Dankie oom P.W.

Oom PW,

Ek weet jy gaan nooit die voorreg he om die brief te lees nie, want jy is nou dood.

Die koerant is nou vol stories van hoe bang die mense wat saam met jou gewerk het vir jou was, want jy glo was ongenaakbaar, hard ensovoorts, ensovoorts.  Maar ek wil net vir jou dankie se vir jou bydrae tot my gelukkige jeug.

 

Dankie dat my maats en ek tot laat in die aand in die parkie kon speel sonder dat ons ma’s bang was dat iemand ons sou verkrag, vermoor, ons lyke vermink en ons half kaal lyke agter n bos wegsteek.  Dankie dat ons in jou tydperk as heerser van Suid-Afrika nie geweet het van motorkapings, hoe heinings, palisades, helse slotte aan straathekke en veiligheidhekke nie.

 

Dankie dat ons sommige aande met n oop voordeur kon slaap sodat die koel somerbriesie die hitte kon verdryf.

 

Dankie dat ons boeties in vrede by die dam kon gaan visvang en sommer op n slaapsak langs die viswaters kon slaap.

 

Dankie dat ons in jou tyd nie met geslote motordeure hoef te gery het nie.

 

Dankie dat ons in jou tyd nog vir die boemelaar by die hek n broodjie en koffie kon gee en nie soos nou bang-bang deur die kombuisvenster vir hom skree “voertsek” nie.

 

Dankie dat ons in jou tyd nog vir mekaar omgegee het.

Vandag weet ek nie eers wie my bure is nie.  Almal is net te bang om betrokke te raak.

 

Dankie dat jy vasgestaan het in jou geloof en dit wat jy gedoen het en niemand onverskonning gevra het vir dit wat in jou tyd as heerser gebeur het nie.

 

Ek se:  “viva oom PW, viva”.

 

Rus in vrede want Suid-Afrika is nie meer lekker nie.

 

Ek het die mail `n ruk gelede ontvang en plaas dit net hier vir interessantheid.

7 Responses

  1. Viva Oom PW, viva !!!!!!! Brein dit is sulke ware woorde, waar kan julle in vandag se tyd julle kinders op hulle fietsies laat rondry in die strate? daai was die goeie ou dae gewees, vandag se kinders so dit baie meer geniet het as dit nog so was, maar nou laat jy hulle maar voor die tv le en speel hulle games, want jy kan beslis nie dat hulle buitekant rondspeel nie.

  2. Viva!!! Oom PW!! Met jou vinger in die lug, het jy ten minste gesorg dat ons veilig is!! Ek het die wonderlikste, veiligste kindertyd gehad!! Nou hardloop ek soos ‘n brandwag rond om my plek te beskerm. Ons regering “suck”

    Reënboog land my alie… hierdie banana regering weet nie hoe om die land te bestuur nie. Jy moet of landuit vlug of wegkruip. Bid dat jy in die aand weer veilig na jou plek kan terugkeer!! Bid dat jou kinders nie verniel gaan word nie. Dat jou ouers nie met ‘n graaf oor die kop geslaan gaan word nie.

    In PW se tyd is die dinge nie toegelaat nie. Hy het sy werk gedoen en nie orals in die wêreld rond geflenter nie. En hy sou nooit so hand om die blaas met hierdie Mugaab gestaan het nie.

    Of hierdie land reggeruk kan word, hel almal mag hoop, maar ons weet mos maar – hoop kan soms ‘n hoop gemors ook wees…

    Wie sou die land wel kon regruk: PW Botha!! met sy vinger in die lug!!

  3. Ja hy was reg oor die total onslaught, dit vat netbietjie langer, maar ons is amper daar.Ek sien sekere mense se sy dood het 90 jaar te laat gekom.

    Ek kan ook byvoeg, geen vuil stede en parke, geen potholes, lewenskostes was gerieflik en behoorlik bestuur, stedelike verval sou daar nie wees nie.

  4. Maak nie saak hoe mens daarna kyk nie, dit suck nog steeds met die huidige toestand in ons land

  5. Ja hy was reg met die Totale aanslag dit vat net langer, maar ons is amper daar.

    Party mense se sy dood het 90 jaar te laat gekom.

  6. Omyfok wat het ons hier , dis PW se gesig, is daar nerens om te vlug van daai man se mooi gesig.Sit dit af , sit dit af .(Johannes Kerkorrel)

  7. *kyk oor my skouer vir engele wat “halala afrika” sing*…Johannes Kerkorrel! Is dit jy?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: