Die Brein se respons op gister se onenigheid met Bosparra.

Van my kant soos Pagoda versoek het sal ek enige konfrontasie met enige ander blogs vermy , hulle regte en standpunte eerbiedig, hiermee ook my apologie vir enige provokasie wat ek kon veroorsaak het. 

Ja naas SSSB is en was Bosparra my tweede keuse, daar is iets van alles.En ja ek sal steeds daar lees , maar nie weer daar comments lewer nie.Enige ongeruimdhede sal privaat en onderling uitgeklaar word.Lank lewe BP en DW.

 

En ek beaam elke woord.  Ek voel die situasie en die possie op BP was in swak smaak…maar wat gese en gedoen kon word IS gese en gedoen.  Nou gaan ons aan na beter dinge…Pagoda32

13 Responses

  1. more vrinne

    van my kant af vra ek ook onverskoning.Ek het gehoop teen hierdie tyd sou die parra/slak setup al iets van die verlede gewees het. Ek dink julle ouens het ‘n lekker idee beet en dit is goed dat daar ‘iemand’ is wat die Bosparra’s watch😉

    Kan ek net vra…ek mind nie ‘n ge-oor en weer ‘banter’ nie…maar as ek ‘optel’ ouens/vrouens probeer met opset ‘reaksie’ uitlok op BP,dan gaan ek almal daarby betrokke ‘delete’.Vir die mensies (en daar is altyd sulke mensies) wat dit wil doen, nie op Bosparra nie asseblief.

    lekker dag verder
    platkuif.

    ps.wat noem julle julleselwers hier op die werf?die enigste beskrywende naam waaraan ek kan dink wat die woord ‘werf’ bevat, is nie te vleiend nie…😉

  2. Dankie ou Platte.So ken ek jou ten minste op die kuberruim.Lekker dag daar en sterkte.

  3. Platkuif: Dis groot van jou om verskoning hier te kom vra. Ek sal dalk nou poging aanwend voor ek trek om BP te besoek. Ek weet net nie of ek sal comment nie, maar lees sal ekke.
    Brein: GROOT van jou rerig

  4. Ag dis lekker. Nou’s daar weer vrede.

    Plat – ek het ook aan ‘n naam gedink vir die werf vir ons as bloggers – “die werf-etters” – whahaha…. maar dit klink seker bietjie rof op die oor.

    Net ‘n grappie almal!

  5. Ja Koekie, ek het ook dadelik gedink dis die naam waarna Platkuif verwys. Kan ons nie eerder “hoeners” wees nie? Ons skrop mos op die werf. Werfetters klink of ons ‘n gemene spul is!

  6. Ja, Annie “hoeners” klink baie beter.

    More alle hoeners!!

  7. Mmm…henne en hane? Dit klink so…Frans…

    Anyway. Thanks vir die comment Platkuif. Noted…😉

  8. Pagoda, ek het gepost maar kon nie ‘n pic bysit nie! Hoe doen ek dit? Wat is jou anner e-mail weer?

  9. hahaha.. Pagoda. Noudat jy dit noem……mmm – dit laat my ook aan die Franse dink – ga, poe!!

    Wat van die “bulle” en die “koeie”…. – ek weet nie of Brein die “bulle” een gaan laaik nie. Ag ek gee op.

  10. Thanx Pagoda, klaar gemail.

    Ek dink hane en henne is heel cool. Party is regte kapokkies!

  11. Ek sal eerder ‘n hen wil wees voor ek ‘n koei wil wees, klink sagter op die oor.

  12. Die Werf
    Julle hanteer dit nogal goed sou daar so ernstig spot gedryf word met SH op bosparra!
    :mrgreen:

  13. ME…ek weier hiervandaan om dit enigsins anders te hanteer. Gedane sake…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: