Ceres

Ek is gevul met nostalgie so paar minute gelede.

 

Ek het al vantevore (weet nettie of dit hier was of elders nie) al vertel hoe groot my familie is.  My ma was een van 13 en pa een van 14 (sover ek kan onthou).  So niggies, neefs, ooms en tannies is die hele land vol…soos onkruid.

Maar die een antie bly in Ceres.  En as kind, as my pa daai woorde uiter “Ons gaan kuier van tannie Truida die naweek)” was die tasse al gepak en sit en wag jy in spanning vir die Vrydag om te nou te kom!

Ceres het nog altyd is sagte plek in my hart gehad.  Klein plekkie (daai tyd, amper ‘n stad vandag, nes Worcestor), maar Dennebos, die brug oor die Bergrivier, Die Royal Hotel, Die Belmont Hotel, staptogte deur die golfbaan, koel waterpoele in die berge in die lente, die vuurwarm somers en koel water in die riviere…ai man…alles het nou net teruggekom.

 

Maar so ook die yskoue winters.  So koud dat as jy klaar gebad het en daai droë handdoek nader trek voel daai handdoek eintlik nat, so koud is dit!  So koud dat die paaie ge-ys is by tye.  As jy met enigiets anders as tekkies rondvlenter sal jy ten minste drie keer op jou alie neerslet op jou tog.  En toe word hierdie fotos vir my gemail…gevriesde cherriebome!  Innie winter…op Ceres.  Die fotos is 4 dae gelede geneem deur ‘n vriend…en ek verlang terug na my kinderjare.

   

23 Responses

  1. Ag dis so mooi!!
    Ons het altyd by my tannie-hulle op die plaas in Vaalwater gaan kuier. Dit was lekker tye daai. Ek mis dit.

  2. Ceres eks mal oor die plek en net jammer ekwas nog nooit in die winter daar nie.Ek hoor hulle se dan`s dit sprokies mooi.Maar watter plek in ons kinderjare was nie mooi nie.

  3. Daai fotos is so pragtig. My verlange is weer na ‘n plekkie in die karoo, Steynsburg. Daar was die swembad in die dorp gevul met paddas en eks nou rerig nie mal oor hulle nie. Altyd op naweke gaan kuier op my vriendin se plaas. Perd gery etc etc. Maak mens sommer nostalgies van verlange

  4. Ek is een van die gelukkige mense wat bly in die dorp waarvoor ek die liefste is vandat ek klein was, Paarl. Maar stem saam Pagoda, Ceres is pragtig in die winter, het jy al kersies gaan pluk? dis nogal ‘n ervaring

  5. Ek het as kind ja. Sommer so sakke vol. Ons het so baie van die bome afgeeet dat ons yoghurt magies gekry het! LOL!

    Good times…..

  6. Ons het ook al so gepluk en die mans in die geselskap het meer van die bome geeet as wat hulle in die houers gesit het, later die middag toe moes ons koes daar tussen die cherrybome, as die mans hier pluk het ons maar daar anderkant gaan pluk, hehe

  7. Baie mooi foto’s!!!

  8. O ja amper ek hy gavergeet hom die ene.Ek hy was ok al by die koue plek en hom gavoel die koue ghoen by my broek, ek gahaal hom uit en gavryf hom tussen my hanne en toe hy maak PRRRTTT POEP!

    Nou my poep hy was gavries vannie koue.

  9. Sorry Pagoda Ceres hy laat my aan jou denk……………………..Leeukoud. Bwa ha ha ….Net kop en maanhare.

  10. Ek lees soms hier – geniet die site. Nog nie wou comment nie – tot nou. Ek is van Ceres. Nie gebore, maar getoee. Probeer nog so 2 keer ‘n jaar Joburg ontsnap om te kuier by my ouers. Dit is en bly maar ‘n mooi dorpie. Goeie memories.

  11. Ceresiet…ken jy die Mollers?

  12. Dit is sprokies mooi daar pagoda32

  13. Pagoda32 – Ek is al so lank weg van Ceres, maar ek ken Mollers, ja.

  14. Hoe oud is jy as ek mag vra Ceresiet?😉

  15. ek is 34. Jy? Jy praat dalk van Mollers voor my tyd… Of na my tyd…

  16. Selle tyd Ceresiet.
    Ek’s 32…my niggies en neefs, Bernita, Hannes en Wimpie Moller…ken jy hulle?

  17. Pagoda – erg soos dit klink (en in ag genome hoe klein Ceres is), lui dit nie ‘n klokkie nie… Was jy daar op skool?

  18. nee jong…het net daar gekuier.

  19. ek gaan weer kuier in desember. ek sal bietjie jou mollers gaan soek.

  20. Sallie nodig wesie! Ek weet die ma (my antie) is nog daar, en die res van die kinners is die hele land vol…swerwers…die lot van hulle!

  21. Kosie Moller lui ‘n klokkie…?

  22. Glattie…sorrie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: