Vrees, my metgesel

Hierdie artikel het ek geskryf na aanleiding van die inbraak by my huis en dit was ook in die Beeld geplaas.   Ek wil nou nie die week swaarmoedig of negatief begin nie, maar het gedog dit sal verklaar hoekom ek my skuilnaam Anniegetyourgun gekies het.

 

Vrees, my metgesel

 

Ek kan nie meer glo wat ek in die plaaslike koerante lees nie!  Daar is daagliks ’n berig oor misdaad.  Dit het al aanvaarbaar geraak, amper so algemeen soos die weerberig.  Die gelukkiges het die dood vrygespring.  “Die gelukkiges.“  Ek is een van “die gelukkiges“.  Hoewel ek elke dag op my knieë gaan en die Liewe Heer dank dat ek gespaar is, stry ek ’n stryd om weer ’n normale lewe te voer.  Ek het voorheen die skokkende nuusberigte gelees, vir ’n paar oomblikke sleg gevoel en dan maar weer aangegaan met my lewe.  Totdat hulle op 9 Desember 2006 om 04:30 my veilige hawe binnegedring het en met boosheid kom besmet het.  Jou lewe verander in ’n oogwink en sal nooit weer dieselfde wees nie.  Skielik het die motor in die motorhuis nie meer betekenis nie, of die huisverbeterings, of die nuwe meubels.  Dis als sinneloos en het geen werklike waarde nie.  Die feit dat jy die son sien opkom en die voëls hoor sing maak meer saak.  Die feit dat jy kans gegun is om vir jou geliefdes te sê hoe lief jy vir hulle is, tel baie meer.

 

Dit was ’n Vrydagnag en my vriendin het by my oorgeslaap.  Die honde het om en by 04:00 in die oggend vreeslik begin blaf en ek het ‘n paar keer opgestaan, maar niks ongewoons gesien nie.  So teen 04:30 het my een hond binne die huis vreeslik tekere begin gaan.  Toe ek in die voorportaal kom waar sy staan en blaf, sien ek die swart figuur gebukkend sit tussen die sitkamer en tv-kamer.  Die skok en ongeloof kan nie in woorde beskryf word nie, gevolg deur rou doodsangs.  Ek storm na die kamer en my gille skeur deur die stilte.  Die eerste skoot klap en mis my rakelings.  Ek haal die kamer, maar my vriendin storm verskrik uit en sy word raakgeskiet.  Sy val en stamp terselfdertyd die deur in hulle gesigte toe.  Ek duik vir die paniek-knoppie en die alarm begin oorverdowend skel.  Ons staan net vir mekaar en kyk en wag … huil … en wag.  Genadiglik vlug hulle.  Ek sien met skok en ongeloof hoe haar naghemp al rooier word en besef nou eers sy is raakgeskiet.  Sy weet dit nie eers nie.  Die gewapende reaksie-eenheid aan wie ons gekoppel is (ADT) is binne 2 minute daar.  Die Polisie 2 ure later.  My vriendin het wonderbaarlik net ’n vleiswond  en sy kry steke by die hospitaal, maar die letsels wat in ons siele nagelaat is, is blywend.

 

Ekstra sekuriteit word geïnstalleer.  Mense sê jy is darem nou veilig en nou kan jy vergeet, jou regruk en aangaan.  Dis nie so maklik nie.  Net diegene wat self soortgelyke doodsangs ervaar het weet van die versmorende vrees as die son sak, die angs-aanvalle in die oggend-ure.  Jou brein weet hulle kan nie meer so maklik inkom nie, jou onderbewussyn weet net van die donker figuur wat in die skaduwees skuil en sy kans afwag.  Jy verbeel jou selfs jy sien hom in die gang afkom.

 

Ek doen ’n skietkursus, koop ’n pistool en doen aansoek vir ’n vuurwapen-lisensie.  Die agterstand is 1 jaar, hoor ek by die Polisiekantoor.  Ek moet ’n jaar (of langer) wag om wettig ’n wapen te besit terwyl duisende kriminele met ongelisensieerde wapens loop en moor.  Ek gaan vra vir ’n afskrif van my saak by die Polisiekantoor om dit aan te heg as motivering, en kom agter dat die saak op die rekenaar van “poging tot moord“ na “gewapende huisbraak“ verander is.  “Ekskuus“, sê hulle, “dit was seker iemand wat dit verkeerd in die rekenaar ingevoer het.  Ons sal dit regstel.“  Is dit wat gebeur het of word dit doelbewus verander om die statistieke beter te laat lyk?  Mens kan maar net wonder.

 

Ek lees in die koerant van bejaardes wat op ’n plaas oorval is en ure geteister is totdat die oom uiteindelik doodgeskiet is en die tannie die hele nag langs die plaasdam geskuil het uit vrees dat hulle gaan terugkom soos hulle belowe het.  Hoe lafhartig kan ’n mens wees om ou, weerlose mense te mishandel en soos diere dood te skiet?  God slaap nie.  Die tannie se hartseer oë spook by my.  Die Regering speel volstruis en steek kop in die sand en het dan nog die vermetelheid om te sê dat die misdaad aan die afneem is.  Verder gaan alles oor die 2010 Sokker-wêreldbeker, wat belangriker geword het as die Suid-Afrikaanse  landsburgers se veiligheid.  Solank die wêreld daar buite net dink als hier is bakgat.  Bo blink, maar onder stink.  Ons stuur af op ’n ramp, en politici slaap rustig voort in hulle veilige huise.

 

Daar blaf die honde weer, en my hart kom sit in my keel.  My hand soek outomaties na die paniek-knoppie wat nou permanent om my nek hang.  Vrees het my metgesel geword…

 

 

21 Responses

  1. Dit is vreeslik dat mense so in vrees moet leef. Sterkte vir jou en jou vriendin

  2. Hi Annie,
    Ek voel jou angs aan in hierdie skrywe en my hart kom sit ook sommer hier in my keel. Dis soos jy sê niemand kan comment as hul nie self deur so iets is nie. Ergste wat nog met ons gebeur het is ‘n huisbraak en motordiefstal.
    My man is ook al geroof. Dit was erg. Hy was nog in die polisie toe hy een oggend (2:30) Sunnyside toe is vir ‘n burger. Toe hy by die robot stop is daar 4 jong mans reg rondom sy (ongemerkte) polisie kar. Hy het nog gedink om iets te doen, toe’s sy deur oop, mes teen sy keel en die ander 3 besig in die kar. Toe hulle die blou lig in sy kar sien, toe soek hulle “stunjas” – (gewere/pistole).
    Hoe meer hy vir hulle vertel hy het nie stunjas nie hoe geweldadiger raak hulle. My man sê die ergste van als was, die outjie wat hom vasgehou het met die mes, is ‘n baksteen hoogte en seker so 15 jaar oud. Gelukkig het hy kop gehou. Hy sê hy wou moord pleeg toe die een f@kker sy leerbaadjie voor hom aantrek en sy horlosie aan sy arm sit. Maar nou ja.. ons het ‘n gelukkiger uiteinde gehad as party misdaad slagoffers! Dis terrible Annie!
    Mens sal net nooit weer veilig voel nie en almal word wantrou!

  3. Dis nie ‘n lekker ding hierie nie. Daai vrees sal jou ongelukkig nooit verlaat nie! Sal dalk beter word met tyd, maar nooit weggaan nie, en dit is kak dat ons so moet lewe!

  4. Koffiekan, Koekie en demoerin, dankie vir julle comments. Dit was vreeslik moeilik om te verwerk, veral omdat my man oorsee werk (6 weke daar en 2 weke by die huis). In die begin kon ek glad nie alleen in die huis wees nie (sy seun bly darem nog by ons – in ‘n tuinwoonstel). Dit het wel beter geraak en ek is nou OK en nie meer so bang nie, alhoewel ek dra nog my panic button 24/7 om my nek. Haal hom net af as ek bad. En soms kry ek nog nagmerries of raak yskoud as ek iets vreemds hoor en die honde begin blaf, maar verder is ek meesal alleen en ek is OK. Ek bid daaroor.

    Anyway, vandag is ek in ‘n baaaaaie goeie mood want my man kom huis toe. In fact, hy het nou net geland. Ek sien hom eers vanaand want ek is by die werk. Kan nie wag nie. Hy is darem hier vir 2 weke. Lekkkkerrrrrrrrrrrr ….

  5. Ai Annie!
    Ek’s bly jou hubby is bietjie by die huis. Oppas vir die “carpetburns”…hahaha.

  6. Ek verstaan Annie. My pa is paar jaar terug gehijack. Dit was direk die oorsaak van sy dood. En ek moet bylas ek is nie oor dit nie, sal nooit wees nie. Ek is ook al in die publiek by ‘n openbare plek opgehou met ‘n pistool. Ek het ‘n hele dag in die Hof gespandeer. Die ou se prokureur het my die hele dag ondervra en insinuasies gemaak dat ek die ou net uitgeken het omdat die SAPS hom stukkend geslaan het. Ek moes voor die ding staan en my hand op sy skouer sit en hom so uitken. Ek het geweier en hom net uitgewys. Hy het natuurlik vrygekom oor die speurder nie sy werk ordentlik gedoen het nie. Vir maande en selfs nou nog as een van hulle direk op my afgeloop kom, kan ek die blou-aapstuipe vang. Twee weke na die voorval toe probeer een my beursie steel by ‘n ander winkel. Ek het geskreeu soos nog nooit nie. Hy het net gehardloop tot by die sypaadjie en verder geloop asof niks fout was nie.

  7. Ai koffiekan – dis vreeslik! Dis nog iets wat my ook briesend maak, dat verdagtes vry kom omrede die polisie nie hul werk ordentlik doen nie. Onaanvaarbaar!

  8. Ja Annie ek was ook in 1994 in `n baie traumatiese ervaring en was deur sowat 300 van hulle aangerand en byna doodgemoer met bakstene, `n graaf `n pyp en wat hulle ookal kon kry .n Gewapende taak span het so glo ek met die hulp van die Here my te hulp gesnel en bevry.

    Ek het baie sleg gelyk.En dit het letterlik jare gevat om in my onderbewussyn oor dit te kom, maar ek moes.En ja jy sal en moet ook aaroor kom.

    Ek lees vandag in die Daily Sun bladsy twee van `n swartaanvaller wat `n swart bediende aangeval het, haar klere van haar afgeskeur het, verkrag het en toe met `n stuk draad verwurg het, daarna het hy haar oe uit haar skedel uitgegrou en toe `n sambreel in haar privaatdeel opgedruk het.Nou fok wie gaan vir my vertel dis `n mens, as hy sy eie mense nie ontsien nie, wat is ek en jy in hul oe??

  9. Sjoe Brein, dis lelik man. Darem het jy daaroor gekom, soos jy sê, ‘n mens moet.

    Dis wat ek ook sê, blerrie barbaars, beslis nie ‘n mens nie!! Hoe kan jy iemand se oe uitgrou en dan nog ‘n sambreel in haar opdruk?? Dis siek.

  10. Die f@kkers!!!😦

    Sorry, bad mood vandag

  11. Liewe hemel Brein, dis vreeslik, dit klink barbaars en wreed. Ek weet nie watse soort mense hierdie is nie. Kan mens iemand wat ‘n ander so verniel ‘n mens noem. Ek glo nie….

    Annie ek verstaan hierdie vrees van jou, ons almal sit en hou wag soos ‘n brandwag. Wonder wanneer kom jou beurt weer. Hoe kan mens altyd so in vrees leef? Dis abnormaal.

  12. Mens het hier te doen met ‘n barbaarse nasie

  13. Haai julle, ja ek glo dit is erg, Goddank dit het nog nie met my gebeur nie, my man gaan baie weens sy werk vir `n paar dae weg, hy is nou reeds weer vir so 4 dae weg, ek was nog nooit bang nie maar nou is ek.
    my kleinseun kuier by my vir die vakansie hy word 12 maar woelig, hy is hiperaktief so iets verveel hom gou, ek is al pootuit, as jul raad het sal ek bly wees, dankie

  14. Geen rooi koeldrank of iets met gekleurde goed nie. kyk hier: http://www.keepwell.com/hyperactive.htm

  15. Dankie koffiekan, maar die kind het sy eie idees, baie eiewys, sy ma het vir hom sakgeld gegee, en hy gaan kafee toe en koop wat hy wil, en ouma moet stil bly dit gaan elke vakansie so. ek is gedaan.

  16. Bytjie, ek wil nie neuroties klink nie, maar luister asb. Ek was ook nooit bang nie en het as ek iets BUITE hoor sommer met my man se pistool uitgestap. Tawwe Tienie! Supergirl! Gedink ek is onaanraakbaar en hulle sal nooooit by my inbreek nie. Ek het nooit eers die alarm geaktiveer in die aand nie. Moet asb nooit gerus wees nie. Ek sê nie leef in vrees nie, wees net asb ALTYD op jou hoede. Moenie veiligheidshekke ens laat oopstaan nie. Weet jy die mense kan maar dink ek sanik op een noot, maar die hemel weet, dis hel om so iets te beleef en dan te moet verwerk. Ek wil nie eers daaraan dink as hulle ons sou verkrag nie! En as hulle jou huis (waar jy veilig moet voel) binnedring, voel jy nerens meer veilig nie.

    Anyway, klaar gepreek en gekerm. Kan nie wag om huis toe te gaan om Ingilsman te sien nie, maar my baas het my hier beet en lyk my sy gaan my hier laat slaap.

  17. Barbaarse nasie? En dan sit hulle die parlement vol…

  18. Destyds het ons sektor leier met plaaswag vir ons geleer: as jy ‘n geluit buite hoor, MOET NIE UITGAAN NIE. Die rubbish wat buite is, se oe het klaar lyne getrek waar alles is, en as jy uitstap, oorval hy jou. Bly binne, bel die sekuriteitsouens, laat hulle dit kom uitsort.

    Is dit nie ‘n bleddie grap dat ons nie meer die SAP sal bel nie!!!! Dis tien teen een ‘n lid wat van diens af is, of ‘n reservis, wat buite in jou tuin is.

    As die tronkvoels die land kan regeer, kan die polisie ook seker steel?

  19. Ek stem saam skoor, maar onthou eending hulle het geen genade nie hulle gebruik sommer eiereg in jou huis ook. Geen genade vir jou privaatheid wat hulle skend nie.

  20. Koffiekan, ek gaan nou maar my mond hier hou, ander gaan mense my as rassis lable. Nie dat ek mind nie, maar ek verkies REALISTIESE RASSIS.

    Ek kan kots as ek van die dierlikheid van die nasie lees. Die jimmil hoor my, ek weet nie of dit ‘n mens is wat sulke goed doen nie.

  21. Presies Skoor. Ek is baie keer stom oor die dierlikheid en hoe ongenaakbaar sekere dinge gebeur.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: