Die sterre … is dit hulle skuld dat jy vanoggend weer vir iemand die vinger gewys het in die verkeer, of nie?

 

Baie mense leef by wat die sterre voorspel.  Ek moet sê, ek is een van die non-believers as dit by sterre voorspel en gypsy tannies met kristal-balle kom.

 

Wat ek wel glo, is hoe jou sterreteken jou persoonlikheid beïnvloed.  Dit is gewoonlik so spot on dat mens nie anders kan as om te lag nie!  Ingilsman was baie skepties hieroor tot ‘n vriendin van my ‘n ruk gelede haar sterreteken-boek by my vergeet het en uit nuuskierigheid slaan ek die ding oop.  Ek kom toe op die deel af wat beskryf hoe ek en Ingilsman (Leo en Virgo) oor die algemeen oor die weg kom ens.  Ai tog, ons het dit vreeslik geniet want dit was regtig so waar as parravet.  Nou kyk, die Leo/Virgo is volgens die boek glad nie die beste kombinasie nie, maar as al die haakplekkies uitgestryk is, kan jy met ‘n perfekte gelukkige Virgo man en ‘n purrrrrfekte gelukkige leeuwyfie sit.  Dit het ons ook agtergekom.  En as die leeuwyfie weer die lyding wil neem, dan trap die trotse Virgo man net so ‘n bietjie op haar stert en sy is weer ‘n baie sagte katjie, mits die Virgo man haar altyd soos ‘n koningin laat voel.

 

Wat dink julle aardlinge?

9 Responses

  1. Annie – nou praat jy. Sterre is genuine spot-on as dit by persoonlikhede kom. Ek’s ‘n vis en my man ‘n Leeu.
    hehe… lag lekker vir jou en jou man.

  2. Ek nie met die maan, sterre, son of planete gepla nie.Ek weet nie eers wat se sterre teken my vrou of dogter is nie.Al wat ek weet is dat yster slyp yster, so slyp die een persoon die persoon van `n ander.

  3. Hallo julle, ek persoonlik weet nie of my sterreteken spot on is nie, daar is van die goed wat waar is maar daar is ook goed wat nie so waar is oor my sterre teken nie, eks ‘n Leo, en een van die dinge wat by ‘n Leo is is dat hy/sy baie leier eienskappe het en daarvan hou om die voortou te vat, ekke is nie so nie, ek verkies eerder om daar ver agter in die hoekie te staan en iemand anders die geleentheid te gee om die leisels te vat.

  4. Howdy julle

    Sien die vingers het lekker verkeerd getik. Lyding! Dit moes leiding wees. Maar nou ja, miskien beteken dit iets – dalk ly ek aan een of ander afwyking. hehe

    Patches, ek is ook nie ‘n leier nie, maar my man en van my pelle sê ek probeer bossy wees. Eintlik nie dieselfde ding nie né. Maar onthou dat die Leo ‘n baie sonnige mens is en ‘n baie goeie vriendin/vriend. En jy klink vir my so.

  5. Nee wat, ek bly maar weg van die soort van ding🙂

  6. Hi almal, ek leef ook nie by die “sterre” ens. nie, maar die persoonlikhede vir my is ook spot on. Ek is ‘n tipiese tweeling en my man ‘n kreef. Dan het ek ook nog ‘n bul, vis en maagd in die huis – ongefokkenlooflike deurmekaar spul maar vet pret !!

  7. Liewe bliksem Bons! Julle is omtrent ‘n spul verskillende sterretjies in daai huis. Dit behoort interessant te wees, maar ek dink as die bollie die fan strike, dan gaan die hele huis vol k@k wees!

  8. Annie jy is nogal reg hoor, want die bul en tweeling is die sterkste persoonlikhede, die kreef en vis is softies en haat bakleiery en die maagd voel ‘n veer! Baie keer begin sy die pot roer tot sy sien hier kom k@k, dan verdwyn sy en los die res om alles uit te sort.

    Bulle is natuurlik mense wat hou van debatteer en is selde verkeerd en dan vertel hulle dit ook sommer gou vir jou. Maar ja, dis ‘n “laugh a minute” geen twee dae is dieselfde nie!

  9. Ek en my oudste dogter is steenbokke en my man is ‘n virgo, rustig nê?, maar dan kom die jongste dogter by, tweeling…, julle, daardie een dril ons letterlik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: