Bedelaars

Dis nogals snaaks hoe dit waaroor ons gesels en debatteer so in golwe kom en gaan.

Ons is nou al deur ‘n paar moontlike topics en elke keer voel dit asof alles so entjies inmekaar pas soos ‘n legkaart, sonder dat enigeen van ons ooit agter die skerms koukus oor wat die nuwe “buzzword” van die week gaan wees nie.

Ek het gisteraand, met my maandelikse inkopies, ‘n surrealistiese ondervinding gehad van “epidermiese proporsies” (sorry Oom Oubaas).

Ek, my vrou en my laitie (in sy prêm) staan met ons trollie by die vleisrak en ek bestudeer die kwaliteit van die wors.  Ek begin uit my maag lag want die ouens het ‘n moerse fout gemaak…2007 Championship Boerewors verkoop hulle vir R29.95 ‘n kilo.  En ek begin laai!

Skielik duik ‘n swart man skuins agter my op.  “Sorry sir, aaaaim verrrry haaaangry.  Some nyama (vleis)….aaai hêv onlee R5 sir…”  En die ou staan met ‘n pakkie swak gehalte wors in sy hande vir R15.00.  Ek dog toe…Kyk, die ou lyk afgerem.  Ek gaan nie vir hom sê hy praat kak nie, dalk is die ou rerig honger.  En ek steek die hand in die sak en ek staan R10 af.  En ek voel goed.  As die ou vir my vir ‘n poepol gevat het moet hy daarmee saamleef, nie ekkie.

My vrou kyk my so snaaks aan en ek begin giggel.  Sy’t amper niks gesien nie, maar kon nie glo ek, van alle mense, het vir ‘n bedelaar geld gegee nie (ek doen dit byna NOOIT).

Stroosbob, ‘n tweede wetter duik binne 20 sekondes na die ander ene weg is “Sorry sêr.  Aaaim hungry…” Die ou het nog nie eens kans gehad om klaar te praat nie toe gluur ek ie fokker aan met ‘n blik wat Lot se vrou van sout na marmer kon verander het.  Die ou draai op sy hakke om is daar weg met ‘n spoed.

Ek dog dis dit!  Aikona…Ek’s nog nie weg by die rakke nie en hier staan ta nommer drie!  “Sorry s…”

Kyk, sou die hemele my nie behoed nie!  Waaragtigwaar ‘n bedelaarsindikaat!  En ek voel hoe kook die bloed op in my nek… Ek’s een van daai, as jy met my praat en ek praat hard terug weet jy ek’s die moer in, maar daar kan nog met my gewerk word.  As ek stil raak en saggies ‘n paar woorde vir jou sê met swaarde wat my oge verlaat moet jy weet…maak dat jy weg kom.

Ta is teen die spoed van lig daar weg en dis die laaste wat ek van enigeen gesien het.  Dit het 4 “isles” gekos om my bloeddruk onder beheer te kry.   En NOOIT weer gee ek ENIGIETS NIE!  Tensy ek WEET dit gaan vir die saak waarvoor dit bedoel was.

Kan jy nou meer…’n sindikaat..berge val op my en heuwels bedek my…

9 Responses

  1. Flippen hel een maak my huil en die anner een maak my de donner in. Pagoda ek se jou daars niks maar niks meer wat my bloeddruk so opjaag as hierdie bliksems wat kom en se hulle wil jou kar was met VUIL water en sand in en die mense wat goed aan jou wil smous nie of wat jou kar wil oppas. Kyk ek voel sommer hoe styg my BP nou erg. Pappie ignore hulle, ek se nee en as hulleweer vra dan fokken skreee ek NEEEEEE!!!!!!!. En dan natuurlik my ultimate moet nie ‘n bleddie papier in my uitveer indruk nie. Ek het eendag virre man geskree toe hy dit wag: Moenie daai fokken papier op my venster sit nie. Hy tel so wragtig die veer op, maar ek loop hom storm ne en skree soos regte plotmeid op hom. Eks nou sommer de moer in ook tsk

  2. haha Phibbie – Ek sien jou al.

    Pagoda – Wys jou net hoe skelm is party. Dit maak my net so moerig.
    Het nou op Sig se posting ook gesê. Ons gee maar kos, nooit geld nie.

  3. Ek stem saam Koekie ek gee kos maar nie graag geld nie. Alhoewel hierdie bedelaars smokkel met ons breine dat ons hulle uiteindelik jammer kry en maar ‘n geldjie gee.

    Maar Pagoda ‘n sindikaat? Dinge raak nou te erg!!

  4. Ja die wanpraktyk duik oral op.So ruk gelede gee ek `n ridder van die langpad, ses rand by `n parkeer uitgang, met `n string karre agter my ,ek se vir hom moet nou nie dop gaan koop nie, toe skreeu hy vir my die is te fokken min om `n brood te gaan koop.En hardloop weg. Fokkit toe kook die boertjie behoorlik.

  5. Innie winkel? Wow, demoerin sal sy moer strip! En dan sal ek die winkel-bestuurder aanvat!

  6. Pagoda, my man was ook eenkeer so in ‘n winkel gevra vir geld, hy het die ou agteraan sy baadjie en ander hand op die belt by die winkel uitgegooi, terwyl die hele winkel vir hom hande geklap het.

    As karwagte nader kom as ons parkeer dan skud ek my kop en swaai met my hande agter sy rug dat hulle moet padgee.

    Hierdie man van my is ‘n lopende tydbom, ek sê vir julle.

  7. Ek’s jammer maar ek is die sucker in die verhaal ek sal by die til staan en as ek sien mense sit een vir een ding deur en tel elke keer hulle geld dan betaal ek vir hulle het dit al baie gedoen maar ek gee nie vir mense wat in die winkel corner nie. En dan is daar ‘n stok ou oumatjie as ek by haar robot staan dan gee ek altyd vir haar. As ‘n reel ondersteun ek niemand wat goed aan mens afsmeer nie. Of net daar staan en bedel nie. My hart is net te klein……………………………………..

  8. Previosly Pagoda wrote:”…voel hoe die bloed opkook in my nek.”
    Pagoda, net daso moes jy darie bargain vanne wenner Boerewors om jou nek gedra het soos `n stringetjie varswater perels. Teenie tyd lat jy byrie till was, kon julle al eet!

    Groentee
    Sigeuner

  9. Dis hoekom ek dan eerder kos koop vir mense wat ek ken wat dit nodig het. Ek gee nie sommer geld nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: