Sigeuner sê…Aflewering 2 (van 3)

Aflewering nr.2

 Na die vreeslike bosluise en slange en ander gedrogte, moes ons almal vir ontlading gaan.  Pa, ma en die kinders besluit om te gaan perd ry. 

Al die ponies by oom Spark is verkoop en die kinders kry elkeen `n groot perd om te ry.  Liefie bly op die werf met die kinders.  Hy het `n grondpad van `n halwe kilometer waarop hy die kinders op en af lei.   `n Vrou, haar 18 jarige seun, ek en Spark ry uit vir die dag.  My perd se naam is Olifant en loop dien-ooreenkomstig al wiegende in die perdepaadjie af.  Van die begin af wil Olifant net 2 tree gee en dan `n bossie of grassie vreet.  Met die gevolg dat ek kort-kort amper bo-oor die perd se nek trek.  Waarom die ding nie maar ook `n slurpie by sy naampie gekry het nie, sal die Engele alleen weet?    Toe Olifant sien ons twee raak bietjie agter, gee hy so lekker lang gerunnik af en besluit nou trek hy weg en hardloop asof sy lewe daarvan afhang!  Ek klou asof myne daarvan afhang! Ek rem vir al wat my drillerige bo-arms werd is!  Olifant reageer nie op perd-briek-tog-net-asse-merrie-blief kommand nie en nael soos `n weghol-vuur! 

Ek gly links en net voor ek afval kry ek so paar maanhare beet…Olifant dink seker ek is spitefull en wil hom leer: wie nie hoor nie moet voel… maar dis ver van die waarheid!  As ek nie daai toom en maanhare gegryp het nie, moes ek alleen verder gallop…sonder perd onder my! Olifant laaik nie van gebriek te word aan sy maan nie en briek morsdood teen 20km/ph! 

Ek is amper weer oor sy nek en klou aan alles wat lyk soos toom, maanhare en perd-nek (soos `n orige tert aan die laaste man op aarde)! Olifant runnik asof hy nou net die joke van die maand gehoor het!  Ek runnik ook amper, net om hom te laat verstaan: dankie, djou moer ok!  Trug op grassies vreet en stadig aankarring saam met Spark hulle, wat ook nou stadig loop…geniet ek die asemrowende uitsig met klowe en dale voor ons.  Wens julle kon dit sien.  3km Verder, draai ek om…ek gaat huis toe met Olifant, wat al hoe meer bedonnerd raak en runnik en proes asof hy `n per(d)oerte of iets onder lede het.  Spark sê oraait, want hulle gaan baie ver vir die dag.  Toe ek so halfpad trug is, kom al die ander ruiters agter my aan.  Olifant het so hard gerunnik, dat nie een ander perd lus is om verder te gaan nie.  Spark sê toe maar hulle maak soms so en dis ok oraait.

6km verder en by die huis met `n seer gat en anner anatomiee, sê ek dankie-maar-nee-dankie, op `n Olifant kry jy my nie weer nie!  Al is dit die laaste vervoer in die Universe!  Die kinders het hulleself gate uit geniet, want die pa moes ook omtrent 6km vir die dag stap om hulle begelei te kry op hulle perde!  Heen en weer en heen en weer, totdat hy ook gedink het hy was op `n Olifant!  Stres-ontlading?  Nee, goeie jimmil, ek gat pas liewer olie-velde in Afrika op…enige tyd!

11 Responses

  1. Flippen hel jy skryf goed. Hehehehehehehehhehe

  2. Whahahahaha Sigeuner …. ek weet nie hoe kry jy dit reg om so mooi te skrywe nie maar ek geniet dit vreeslik. Jy maak my somber dag sommer weer lekker. Thanx Sig.

    Ek sien al hoe klou jy aan die maanhare vas…..ag fokkit, my maag al seer van die lag. Ek het ook al so seer gat gehad van perd-ry, dissi baie lekker nie. Jy loop so half bak-been vir ‘n dag of twee..whahaha!!

  3. Hello Werflinge
    Luister Sigeuner, wil jy nou hê ek moet die hele dag op die grond rol soos ek lag.😆
    Agge nee mense, die hele wêreld sal nou in die vervolg bang wees vir perd ry. 😀
    Ja-nee perdry soos net Sigeuner dit doen maak dit ampers soos ’n DVD lyk. Baie dankie vir die stukkie tussen al die morbiede dinge van die lewe.😉
    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄🙂

  4. ‘n Perd met die naam Olifant …..🙂

    Goed geskryf Sig, jy sal daai perd seker nooit vergeet nie.

  5. Hi Gypsy-girl! Lekker om jou hier raak te lees. Ja-nee, jy mag maar skryf. Het die vorige onderonsie met die slang net so geniet. Moet asseblief nie ophou nie!😉

  6. Aag jimmille val my op my! Ek gooi my hoof vol as…ek ween en kners op my tande. Volgende week ry ons alweer perd! Die kids het altwee 80% en meer vir hul klavier-toets gekry en dis hulle geskenk.

    Olifant hier kom ons!!!!

  7. Wel ja Sigeuner eks bang vir perde , `n paar jaar gelede het ek in Winburg oppie plaas perd gery die vou wat die saal vasgemaak het , het nie `n mooi joppie dedoen nie.Die saal was los en het dwars gegly in die ry met my wat langs die sierlike dier hang naderhand hang ek onder sy pens en klou vir `n vale terwyl hy hardloop.

    Die enigste uitweg was om my voete uit die stibeuls te skop en te los, ek het my siek geval en die perd bo oor my. Hy het op my maermerrie getrap, en ja my been het baie bad gelyk, my pa moes my denim afsny sodat ons dit kon uittrek so geswel was dit.Ek was vir `n week in die hospitaal, met baie bloeding in die weefsel en later `n boedklont.

    Nooit weer speel ek Ruiter in swart nie.

  8. Ons het ook so perd gehad enigste ding is ek het nou nog die letsels oor van afval op my gesig. Baie nice stukkie hoop jy oorleef die volgende rit volgende week.

  9. Wat was sy naam Melktert?

  10. My paaie het ook al met ‘n weghol perd gekruis. Sy naam was Jasper, en ek het die bogger nogals bloots gery.

    Op die een of ander manier het ek vooraf gefoeter en hy was bo-oor my, my maermerrie het ‘n hou weggekry, en my lyf was vol bloukolle.

    Die ergste was my klere wat vol grond was en my ponytail wat oor my linkeroog gehang het en my susters wat hulle vrek vir my gelag het.

    Dit nogal voor ‘n ou wat ek probeer impress het met my ruiterskap, ek het sy naam vergeet.

    Ek het huis toe gestap van kwaadgeit, 10km.

  11. Brein!! Jis, `n bloedklont issi speletjies nie!! Dissi allie perre wat so issi, glo my vry. Mens moet net die taal van runnik bemeester (ekke werk nog daaraan). Spark leer ons nou om na hul ore te kyk (hulle praat regtag met hul ore ook!) en dan natuurlik hul gerunnik en geproes. Mens kry absolute diep-soul perde wat baie baie van mense hou. Gewoonlik perde wat nooit letsels agv mense het nie. Brein, maak `n plan en probeer weer eendag. Dis `n beautifull ondervinding as jy ry sammet mense wat weet hoe (en die gordels ordentlik vasmaak!)

    Koeksister, 10km!!! Volgende keer kom ek vir jou opsaal!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: