Terugflits na 28 April 2008

Hierso het ek ietsie van my eie blog afgehaal en besluit om dit hierso op die werf te plaas, met een doel voor my oe, en dit is om aan elkeen van julle te vra om jou familie te aanvaar soos wat hulle is, want eendag gaan jy dit mis ……

Nou ja laat ek van die begin af begin anders raak ek self ook weereens heeltemal deurmekaar …..

 28 April 2008 – die dag wat ek en die twee kinders vir SA groet, ons familie agterlaat en die vreemde in gaan om by my man aan te sluit.

Mamma en Dirkie is vroeg by my, eks besig om die laaste goedjies te pak, ek staan nou al op 11 tasse waarvan net 1 myne is, ek kan tog mos nou nie al die kinders se speelgoed agterlaat nie? Haal nog ‘n duk baadjie van my uit my tas sodat ek kan plek maak vir al seun se draggons. my trane le vlak, ek sien my ma wil my nie in die oe kyk nie, ek probeer om haar te ignoreer maar as ek my kom kry staar ek nahaar waar sy met die kinders speel ……. vir oulaas. Dirk maak jokes en speel met die kinders so asof hy nie met my wil praat nie. My hart voel stukkend, ek besef nou eers daar is nie meer omdraai kans nie, ons kan nie nou omdraai nie dit is nou net vorentoe kyk en sien wat die toekoms vir ons inhou.

Skoonma kom ook soontoe, sy is net so stil. Staan by my mamma en Dirk en gesels, flip hoekom moet hulle juis vandag soos ou vriende gesels as hulle nog altyd net baklei het? Kon hulle nie in die verlede ook so gewees het nie???? Maar dit maak my bly dat die twee ma’s heel ordentlik kan staan en gesels en op mekaar se skouers huil.

Aninda (skoonsus) bel en hoor of hulle die kinders gou gou kan kom haal vir 1 uur lank. Niggie en nefie wil hulle vat vir milkshake en iets. Ek se dit is ok hulle kan kom.

Die atmosfeer in die huis voel asof iemand dood is, almal fluister en almal huil, ek hardloop badkamer toe, sluit myself toe en dink :Ag my fok man wat van ons aan??? Ons was so positief oor die “groot trek”, hoe se ek bye aan als en almal wat ek lief het??? Here help my deur hierdie dag, want ek is nie sterk genoeg nie.”

By boetie (Dirk) kom klop aan die deur : “Sussa is jy ok?” Ek droog my trane af en sluit die badkamer deur oop en toe breek ek, my boetie, my raadgewer, my “saam huil maatjie”, my saam lag maatjie, hoe gaan ek vir hom bye se?? Ek is vier jaar ouer as hy maar ek dink dit was ‘n fout, want ek kyk altyd op na hom vir raad en advies. Ek klou aan hom asof ek gaan doodgaan, ek huil en huil my hart wil breek dit voel asof iemand my met ‘n steak mes besig is om my hart op te kerf, die pyn in my hart wil nie weg gaan nie en ek kan nie, ek kan nie ophou huil nie.

Hy steek vir ons elkeen ‘n sigaret aan, gooi vir ons elkeen ‘n lang glas Amarula in en ons gaan sit buitekant. Mamma en skoonma het gery om brood te gaan koop, die kinders is saam met Aninda daar weg. Ek en my boetie het ‘n paar minute van “rus en vrede”. Ek bly vir hom se sorry, sorry sorry sorry, ek wil nie he hulle moet hartseer wees nie, maar ons het nou klaar hierdie besluit gemaak en daar is nie omdraai kans nou nie. Hy se dit is ok, hy verstaan hy wil he ek moet weet dat hy en mamma agter ons staan oor ons besluit en hy weet dat dit baie beter sal gaan in NZ met ons as wat dit op die oomblik gaan….. ek gaan jou mis Dirk, hy druk my vas en ons tjank ons harte uit, my kontaklens val uit van al die gehuilery, maar dit is ok, my boeta is by my, eks oraait.

28 April 2008 (20h45)

Ons staan in die lughawe, begin groet, ek kan nie, ek wil nie en ek sien nie kans nie, hoe se ek nou vir almal bye, wat het geword van al my opgewondenheid???

Renier, Aninda, Juan en Monya een huisgesin, druk hulle vas of my lewe daarvan afhang, Jacques en Annie, hulle verwag nou hul eersteling, Malie en Louis nog nie lank getroud nie, Skoonma…. ai skoonma jy is party keer ‘n pyn maar ek het jou tog so lief, ons het al lekker saam gesit en lag en gesels tot die son opkom, mamma en Dirk……

Die kinders huil oor oumie en Dirkie en oor ouma noenoe en oupa, JP en Monnie, hulle wil nie vlieg nie, ek moet hulle letterlik wegtrek van almal af, my mamma staan en huil laat haar skouers ruk, Dirk probeer haar troos maar dis tervegeefs. Here wat doen ons? Hoe kan ons soveel hartseer veroorsaak?

Ek vir oulaas terug na almal, en my hart is aan duisende stukkies, ons het almal lekker gefight in ons tyd, maar ons almal bly familie of dit nou bloed familie is of skoon familie ons bly familie…..

Op die vliegtuig …….

Ons eerste vliegrit experience…. what a nightmare. Vlieg van JHB tot in Dubai, moeg, ge-irriteert, kinders is moeilik en ek bid die tyd om. Vanaf Dubai tot in Melbourne, moet van die vliegtuig afklim something is wrong with engine ….. loop rond met die kinders om die 2 ure om te kry. Vlieg van Melboeurne af tot in Auckland, TURBULANCE!!!! Ek dog ons gaan crash en toe die fligh attendant vir my vra : mam what’s wrong why are you crying, nou ja sorry om te dink toe vra ek mos nou vir haar : are we going to crash or something, o my fok ek moes dit nie gevra het nie, jy kon ‘n speld hoor val …. No mam its called Turbulance. Everything is in order , i assume this is your first time flying? …….

Land in Auckland, kry al 11 tasse bymekaar gaan deur na doeanne toe, die ry is omtrent lank….. Excuse me lady? Ek draai om en sien hierdie outjie agter my, yes? Do you by any chance need help with your luggage, it seems as if you have packed your whole life in there. Yes i will very much appreciate some help. Ag Here en toe begin ek te huil, eks moeg vir amper twee dae niks geslaap nie, eks bang ek is op ‘n vreemde lughawe en dan moet ek weereens vlieg van Aukland af tot in Napier. Die ou kom oorspronklik van Durban af, sy vriend gaan hom hier kom haal. Hy is hier op soek na werk. Gaan deur doeanne, die ou se vriend kom daar aan, hy stel voor hulle loop saam met my tot waar ek moet gaan om ‘n domestic flight te boek vir my en die kinders want hy kan sien eks op die nippertjie om te crack……

Ken die twee mans van geen kant af nie, maar op daardie oomblik dink ek die Here het hulle op my pat gesit om te help, want sonder hulle sou ek dit nie gemaak het nie. Ek moet omtrent 2 ure wag vir ‘n vliegtuig na Napier toe. Pieter (die outjie se vriend) kom daar aan met ‘n sterk koppie koffie en iets wat lyk soos kalmeer pille, hy se vir om dit te drink, ek sluk dit en hoop van harte hy het nie ‘n hidden agenda met my nie.

Hulle staan daar en wag saam met my totdat ek en die kinders die vliegtuig moet board. Ek se baie dankie aan daardie twee mans ….. sonder hulle sou ek dit nie kon doen nie.

Klim in een van hierdie klein vleigtuigies wat net 11 seats het …… dit sal nog so uur wees dan is ons in Napier. My hart begin te klop en ek huil van verligting, huil omdat hierdie nagmerrie rit uiteindelik oor is.

Daar staan hy, my man wat ek vir amper drie weke glad nie gesien het nie. ek los alles net so en hardloop na hom toe, dit is snot en trane deur mekaar. Ons huil en lag en huil verder sonder om enige iets te se vir mekaar. Ek’s moeg …… onsetlik moeg maar ek is “tuis” by my man. Ons gesinnetjie is uiteindelik weer terug bymekaar.

 Dit voel of ek ewe skielik vir die wereld kans sien, dit lyk nie meer so donker nie. Ek soek nou net ‘n beker warm koffie, ‘n warm bad en ‘n plekkie om te slaap, die grond sal ook fine wees, gee net vir my ‘n kombers……

27 Responses

  1. Fok. hier sit ek nou en my oe uithuil. patches dit moes vreeslik gewees het man. Goeie stukkie

  2. Nee wat, beter skrywers kon ‘n blog nie voor vra nie.

    Patches. Dit was sad, maar met so ‘n silwer randjie…Puik!

  3. Baie goeie stuk Patches, my sussie wil Australië toe trek, ek hoop sy lees hierdie posting van jou.

  4. Dankie julle, en sorry vir de wat hartseer geword het, ‘n mens dink altyd dit is maklik, maar glo my dit was en is nie maklik om so ver van jou geliefdes af te wees nie, veral nie as jy na die “onbekende” toe heen gaan nie.

  5. Hier lees ek dit weer en weereens dink ek dit was ‘n baie nice inskrywing!

  6. Sjoe Patches. Dit was nou ‘n baie hartroerende stukkie. Baie goed geskryf. Het julle nou aangepas daar?

  7. Hi Patches,
    Ek het hierdie stukkie nog op jou blog gelees en toe was ek in trane. Nou’t ek weer so knop in die keel,ai!!
    Het laas vir jou gesê ek hoop julle is gelukkig daar en alles werk uit net soos julle dit wil hê.

  8. My broer bly in Engeland, ek het hom nou 2j laas gesien, hy sou nou kom kuier het, maar gaan nie kan kom nie.

    Ek kan nie beskryf hoe baie ek hom mis nie. 😦

  9. Jeez. Eks is nou so hartseer en huil sommer. Ek weet nou nie meer skielik of die trek ‘n goeie ding is nie. Patches: jyt als so raak beskryf dat ek seker meer asse halfuur nodig gehad het om al die trane af te vee. Baie goed gedoen hoor

  10. Patches, ek weet hoe jy voel en ek moes ook maar op my tande byt om nie te huil nie.En hier by die werk kan ek mos nie huil nie.Mans mag en kan maar huil of wat se ek?My dogter het in 2005 matriek geskryf, in 2006 het sy in Amerika (VSA) gaan werk vir nege maande, verlede jaar was sy in Ierland waar sy gewerk het vir sowat agt maande.

    Maar eerskomende Maandag die 30 ste gaan sy en haar vriend permanent in Ierland werk vir sy pa.Dis nou vir ons baie moeilik, hulle het die afgelope sewe maande by ons gebly.

    Ok laat ek maar vertel wat Saterdag in die vroee oggendure gebeur het, sowat vieruur die oggend. Ek het gedroom my dogter is klaar weg en ek sit op `n bed en huil erg oor haar, ek het so hard in die droom gehuil dat my vrou wakker geword het van my huilery, sy het my toe maar wakker gemaak en weet julle wat???Toe fokken huil ek eers!! En toe huil sy maar saam.Die hele flippen Saterdagoggend was ek maar lekker harseer.

    As dit nie vir die flippen kak regering en die ekonomie wat so die afgelope paar jaar in sy moer is nie en crime nie, dan het daar beslis nie so baie mense groener weivelde oorsee gaan soek nie.En was famillies nog bymekaar.

    Gaan lees bietjie http://demoerin.wordpress.com, dit sluit aan by jou inskrywing van vandag.

  11. Shame man Brein.

  12. Ok maar mens ok maar emosies.

  13. (((Brein)))

  14. Wat soek jy Koekie??

  15. hiehiehiehiehiehie eish Brein.

  16. Brein- Jou vis resep!! Ek het baie vis gevang gister. Jou karpie is ok oppad.

  17. Eish! Ek’s moeg vandag man. Die Ingilsman het my wakker gehou. Tot my hare hang van moegheid

  18. ja well. hyt baie gehad om op te vang. hiehiehiehie

  19. En hulle sê mans het seks oppie brein…

    Ek weet vir ‘n feit Brein is op seks…

  20. Se mnr die onskuldige nou vir ons. Bwhahahahahahahaha ek lag nog steeds vir daai epos

  21. Pagoda: Jy kon daai totally in jou guns geswaai het en teen anner se guns gegooi het. Jyt die wenresep gehad. Lmfga. Ek email jou die ding weer gewysig. Lmfga

  22. Ai Phibbs…ek sien hier komme ding…lol

  23. bwhahahahahahahahahhahahahahahahhahahahaha dalk. dalk nie.

  24. Ok ok ok…hy’s op! Jy wen! LMGA!

  25. Phibbie huil nou soos sy lag. Eish ai tog

  26. Eish Pagoda jy se eks op seks, of is ek opgeseks?
    Met al die mooi lyfies daar buite neem jy my kwalik.So many woman so little time.

  27. Koeksister jou sussie wil nie sy moet dankie patches vir ‘n kykie in jou wereld. Jou huis is waar jou hart is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: