26 Lewensfeite vir vroue

 

1.       Die ego van ‘n trouman is so dun soos ‘n membraan. Bly weg van ‘n man met ‘n ego wat nog dunner is. Telkens wanneer die pieperige ego’tjie skeur, gaan die   eienaar  jou verantwoordelik hou vir lyding en verlies aan lewensgehalte.

 

2.       Moenie oorhaastig verloof raak of trou nie. As dit ewige liefde is gaan hy nie toelaat dat iemand anders hom binne die volgende ses maande opraap, ontvoer of blywend betower nie.

 

3.       Vroue wat nie trou nie, het hul redes. Gelukkig vir die mansgeslag is die vrouens te diskreet om dit aan die hele wêreld bekend te maak.

 

4.       Wanneer aanneemkinders op hulle aanneemouers se harte trap, is dit nie omdat hulle aanneemkinders is nie, dit is omdat hulle kinders is.

 

5.       Jou bejaarde ouers se harte is so broos en breekbaar soos hulle heupe.

 

6.       Jou getroude dogter (en skoondogter!) se skokkende kaste, vaal kastrolle, harde kussings, kunsveselkomberse, kitcherige skilderytjies en taai ketel is reg net soos dit is.

 

7.       Soms is dit net een van daardie dinge!

 

8.       Jy hoef nie alles by te woon, te sluk, te onthou, te ondersteun, te besit, te weet of alleen te hanteer nie.

 

9.       Jou gewig is reg solank jou regterbobeen nie jou linkerbobeen rou skaaf nie.

 

10.     Wat jy nou beleef, gaan ook verby.

 

11.     Die geveg teen oud word is interessant, maar in aanvaarding lê ‘n skat van vrede opgesluit.

 

12.     Wanneer ons ophou om mooi aan te trek en net in sweetpakke en oorgroot T-hemde rondloop, jok ons wanneer ons sê: “Ek voel gemaklik so.” Wat ons eintlik sê is “Ek voel ongemaklik oor myself.”

 

13.     God gee om.

 

14.     Die ouer wat ‘n obsessie ontwikkel oor een talent in haar kind se lewe, kom selde agter hoeveel potensiële vriende haar kina verloor.

 

15.     95% van kinders op wie daar druk van hierdie aard geplaas word, gooi daardie talent na skool weg en vind terselftertyd dat hulle die kuns om hulself deel van ‘n groep te maak, nie op 20 eers kan aanleer nie.

 

16.     Egskeiding is nie ‘n onvergeetlike sonde nie, maar dis ‘n haaiaanvaal op kinders.

 

17.     Seks is veronderstel om lekker te wees.

 

18.     Die saad van die allerverskriklikste sondes lê onder die sand van elkeen van ons begrawe. Dit wag net vir die regte omstandighede om te ontkiem.

 

19.     Was daar nie onverdiende genade nie, was dit ek.

 

20.     Maak meer en meer sagte plekke in jou hart vir meer en meer mense.

 

21.     Kinders het hulle ouers se ore nodig.

 

22.     Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou lewe.

 

23.     Die lewe is hard. Mans soek sagtheid.

 

24.     ‘n Vrou moet nie te toegeeflik, te afhanklik, te praterig, te stil, te onafhanklik, te agterdogtig, te goedgelowig, of te haastig wees nie. ‘n Vrou het styl wanneer sy begrypend-menslik-uitreikend-belangstellend-sterk-nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie-goedgesind-onversteurbaar-kalm leef en optree.

 

25.     Om net te wil hê is kinderagtig.

 

26.     As jy ‘n kat of hond het, gaan jy ontdek dat hy kan praat.

 

Maretha Maartens – ek laaik jou kwaai!

19 Responses

  1. Please NOTE 17 en 25!😆 Paar goeie lesse hier!

  2. Baie nice inskrywing!!!

  3. Als so so waar!

  4. Hi Annie, lekker een hierdie.

    Ek wens my skoonma wil nr 6 lees!!

  5. Hello Werflinge 😉

    As minder mense altyd poog om ander te wil verander maar liewer hulle ondersteun en aanmoedig in dit wat hulle goed is, dan gaan dit ook sommer baie beter gaan in die ou wereld van ons.

    Groete van Huis tot Paleis; Pondok en Varkhok🙄🙂

  6. Reine Waarheid.

  7. Yep ek stem met als saam! White Knight nice om jou weer raak te lees!

  8. Goeie more almal. Trug uit die noordelike vries gedeeltes. Ek het pragtige huisie gekry. Gaan laer als opvolg wat hier gebeur het. Baie om te reel nou en baie werk om op atum te kry

  9. Goeie more almal. Trug uit die noordelike vries gedeeltes. Ek het pragtige huisie gekry. Gaan laer als opvolg wat hier gebeur het. Baie om te reel nou en baie werk om op datum te kry

  10. Hi julle ouens. Ja ek stem saam met White Knight dat mens ander onvoorwaardelik moet aanvaar.

    Lekker dag vir julle jaartlinge!

  11. Nee alles lyk pratig wat die dame hier sê maar sy leer die vrouens niks oor wat om te doen as jou man ALTYD sport kyk nie.

    Sy vaal in haar poging….😆

    PS. As jou man sport kyk los hom uit, vra hom net so elke 15 min. of hy iets wil eet of drink, ook nie te veel nie anders pla jy hom…. 😆

  12. hehehe Griffel – thanx vir daai een, ek sal dit onthou!!

  13. Huh uh hy moet my vra of ek iets wil he want ek kyk baie meer sport as hy. hehehehehhehehehehehhe

  14. Hey Phibs hoe was die B’day, is jy darem lekker bederf of kom dit nog??

  15. Hi bons. Jip ek het my ring gekry. Was die hele dag op die pad rug RB toe. Darem mooi plekke gekry om te bly etc. So ek voel happy, net die trekkery le nou voor

  16. Jippieee!! Hi Phibbs, ag ek het jou gemis hoor. Alles klink darem nou uit-gesort, nou net die trekkery. ‘n Ring gekry?? Jou lucky fish.

  17. Hi Koekie. ja ring met 3 robyne en 2 diamonds. Hehehehe. Maar pappa het die mooiste kaartjie gekoop met die mooiste woorde en nog mooier woorde ingeskryf. Ek was meer impressed met die kaartjie. hiehiehiehiehiehie

  18. Ag dis baie nice Phibbs!! Ek is ook altyd mal oor ‘n kaartjie met opregte woorde in.

  19. Ek wil graag no18 “offisiëel” aanhaal – kan iemand my van die details oor die boek of tydskrif waarin MM hierdie waarhede laat publiseer het, laat kry? Dankie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: