Another one (Bulls) bites the dust.

 

Eks mal oor rugby veral as die Bloubulle verloor, dit gee my sommer genoegdoening tot diep binne in my siel.Ek het dit geniet toe die WP Saterdag die klompie van Pretoria afgerantsel het.Ek onthou in 2006 na die finaal van die Super 14 nadat Habana die wendrie in beserings tyd gedruk het was hulle bekke vol, rugby is `n 80 minute game en nie 79 minute nie.Saterdag was hulle seker vir 75 minute voor , toe die magtige streeptuie hulle horings amputeer.Tits for tats. Naas (On the Otherhand) Botha het juis na afloop van die wedstryd gese  “But”. Hoekom se hulle altyd “Ja maar“. 

 

Verlede week het die media berig dat die Bulle toon diepte, na hul oorwinning teen my span die Leeus.My artikel se opskrif sou lui….”Leeus gee wedstyd op skinkbord vir Bulle” of  “Gebrek aan afronding/ondervinding kniehalter begeesterde Leeus”.Ek se mos eks 51% Leeu en 49% Cheetah. Wel eks enige iets as dit teen die Bulle is. Ek skreeu eerder vir Zimbabwe se derde rioolspan wat deur Robert Mugabe afgerig word, voordat ek die Bulle ondersteun.Hulle sal seker se ja MAAR  ons het al die Super 14 gewen, dis waar maar dis in die verlede tyd, dit is soos ek se `n blinde hoender pik ook `n mielie raak.Hulle het net liberties gevat toe die Crusaders nie al hul beste ingestoot het nie.

 

Of jy haat die Bulle of jy verafgod hulle, maar ek weet van niemand wat hulle as nommer twee keuse het nie.Hulle is swak verloorders, groot bekke, arrogant, vol van hulle self, fanaties en hulle is tipies die ouens met die kortbroeke , hoog-opgetrekte kouse met alluminium kam in Grashopperskoene, two-tone hemde en Nippertjie in die gatsak.

 

Ag wel…………….. eintlik like ek julle veral so ver as moontlik onder op die log.Bwa ha ha ha.

 

Dis my ode aan die Bulle.

 

Sonder Bakkies en Victor lyk die lynstane vir die Bulle maar eina. Ek was gister by ‘n braai (genooi oor een van die gaste nie nou die enigste WP ondersteuner daar kon wees nie…gmmmf).  Die res van die aand het ons twee seker gemaak die ouens hoor dit elke 5 minute.  Jammer oor jou Leeus gister Brein.  Maar verspeelde kanse maak dat mens verloor…Pagoda32

24 Responses

  1. Support die Leeus en almal wat teen die Bulle speel. Ek kyk nie eers ‘n toets op Loftus nie.

  2. Hi Pagoda, vryf dit nou in.Maar at least het die bulls verloor.

    Griffel ek stem saam , Loftus sal kan doen as `n sokker stadion vir 2010.bwa ha haha.

  3. Ek is glad nie erg oor die blou bulle nie en hulle absoluut maniese fans nie regtig as mens deur Pretoria ry dan dink Blou Bulle is ‘n geloof soos wat sommige van hulle aangaan. Nee gee my maar die leeus wen of verloor ek is hulle lojale ondersteuner. En ja enige iemand wat teen die bulle speel het my ondersteuning.

  4. Ek is ‘n lojale ondersteuner van die Bulle. Nie al die ondersteuners is poepholle nie!

  5. Nee almal is nie maar van hulle is so bietjie way out seker darem nie jy nie demoerin

  6. Ag jy weet mos Demoerin…
    Mens moet, veral in rugby, elke Bul ondersteuner oor die selfde kam skeer. As WP ondersteuner is ek al gewoond daaraan om dit so met tussenposes op die ken te vat! LOL!

  7. Hello Werflinge
    Luister, dis nou presies die tipe inskrywing en kommentaar wat ek as getroue Blou Bul ondersteuner verwag het. “Everybody, loves to hate the Bulls”. Veral die wie se eie spanne gewoonlik nie die mas opkom nie. Dus is die Bulle ‘n gerieflike rookskerm om die onvermoë van hul eie spanne agter weg te steek.👿
    Die Blou Bul ondersteuners maak almal van hulle sport ’n afgod? Nee wat, kom nou, baie van die ondersteuners is ook in die NG kerk of Gereformeerde kerk, selfs Charismate. Maak dit almal in daardie kerke ook nou sleg by wyse van assosiasie? Nee jammer daardie stelling van een vrot appel maak die hele kas vrot is net op vrugte van toepassing nie mense nie.
    Dus gaan aan om die Bulle te haat, dis jou reg, as jy nie kan reg kies nie. Net omdat een ou jou met ‘n blik gegooi het jare terug op Nuweland is alle WP ondersteuners vertraag ? Nee, net daai tipe en jy kry hulle oral tussen almal.
    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄🙂

  8. Howzit julle!

    Skuus ek was bietjie stil. Was Vrydag af en ons was weg die naweek.

    White Knight, ek stem ten volle saam met jou. In elk geval, die Bulle het steeds die meeste Curriebekers in die geskiedenis gewen, nie waar nie? Wel, so het elke ou maar sy span wat hy ondersteun.

    Lekker dag julle!

  9. Hehe…sorry Annie

    WP het die meeste (32) gevolg deur Bulle (22)…sommer so ‘n laaste spanner innie worx!

  10. Hallo almal,

    Ek stem saam met jou White Knight en Demoerin.

    Wen of verloor my bloed bly blou!!!

  11. I LOVE W.P.!!!!! was benoud die eerste helfte…… maar toe kom die tweede helfte!! Made my day!!! PROVINCE!

  12. Pagoda, ek dink jy’s verkeerd! Ek sal gaan check!

  13. Gaan check maar …Wikipedia!

  14. Hello Werflinge 😉
    Stadig Pagoda32.
    Die WP het meer Curriebekers verower, maar julle provinsie het die meeste van dit gewen voor die ontstaan van die Noord-Transvaal rugby unie.
    Dus vergelyk appels met appels meneer nie wille stelling in die algemeen nie.
    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄🙂

  15. Hello Werflinge😉
    Jy sien Pagoda32, as jy ‘n stelling maak gaan ek hom ondersoek.
    Curriebeker wenners sedert 1889.
    Die kere gewen soos op Wikipedia sluit die aantal kere in wat elke span die Beker gedeel het ook.
    Westelike Provinsie: 32 keer (vier keer gedeel)
    Blou Bulle: 22 keer (vier keer gedeel)
    Gauteng Leeus: 9 (een keer gedeel)
    Natal: 4
    Vrystaat: 4 (een keer gedeel)
    Griekwaland-Wes: 3
    Grens: 2 (twee keer gedeel)

    Curriebeker wenners sedert 1939, die jaar wat Noord-Transvaal ook begin deelneem het. Nooerd-Transvaal se ontstaan was in 1938 maar daardie jaar is die Currie Beker kompitiesie nie gespeel nie.
    Die kere gewen sluit die aantal kere in wat elke span die Beker gedeel het ook.
    Westelike Provinsie: 15 keer (twee keer gedeel)
    Blou Bulle: 22 keer (vier keer gedeel)
    Gauteng Leeus: 8 keer (een keer gedeel)
    Natal: 4 keer
    Vrystaat: 4 keer (een keer gedeel)
    Griekwaland-Wes: 1 keer

    Daar hy dan Pagoda32 en sommer Die Brein ook as jy dan wil Transvaal / Leeus met die ander wil vergelyk.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄🙂

  16. Dankie aan die Ridder op die Wit Perd!

  17. Mag jou vingers in vishoeke verander en die vlooie van 1000 kalahari donkies in jou agterwereld inkruip WK! LOL!!!

  18. hehehehehehehehehehehehehehehehehehehehe

  19. Sorry as ek julle blou bul supporters se tone getrap het ek het geensins gemeen julle is so nie. Nou dat ek die statistieke gecheck het dink ek juis dit oor hulle so groot fan basis het dat hulle so goed doen. Ek sal nou nie convert na Blou Bulle toe nie ek sien nou die lions het al die support baie meer nodig

  20. Net nog so bietjie inligting julle. SA en Australie word erken as die enigste twee lande wat die Wêreldbeker 2 keer kon wen. Die Ausies se wen in 1991 tel al was SA nie daar nie. EN die All Blacks se wen in die eerste toernooi in 1987 tel ook.

    So die vraag is wie het die beker die meeste kere gewen en nie wie het die beker die meeste kere gewen sedert die Blou Bulle ander unies se spelers begin steel het nie? 😆

  21. oooo Griffel…jou donerse doring! Daars hy ou…goeie argument! En nou wat nou WK? :LMGA!!

  22. Griffel jy is `n Bliksem en nou wag ons net op White Knight, en hy weet ek het die posting net vir hom gedoen.

    Ja as ons statistieke moet vergelyk hoeveel maal die Bloubul unie spelers gekoop het ook in Brigadier Buurman Van Zyl se tyd.Onder deur die tafel deur.

    Ok miskien het ek oordryf met my posting en dalk nie al die bloubulle nie , maar dalk 99%.Bwa ha ha.

  23. Brein ons kan vir weke die saak debateer. Die OU Noord Transvaal het elke dienspligtige hetsy Weermag, Polisie of Gevangenisdiens reguit Pretoorsdorp toe gestuur en klaar.

    Die donnerse land se besluite is in Pretoria geneem hoekom nie ook die rugbyspeler daarheen vat nie. Hulle moes mos almal diensplig doen een of ander tyd.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: