Rekenaars maak my hart custard klop

Ek het so vier jaar terug ‘n ordentlike een gekoop, maar van daai dag af tot omtrent so drie maande gelede moes ek seker 50 keer Windows XP oorlaai want erens was iets groots fout met die hardeware (een of ander konflik).

Sedert ek minimale geld gespandeer om die outjie ‘n Dual Core te maak en sy memory ge-upgrade het na 2Gig toe, is die wereld sommer weer kwai!  En ek raak van voor af verlief op ‘n kompie.

 

Gbruik die ou meestal vir internet, emails, werk, ens…maar my groot liefde is speletjies.  Ek sal sommer vir ‘n dag of wat wegraak in een of ander land waar net ek en my weermag tanks en rocket soldiers die wereld kan red!  Ek geniet dit asof ek ‘n kind is wat sopas ‘n sak vol teddiebere opgetel het (of soos ‘n prossie wat ‘n sak vol…ja o.k.)

Wat maak julle met julle kompies?  Hoe lyk hy?  Is dit ‘n monster of hou hy aan aan ‘n lyntjie?

16 Responses

  1. My kompie isse droom. Ek het haar laat upgrade, resleave als. Sy hardloop oppe 200g en ‘n slave van 80g. Myne hardloop vir musiek en fotos wat ek omsit in dvds en shows. (Wat ek ook my besigheid wil laat maak) Al wat ek nog vir haar moet kry isse nuwe plat gesiggie en ek hoop om daai binnekort te doen. Syt 2 dvds drives in en het my nog geen probs gegee nie.

  2. O ja ek het ook 2g ram assit dit is wat hulle dit noem ingelaat sit. Sy klink soos aeroplane as sy gestart word.

  3. Myne is ‘n pentium 4, 80g. Maar staan op die oomblik in die teenagers se kamer, as ek braaf is om na “korn” te luister as background music is ek welkom.

    Ai, ek mis my comp!! Phibbs, ek spaar ook vir die platter screen, en ‘n nuwe keyboard.

    Ek gebruik myne vir fotos, musiek en rustiger games🙂

  4. Ek het die program op waarmee jy plate kan convert cds toe en videos dvds toe. Ek het dit nog net nooit gebruik nie want ek was te besig met anner goete

  5. Ja die ding beslaan ook omtrent `n moerse deel van my daaglikse lewe.En eks mal oor dit.Maar games is nou nie vir my nie, miskien Space invaders en pucman.

  6. Ek speel geen games nie

  7. Speletjies is die groot rede hoekom ek myself ‘n rekenaar by die huis verbied het! klaar! Ek het amper nooit geslaap nie!

  8. Pagoda ek is baie lief vir my “juweleboksies” Ja dit is hulle name!!! My hele lewe is op hierdie “juweleboksies”….my werk, my dagboek, my maats, my 2 blogs, my musiek, my I-tunes, my telefoon (skype) sodat ek met al my oorsese maats kan kontak behou en dit nog verniet ook.

    Jy praat van ‘n sak vol teddiebere, nee hierdie is ‘n sak vol diamante, robyne en die duurste edelgesteentes.

    En assblief niemand moet eers aan hulle raak nie!!!

    ” Do not touch” 😆

  9. Wipneus, ek like jou passie, ek dink miskien moet ek weer beslag gaan lê op my comp.

    Sommer die 3g ook wegsteek vir hulle, want hulle los niks vir my nie.

  10. Dis hoekom pappa sy eie rekenaar het waarop hy kan speel en myne nie gebruik nie

  11. He he ja nee Koeksister, mens moet hierdie goedjies van jou mooi wegsteek en soos Phibbie sê: speel met joune los myne uit :mrgreen:

  12. Ek is ook erg oor my rekenaar, lees eers al die e-mails en dan werf toe en dan games, ek is gewoonlik alleen bedags, het nie naby vriendinne nie wil ook nie hê nie, so ek kan nogal lank op my comp speel, behalwe nou die vakansie, nou hou kleinseun my besig, en vir compie.

  13. Ek spaar my ou geldjies vir ‘n laptop, dis my droom om in die aande plat op die naat van my rug te lê en te blog in my bed.

    Oke, nou nie plat nie, maar julle kry die idee.

  14. Ek weet nie veel van rekenaars af nie, maar ek het nou die dag een gaan koop en die sticker op die ding vertel my ek het ‘n “Intel Quad Core Q6600 processor”, 1 TB Hard drive &500GB personal media drive, 8GB ram en een of ander moerse fancy klank en videokaart.

  15. Blixer…ek dink ons moet swop…my ene is BAAAIE beter as joune \hehehehe

    Speel somemr. Jy’t ‘n monster daar beet meneer. Klink vir my soos ‘n gaming machine daai…no jokes.

  16. Pagoda toe ek daar in die winkel staan en die mannetjie kom vra my, ” Kan ek tannie help?”, toe weet ek nie of ek my moer moet strip omdat hy my tannie noem, of ek dankbaar moet wees vir diens nie. Ek sê maar toe vir hom om vir my ‘n rekenaar te gee wat darem oor ‘n jaar nie ‘n stewige upgrade sal benodig nie en siedaar het ek my rekenaar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: