Groete uit Senekal

Dearest,
How is your day?.
Mine was hot over here in Dakar Senegal.My name is Mimi James, Am (22) single and never married, i am from Ivory Coast and presently i am residing in the refugee camp here in Dakar Senegal as a result of the civil war that was fought in my country. My late father Dr James Toure was chairman managing director FAN INDUSTRIAL COMPANY LTD, in Ivory Coast and he is also the personal adviser to the former head of state before the rebels attacked our house one early morning killing my mother and my father. It was only me that is alive now and i managed to make my way to near by country Senegal where i am living now as a refugee. I would like to know more about you. Your likes and dislikes,your hobbies and what you are doing presently. I will tell you more about myself in my next mail. Attached here is my picture and i will like to see yours, Hoping to hear from you soonest.
Yours Mimi.

     

 ______________________________________________

Dis nou ‘n mail wat in Die Werf se boks opgedaag het.Ek is nie heeltemal seker wat die punt hiervan is nie!  Ek is te vrek bang vir die blerrie 419 scams om selfs ‘n reply van “fokkof!” te stuur!  Ek is amper geneig om te reply en saam te speel totdat ek voldoende bewyse kan kry dat dit ‘n scam is.  Maar wat as dit nie is nie?  Hoekom Die Werf se mail addy?  Het julle al iets soortgelyks gekry?  Is van julle al met slap rieme gevang met scam mails?

16 Responses

  1. Heeeehaaaaa! Pagoda! Dis baie snaaks. Ek dare jou antwoord, net vir ons vermaak.

    Ek dink hulle kry die e-mail adresse met ompaaie en vat ‘n wille kans. Ek het bv al ‘n e-mail gekry dat ek ‘n pot vol geld (was iets soos 70 000 pond) gewen het met die UK lottery, en ek speel nie eers nie. Ek het dit net geïgnoreer, nadat dit my ‘n oomblik opgewonde gemaak het.

  2. Anniegetyourgun, ek kry ook klomp emails van geld wat ek gewen het. Dan moet jy mail stuur na ‘n adres wat hulle gee om te bevestig dat jy geld wil he. Dit het ek nou al so 2 keer toe gedoen, maar dan kry jy mail waar hulle al jou besonderhede soek en net daar is ek te bang om verder iets te stuur, so ek delete nou als wat ek kry in daardie verband. Ek is te bang om enige privaat besonderhede sommer so uit te gee.

  3. Lizet, jy moet asb nie jou privaatbesonderhede vir hulle stuur nie. Hulle is kriminele!

  4. Hello Werflinge 😉

    As sy ‘n “refugee” in ‘n “refugee” kamp is in Senegal is ek die Pous en ek is nie eers Katoliek nie.👿

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄🙂

  5. “Dearest”…….. hehe
    Dis so simpel

  6. Hie hie, somewhere out there, there is a refugee called Mimi and she likes Pagoda …….. sorry joke net🙂 Net nadat ons hier aangeland het in NZ het ons ‘n email gekry van baie $ wat ons gewen het met een of ander trekking wat gedoen is wereld wyd, ek het dadelik begin opgewonde raak want hel, hoe sou hulle van ons geweet het, ‘n week daarna kry ek toe weer ‘n mail van die mense af wat vra vir adres bevestiging en’n vorm wat ek toe moes invul en terug stuur, en in die vorm soek hulle jou bank besonderhede sodat hulle ‘n “money transfer” kan doen, ek sal dit bietjie vir julle gaan soek op my e-mail en dit vir julle aanstuur.

  7. Scam – bly VER weg Pagoda! Uhm al lykkit of sy dalk mooi tietties mag he…oppi foto issit net te dem 1 dimensioneel. Gaan jou glad nie help nie, tensy jy wil gaan kamp.

  8. 😆 Dis seker Manto in haat flat in Hillbrow! Net vir ons entertainment dink ek ook jy moet antwoord! Ek het ok al hope geld gewen, word ook deesdae alles van Doktorsgrade tot MBA’s aangebied sonder dat ek hoef enigiets te doen…hehehe…ek moet net registreer!

  9. Moet bysê dit is ‘n moerse nice refugee camp daai, en ek wonner hoekom is haar van, haar Pa se naam. Miskien werk dit anders in Wes-Afrika Afrika?😆

  10. Môre almal, hoop julle het ‘n heerlike dag vandag.
    Anniegotyourgun, ek het ook so gereken, en is ok te bang om persoonlike besonderhede uit te gee, so ek delete nou maar net die mails.

    Phibbie – Baie geluk met jou verjaarsdag! Hoop jy het ‘n baie lekker dag, en alle voorspoed en geluk vir die jaar vorentoe! 🙂

  11. Ek dink dit is dalk ‘n vet harige man wat dagga rook en suur bier drink terwyl hy sy scam emails uitstuur.

  12. Baie geluk met jou verjaarsdag Phibbie!!! Alle voorspoed vir die nuwe jaar vorentoe.
    😆 Snaakse mail wat jy gekry het Pagoda!!

  13. Geluk met jou b/day Phibbs!!!! Ek dink aan jou en ek mis jou baie!!

    Dis die eerste refugee kamp wat ek sien met e-mail….whahaha. Ja, miskien moet jy reply vir die fun, jy weet mos wanneer om te stop.

    Ek kry daagliks daai mails van die miljoen dollar lottery. Ek het eenkeer gereply en toe moes ek my besonderhede en details gee toe delete ek dadelik daai mail. Kry nog elke dag sulke mails. Blerrie skelms!!

  14. Hi Pagoda

    Sorry eks so stil eks Horibal de moer in , my dogter en haar vriend het dokument probleme in Heathrow London gehad en is terug gestuur Suid Afrika toe, hulle land elf uur vandag.Ek sal `n posting doen daaroor.

    Maar ja ek kry sedert ek my een mail adres op SSSB gesit het aaklige mails en heavy scams, daagliks, ek het al geleer wat om oop te maak en wat om dadaelik te delete.Ek het selfs al “Fuck you” terug gereply net om nog meer sulke crap te kry.

    Lekker dag almal.

  15. HAllo al julle oulike mensies🙂

    Phibbie : Happy b-day to you happy b-day, ek hoop die Here seen jou en spaar jou vir nog 100de jare. Mag al jou geliefdes om en by jou wees vandag om hierdie spesiale dag saam met jou te vier en mag al jou drome en wense bewaarheid word.

    Ag nee man brein wat gaan dan nou daar aan?? ek hoop jy sorteer jou dogter se dinge gou gou uit en laat weet ons asb. Sterkte daarmee

  16. Hi Hoeners

    Brein, het dit dalk te doen met die nuwe wet wat verlede week in die UK uitgekom het oor die werksvisas? Almal moet nou kwansuis terugkom en van voor af aansoek doen vir werksvisas. My stiefseun is daar op ‘n werksvisum (wat ons al 2 keer ten duurste extend het) en ons hou nou duim vas want hy het by die UK Army aansoek gedoen. Aanvaar hulle hom, dan hoef hy nie terug te kom nie en kry burgerskap. Hou asb duim vas – hier is nie ‘n toekoms vir ‘n outjie met net matriek in die land nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: