik. Ek het in breukdele van sekondes besef die slang is so groot en sal my `n behoorlike dosis gif toedien. Ek het net bly staan en net gese Here ek weet die gedierte gaan my pik en dit sal fataal wees.Weer het ek die Here gevra om te help want toe lyk hy nog vasberader met sy tong hier by my.Skielik sit hy sy kop vorentoe en seil weg.

 

Dis my laaste aflewering oor slange.

 

Nou wie se stem sal julle se het my gewaarsku??

 

 

 

     

 

21 Responses

  1. Sjoe, scary. Klein wonderwerkies gebeur nog elke dag. Ons sien dit net nie altyd so nie.

  2. Ek is saam met demoerin oor hierdie een.
    Jy’s baie gelukkig Brein.

  3. Ek sal dit nie oorleef het nie. hel ek is doodbang vir ‘n slang. Ons was weg vir ‘n naweek, plekkie naby Brits, pa en seun is toe op die tube af by die rivier. Ma staan op die wal en kyk hoe die twee kom, maar saam met die spulletjie seil(swem) die slang so ewe langs hulle verby. Ek moes myself baie baie mooi in toom hou om nie te gil van die kant af nie, maar ek het my toe baie mooi gedra, net nou gaan ek ssoos ‘n tierwyf te kere en daai laaitie spring van die tube af. Maar die man langs my verseker my toe die outjie kan nie pik in die water nie, hy het blykbaar die grond nodig om weg te spring…………ek glo nie nie regtig nie.

    Ja ou breintjie wonderwerkies gebeur tog!!!!!

  4. Ek en my broer het eenkeer in die bos gestop toe ‘n slang onderdeur die bakkie seil, ons stop nogals en klim uit en loer vol bravade onder die bakkie om te kyk hoe lyk slang se kind, kon hom gelukkig nie kry nie.

    ‘n Week later by die slangpark toe sien ons dit was ‘n Kaapse Kobra, toe voel ek nie meer so brave nie.

  5. Koeksister – Ons het ook in eendag, ek en my man in die kar gery, op die citrus plaas, waar ek gewerk het. Ek het bestuur en die volgende oomblik seil daar ‘n swart mamba reg voor ons kar verby. My man skree vir my, ek moet oor die slang ry en ek skree vir hom, “daar’s nie ‘n manier nie”!!. Ek het al gehoor as jy oor ‘n slang ry, rol hy op in jou wiele.(Brein – is dit so?) Ek was skeit bang hoor!
    Gelukkig het hy vinnig genoeg verby geseil en is in die boorde in. Maar dit was ‘n moewiese ding, seker so 2m lank. Ek moes onmiddelik ‘n sig aansteek van skok…hehehe.

  6. Ek het ook al eenkeer so iets gehoor, kan onthou my pa het eenkeer amper ons kar omgegooi naby Sishen om ‘n slang mis te ry. Sê ook hulle klim in die karre in.

    Imagine jy ry teen 140km/h en hier klim meneer voor by jou voete in………..!!

  7. Ag nee wat Koeksister ek beskyt myself toe!!!!

  8. Koeksister

    Al met my gebeur.

    Almal waarsku my op Oudtshoorn dat ek moet wakker wees…een oggend kom ta in geseil by my kar. Die wetters soek warm plek om te le (as jy jou kar parkeer) en le daar vir die nag, in jou enjinkompartement. Ek se jou…ek is so vinnig uit daai kar ek het nie eers kans gehad om handbriek op te trek nie!

  9. Dis scary, maar ek volstaan dat spinnekoppe vir my scarier is as slange! ‘n Ding met pote wat loop! Eish!

  10. ‘n Ding met pote MOET KAN LOOP!

    ‘n Slnag wat kan beweeg daarsonder is vir my so scary ek druk ‘n pit sommer net so!

  11. Lol @ Pagoda🙂

  12. Nee Koekie hy sal nie om dinge krul nie en buitendien sal die kanse groot wees dat hy sal vrek as jy oor hom ry. Hoe sal hy op se bv 120 km per uur plek kry om vas te gryp en vas te klou.Die enjin word ook so warm dat hy sal brand en dinge soos die fanbelt en waaier sal hom lekker karnuffel.
    Op `n baie stadige spoed of as die kar geparkeer is sal hulle dit opsoek vir hitte soos Pagoda se.

    Anniegetyourgun ek stem saam ek is skytbang vir spinnekoppe maar like slange. Ek het al `n tarrantula op my laat loop seker so groot soos `n piering , ek het gevoel ek gaan panic, maar het uitgehou.

    Maar ek glo met al my dinge hou die Here maar Sy Hand oor mens en waarsku mens klokhelder.Soos demoerin se kleinwonderwerkies.

  13. Brein, ek sal dooi van ‘n hartaanval as ‘n tarantula oor my moet loop. Dis ‘n vrees wat ek nie kan beskryf nie. Ek is erg Arachnaphobic! Daarom is dit moeilik vir ander om te verstaan dat ek banger vir spinnekoppe is as vir slange. Ek weet slange is gevaarliker, maar hier gaan dit nie oor wat sense maak nie.

    Pagoda, ek bedoel eintlik dat ‘n groterige spinnekop gewoonlik loop pleks van hardloop, en dis net vir my nog vreesaanjaender! Ek het een aand aan die slaap geraak op my bed en later wakker geword (my engeltjies het oortyd gewerk). Toe staan ek op en gaan was my gesig en toe ek by die spieelkas gaan sit om room aan te smeer toe vang ‘n beweging my oog. Bobbejaanspinnekop se kind loop slow motion oor die bed waar ek gelê het. Ek was amper dood om te dink dat as ek bly lê het het hy bo-oor my geloop. Liewe bliksement!

  14. As hierdie drie episodes met my moes gebeur sou iemand vandag vir my in die groen dakkies moes kom kuier het.

    Nie ‘n manier dat ek nog normaal sou kon funksioneer in die samelewing nie…not a chance!

  15. Ditto ditto ditto ditto. Die enigste ding is julle sou my eers uitie stront uit moes uithaal

  16. Ek wil net byvoeg die tarrantulla was so groot soos `n piering. Maar jy voel glad nie as hy op jou loop nie, daar kan net sowel niks op jou wees nie.Maar ja nie lekker nie.So Annie jy sou dit nie eers geweet het nie.

  17. Brein: Is jy bleddie sadis hmmmmmmmmmmmm

  18. Wie van julle het “Beautiful People” van Jamie Uys gesien? Waar die bobbejaan die klip optel en dan uitpass as hy die slang sien? Sommer 3 keer in ‘n ry.

    Nou ja, dis ek daai🙂

  19. bwhahahahahhahahahahhaahhahahahaa ouch. Ek het dit gesien. lmfga. Eks omtrent net so erg oor slange en padda, maar voor ek uitpass gaan hulle my eers ‘n paar km verder kry en beslis vol stront

  20. Ek is skeitbang vir slange.

    My broer het eendag gaan draf en ‘n dooie slang langs die pad gekry, dit oor ‘n stok drappeer, en bo die slapende moi gehou en my toe wakker gemaak. Nodeloos om te se hy is steeds nie my favourite persoon nie, en dit het jare terug gebeur.

    Ek het al op ‘n bruinkapel getrap, een ysige oggend, en sy reaksies was genadiglik stadiger as myne.

    Dan was daar die spikkel kapel wat voor my uitgevlug het toe ek ingedagte op hom afgestap het, die slang wat bakkop in die veldpaadjie gestap het toe ek klein was, en op volspoed gehardloop het – ek is oor hom. Of so iets.

    En daar is nog ‘n hele paar sulke stories, maar my beenhare is besig om buite beheer te groei hierso!

  21. Ja Skoor kapelle (kobras) is almal gevaarlik en die gespikkelde kapel is moontlik die Kaapse Kobra of Geelslang hulle kan gespikkeld voorkom asof `n klomp sproete op hom is hulle gif is sterk neuro toksies.En uiters gevaarlik.

    So dit lyk my eks nie die enigste een wat `n magneet vir die skepsels is nie.

    Dankie vir jou insetsel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: