Sigeuner sê – Aflewering 3 (van 3)

Prelude

My bakhand 

Hier in my bakhand

oopgevlek, ontbloot

lê al my lewensvrae

en waarheid oor die seer.

 

Hier in my bakhand

vra ek nederig

ja, altyd nederig

asseblief mevrou, meneer,?

 

Kan jy iets hier wegvat?

dalk die onmoontlike onthou?

die halstarrige bepeinsing?

ek wil so graag net gee!

 

Is daar iets wat jy dalk kort?

pyn in jou verflenterde gemoed?

magteloos gewag vir beter dae?

jy weet, hier`s so baie oor!

 

Hier in my bakhand

vervleg met lewenslyn

verstand en al die ongeduld

lê jare opgesluit wat ek wil deel.

 

As iemand net wil luister

vir `n tydjie stil sal staan

dan vertel ek jou van bakhand

en alles wat dit al moes dra.

 

Hier staan ek bakhand

altyd bedelend vir nog!

dalk het ek iets misgekyk

trane, smart, verdriet en pyn.

 

Hierdie hande is vol eelte

grof gevat aan dinge en

al die mense wat wou groet

nederige hande, my voosgevatte hoed.

 

Vandag was ek gelukkig

met die bietjie blyheid

en stil glimlag van `n kind

toe ekself weer terug kon gee!

 

Emosies wat nog eg klink

onskuld  hand aan hand

dan wíl ek glo dat iewers

die lewe nog kan lag.

 

Ek vra alweer so mooi vandag

my flenterhoed weer voos gevryf

asseblief meneer, mevrou

my bakhand hou ek oop vir jou.

 

Aflewering nr.3

Hier in ons klein dorpie, was `n ongelooflike intelligente Geskiendenis onderwyser met die name Frans Engelbreght. Die kinders was gek na hom en hy ewe gek oor sy roeping. Menigte jongelinge het hulle probleme met hom bespreek, want hy het die heug se taal verstaan.  Dan was hy nog hierdie skaak-ghoeroe ook.  Het dit in die skool aangebied en was `n meester opi gebied.  So vroeg soos 17 klaar met matriek om met universiteit te begin.  Daar was die professors verstom oor sy fotogeniese geheue.  Kon vir jou noem watter woorde op bl. so en so staan in wattter paragraaf, nadat hy `n boek net vir etlike minute bestudeer het!

Die skaak was sy passie.  Hy kon `n game uit sy kop speel, sonder `n bord of enkele skaakstuk voor hom!  Hy wou baie graag iemand he wat dit SO saam met hom kon speel, sonder die actual skaakbord voor hulle.  Daar is bitter-min mense wat dit egter kan doen.

Eendag ry hy saam met mense in `n motor, Anton Goosen was een van die passasiers. Daar vind Frans toe sy skaak maat!  Hulle speel `n hele spel klaar sonder die nodige toerusting, maar met die nodige kennis…tot al die ander insittendes se verstomming!

Iewers in die lewe, het daar egter iets drasties verkeerd geloop. Vandag is Frans ons dorp se local boemmelaar.  Sy ma is dood toe hy `n tiener was. Hy`s geskei. Sy hele lewe in die “beskawing” net so gelos om die vrae van die lewe se antwoorde te gaan soek.  Want soek, die soek hy!  In sy eie woorde in `n local tydskrif…hy soek nie hulp nie.  Niemand anders kan hom help behalwe hyself nie.  Hy soek God. 

So nou en dan koop hy dagga om tee damee te trek, om van die pyngedagtes te probeer ontsnap. Party mense gee kos, want hy is darem op bekende terrein. Sover is da so paar mense wat hom nooit sal vergeet nie. Insluitende ek.  Anderdag sien ek hom en gaan groet: “More meneer.” Ek gee ek vir hom R20-00 en wil nie sy seergemaakte oe sien nie.  Ek loop maar vinnig weg, sonder om sweet talk te probeer maak. Met die wegloop roep hy my terug. “Kind”, sê hy “vandag het jy my dag gemaak, want jy gee sonder om my te betig of vrae te vrae en boonop meneer jy my, ek wat dit nie verwag nie…dankie”

Shit, man! Ek wou huil! Twintig blerrie rand?! Wat is dit, nou? En wat vat dit nou van my af om meneer te se vir iemand waarvoor ek nog steeds `n spark respek het? Ek sien Mr. Frans so te sê elke dag. My hart kan dit nie vat nie.

21 Responses

  1. Nee Pagoda, wil jy nou he ek moet die dag ook begin mette getjank. Dis so diep en dit raak so diep dit maak eintlik seer. My bors brand eintlik van die seer en eks juis nie in een van my beste “frames of mind” nie. Seker maar bfday blues of iets, miskien is dit omdat ek weet ek gaan my nog doodverlang na my huis en die bekende goed en mense om my. Ek is volgende week nie hier nie. Gaan die hele week weg om huis te gaan soek. Nuwe begin, nuwe hoop. Ek gaan julle mis. Die wat my email, asb hou maar oor tot na die 7de Julie toe. Phibbie vee maar die traantjies af en probeer moedig smile

  2. Shit ek lees ook soos my gat. Ek sien nou is Sigs se 3de stukkie, maar anyways dis mooi baie mooi en baie hartseer

  3. Hi Sig.
    Ag dis so hartseer. Ek sal nooit verstaan wat gaan in so persoon se gedagtes aan nie. Hy’s briljant slim en kyk waar is hy nou. Dis baie sad.
    Hier waar ons bly is baie boemelaars. Ons gee nooit geld nie. Het laasweek vir ‘n ou gaan kos en koeldrank koop. Ag Sigeuner, daai waardering in sy oë – dis onbeskryflik- ek wou sommer tjank toe ek dit sien.
    Ek sit eintlik in dieselfde situasie. Weet nie wa my broer homself bevind nie, of hy kos het, slaapplek. ens. As ek ‘n boemelaar sien dan wonder ek waar is hy. Dit maak my hart bly om te weet daar’s darem nog mense soos jy.

  4. Phibbs – wat bedoel jy bfday blues? Verjaar jy vandag?
    Ons gaan jou ook mis Phibbs. Wie weet, dalk is hierdie nuwe skuif net wat jul nodig het. ‘n Mens is maar altyd skrikkerig vir iets nuuts. Ek dink aan jou.

  5. More Koekie: Ek verjaar die 2de Dis Woensdag. Mar my hart is eintlik seer oor ek nie by my ma gaan wees nie, maar ek besef ons moet die ding doen. Ek bedoel huis gaan soek. My hele familie is eintlik hier. Maar ek gaan ten minste saam pappa wees. Jy weet mos hoe is ons vroumense regte sentimentele diere. lol

  6. Ek weet Phibbs. Ons koppe partykeer nie lekker nie. Hopelik gaan ons jou darem “sien” Woensdag??

  7. Nope Koekie. Dit sal nie moontlik wees nie. Ek begin eers weer volgende Maandag werk die 7de. Sal te besig wees met al die reelings etc en wil nog graag by my beste vriendin ook gaan draai. Dit sal my beste present ooit wees.

  8. Phibbie!!

    As ons jou dannie gou gan siennie….Happy-happy! En mag al jou stoutste wense waar word!
    Skud affie blues en sing die lewe, man!
    Love u!
    Sigeuner

  9. Sigeuner, kyk jy mag maar, vol talent sal ek sê, ja mens sal net wonder wat het verkeerd geloop met `n ou soos mnr Frans nê.
    Phibbie ek sê ook maar solank veelsgeluk met jou verjaarsdag die 2de, ons gaan jou vreeslik mis, jy het nog nie gesê waarheen jy gaan nie, sê ons nou asb.

  10. Sigeuner, ek glo die lewe gaan oor keuses, jy kies en jy besluit wat jy in die lewe wil doen en ek glo “Bakhand Frans Engelbrecht “het die soort lewe gekies , hy weet van beter en is beter gewoond, duisende tieners het hul ouers verloor, maar kyk die lewe in die oe, aanvaar die feite en maak `n sukses van die lewe, MAAR hy het gekies.Ek gee nie sommer vir boemelaars geld nie.

    Ek ken ook twee sulke ouens in Springs. Faan het verlede winter verkuim ek dink hy het hom eerder dood gesuip.Hy het saam met my gewerk Faantjie Venter, maar Faan het gekies en hy wou maar net nie meer werk nie.Die ander ou ook hy erken hy wil geen , maar hoegenaamd geen arbeid verrrig nie, hy is gelukkig so.

  11. Lekker 26ste verjaardag vir jou Phibbs. En mag daar nog vele wees!

  12. Ek gee ook , maar glo die Here wys my vir wie.

  13. Ek dink dis netjies gestel Brein.

  14. Pagoda: Jy sien ek geweet jys briljant. lol. Dankie vir die gelukwense al dieanner. Bytjie ek sal jou se as ek trugkom. Of epos my dan se ek jou hoekom

  15. Dankie meneer die webmeester.

  16. Ahoi Werflinge 😉

    Sigeuner, dit is puik jy kan maar so aan hou, jou unieke manier van vertel maak dit lewe, soveel dat ander sal omgee.

    Phibbie geluk met die verjaarsdag, mag dit mooi en vol herinneringe wees. Jy kan maar se waar gaan julle heen, ek bedoel selfs tronk toe is nie meer ‘n skande vandag nie.👿

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok tot Varkhok.🙄🙂

  17. WK mens bevestig nie ‘n ding as jy nie helemal seker is nie. Hang af of hulle my inne gomgat plek wil laat bly, dan trek ekke nie. Maar baie dankie vir die mooi wense ook. EN NEEE issie die tronkie. Eks nogge virgin op daai gebied

  18. Stem saam met Brein, mense maak hulle eie keuses, die groot toets is of jy gaan pa staan vir al jou besluite wat jy so neem.

    Lekker verjaar Phibbie, ek sal aan jou dink, en gaan groot ou girl.🙂

  19. Hi Phibbie, ek sien almal wens jou geluk met die 26ste verjaarsdag?? My ding waar het ek die ander gemis, ek dog dis nou eers die 3de 21st wat jy vier !!

    Wel either way, ek hoop jy word so oud dat jou holhare jou spore dood vee – geniet dit en have a smashing dag!!

  20. Brein.
    Keuses, aag ja wat. Dis wa-oor die jille wereld gaan. Somige mense weet dit net nie.

  21. Hi Sigeuner

    Ek was af Vrydag en weg die naweek en haal nou eers in. Baie roerende stuk. Pragtig!

    P.S. Jy is welkom om ook Vissmeer se slaaf te word! hehe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: