My kruis

 

 

Die storie kom nou met ‘n moerse draai, maar hou by my…

 

Kyk, ek wonder baie dae of my intelligensie vir my ‘n kruis of a gawe van bo is. 

Vra enige kind en hy sal jou onmiddellik sê hy wil slim wees.  Ek was ook so.  Nie oor ek nie goed in enigiets anders sou wou wees nie, maar eerder oor dit van kleins af in my kop geprent was.  Ek was twee maande te vroeg gebore en moes verbete baklei om aan die lewe te bly.  By geboorte was ek 897 gram.  Korter as die distansie tussen die vou in jou arm bo jou elmboog en jou gewrig (volgens my ma, en sy is van nature nog ‘n kort mens ook).  Die dokters het haar vertel dat ek, na die komplikasies met geboorte, ‘n 2% kans het om normaal te funksioneer.  Dan praat ons nog nie eers van intelligensie nie.

 

My ma het selfs harder as ek baklei.  Ek kon op 3 jarige ouderdom tel tot by honderd.  Lees soos ‘n agtjarige op 4.  Wiskunde doen (optel en aftrek, maal en deel) soos ‘n graad drie kind op 5.  Sy moes doners mooi please and explain by die skool toe hulle die tingerige laitie in die klas kry was nie net strate nie, maar suburbs voor die res van sy maters was.  In standerd 4 word ek genooi om een van 5 kinders in ‘n spesiale klas te wees wat goed geleer gaan word wat ander eers op universiteit sal leer (of verstaan).  Dit was glo ‘n eksperimentele klas…een wat die skool gehoop het dalk die onderwys op sy kop sou keer.  Ongelukkig vir hulle het te veel ander onderwysers geglo dit is nie goed vir ons nie en het toe die plug getrek.

 

Ek sien van nature goed raak wat bitter min mense met ‘n tweede of selfs vierde probeerslag sal raaksien.  Ek sal ‘n fliek sit en kyk en uit die bloute vir my vrou sê dat daai lok hare op daai vrou se voorkop nou net links gelê het, nou lê die doner regs.  En sy raak vies daaroor.  Maar ek kan nie help nie…dis hoe ek is.  So gemaak en so ge-laatstaan.

 

En dan kry ek myself wonder hoeveel ander mense soos ek daar buite is.  Ek wil weet hoeveel ander voel soms of hulle nie eerder hulle oë wil uithaal met ‘n hulle pinkies nie.  Want dan maak jy mos die speelveld vir ‘n slag gelyk.  Of gee my ‘n harde stamp teen die kop dat ek die driekwart van dit wat ek in staat toe is onmiddellik verleer / vergeet.  Bring my en iemand soos Rob Mugabe op par met mekaar…

WANT DIS WAARAGTIGWAAR DIE ENIGSTE DONERSE MANIER HOE EK OOIT DIE GEMORS IN ZIM SAL KAN REGVERDIG!!!

 

Ek sit telkemale en wonder hoe dit moet voel om chirurgie te ondergaan sonder verdowing.  Van daai soort waar jy, as die pasient, kan hoor hoe die boortjie deur jou skedel boor en dan die dowwe gevoel agter jou ore voel soos hulle met soortgelyk as ‘n breinaald aan die grys stoffies peuter.  Want as ek ooit so iets sou moes deurmaak sou ek mooi vra dat iemand asseblief tog net die naald dieper indruk en woel asof daar melkskommel gemaak word want dis al hoe ek daarna OOIT MBEKI SE STRONTPRAAT EN IDIOTIESE OPMERKINGS SAL KAN VERTEER!!!

 

Ek doen navorsing en vind dat daar sekere cheniese stowwe is wat mens kan drink om jouself dommer te maak.  Ek dink die wetenskaplike naam is alkohol, of so iets…het al vergeet.  Maar klaarblyklik werk dit wat Manto Shababalas se lewer het saam met haar verstand opgepak en getrek.

 

En vanaand klim ek weer in my kar, sit die radio aan en hoor hoe iemand wat alleen alleen ‘n verskiesing geloods en gewen het, met 85% van die stemme, homself ingesweer het.  En dan gaan die verdomde verstand weereens nie kan kleinkry hoe een mens nog nie daaraan geding het om iets so eenvoudig soos ‘n bullet deur daardie dop te jaag nie.  Maar dan weer, as die man op die straat nie sy wapens by Gun-mart op die Angolese kus kon koop nie, gaan tot daardie eenvoudige bullet omtrent 4 miljoen zim $ kos.  So raps meer as ‘n brood…

3 Responses

  1. Fokkit ja 85% vir `n alleen kandidaat, ek se mos nog altyd Robert Mugabe het siffilis op die brein. Eks Die Brein nie so gebore nie, maar so van lees en waarnemings.

  2. Baie oulike stuk Pagoda! My verstand kan ook nie verstaan dat iemand nog nie die idee gekry het om met ‘n goeie gun aan te lê en ‘n koeël deur daai bobbejaan se brillens te jaag nie. Waar is Barend Witwolf?

  3. Ek dink baie mense het al die idee gekry om dit te doen Annie, dis net die uitvoer van die taak wat blykbaar die probleem is, ek wonder net wat en wie beskerm hierdie swaap so goed en vir wat?

Leave a reply to Die Brein Cancel reply