Ek’s baie teleurgesteld…

…in ons land se ekonomie…

52 Responses

  1. Pagoda, ek het ook die comments op BP gesien en het presies dieselfde gevoel as jy. Op ‘n tyd het ek ook daar gaan inloer, maar is ook dieselfde bahandel as jy en Brein en het besluit ek sal nie weer daar comment nie.

    Soos jy sê, party van die mense daar kan “sense” praat, maar van hulle het blykbaar by Marié geleer comment, en ja, hulle HET ‘n obsessie met Steve – dis pateties verby om die minste te sê.

    O ja, sorry al die SLAKKE – GOEIE BLEDDIE MORE !!

  2. More bons ook. My persoonlike gevoel is dit. Ons moenie Die Werf gebruik om Bosparra aan te val of oor om hulle te comment nie. Dit aan ontaard in dieselfde ding wat gebeur het met SSSB en ek glo nie dit was die doelwit van die blog nie. My voorstek dus is Pagoda het gepraat en sy gevoel gedeel en ons moet dit dus nou maar daar los.

  3. Pagoda – Ek comment ook op BP. Ek lees elke dag BP want dit is vir my interessant en so ook baie ander blogs. Daar is baie nice bloggers op BP (daar was wel ‘n ander blogger wat vir jou en Brein welkom gesê het) Ek dink nie jy moet jou steur aan een ou se comment nie. Niemand het in elkgeval op sy comment gereageer nie.
    Ek het juis op SSSB gelees van BP. So as iemand my wil kruisig omdat ek op SSSB ook gecomment het, dan moet hulle maar.

  4. Hallo Bons.

    Phibbs – ek hoor wat jy sê. Stem.

  5. Nogal ironies, dit was Brein wat heel onskuldig met die slak-storie begin het, en kyk hoe het dit gestoomroller.

    Ek stem saam met Phibbs, hoop nie hierdie spul gemors spoel oor na die werf toe nie, ek het genoeg daarvan gehad op SSSB.

  6. Middag almal
    Ek stem ook saam met Phibbs. Los dit liewer, dit is so lekker rustig hier, het nie lus vir moddergooiery nie, as ek my mening mag lig.
    Lekker dag verder vir almal.

  7. Ek persoonlik het altyd van Platkuif gehou en steeds. Die ou en Steve het seker hulle issues teenoor mekaar.Maar ja hy was nog altyd ordentlik met my en met die grootste meerderheid op SSSB.Fok ek was en is nog nooit `n Steve aanbidder nog minder `n Platkuif aanbidder , eks Die Brein , heeltemaal onafhanklik en skuld niemand NIKS nie.Ook is ek nie bang vir enige iemand nie.Dit sluit AMF ook in.

    So my siening oor sommige van die ouens wat ons “slakke” noem se ek Fuck the people I am the people.

  8. Dit gaan nie or bang vir iemand nie Brein. Dit gaan daaroordat die blog bleddie aangenaam is om op te kuier en ons moenie toelaat dat so iets dit verander nie.

  9. Lizet jy mag.So ek sal so min as moontlik klippe gooi, maar ongelukkig kan my koppie soms uithaak en kan ek dalk vuur met vuur beveg.Jys welkom hier.Almal is meer as welkom hier en ja ons wil nie net geprys word nie, kritiek is ook welkom.

  10. Haai julle ek het vanoggend `n e-mail gekry van Tisha, ek stuur dit aan vir julle

  11. Ek wil geensins hê iemand moet hierheen kom en verwag dat ek / ons wil hê dat ons outjies hier aanbid moet word nie. Ons is mense, platvloers by tye, diep partykeer, maar soms ook maar net ennvoudig aangenaam om mee te gesels…ons almal.

    Dit het my dwars in die krop gesteek dat niks gedoen word om iemand wat basies van sy trollie af raak terug te trek nie. Ek verwag nie sensuur nie, net so min as war dit ooit hier sal toepas, maar daar is ‘n streep wat nie hier of selfs op BP veronderstel is om oorgesteek te word nie.

  12. Ek verstaan hoe jy voel Pagoda, Presies is dit hoe ek gevoel het toe hulle in hulle kommentaar vir die hele publiek gese ek is onnosel. Dit steek mens dwars in die krop glo my veral as mens persoonlik aangevat word en hulle ken jou nie eers nie, nog minner die moeite gedoen om jou te leer ken. Ek dink is hoe dit is daar en dis hoekom ek nie soontoe gaan nie, presies om daai rede.

  13. Hi Pagoda, ek sien nou eers jou nuwe foto, lyk nie te sleg nie ou seun nog so jonk.

  14. Bytjie – ek het ook nou gaan kyk toe jy dit noem.

    Pagoda – baie beter as die vorige foto. Jy’s ook beslis iets vir die oog. (O, shit, wa’s Mev Pagoda?)

  15. My raad is moenie op BP gaan blog nie. Meng jou met die semels en die varke eet jou…. En daarmee kritiseer ek nie julle wat daar geblog het of steeds blog nie. Daai blog laat ‘n onaangename smaak in jou mond … iets soos stront

  16. Phibbie en al die ander – ek voel nou skoon uitgek@k hier waar ek sit…… sorry nê, my lontjie is maar soms bietjie kort en die BP storie het nou sommer die leeu se bal gekrap!!

  17. Bons: Nee man niemand jou uitgekak nie lmfga. Dis maar net my beskeie opinie gewees. Relax soos pappa noual f@kken dae lank vir my se. Tsk. Ek hom ook sommer gestuur netnou.

  18. Hi almal, ek lees ook daar op Bosparra af en toe, is bitter geskok oor die Platkuif se obsessie met Steve, dit grens aan siek. Weet nie of ek weer daar wil gaan lees nie want dit is vir my nie normaal soos wat die man aangaan nie iewers is daar fout met die ou. Verder dink ek dit kan ‘n heel nice blog wees maar dan weer hierdie dinge wat hy nou weer mee besig is.

    Pagoda, eers gou jou foto gaan loer, sommer nog jonk nê? die ander een was maar baie onduidelik.

  19. Ja nog redelik jonk ekke…net 32. Maar ek kry party dae die gevoel dat ek meer tussen ore dra met betrekking tot ettiek en menslikheid as sommige ander.

  20. Die snaakse ding is…ons (ek en Brein) word blatant beskuldig van bemarking net omdat ons name links in het na Die Werf toe, maar Die Werf se faceboek blad is permanent besmet met Bosparra advertensies.

    Dan word vir ons vertel ons na-aap hulle…hoekom? Omdat ons meer as een author het? Gaan kyk asseblief hoeveel ooreenkomste daar rerig is tussen die twee sites en ons praat weer. En ja, ‘n obsessie oor Steve sal ook nog lank vat om te ontwikkel in my (en ek glo die meeste hier)…

  21. Phibbie, moenie worry nie ou girl – soos ek sê die lont is soms maar kort, en partykeer vat dit ‘n rukkie voor my brein by my mond uitkom – en dan is die voet klaar in die poefies! Klink of jou ontwortelling jou gedaan maak, so sterkte weereens!

    Pagoda, jy kan ook maar bly wees dié antie is so tien jaar jou senior en jy is gelukkig getroud…..die menu lyk glad nie sleg nie – ek wag nog steeds vir Prokkie om uit te haal en te wys, maar ek is baaaaaiiee geduldig.. hie hie

    Ek sien hier is gereeld nuwe name by – LEKKER! Aan die nuwes wat ek nog nie raak gespoeg het nie – howdi

  22. Pagoda maar almal van hulle se name het links na hulle blogs en sites toe. Dit is eenvoudg nie die moeite werd nie. Ek was net so upset daaroor, maar dis onkundigheid vermoed ekke. Ek het netnou gaan kyk en ek dink dis nou af tensy ek dit mis gelees het. Daar is beslis geen ooreenkoms tussen ons en hulle nie, nie eers wat skrywers of items aan betref nie

    Phibbie het gesien daai “rooi haar” move toe dit genoem word.

  23. Hehehehhehe Bons

  24. Pagoda: Jy weet ek en jy het lang emails geskryf oor die storie van pb en ek het jou gese wat my vrese is en was. Jyte fokken goeie ding hier beet. Jy en ons moet dit so hou asb

  25. Pagoda, jy verwoord my gevoelens wat ek al lankal maar net oor stilbly, baie presies hier. Dankie dat jy die moed van jou oortuiging gehad het!

  26. Cheers! Ingilsman wag by die huis met ‘n lekker bord kos en lang glas wyn. Sal more weer ‘n posting plaas. Lekker aand guys and gals

  27. Die nuutste verwikkelinge:

    Ons comments vanmore op BP is gedelete. Sensuur toegepas…oor ek dit durf waag het om te vra hoekom die ouens so bitter teenoor ons is.
    ‘n Eenvoudige uitnodiging van ‘n mede blogger wat ‘n link gelaat het hierheen (heel waarskynlik onskuldig bedoel) veroorsaak toe ‘n oproer.

    Die enigste gevolgtrekking wat ek kan maak is dat die brigade aan daai kant bedreig voel. Word vertel ons plaas kaalgatfoto’s hier en gebruik seks in die opskrifte om ratings te trek. Hoeveel tyd het jy as jy ons site so bestudeer meneer? Is jy bang vir wat die blog kan word? Bedreig? En wat moet mens seks noem as jy by die huis is? Kat knyp? Al lately na jou eie site gekyk en opgelet hoeveel seksie fototjies julle gebruik? Van bonsende bors .gif images en dan vandag weer een in onderklere op ‘n kis…wat maak daai foto so anders as die ene wat op die blog te vinde is?

    Almal vrae wat jy jouself moet vrae voor jy petty wil raak. Almal het kamtig ‘n stem en dan word sensuur toegepas. En nee, jou comment is nie gedelete nie…dit was vir moderation gestuur oor daar meer as een link in hom was. TOE DELETE EK HOM! It cuts both ways.

  28. Hello Julle Mense
    Wel mense al wat ek kan se is, die gedeelte van Groet die Grotman wat by my opkom as ek hier lees en wat gesê word oor Bosparra nl. Die vrou vra vir haar man hoekom is hulle vriende met die een sekere ou, want hy is dan common. Die man antwoord, mag wees, maar hy is altyd ewe common, jy wonder nie oor hom nie.
    Wat probeer ek se hierdeur? Dis die lewe mense daar is common mense oral om ons, jy gaan nie by dit verby kom nie, maar wat wel die geval is, jy kan hulle vermy en wegbly van hulle af. Dus as iemand se siening jou irriteer, gee pad as julle nie kan ooreenkom nie, dis nie die einde van die wêreld nie. As die bosparras julle pla, bly daar weg, as jy nie kan nie, ignoreer die wat jy nie van hou nie, so maklik soos dit. Buitendien weet almal van julle wat en hoe die blog daar is, as jy dus probleme daar optel, dan was dit nie heeltemal onvoorsien nie. Onthou dit mag dalk wel Platkuif en Vonkeldoos se blog wees maar enige een kan daar kommentaar lewer net soos hier en nie alles dra moontlik hulle goedkeuring weg nie al het hulle ‘n totaal ongesonde beheptheid met ander mense se lewens.
    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙂 😎

  29. Ek hoor at jy sê WK

    Ongelukkig het ek en die Uwe tot net voor hierdie insident nog hel beskaafd met mekaar gesels per email oor alles en nog wat. Uit die bloute gebeur die stront, storms bars om almal se koppe en dies meer.
    Wat my die meeste knel is dat ‘n man wat homself professioneel voordoen (en te alle tye dan professioneel moet optree) homself so kan verlaag om sy stem by die van die massas te gooi en dit wat reeds met ‘n individu opgebou was by die deur uit te smyt. Jy kan kommin wees, maar daar is ‘n streep in die sand wat nie oorgesteek word nie.

    As daai lyn oorgesteek word grens dit aan skitzo wees.

  30. As ek so na jou luister Pagoda dan misgis jy my met Platkuif. Ek wou maar net die feite uitlig oor die adverteer op BP. Verseker sal Platkuif onder sy eie nick comment hier. Julle het geadverteer daar (nothing wrong) Hoekom raak jy dan nou so bitter as mense jou aanvat as jy nie skroom om jou mening te stel nie. En ek versteen van die moderation (dis reg so)

  31. Dis moontlik dat ek jou dalk met PK kon misgis het.

    Ek raak bitter omdat geen mening gestel was nie. Daar was ‘n vraag gevra, en tot nou toe geen konkrete antwoord vir die gemors ontvang nie.

  32. Ek steur my nie aan hierdie klomp blog politiek nie… Dis altyd ‘n bakleiery. So boring 🙄

    By SSSB was ek ‘n slak, wat gaan hulle my hier op die werf noem??? Dalk ‘n Hennetjie? 😆

    Ek stem saam WK mens hou links verby dam toe, as jy nie hou van wat jy sien nie. Daar regs bo is ‘n X click op hom, dan hoef jy mos nie verder te lees nie. Ek het dit ook so op my blog aangedui. Ek wil nie klomp snert daar lees nie, as jy nie ordentlik kan comment nie, hou verby!

    Pagoda, Phibbie, Brein en al die ander, ek kuier heerlik op die werf….

  33. Ek weet nie van jou vraag nie en wil ook nie hare kloof nie maar dink jy nie FEITE is meer belangrik as bespiegelinge nie.

  34. Ek kuier net so lekker op die werf, maar sal erken dat ek eerste demoerin is, en tweede ‘n bosparra. Ek geniet dit net soveel daar! Moet asb nou begin modder gooi nie. Dit laat net ‘n kak smaak in die mond.

  35. My eerste besoek hier.

    Ek hou my maar besig met aktuele sake en poog ewig om persoonlikhede en celebrities te vermei. Ek is reeds diep in die landspolitiek betrokke. Die blog-ding is vir afleiding en ‘n spasie waar ek my eie beskeie, eensydige en bevooroordeelde opinie kan deel, met die hoop dit ontlok gesonde debat. Ek het al geleer – in die kort tyd wat ek blog en by bosparra skryf – om die emosionele reaksies en die venynige opmerkings te ignoreer.

    Wipneis en WK gee goeie raad – hou verby.

    En dit sal dan natuurlik heeltemal teen my natuur en filosofie wees om nie met almal in ‘n goeie gees van verdraagsaamheid mee om te gaan nie! Dit is maklik om mense persoonlik aan te vat onder allerhande skuilname. Met my … wat jy sien (en lees) is wat jy kry!

    Ek moet ook erken dat ek so af-en-toe die spot dryf met by parras en slakke, maar dan meestal in sprokies 😉

  36. @ Emil 😆 Die tipiese verdraagsaamheid van self! Egter ware woorde!

  37. Eerstens…Feitlik Korrek, ek praat van feite. Dit wat in die BP post staan is bespiegelinge. En blattante moddergooiery wat die “regte” reaksie gelok het van die BP bewoners. Nie almal nie, want ek ken van beter om almal oor dieselfde kam te skeer. Dis nie BP nie, dis elemente in BP.

    Tweedens, Demoerin. Ek’s bly jy geniet beide sites want dis jou reg. Die blote feit dat jy beide besoek beteken juis dat jy iets uniek uit beide sites kry wat jou maak terugkom, en dis lekker om so iets te hoor. Ek wil met niemand kompeteer nie, want dis nie hoekom ek hier is nie. My hits counters is op sodat ek (en diegene wat wil sien) kan sien hoe die tuiste groei, daagliks.

    Derdens, Emil….welkom. Het jou al baaaaaie raakgelees en dis ‘n voorreg om jou hier te sien. Ek was stink die doner in vandag, soos ek dink die meeste sou wees as hulle presies moes weet wat die storie agter die storie is. En die enigste rede hoekom ek niks daarvan vertel nie is omdat ek nie glo daarin om persoonlike gesprekke met ander te deel nie. Confidentiality is hoog op my prioriteitslys. Vertrou my, ek’s nie kleinserig nie, maar die episode het MY met ‘n bitter smaak in die mond gelaat.

  38. Demoerin – ek stem saam. Het jou al ‘n paar keer raak gelees op BP. Soos ek op my vorige comment gesê het, dis lekker hier en dis lekker op BP. Ek’s ook nie lus vir daai kak smaak nie hahaha…. Vat my soos ek is of los dit!!

  39. Daar is baie ouens en vrouens op bosparra van regtig nice is, maar die “leader” ene mr. platkuif ek weet nie so mooi nie, ek sal nie verbaas wees as hy jaloers raak op julle blog nie want waaroor anders het hy altyd so tekere gegaan oor alles op SSSB en Steve wat te veel aandag gekry het. So daar het julle dit nou hy is klaar besig om nou die Werf te target as sy volgende blog om oor te pie-pie.

  40. Welkom aan Emil en ja ek het al van jou postings gelees, nugtere denke moet ek se.

    Hi Ida.

  41. More Almal

    Ek hoop ons kan nou die insident agter ons laat en in vrede blog. Pagoda: Ek mos gese daai rooi hare. Phibbie ken syt boetie en sussie mettie rooi hare en die temperamente is hot hot hot

  42. Heita
    Wat sien ek hier, ‘n paar bekende en “ou” name! Lekker om julle raak te lees. Hallo Breintjie, jou gevolg vanaf Emil tot hier. Alo Wipneus en natuurlik die Ridder. Ek sien ook Sigeuner. Mooigedoen Pagoda! Laat die werf dan van krag tot krag gaan.

  43. More almal, lyk my ek het alweer al die fun gemis, ook maar goed in ag geneem dat my tong maar ook nie brieke het nie!!

    Ek sê julle wat – kom ons begin nou maar daai “hits rumour” …… en praat nét oor seks vandag ! Ons het in elk geval al die oulikste manne hier by ons…. hie hie

  44. LOL…ek stem. Seks in elke opskrif!! Seks seks seks seks seks….en kafoefel vir diegene wat afleiding soek!

  45. Hi Sammi, ons is almal hier, ons kuier heerlik saam, jy moet baie hier kom inloer!!! Ek mis jou.
    Ek dink ook Pagoda het ‘n nice ding gedoen 🙂

  46. Dankie Wip!
    Wil darem net ‘n bietjie van my kant die lug suiwer voordat ek hier kom kuier.

    1) Steve het destyds SSSB begin om sy doen en late te deel. Baie pragtige Afrikaners het heerlik begin saamkuier, party as sterk ondersteuners van Steve en ander vir die lekker geselskap. Dit was immers ‘n fantastiese ontmoetingsplek.
    2) Toe gebeur die onvermydelike, Steve “jaag” aan en die “arme” mense met ‘n morele stryd het kom inklim en aanvalle begin op hom en op die bloggers.
    3) Sy blog word gekaap, eise gestel om homself te verduidelik ens, want hy “Skuld hulle”
    4) Platkuif ry op hierdie “wave” nadat hy hoeveel keer in die verlede probeer het om onmin te saai.
    5) Die Afrikaners begin wegbeweeg van mekaar en stig af.
    6) Platkuif word nou Bosparra ( Bush telegraph en parrasiet)
    7) Ek hou van Emil se insette en dis al wat ek werklik daar volg.
    8) Ek het GEEN respek vir ‘n Afrikaner wat ‘n mede-Afrikaner aanval met vuilighede nie.
    9) Ek het geen respek vir ‘n man wat persoonlik raak en die man speel vir sensasie nie.

    Ek mis Sharona, 007, Susanna, Monna, Narcosis, Marat en vele ander werklike kragtige en positiewe mense wat ek voel BP se ondersteuners verlore laat gaan het met van hulle se vitrioliese aanvalle.

    Groete
    Sammi

  47. Haai daar, ek hou van hierdie site, ek comment miskien nie altyd nie, maar lees graag! Ek het vrede, met SSSB, het te vinnig my password vergeet en kon om een of ander rede nooit weer inkom nie, by Bosparra was ek ook al! Maar dit maak nie saak nie, julle is nou HIER, dit is wat saakmaak! Hier lees ek lekker en dit is wat tel! In my boeke in alle geval! Ek hou my nie op met bekgevegte nie, ek bly daar uit, ek het nie die energie om daarop te mors nie! Gaan maar net hier aan soos julle altyd doen en geniet elke oomblik daarvan, Die dag as dit nie meer lekker is om te blog nie, is die nie meer die moeite werd om aan te gaan nie!!! Sterkte vir julle!

  48. Ditsem Pikkelik Ditsem.

  49. En hier kom ek ook op julle af! Nice, en dis goed as jy se wat jou (en baie ander) pla.
    Hallo Brein!

  50. Sammi

    Jy’t dit egter nou beter gestel as wat ek in my toestand kon…wel gedaan.

  51. Pagoda

    😉
    Hul sê mos met grysheid kom wysheid 😆

Comments are closed.