Selfone! Hoe safe is dit rêrig?

doc1

Ouens.  As selfone dit kan doen dra ek nooit weer my foon in my broeksak nie.  Ek kan net imagine watse ruk-en-rol moves die spermpies gooi as ek ge-sms word.

Wat dink julle van die safety omtrent selfone?  Enige stories gehoor wat die moeite werd is om oor te vertel?

14 Responses

  1. Right click, save target as en begin die download. Maak seker jy’t flash player…meeste mense het dit reeds ge-installeer op hul kompies.

    Double click die video binne die doc…en siedaar.

  2. Jislaaik Pagoda32 imagine dit …… ek wonder of dit ‘n “trick” is wat hulle gedoen het en of dit waar is, maar kyk as dit regtig waar is wil ek nie weet wat daai selfoon aan ons koppies doen as dit hier een die oor vasgedruk word nie😦

  3. Jong ek’t self gewonner.
    Dalk die moeite werd om dit self uit te toets.

  4. Laat weet my seblief as jy daai toets gedoen het, want ek wil regtig weet en as dit waar word …… dan gaan my selfoon net elke tweede dag in my hande wees en dit is as ek my boetie en mamma sms🙂

  5. Hi al jul Hane en Henne, Ek wil net gou vir jul se hoe dit met Kkeet gaan ek het haar ma gebel Vrydag aand, sy sê dit gaan nog dieselfde met haar sy lê al 2 weke in icu, het nog net een keer haar oë oop gemaak, haar oë se wit is geel en sy lê met die suurstof aanmekaar sukkel met die asem, sy sê ek moet vir jul almal sê, dankie vir jul gebede.

  6. Het julle al gesien hoe groei bome weg van die selfoon-torings af? Dit is scary!

  7. Het jy vir ons ‘n foto?

  8. Ek het ‘n artikel gelees waarin hulle se dat selfone brein kanker veroorsaak en ek hoor van baie gevalle van brein kanker kan dit dalk wees? Dit skrik defnitief nie my man af nie sonder sy selfoon sal hy verlore wees want dit is sy kantoor hy is altyd in sy kar op pad erens heen.

  9. Hi kekkelaars!

    Ek het al gelees dat as jou foon besig is om te laai moet jy dit nie antwoord nie. Plug hom eers uit die muur uit, want die ding kan ontplof! Of dit waar is weet ek nie, maar ek is maar versigtig vir ‘n foon op charge! hehe

  10. Fokkit, sodra ek die storie wil down load, gooi dit my telkens af, maar gelukkig kan my “spermpies” nie dans nie ek het reeds my “blasting ticket” vasektomie gehad in 1993 .

  11. Ek is nog op skool en ons het aan die ATKV-debatskompetisie deel geneem. Die onderwerp was: Selfone vir minderjariges moet verbied word. Ons moes sê selfone hou geen gevaar in vir kinders nie. Wat `n missie! Maar dit kom daarop neer dat jy nie meer as vier ure per dag met jou selfoon doenig moet wees nie. Dit affekteer ook jou spermkwaliteit as jy dit teveel gebruik.
    En terloops, ons span het die debat toe gewen!

  12. Helo almal.Kyk eks n mxit freak en julle weet self dat jy verslaaf kan raak daarvan, mar wat ek eintlik wil se is dat ek baie meer hoofpyne kry van te veel my selfoon gebruik.Tenminste elke week kry ek n kopseer en glo my dit is nie lekker nie.Ek bly op n plaas waar amper niks syn is nie en ek is baie bly daarvoor.Ek ry altyd berg toe vir syn om op my foon te werk maar ek gaan my foon net daar los waar hy staan.So ek sal se dat selfone wel breinkanker kan gee.

  13. Nou, ja al die kinders moet oppas, een van die dae loop al die jongmense met uithang tonge en uitpeul oë van hierdie selfoon golwe en goeters. My arme, arme kleinkinders!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: