Weird eetgewoontes.

Kom ons kyk wie het weird eetgewoontes of sommer net snaakse dinge en konkoksies waarvan julle hou.

 

Ok ek hou baie van karringmelk/Inkumazi en hou daarvan om dit oor cheesenaks of kaaskrulle te gooi en dan te eet.Ek eet amper alles met sout, appels, aarbeie, lemoene, suurlemoene, kwepers, en natuurlik my grootste gunsteling is sout en grenadillas.Dan gooi ek ook sout in my Appletiser.Shit hoe water my bek nou.

 

`n Ander groot liefde is hoenderpote gekook in `n drukkoker met hoendernoedelsop ,kerrie en borrie asook suurlemoensap in.Sommer so dertig pote op `n slag, my vrou en kind eet natuurlik nie saam nie en dink eks mal.Ek is ook mal oor afval, lekker kerrieskaapafval en die oog en tong is koningskos.

 

Ek is ook lief om my cereals te meng Weetbix, Pro-nutro, Rice Crispies, Cornflakes alles deurmekaar met warm melk en een teelepel suiker.

 

Slappap met scrammel eier, botter, aromat en wit peper.Skorsies met botter en aromat.

 

Lekker vrot Gorgonzola kaas, mature kaase, bron ek het al varkbiltong (landrasvark) gemaak, hoekom nie, die Hollanders en Duitsers doen dit, hulle noem dit Tissalle.

 

Ek eet alles van oesters, sushi, prawns, caviaar, braai skaapniere op die kole ek is beslis `n goeie voorbeeld van n omnivoor.Die enigste twee dinge wat ek nie eet nie is rou uie en lewer. O ja ek eet nie die buurvrou nie……………wel uh nog nie.Bwha ha ha ha.

46 Responses

  1. Dit is vreeslik koud vanoggend net 8 grade in die huis ! Maar wag laat ek julle vertel, so ruk terug het dit beroerd gegaan, ek is getrench en dit is so reg voor payday vir m man, al wat ons in die huis gehad het om te eet was die volgende:

    1. ‘n pakkie bacon,
    2. ‘n ui;
    3. een blikkie sweetcorn;
    4. een blikkie heelpit mielies;
    5. stukkie kaas;

    Nou ja wat gedoen? Ek vat toe die bacon, sny dit en die ui op en braai dit in die eier pan, vat die sweetcorn en heelpit mielies en meng dit saam met die bacon en uie saam, sit dit in ‘n glasbak, rasper die kaas bo-oor en sit dit in die oond totdat die kaas gesmelt is. WENNER !!! Mensies daar het ek my eie dis gemaak uit amper niks nie, en glo dit as jy wil ek maak dit tenminste nog een keer ‘n week om te eet- my familie is gek daaroor.🙂

  2. Hi Brein,
    Ietsie snaaks wat ek altyd as kind ge-eet het (by my broer geleer) is ‘n peanut-butter en Bovril broodjie. Flippen lekker. Of hy het ook tamatie sous saam met Bovril op brood ge-eet. Ek (toe was ek nog klein) het ook al sardyne (fyn gedruk) op ‘n stroop broodjie geeet – weet nie of ek dit nou sal probeer nie.

    Hoender pote??? Njammies!! Ons heel huis gesin is mal daaroor. Ek vra gewoonlik vir ou Bettie om vir ons te maak – en sy kan. Nekkies, magies – heerlik.

    Kerrie afval – Koningskos!! en dan ook tong met mosterd sous – nou water my mond…

  3. Hel, ek dink jy het hulp nodig!😆 Ek het nie veel fiemies nie. Maar ek hou nie van afval, lewer, niertjies ens. nie…en veral nie “Runaways” nie! Patches se konkoksie klink lekker…die ingredients pas.

  4. Stem saam met Demoerin, jy het dringend hulp nodig..
    My kinders vrek oor hoendernekkies maar ek eet kaas met alles en tabascosous met alles , niks weird gewoontes van my kant af nie.

  5. Dis seker nie so weird maar ek het die broodjie gemaak toe ek woes cravings gehad het met swanerskap.

    toast met botter en marmite, mayonnaise, gebakte eier, aromat en gerasperde kaas. Yummy!!!!!!!!

    My all time favorite……………..kaaskrulle en rooiwyn.

  6. kaaskrulle en rooiwyn! dit klink nou bleddie lekker

  7. Koeksister – Ek stem en ek dink ons moet bietjie gaan met daai idee van kaaskrulle en rooiwyn – dis mos VRYDAG!!!!! Jipppieeeeee!!!

  8. Praat jy………🙂

  9. PRAAT JY WAT LIPPE HET!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  10. wat broek dra!!

  11. Weird eetgewoontes, verseker 😆

    Ek is nie baie vol fiemies met kos nie, solank dit lekker is. Maar ……. daar mag geen derms , ogies of ingewande van my bord af vir my loer nie 😉

  12. Ok luister mense kom ons probeer mekaar se gunsteling drankies toets.Ek is crazy oor Dutoitskloof Rooi Muskadel.Ander soorte is so- so , maar probeer dit kry.

    Demoerin en Koeksister,Wel Pagoda het mos nou die dag gese daar is nie pille vir domgeit nie dis hoekom ek so eet.

    My siens wyse is ek eet alles van vetterige dinge tot l suur dinge, daar is mos pille vir gout, hoe-bloeddruk en colesterol.

  13. haha Wipneus, ek sal ook verby hou as iets vir my terug loer!!

  14. Brein – lyk my ek en jy is die enigste normale mense!!.. *koes*

  15. KWV Roodeberg, ek kan nie verby so ‘n bottel stap nie, ek moet hom vir my vat.

  16. Mmmmm….Cardhu, seker die beste whiskey wat ek ooit al geproe het! Goeie rooiwyn gaan ook goed af! Babylon’s Peak of Boshendal 1685 my gunstelinge op die oomblik en natuurlik Springfield Lime from Stone…maar daarvoor moet ek nou weer wag tot Aug. Shit, ek klink soos ‘n alcholic????

  17. Demoerin – ek het nie ‘n clue waarvan jy praat nie…hehehe.
    Ek ken nie eintlik van wyn nie, maar dit klink lekker. Ek kry onmiddelik ‘n kopseer as ek net aan die wyntjies ruik!!
    Ek drink maar ‘n savanatjie, so af en toe. Nee, man jy klink glad nie so ‘n alkie nie. Is die vliegtuig al oor??

  18. Ek vrek oor ‘n stawberry dacuiry(spelling). Shit hoe spel mense dit??????

    EN ADVOKAAT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  19. Mmmm ‘n lekker wyntjie laat ek nie verby my gaan nie!

    whahaha Demoerin ons is nie alkies nie, ons is net van la-la land! Dis happy hour!

  20. Praat weer later julle. Moet nou eers ‘n paar dingetjies gaan doen.

    Wipneus – that’s right – la-la land. laat hy val waar hy wil..haha.

  21. Lekker soos ‘n cracker! My favourite topic… WYN, en kos. Ek gooi ook sout in omtrent als soos jy brein, veral in Savanah. Verder is ek baie lief vir my wyn. Ons behoort aan Wine-of-the-month Club, maar hulle ruk jou nogal – laas maand se boks was R600! Ons het al so baie wyn ons kan nie voorbly om dit uit te drink nie, en ons issie skaam nie. Ek verkies witwyn want rooiwyn is baie swaar, veral in die somer. Dan meng ek nog my witwyn met soda en ys, behalwe as dit goeie wyn is. Ek praat nou van bokswyn.

    Met kos het ek ook nie fiemies nie. Mal oor oesters en sushi, kreef en prawns, ag enige seekos, maar oesters is my all time favourite. Vir my 40th birthday het my liefie my Knysna toe gevat en 36 oesters gekoop by die Oyster Co. Eish! Dit was lekker, en hy het nie baie slaap gekry daai aand nie! Verder vrek ek ook varsgebakte brood! En al die vrotkase, en gerookte salmon. Daar is ‘n pizza by Primi Piati in Menlyn genaamd The Bomb – lekkerste ooit! Dit het gerookte salmon en fraische op! Probeer dit gerus!

  22. EK drink vandag eenetjie op julle almal!!!!!!! Ek bly in die oosrand…………..die vliegtuig is al lankal oor!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  23. Salute Rory🙂

  24. Soos ek nog die hele tyd vermoed het , daai Brein het skade gekry toe dit so lank sonder skedel was in die kuber ruimte….:P

  25. Ek het met my vrou se jaareindfunksie by Spier landgoed laas jaar snotter geword op die Strawberry Dacuiry (gebruik maar Rory se spelling) storie.

    Dit was wetters warm en dit was so lekker koud in die hand en so lekker soet…so lekker dat my vrou na haar funksie moes huis toe ry LMGA!

  26. Ek geniet ‘n lekker kerie afval. My vrou het dit glad nie geeet nie, maar na ek dit die eerste keer gemaak het het sy seker gemaak dit was op die menu met ons troue laasjaar. Maar ek gebruik net skaappens en varkpote…en die oortollige sous word eerste uitgeskep voor dit bedien word sodat dit kan afkoel en styf raak (brawn) in die yskas.

    My gunsteling eetdingetjie so tussen etes deur wanneer die gier my pak is jellie net so uit die pakkie uit. Pick & Pay se brand het geure wat jy nie elders kry nie, soos litchi en cream soda en cherry en ….joe! Hoe water my mond nou!

  27. Hi White Knight!!!! Lanklaas van jou gehoor.
    Hoop dit gaan nog goed met jou.

  28. Hi WK

    Pagoda, mag ek vra waar het julle getrou?
    Jy het seker moewiese sterk naels met al daardie jellie wat jy so eet.

  29. NEE DANKIE!! HOU VERBY!! Ek sè altyd die wat daai pote van hoenders so vreet, daar is drie tone, naels, wat te hel jy dit ook al wil noem, as jy klaar gevreet het, kan jy jou tande skoon maak met daai naels!! JIGGIE NEE HOU VER VERBY!!

  30. Jong

    Ons is getroud op Bloemendal landgoed. Die mooiste views van bo daardie heuwel van amper die hele Kaap. Dit was 25 Augustus laas jaar en mense het ons aangeraai om dit eerde binne te hou as gevolg van die wind en die feit dat die weer so vinnig op mens kan draai in Augustus. Die uiteinde was ‘n briljante warm en windstil dag op die hoë heuwel end ie fotos was fantasties!

    My vrou is nou nog liries oor daai dag!

  31. Ja., Bloemendal is ‘n baie nice venue, ons het al hele paar troues daar gedoen, lyk my jy het die weer bestel vir daai dag, dis great.🙂

  32. he he he leke gelag vir jou eetstories. ek ook mal oor kerrie afval – eet nie vaal afval. en die brein en oë my gunstelinge ook!
    wat snaaks eet ek: peper en sout oor spanspek dis heerlik by my pa geleer so eet en bovril en perske broodjies!
    Is bloemendal die plek wat Tokyo Sexwale gekoop het in Durbanville?

  33. ek lanklaas heir gewees opi werf want dol by werk. wat is tags en hoe werk dit hier links?
    wat het van die para geword? is ricky hul nog lewendig kom kuier hul ook?

  34. Prok
    Ek dink Ricky Louw is besig met sy nuweling in die familie. Het mos onlangs sy blog gesluit na net ‘n maand oppi lug.
    Watter para praat jy van? Die link op die blad?
    Die tags op die blad vat jou maar net na die stories toe waar dit oorspronklik getag is.
    Links?

  35. ek meen parras? hul lyk afwesig hier op die blad. Maar ek was gou daar op bosparra en glo dit as jy wil hul alweer ‘n STeve moment vandag en daar is Marie ook. Somethings never change.

    Hi Knight, het jy nog nie besluit om op die werf te skryf ‘n artikel of twee nie?
    almal geniet jou stukke.

  36. Prok

    Ons is redelik “parra vry”. Ek’s seker daar is gereeld diegene wat hier inloer en gesig wys en dalk ‘n comment los op ‘n ander naam, maar dis redelik skaars dink ek.

    Steve is al lankal nie meer deel van gesprekke op die site nie. Ons is mense / vriende en ons gaan aan. Die lewe draai nie net om een persoon nie.

    Ek voel in elk geval dat die gedurige Steve steve steve ‘n opsetlike gekrap is wat eintlik maar laat staan kon word. Dit het vinnig oud geword.

  37. Prok, ek dink dit is Boschendal wat TS besit

  38. Baie welkom White Knight , ja jy moet ook skryf jy het darem bietjie breins en ek sommer baie.Bwa ha ha h.

    Prok , bly om jou ook hier te sien, jys ook al soos familie.

    Patches , ja my vrou se ook die “suffergereg” klink eintlik heel aangenaam, ons sal dit probeer en laat weet.

    Meermin, dis lekker toothpicks daai.

  39. Eier met gouestroop oor.

    In die koshuis het ek die beetslaai onder die tafel weggesteek as die vroue kom afdek, en dan het ek dit met die poeding gemeng terwyl die res van die tafel met afgryse toekyk. Soms was dit sulke wit poeding. Dan het ek pienk goed geeet!

    Maar hoenderpote kan gerus verby hou. En afval. Never. (never say never…)

  40. Shucks die konkoksie klink soos iets wat dracula sal geniet.(lol)

  41. Drinkgoed? Niks kom bydie kellers van Laborie nie! Enige iets van hulle gee my skoenlappers oppi maag, kop en aaag…oral-oor!

  42. Ek werk reg oorkant Laborie, Sigeuner, ook maar goed dis nie jy nie, want jy sou heel moontlik nie jou werk kon doen nie.

  43. Wynproe met lunch…mmm

  44. Sjoe Koeksister, hoe jaloers is ek nou! Jy bly innie Kaap en tussen die wynplase! Dis paradise girl!

  45. yor..dis rer8 i wierd website die…eet julle derms nee yor

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: