Drome, nagmerries en sommer net als

Ek staan vanoggend op so bemoerd soos 10 as ek nie van beter geweet het nie het ek dit toegeskryf aan pms, maar dit is nie pms nie, dit is hierdie fokken droom en als wat my sommer net so blou soos die lug laat voel.

Ok laat ek van voor begin, miskien is ek nie die enigste ene wat se brein nooit afsluit nie of jy nou slaap of nie, jou brein bly werk of is dit nie …..

Die “geleerdes” se jy droom net vir ‘n paar sekondes of so, maar flip hoekom voel dit dan so lank as jy droom?

My droom …….. ek, klein Louis en Jessica staan op ‘n brug, (moenie my vra waar kom die brug vandaan nie), ek kyk af na my kinders, hulle huil so dat hulle skouertjies ruk, seun slaan sulke rooi knopies op uit sy voorkop want hy is upset en ek meen regtig egtig fokken upset (dit gebeur in die werklike lewe ook as hy upset is), Jessica bly skreeu en huil en skop met haar kortgat beentjies teen die tralies van die brug …… ek kyk af ondertoe, daar op ‘n boot is my man ….. hy staan en waai vir ons en hy het hierdie awesome smile op sy gesig, dit lyk of hy ‘n colgate advertensie doen …….

Ons snik soos ons huil en al wat hy kan doen is smile van oor tot oor en waai vir ons. “Dadda, daddie, daddie moenie ons los nie….. die kinders gil en skreeu vir hom maar dit is asof nie eens hul trane en ge-skreeuery tot hom kan deurdring nie…… liefling moenie gaan ne asseblief, ons kan nie sonder jou nie…..

Ons hardloop van die brug af, seun try op die boot spring maar die boot is te ver van die rand af weg, Jessica kry stil stuipe, sy skud haar koppie heen en weer ….. heen en weer, in die agtergrond hoor ek Amacing Grace …….. 

Ek skrik wakker, staan op en gaan drink ‘n hele glas freshly sqweesed lemoen sap,  klim terug in die bed…….

Ek staan by ‘n graf, my kinders huil aaneen, in die agtergrond speel Amacing Grace, ek kyk om my rond, ek sien al hierdie strak gesigte en mense wat huil ….. ek vra myself af wat gaan aan, by wie se graf staan ons, wie is in die daai kis wat sak en sak en sak …… dit voel asof die wind uit my longe geslaan word met ‘n hammer, ek kry nie asem nie, dit voel of ek gaan doodgaan, my ma kyk na my en skud haar kop en bly sorry se, maar ek moet onthou sy is by my en die kinders ………… Tinus? Ek draai om en verloor amper my balans, my boetie gryp my vas en druk my, WAAR IS MY MAN?????? Ek begin te gil en gil en gil ……… daai kis, ag Here nee net nie dit nie ………”

Nou ja op daardie stadium het ek wakker geword van iets, ek weet nie wat nie, maar daai droom is so helder soos daglig, en ek is bemoerd …..

Hoekom droom ‘n mense sulke twak? Hoekom kan jy nooit onthou as jy iets nice droom nie, maar jy weet jyt gedroom maar jy onthou al die kak drome? Kom drome waar? Is dit ‘n soort van waarskuwing vir my dat daar ietsie gaan gebeur?

Nou met die gevolg van hierdie kak droom het ek al 5 uur klaar geslaap, ekt opgestaan koffie gemaak en buitekant gaan sit en rook …. my man het my so buitekant aangetref toe hy kwart oor 6 opstaan, ek met my nat betraande gesig.

Wat my die bangste maak is dat dit ‘n voorbode is van iets wat gaan gebeur, is ek nou heeltemal deur die kak of is daar ander wat ook so voel? Ek glo nie ek het al ooit ‘n voorbode gehad nie maar ek glo aan sulke dinge, en ek respekteer mense wat sulke goeters kan aanvoel en sien of wat ook al hulle dit noem, maar ek dink nie ek wil sulke drome he nie ……..

 

24 Responses

  1. http://healing.about.com/od/dreamexplorations/a/focusdream.htm
    Gaan kyk hier. Ek dink daar mag dalk ‘n antwoord of twee in die artikel wees.

    Dalk het jy die afgelope tyd gereeld gewonder oor wat jy en jou kinders sou doen as iets met jou man moet gebeur? Toe vir ‘n ruk glad nie daaraan gedink nie en toe neem jou onderbewussyn van nature oor…

  2. Hi julle

    Patches ek droom ook vreeslik baie. Wat my egter dronkslaan is dat ek sekere drome van skooldae (and that’s many moons ago) af droom. Ek droom bv van hysbakke wat val (maar ek weet dis oor ek ‘n vrees vir ‘n hysbak het), of ek droom ek vlieg (dis die lekkerste droom wat ek al jare droom), en dan droom ek ook van ‘n vakansie-oord waar ek nog nooit was nie, oor en oor. Verder droom ek ook (en dis vreesaanjaend) dat ‘n man met ‘n wit gesig (die ou van Halloween flieks) my jaag. Hierdie laaste droom is so erg dat ek sodra en dit begin droom, myself wakker dwing. Sal bietjie daai sight waarvan Pagoda praat gaan uitcheck.

  3. Patches as jy weet hoe hartseer ek nog is oor my dogter sal jy nie sulke bad drome hier opsit nie.Kan jy nie dit gaan Google nie?Miskien is daar `n uitleg, ek droom baaaiie min maar twee van my drome en veral die een het 100% net so gebeur as wat ek gedroom het , daarom is ek bang as ek droom.

  4. Ek glo dit is dinge wat jou in hou onderbewussyn bekommer wat in drome uitkom. Nie crap soos voorbodes ens. nie.

  5. Hi Patches, ek weet presies hoe jy voel! Ongelukkig met my onthou ek nie net die drome nie, hulle gebeur ook sommer binne ‘n paar dae nadat ek gedroom het. Dis ‘n vreeslike gevoel om so te droom en dan te wag dat dit gebeur (met my – nie met jou nie)!

    Ek het blykbaar hierdie “gawe” om lyke te sien voor die persoon dood gaan – die enigste probleem is ek sien nie die gesig nie! Gewoonlik so paar dae later kry ons die doodstyding. Dit is so werklik dat ek dit deesdae neerskryf en vir niemand vertel nie, want dit ontstel nie net vir my nie maar ook my man en kinders…..en nee ek is nie met die helm gebore nie, en glo nie aan spoke en sulke k@k nie.

  6. Sjoe Bons dis nogal scary!!

    Ai Patches dat jy nou so iets moet droom. Dis nie lekker nie. Ek sal ook bemoerd wakker word. Ek droom ook maar min, of ek onthou dit net nie. Ek dink ook dis goed wat in jou onderbewussyn aangaan.

  7. Sulke aaklige drome is nie lekker nie. Dit gooi mens se hele dag omvêr. Mens sien dinge wat nie daar is nie. Ons vrouens se koppe werk maar so. Maar ek stem saam Demoerin dis goed in jou onderbewuste wat jou pla.

  8. Ek sluk swaar aan die hele ding van dinge “sien” wat nog gaan gebeur. Maar…my ma het ongelukkig daardie vermoe en dit het my grensloos bang gemaak as kind.

    Ek kom een aand uit my kamer. Ek wou gaan water drink en kry my ma, bewegingloos, staar na die muur bo my suster se sitplek in die sitkamer. Seker vir so ‘n minuut…toe draai sy om en stap verby my, sonder om my te groet, en gaan slaap verder.
    Toe ek terug in die bed klim sien ek my wekker…12:03…en die hoendervleis slaan oor my lyf uit….

    Volgende oggend kry my pa ‘n oproep. My oom (my ma se broer) het getrek van Ceres af Brackenfell toe. Ditr was fisies ‘n katspoegie van ons af en my oom wou ‘n pot maak. Alhoewel my ma haar broer meer as ‘n jaar laas gesien het het sy voet by stuk gehou…notte doner klim sy vandag in daai kar nie.

    Dik die moer in sit my pa toe maar die radio aan en toe KFM (toe nog radio kontrei) se nuus gelees word slaan dieselle hoendervleis uit oor my…
    ‘n Blou Nissan Laurel is teen 09:30 daardie oggend afgeskryf op Ou Paarlpad op pad na Brackenfell. Die vier insittendes is almal op slag dood. Die ma, pa en twee kinders. Ek kyk toe my ma met so ongeloofwaardige kyk uit…En ek vra toe stil stil of sy geweet het dit gaan gebeur. Sy vertel my dat sy gisteraand gedroom het sy staan voor my suster se stoel en sien ‘n beeld wat lyk soos ‘n projektorlig bo die stoel teen die muur. En in die beeld was ‘n uil wat na omtrent ‘n minuut of twee se gestaar toe vir haar geknipoog het en verdwyn het.

    Ek se toe: “dit wassie ‘n droom nie…ek het ma gisteraand voor die stoel sien staan.”
    Dis toe dat sy sê:”G’n wonder ek kry deesdae die gevoel ek loop in my slaap nie!”

  9. O…en so by the way! Ons het ‘n groen Nissan Laurel gery… en die kinders was albei my en my suster se ouderdomme (12 en 10)

  10. Dis flippen scarry!!!

  11. Ek moes met dit groot word.
    Toe ek 4 was het ek, my pa en ‘n oom van my in Paarden Eiland rondgery en parte gesoek. Daar het ‘n bakkie oor ‘n stop gejaag en die gat van my pa se Citroen nag nella gejaag. Die kar het gegly en sywaarts tot stilstand gekom in die middel van die pad. Die biere op my oom se skoot het by die venster uit gevlieg en in die pad geval…van die blikkies het seergekry en bier oor die die pad begin spuit. Ons het genadiglik niks makeer nie.

    Intussen het my met ‘n hoofpyn gaan slaap die middag. Toe ons by die huis kom sit sy en wag vir ons…sy’t wakker geskrik van ‘n droom waar sy sien hoe bierblikkies oor ‘n pad rol.

    Ek het intussen dalk van dit ge-erf by haar. In Desember laas jaar was my vrou al 7 maande swanger en ht sy my suster se kind na haar ma toe gevat sodat hulle kan gaan swem.
    Toe hulle ry begin ek angstig voel en onthou dat ek nie vir haar gese het sy moet veilig ry nie.
    Skaars 5 minute lui my selfoon en ek sien dis sy. Ek antwoord en vra toe onmiddellik of sy ok is en waar sy staan. In trane vertel sy my hoe sy sopas in die gat van ‘n ander kar vasgery het.

  12. Hi julle, ja dit is so snaaks, maar ek het al 2 keer die week gedroom van `n baba of babas, my eerste droom was van `n pasgebore baba wat teen iemand se rug opkruip onder die persoon se klere toe ek die baba daar uithaal sien ek baba is pasgebore maar baba het `n doek aan met naelstring nog aan baba maar ek kan nie sien wie is die ma nie, gisteraand droom ek ek bad `n baba tel die baba uit die bad maar het nie `n handoek daar nie ek vat baba kamer toe en daar begin baba poef ek hou my hand maar poef word meer ek hou baba oor toilet en baba poef die toilet vol tot bo, wel ek het gehoor as jy van poef droom kry jy geld, ek dink ek moet lotto kry dalk wen ek, hie hie

  13. 😆 , mental note om nooit vir Bons ‘n foto van my te stuur nie. Sal my dan nie kan “sien” nie. Dit is flippen scary!

  14. Patches,

    Die brug in jou droom siboliseer gewoonlik die oorgang van een lewensfase na ‘n ander.

    kinders,- weer het dikwels te doen met die verhouding tussen man en vrou, so dit kan wees dat jy baie bang is dat iets met jou man kan gekbeur en dat jy baie bekommerd is oor jou en die kinders, dit kom dalk soms of baie in jou gedagtes.

    Boot,- simboliseer die wyse waarop jy op die lewenssee vaar, jou reis deur die lewe….( weereens is jy baie bang iets gebeur met jou man en wat van jou en die kinders) Jy probeer sin gee aan baie emosies wat jy in jou ervaar, probeer sin gee aan jou gemoedstoestand.

    Water ,- het altyd te doen met ‘n mens se gemoedstoestand en emosies, vra jouself af, wat ontstel jou huidiglik die meeste.

    Graf – Jy voel asof iets in jouself dood is, en dit ontstel jou, dalk so bietjie depresief oor ‘n groot verandering en aanpassing in jou lewe

    Begrafnis en dood- dui op onderdrukking van jou ware gevoellens,

    ‘n Ma in ‘n droom — Sommige mense slaag nooit om hulle volkome van hul ma los te maak nie … dus jou ma se voorkeure en begeertes sal derhalwe altyd jou eie beinvloed…… daarom kan ‘n ma dikwels in ons drome voorkom, sy bly altyd ‘n groot deel van jou eie lewe.

  15. Demoerin, moenie worry nie ek sien juis nie die gesig nie.

    Jare gelede het ek gedroom van ‘n donker kop man wat verongeluk. My pa, skoonpa, swaer en man is almal “tall dark & handsome” so ek het my gat af geworry. Drie dae later toe verongeluk my swaer oppad terug army kamp toe.

    Ek het ook een nag gedroom van ‘n man en vrou wat tussen riete in water lê maar kon nie die gesigte sien nie…13 dae later toe kry swart kinders my tannie en haar verloofde se lyke in ‘n rivier in Gingingluvo.

    Daarna het nog twee ooms gevolg en drie van my man se vriende, so nou skryf ek maar die drome neer, bid dat ek bars dat dit nie iemand in my gesin is nie en wag vir die oproep. Dit is nie lekker nie en ek verkies om niks daaroor te sê nie want dit maak my seun wat by ons bly baie senuagtig en ongelukkig.

    Ek moet erken ek het darem ‘n paar goeies ook al gehad. My dogter het verlede jaar vir ‘n BAIE groot rugoperasie gegaan om 2 penne weerskant van die rugstring in te sit wat met 26 skroewe in plek gehou word. Sy het ‘n 50/50 kans gehad om nooit weer te loop nie, en sou sterf as sy nie die operasie gekry het nie! In my droom het sy na my toe gehardloop met die grootste glimlag en gesê : “mamma ek’s weer reguit en eks ok”!

    Ek hoef nie te vertel wat gebeur het nie….sy is 8cm langer en weer reguit en sal lewe, sy kan selfs haar eie kar bestuur – so julle hoef nie te worry nie, drome is goed ook!

  16. Dis ‘n vrek interessante topic die…ek dink ons moet meer sulkes opsit…wat se julle?

    Bons…baie nice comment.

  17. Ek dink dit is dinge wat ons pla, waaroor ons bekommerd is en so wat op die manier uitkom. Dit is jy wat vir jouself se: gee aandag hieraan.
    My eie drome vertolk ek nie letterlik nie. Dood sou ek nie vertolk as fisiese dood nie.

  18. Hoekom droom ek van babas ek meen te sê, ek is al ouma van 10 kleinkinders, en iets wat met my en my dogter gebeur, as ons droom van `n troue dan gaan daar iemand in ons familie dood, en as ons droom van dood dan hoor ons `n week of later iemand het verloof geraak en trou binnekort, sal maar net wonder nê.

  19. My skoonma is ook ‘n mens wat as sy ietsie droom dan moet ‘n mens maar weet hier kom ‘n ding .. of twee. As sy byvoorbeeld van vuil water droom dan moet jy weet hier kom groot en ek meen baie groot k@k, as sy van ‘n troue droom dan is dit dood en as van die dood droom dan is dit ‘n troue of ietsie. As sy droom van poef (k@kkas) dan is dit geluk, ek weet van ‘n paar gevalle wat haar drome waar geword het, dit is nie lekker om altyd te weet sy droom nie, dit stress my gewoonlik heeltemal uit.

  20. where will I be able to gain information on how to make the contact with my subcons. concerning dreams I want to remember. In short, how can I recall a dream ? HIPNOSES ?

  21. Ph
    That might be tough to do. A dream, according to many specialists, is nothing but electrical pulses running through your brain when sleeping. Imagine morse code…or even better, brail (I hope I spelt that correctly).
    A blind person “sees” with his fingers by running the tips over the dots on paper.

    In much the same fashion your subconscious puts images to the electrical impulses your brain creates while sleeping. I think it can be tough to recall what you dreamt, but it should not hurt to contact a good hypnotist and see what he says.

  22. Eish Pagoda… ‘n man van vele insigte..

  23. Ja ek stem saam hoekom nou juis sulke snert droom? Die ergste van als is hoe jy voel nadat jy dit gedroom het. Ek is verloof nog nie getroud nie en het ook nog nie kinders nie. My drome maak glad nie sin nie om van iemand te droom wat jy jare laas gesien het en aanhoudend laat dit jou so begin pla maak nie vir my sin nie. Ek droom baie van n ou n persoon wat ek op laerskool laas gesien het en in elke droom is die droom nie dieselfde nie maar se dieselfde. Ek soek in al die drome na hom maar kan hom nerens vind nie en as ek doen is hy of siek of verdwyn voor my oe of die persoon wat voor my staan is nie hy nie maar gee voor hy is die persoon wat ek na soek. Hoekom droom mens sulke snaakse goed?

  24. Gedroom eks swanger en di baba skiet uit my maag.. Val op die grond maar net sy kop en n stukkie van sy armpie is oor. Toe hy opi grond val het alles uit mekaar geskiet…asb help my

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: