Pagoda gaan vir Swaarvoertuiglisensie.

 

Pagoda, gaan vir die hernuwing van sy Swaarvoertuig Bestuurderslisensie.

 

TOETSBEAMPTE: Goed Pagoda, kom ons toets jou algemene kennis –

Jy ry teen ‘n afdraend af en voor jou is ‘n ander vragmotor, Jy wil verby gaan –

Wat doen jy ?
 
Pagoda: Is reg, Mener. Ek kyk hom die left mirror, die pad is skoon, dan kyk hom die right mirror, die pad is skoon – Dan ek slaan die indicator, trap die petrol, kom buitekant, ek gaan verby.
 
TOETSBEAMPTE: Toe jy nou so besig is om verby te gaan, kom daar ‘n ander vragmotor van voor af,

Wat doen jy dan?
 
Pagoda : Is nie mulakeit nie, Mener, weer ek check die left mirror, es skoon,  kyk die right mirror, es skoon, dan sit hom die indicator to the left, vang bietie briek, dan steek ek die neus agter die ander lorry in.
 
TOETSBEAMPTE:  Raait, maar toe jy nou in  die spieel kyk, het ‘n ander trok van agter die gaping toegemaak,

Wat maak jy nou ?
 
Pagoda: Aitsa bra, Dan maak ek mar my assistant Patches wakker.
 
TOETSBEAMPTE : Nou hoekom wil jy vir Patches wakker maak.
 
Pagoda: Ek,  ek dink nie Patches sy het al so moerse ongeluk gasien nie. 

 

 

 

 

 

 

 

27 Responses

  1. Lmfga!!!!!!!!! arme pagoda. Hy moet nie net wag vir baba om te slaap nie, nou moet hy nog gestraf word met die een. Goeie more almal.

  2. Nice foto Pagoda, by “wie’s ons”

  3. Bly ‘n classic! 😆

  4. Pagoda wat van ‘n diamant op die tong foto vir ons? Sal dit beslis doen vir my

  5. notte doner…

    nie ekkie. Die enigste gat in my tong is een van op hom byt as iemand my die moer in maak…

  6. En Brein, nee, jy’t my nie de moer in gemaak nie! LOL… Clever manier om my terug te kry!

    Ek vat daai ene oppie ken!

  7. pagoda ek het nou gedink so mooi naakte bolyf foto met die diamant op die tong vir die mens wat hou van kinky wees. met bietjie gel in die hare vir die modern look

  8. Pagoda,Ja gelukkig weet ek al jy kan `n Joke vat.Ek wil `n rowwe een plaas later en met watter dame kan ek gekskeer, wat `n grap kan vat?Maar die grap gaan tussen my en haar wees.Oop en bloot en bloot vir almal om te sien.

  9. So lank ons nie daai donkie bloots ry nie…of onsself ontbloot bloots oor ons kan nie…

  10. Breintjie go for it! 🙂

  11. hehehehehehehe Brein. Goeie een hoor

  12. Prok: Ek is bly jy mis my darem vir iets. Tsk

  13. Hola Phibbie, van waar Gehassie?Se my het jy al `n trek gekry en vanwaar na waar, wat is die ouote , miskien kan ek jou na iemand verwys wat dalk goedkoper is en steeds proffessioneel is..

  14. Ok Patches ek gaan later in my posting met jou die gekskeer, dis ook `n classic wat ek so bietjie gepannelbeat het.Ek sal dit plaas vir more.

    Hou hierdie flippen blog dop, more ………..word vervolg.

  15. Ag f@k brein. Ons het nou al die kwotasie en goed in en wag nou virrie antw. Net die kostes van trek en opset kostes R65 000.00. Ek voel vandag so down en depro oor die hele donnerse storie. Dis asof mens se hele lewe nou aan ‘n draadjie hang. Ek sal jou email mettie details.

  16. Ja ons staan ook voor `n besluit om Kaap toe te verhuis, maar moet mooi besluit, en net gister het my vrou gehoor sy kry vanaf September sowat R2500.00 verhoging per maand.Ek kan oorgeplaas word na Caledon, maar dan moet my vrou bedank en nuwe werk soek.Sy kry reeds `n goeie salaris en nou nog meer na dese.

    Wat moet ek doen??

  17. Ek kan myself nie eers help nie hoe moet ekke jou nog help. Eish

  18. Shit ek julle noggie eers vertel nie. Het toe gister uiteindelik vir die x-rays gegaan vir die enkel, na ek my moer liederlik vererg het vir die mense oor die masjien nie werk nie. resultaat: Haarlyn kraak aan die eenkant op een van die beentjies en ligamente geskeur. Stut vir 8 weke. Slaap met hom ook.

  19. Ai Phibbs – sterkte met daai voet jong.Jy moet jou maar stil gedra…hehehe. Shit, ek kan nie glo dis so duur om te trek nie.

    Brein – julle moet al die negatiewe en positiewe punte teen mekaar opweeg en die beste opsie vir julle kies.

    whahaha.. het nou lekker gelag vir die post.

  20. Ja Koekie ons moet seker, maar die KAAP is genoeg positiewe rede.

    Phibbie wat het met jou horrelpoot gebeur, ag ek joke net hoop hy word gou gesond.

  21. Koekie die beste van als is daai is die goedkoopste kwotasies hoor. Die ander is met R20 000 en meer duurder.
    Hehehehhehe. Ekke dra nou pappa se nr 9 skoen aan die een voet en my eie nr 6 annie anner voet.

  22. Brein: Jy word nou oud hoor. Ek laasweek al gese ek het inne gat getrap.

  23. Brein, ek sou sê go for it! Ek sal more Kaap toe trek as ek kan! Onthou mens lewe een keer. Geld is nie alles nie. Maar nou wonder ek net wat sal ‘n trek Kaap toe kos as hulle vir Phibbie so baie vra Mpumalanga toe! Dis nou die drol in die drinkwater.

  24. Ja Annie ons oorweeg dit ernstig.`n Trek Kaap toe enige iets tussen R12 000 en R30 000 eersgenoemde is nou as jy baie goeie kontakte het.

  25. Sterkte met jou been Phibbie!!

  26. SEUN KOM BY SY MA

    SEUN” MA WAAR KOM EK VANDAAN?
    MA” GAAN VRA JOU PA MA IS BIETJIE BESIG NOU
    SEUN HARDLOOP NA PA
    SEUN” PA MA SE EK MOET VIR PA VRA WAAR KOM EK VAN DAAN?
    PA” JOU OUMA IS BAIE GOED MET DIE GOED GAAN VRA HAAR GOU
    SEUN HARDLOOP NA OUMA
    SEUN” OUMA MA SE EK MOET VIR PA VRA PA SE EK MOET OUMA VRA WAAR KOM EK VANDAAN?
    OUMA’ \” JONG LIEFIE OUPA SAL VIR JOU KAN SE GAAN VRA VIR OUPA
    SEUN HARDLOOP NA OUPA
    SEUN” OUPA MA SE EK MOET PA VRA PA SE EK MOET OUMA VRA OUMA SE EK MOET OUPA VRA WAAR KOM EK VAN DAAN?
    OUPA DINK SO N OOMBLIK ” DIS MOS NIE SY VERANTWOORDELIKHEID NIE EN SE VIR SEUN JOUNG MY ENGEL NET JOU MA KAN DAAI VRAAG ANTWOORD. MOEG HARDLOOP DIE SEUN TERUG NA SY MA EN SE MA PA SE EK MOET OUMA VRA OUMA SE EK MOET OUPA VRA OUPA SE NET MA KAN VIR MY SE
    DIE MA DINK SY KAN NOU WRAGGIES NIE WEER DIE KIND WEG STUUR NIE EN BEGIN VERTEL

    LIEFIE ONS HET N SAATJIE GEVAT EN DIT ONDER N KLIP BY DIE AGTERDEUR GESIT EN BAIE WATER GEGEE EN TOE ONS GAAN SLAAP TOE BID ONS BAIE HARD EN VRA LIEWE JESUS OM JOU VIR ONS TE GEE EN DIE VOLGENDE OGEND TOE ONS BY DIE ATERDEUR GAAN KYK TOE IS JY DAAR

    DIE SEUNTJIE DINK SO N BIETJIE HARDLOOP BUITE TOE EN KRY N SAATJIE EN N GROOT KLIP SIT DIE SAATJIE ONDER DIE KLIP EN GEE BAIE WATER . DIE AAND TOE HY GAAN SLAAP BID HY ” LIEWE JESUS WIL JY NIE MAAR VIR MY N BOETJIE GEE NIE.
    DIE VOLGENDE OGEND NOG VOOR HY SY TANDE BORSEL HARDLOOP HY AGTERDEUR TOE EN TOE HY DIE ATER DEUR OOP MAAK SIEN HY N GROOT BRILL PADDA OP DIE KLIP SIT HY KYK NA DIE PADDA EN SE VIR HOM ” JY SE VIR NIEMAND EK IS JOU PA NIE HOOR JY”

Leave a reply to Die Brein Cancel reply