BANKROTSKAP – waar dit alles begin het.

 
“Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel
 van ponde na rande verander het, en my oortrokke
 bankrekening verdubbel het. Ek was net besig om
 daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme
 in die plek van ponde en onse, en my fokken oes
 verminder met die helfte. Toe verander hulle die
 reënval van duime na millimeter, en ons het sedert
 daardie tyd nog nie weer ‘n fokken duim reen gehad nie.
 Wat doen hulle toe? Bring ‘n ding genaamd Celsius en
 die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder
 my mielies wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie,
 verander hulle grond, van morge na hektaar, en my
 plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek
 oorspronklik geërf het. Dit is toe dat ek besluit om die
 plaas te verkoop.En glo my. Ek het pas my plaas in die
 mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer.
 Nou is my plaas so donners vêr uit die dorp, dat 
 niemand daarin belang stel nie!”
 

 

10 Responses

  1. 😆 Uitstekend! Miskien moet hulle die petrol weer van liters na galonne verander?

  2. nou weet ek ook van julle!

  3. Welkom Wimpie my ou maat! Kry vir jou ‘n stoel…Hennie die haan is op pad oor daar na die hok waar die henne sit en wag…hier kom groot kaskenades.
    Gooi ‘n lekker branna en gesels man!

  4. Dankie Wimpie, Jys `n ster, so nou vra ek die ouens hier om jou ook te ondersteun.

    Demoerin ja nou het jy `n briljante idee.

  5. DMI hie hie!! Eers moet hulle weer ons geld stelsel verander! My pa sè ook altyd HULLE moes nooit ons geld stelsel verander het NIE!! Ponde, sjellings (hoe spel mens dit), tiekies, en wat nog alles, ons is nou maar eenmaal gewoond aan Rande en Sente!! Die Brein weet jy hoeveel mense jy kan vasvra met afkorting van sent (c) jy sal nie glo nie hoeveel mense nie weet waarvoor die c is nie!!

    Lekker dag vir julle!

  6. Ja die ponde en die kilogramme weeg mens minder in ponde as in kilogram? Of meer?

    Hi Wimpie jy is stil??

  7. Nee…jy weeg meer in pond. Ek steek die magical 220 pond merk lekker verby as ons moet terugneuk ponde toe.

  8. Baie goed!!

    Haha meermin – bly eerder by kilogram. Ek het ook al daai een probeer en my doodgeskrik toe ek op ‘n ponde weegskaal klim.

  9. Ek sal nie mind vir ‘n paar ponde nie, in my bank, nie op my lyf nie.

  10. Koeksister ek stem

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: