Hoe werk gesonde mense se koppe?

 

Vandag roep `n kollega wat ek lank laas gesien het my en se hi Brein ek wil jou `n guns vra.Jy het mos baie contacts se hy vir my. Ja se ek, dit hang af wat jy soek. Ag jy weet my vroutjie is mos al sewe maande swanger met `n dogtertjie.Ons wil `n babakamer maak. Weet jy nie waar kan ek `n tweedehandse mat kry nie al is dit vuil hy sal dit skoon maak.En se hy: jy is mos goed met hout, het jy nie dalk vir ons `n kassie of iets nie.Toe se hy my vroutjie het so paar maande gelede bedank en nou is ons aangewese op net een inkomste en dit gaan maar broekskeur.Hulle het ook reeds twee dogters op skool.Ek se toe vir hom ek sal kyk wat ek kan doen en hom laat weet.En dan rook sy vrou nog terwyl sy swanger is.

 

 

Verlede jaar raak een van my kollegas swanger, terwyl haar man etlike maande al sonder werk sit.Sy was toe ook die enigste broodwinner.En om die kroon op alles te span was dit ook `n beplande swangerskap.Maar dis nie dat hulle nie kinders het nie, hulle het reeds twee, een van drie jaar en een van veertien jaar.En ja hulle het baie gesukkel op daardie stadium.Ag liewe fok hoe werk sommige mense met gesonde verstand se koppe?Hulle weet hoe sukkel blankes om werk te kry  en dan los hulle hul werke voordat hulle iets anders het.En dan raak hulle boonop met beplanning swanger, terwyl hulle voor hulle heilige siele weet hulle kan dit nie bekostig nie.Nou moet hulle ander in die oe kyk , leen en bedel.  

Nee spyker wil hulle spyker, met geen matigheid voor oe nie, en boon-op dink en redeneer hulle soos Ethiopiers.Hulle dwing hulself net dieper die afgrond in. 

Weet hulle nie van voorbehoedmiddels nie, die Pil, kondome, inspuitings, vasektomie, histerektomie of reverse gear nie?? 

Wat dink julle is ek onredelik, te hard of is ek reg?  

 

 

 
 

 

 

16 Responses

  1. Ek stem 100% saam met jou Brein. Hierdie land se kultuur van bakhand staan want die wêreld skuld jou iets maak my siek. Niemand is GEREGTIG op ‘n huis en kos ens nie. Jy moet daarvoor WERK!

  2. In antwoord op jou vraag, Brein, ek dink party ‘gesonde’ mense se koppe werk NIE.
    Dit begin al meer vir my lyk of daar in hierdie landjie van ons ‘n attitude rondhang van ‘dis makliker om te vra en te bedel as om self te werk, want dis boonop tax free.’ Genoeg om my siek te maak, ek sê jou.

  3. Jong ek weet aldag nie eers hoe werk my eie kop nie, maar mense gebruik nie die een breinsel wat hulle het nie. Sorry ek veralgemeen nou, maar die donner weet ek weet nie of daar nog iets is wat my kan verstom nie.

  4. Jenny – ek stem 100% saam met jou. Deesdae is dit baie geriefliker om te bedel en net goed verniet te kry, as om te werk. Dit is vir seker ‘n attitude probleem.

  5. Mens kry hulle maar in elke familie, Brein, koppies kap ‘n bietjie aan.

    Meeste van hulle weet die familie sal hulle wel weer op hulle voete help as hulle in die knyp is.

  6. Ag Brein, ek gee jou sommer ‘n klapsoen, nog iemand wat soos ek voel. Ons het so jong paartjie in ons “granny flat”, sy het eers nie gewerk nie maar werk nou weer. Kan jy glo met die eerste salaris gaan sy Casino toe en ‘n week later sê die kind vir my hy kan nie speletjies dag toe gaan nie, want ma het nie R30-00 om daarvoor te betaal nie.

    Ek moes op my hande sit om haar nie te gaan bl*ksem nie. Die kind is nie die man sin nie maar die arme man werk sy gat af om vir “madam happy te hou en alles te betaal – miskien moet ek hom bl*ksem sodat hy kan wakker word !

  7. Ek skud net my kop. Daar is nie antwoord vir die mense se optrede nie. Dit is mind-boggling!

  8. Brein

    My eerste “real” girl het ek gehad toe ek 19 was. Sy was kwai, maar het so af en toe ‘n skroef los geskud in die kop. Dit was ook my eerste kennismaking met vroumense wat harte breek…so bietjie rondgeneuk en toe is ons (eintlik heel beskaafd) uit mekaar…

    So ‘n jaar later bel sy my eendag en vra of ek nog kwaad is vir haar want sy hoor niks van my nie. Ek vertel haar ek gaan aan met my lewe, mos niks fout daarmee nie. Sy vertel my toe dat sy en die ou (met wie sy rondgeneuk het terwyl ons by mekaar was) gaan trou. Sy is swanger en dis ‘n beplande kind.

    Ek vra haar toe hoe mens op 19 jarige ouderdom ‘n kind beplan. Sy was stom. Sy’s nie getroud nie, het nie self werk gehad nie en die ou werk as security by ‘n speletjie arkade vir R1500 per maand. Bly by haar ma en pa, …maar ons beplan kinders.

    Ek het hardop gelag en die foon in haar oor neergesit. Ook nooit weer iets van haar gehoor nie.

  9. Ja Brein ek het so `n stiefdogter, sy het swanger geraak in std 8, wou toe net by liefie gaan bly die bly by sy pa, Baba is gebore Maart en die volgende Januarie is nog `n baba daar, sy het `n jaar daarna `n miskraam gehad en nou is daar weer `n baba, die een wat vir hul gesorg het is so 2jr gelede oorlede, liefie kry nie veel pay nie, sy is maar 21jr oud, nou vra ek julle hoeveel kinders nog, as ek sê kry die pil of inspuiting dan word daar gesê sy gaan dan vet word soos haar suster.

  10. Ons het by twee gestop my man het gese niks meer nie. Dit is ‘n bose siklus hoe armer hoe meer kinders het hulle en maak hulle nog meer en meer. En hoe armer hoe vrugbaarder ons het vier jaar gesukkel vir die eerste en twee jaar vir die tweede. Wanneer jy dit kan beskostig sukkel jy jou dood en wanneer jy nie geld het nie is jou vrugbaar soos hel.

  11. Melktertjie, jy slaan die spyker op sy kop
    Bytjie wat `n kak verskoning van haar.
    Pagoda jy het goed gedoen on haar te los.

    Ek sukkel my gataf van gisteroggend af met 3G sein , Vodacom is partymaal uiters kak.So as julle niks van my hoor nie, weet julle hoekom.

  12. Hi Brein ek dink glad nie jy is onredelik nie. My vriendin se broer het 2 kinders by sy eerste vrou, die vrou los die kinders en vat pad. My vriendin en haar man het toe die kinders aangeneem. Die broer kon nie op sy salaris vir die tweetjies sorg nie. (Hulle is nou al tieners) Vier jaar terug is die broer weer met ‘n vrou deurmekaar, hulle het ook nou kinders, 3 en 1 jaar oud. Weer uitmekaar maar die keer het die vrou darem die kinders gevat. Probleem is sy weet nou my vriendin het gehelp met die ander kinders, maar verwag my vriendin moet finansiële hulp verleen met hierdie twee kleintjies ook. Dit wil my voorkom of die broer nie ‘n groot salaris verdien nie, en sy wil nie werk nie. Soos ek die ding sien: hierdie mense weet hulle kan nie vir nog ‘n kind sorg nie, vir wat maak hulle dan nog. Goeie vraag, hoe werk die mense se koppe?

  13. Ek het niks teen mense wat kinders by die dosyne het nie, maar wat my 210% afpis is die feit dat in sommige huie wssr dit maar broekskeur gaan op kop bo water te hou, is daar ALTYD geld vir drank en sigarette, hoe de donner werk julle daai ene uit?? Kyk maar bietjie rond, hoeveel mense ken julle wat dit nou nie baie breed het nie, maar daar is altyd geld vir drank en sigarette en wie ly daaronder??

  14. hello jul ek wil net weet wat moet n mens vir n vrou doen om haar terug tekry ek is bereid om als wat sy gedoen het tevergeet kan jul my asb raadgee

  15. Johan
    Nie ‘n clue nie ou maat.
    Jy gee te min inligting vir ons om te kan help. Wat het sy gedoen, is sy nou by iemand anders, het julle kinders, hoe oud is julle, ens…
    Vir al wat ek weet is jy 16 jaar oud en die cherrie het besluit die eerste span se kaptein lyk meer aanloklik as jy! Net ‘n voorbeeld, maar ek dink jy kry die drift!

    Wat’s fout?

  16. Ja Johan ek stem saam met Pagoda gee meer info dan gesels ons.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: