Ietsie oor myself

2008-06-20

 

 

Die son brand die gras in the binnehof wit.  Ons sien dit skaars raak, want dis pouse, en ons kan vir die matriekseuns loer, ons toebroodjies agter ‘n boek afsluk, en maak of ons cool is en onder die boom gaan rook.  Lies Koei het weer een van haar pa se Chesterfields gezooi en ons al vier raak gerook daarop.  Die klok lui oorverdowend en ek onthou ek het nou Rekeningkunde en my huiswerk is alweer nie gedoen nie!  Ai tog, miskien moet ek slip, maar Rooi Thys gaan my afwesigheid vinnig opmerk.  Hy is soms bietjie verstrooid, maar in die klas kan hy baie skerp wees en selfs vir jou vertel wat jou ma op jou toebroodjies gesit het.  Ek begin sweet en stap stadig in die rigting van die klas.  Nou kramp my maag ook nog, maar daar is nie tyd nie …

 

Ek word wakker en kyk vas in my kat se plat gesig.  Hy staar stip na my en sy hele lyftaal sê:  Word nou wakker human, my maag is leeg!  Ag dankie tog, dit was net ‘n droom.  Dis 2008.  Ek is forty something en in my derde huwelik (ja okei, ek weet ek begin Liz Taylor inhaal, but who’s counting?)  Husband No 1:  My skoolliefde, wat dierbaar was maar ‘n ongesonde dors ontwikkel het en hom doodgedrink het op die ouderdom van 34.  Husband No 2:  My baas se bodyguard wat my soveel stront voer elke dag by die werk dat ek dink hy’s die greatste ding sedert Kevin Costner en met hom trou, op Mauritius.  Hy wys my gou wie’s baas en wie’s klaas en wat gebeur as ek terugpraat, en om te demonstreer wat sal gebeur as ek hom los, druk hy sy pistool teen my kop.  Ek skep jare later genoeg moed en vlug met my kat (die een wat nou in die hemel speel met Husband No 1).  Husband No 3:  Die Ingilsman. Op ‘n convention ontmoet ek hom waar ons girls in die kroeg kuier.  Hy is ‘n flight engineer en slaan my voete onder my uit met sy mooi Ingilse maniere.  Ons trou verlede jaar November en hy koop vir my ‘n nuwe persiese kat.  Sy naam is Fishpaste (die kat s’n).

 

En hier is ek nou …  Het nooit lugwaardin of filmster geword nie, maar ek het grootgeword.

 

Ek is Anniegetyourgun

32 Responses

  1. Hi Annie,
    Ek kan sommer sien ek gaan jou posts baie geniet.
    Welkom!!

  2. Sjoe! Het my nou doodgeskrik toe ek sien my post is op! Thanx Koekie. Sal probeer

  3. Mooi so Annie welkom ons gaan jou geniet sien ek.

  4. Hi Almal
    Annie: Baie goeie stukkie hou so aan.
    Ek het nou net kom recover vannie f@kken skok. Ek nou die eerste kwotasie gekry vannie trek R30 000.00. Mens sal sweer ek trek oorsee. Die kwotasie vannie gordyne R10 000.00. Phibbie wonner nou en dink miskien sal die werk nie al daai geld betaal nie want loop nou dig by verby R50 000.00. F@kkit. Eish

  5. Ai mens…byt vas Phibbs! En hou jou sanity in check!

  6. Welkom Annie, keep it up.🙂

    Hoekom getyourgun?

  7. Thanx julle. Koeksister, dis ‘n storie vir ‘n volgende post. Dan sal jy verstaan

  8. Ai Phibbs. Jy moet rond shop girl. Daar moet iemand wees wat goedkoper is.

  9. anniegetyourgun, jou alyd raak gelees en dki vir die info. en as iemand jou weer vra hoeveelste man dit is? smile vriendelik en sê: hoekom wil jy weet?

  10. Hello Anniegetyourgun
    Mooi stukkie van jou. Maar nou wil ek raas ook, wat maak dit saak hoeveel keer jy al getroud was, dis jou saak nie ander sin nie. Solank jy net gelukkig is nou. 😉 Hoop jy het al jou gun gekry. 😀
    Hello aan al die ander ook wat ek al voorheen op ander plekke gesien het en die onbekendes.🙂
    Prok
    Goed om jou ook weer te sien.

  11. Okay ek gee moed op. Die 2de kwotasie is R55 000.00. Nou se ek net mooi f@kkol meer nie. Eish

  12. White Knight
    Baie welkom ou maat.

    Het jy gesien hier’s ‘n “Bloggers Rym” blad? *wink wink wink*

  13. Halloooooooo almal, hierdie middag is net doodeenvoudig te lank!

    Phibbie – sterkte ou girl! Annie – welkom en goed geskryf. As jy weer so vraag kry, vra hulle hoekom? het hulle nog een vir jou beskikbaar?

    Prokkie, het ons nou lekker oor jou gevis die ander dag, ek dink jy moet maar ook vir ons so onbetaamlike ou foto’kie hier plaas – klink my daar sit meer as net mooi geskryfde woorde aan jou.

    Wat sê julle ander girls, moet die manne nie maar almal uithaal en wys nie? Ek is ‘n vreeslike nuuskierige mens….

  14. Thanx julle! Ek gaan daai tips onthou as iemand weer tel hoeveel keer ek getroud is. Jy kry gemene mense hoor! Ek spot altyd ek gaan nog ‘n wedding boutique oopmaak met my trourokke en skoene en goete!

    Dis so lekker om van die ou bloggers hier te sien! Ek weet nie van julle ouens nie, maar die SSSB het later te groot geraak. Mens kon nie meer kophou wie’s wie nie!

    Ja Bons, laat hulle bietjie pics stuur!

  15. bons, (smile) hoekom wil jy weet?

  16. Prok…sy’s ‘n vreeslike nuuskierige mens?

  17. Stem saam Bons, laat hulle uithaal en wys, vandag was nogals heel leersaam, hehe🙂

  18. Ja ek wil ook sien hoe lyk prok, hie hie,

  19. Goeie idee Bons. Stuur daai fodie Prok!

  20. Pagoda – praat jy wat tanne het !! Prok, maklik ek het nodig om alweer na die menu te kyk – nuuskierig………of is jy bang???

  21. Wel al julle oulike mense – my naweek begin nou en ma se oudste kom die naweek kuier – lekker !!!

    Hê vir julle self ‘n m*erse naweek – en julle manne moet sorg dat daar iets op die ou skermpie is om oor te “drool” Maandag!

    Kom Prokkie wys die manne dit kan gedoen word hahaha

  22. Annie jy klink na iemand wat goed kan waarneem en jy beat ten minste nie my suster nie, sy is ook fourty something en al by haar sesde man ( syt die ander vyf almal vergiftig…………….two step) nee ek joke net, maar sy is al by die sesde een.

    Ons wag vir jou neergepende verbale, verhale.

  23. Eerste inloer hier. Sterkte @ phibbie. Oulike stukkie, Annie. Herken jou naam van lank terug – Dana se blog?

  24. Welkom Maxi

    Hoop ons sien jou weer hier! En sê jou sê as dit moet….dis waarvoor ons hier is!

  25. Lekkertes! Drie is goed, mag dit vir jou ook so wees. Sien uit na jou vlg post.

  26. Welkom en sterkte.

  27. Annie hou van jou skryfstyl hoop om sommer baie meer te lees van jou.

  28. Jou eerste paragraaf was amper so ‘n dejavu vir my, my maag het ook amper gekramp. Ook nooit Rek huiswerk gedoen nie dit gehaat. Nous ek ook forty en kan jy glo n accountant.

    Ek sien uit na meer!

  29. Shit nee Brein! Ek is darem nou eers op my 4de van (gebore een ingesluit). Dis al erg genoeg, ek willie nog hê nie. Die ergste is elke keer moet mens al jou kaarte en IDs en goete verander! Jou arme sus!
    Dankie vir al julle nice comments!
    Lewies, ek verstaan helemal hoe jy voel. Ek het altyd gesê die laaste ding wat ek wil word is ‘n sekretaresse! En toe word ek maar een. Boring verby! Ek haat elke oomblik daarvan! Het aansoek gedoen vir lugwaardin toe ek 21 word, maar toe is ek te kort. Hulle was baie streng op lengte daai dae. Ek was 2 cm te kort. Short shit ekke

  30. Maxi, skoor, Attie, Koeksister se suster, dankie vir julle verwelkoming ook.
    Dis vrek koud in Gautengeleng vandag. Ek het, glo dit ofte nie, my medisynekas reggepak en is nou besig met my spieelkas! Heavy boring, maar ek het op alle lekker pille afgekom wat ek vergeet het ek het. Bel toe vir Lies Koei (my pel vanaf graad 1 en sy is ‘n apteker, en ek het ook na haar verwys in my post) om te vra watter pille is watter pille. Nou kan ek vanaand lekker gepil raak!

  31. White Knight, wou nog gister vir jou sê, ek het jou altyd vreeslik geniet op SSSB. Bly jy’s ok hier. En allie anner en ook die nuwe spul! Lekkerrrrrrr

  32. Hi Annie

    Ek het jou inskrywing baie geniet!! Welkom! 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: