Ken jy wit goud?

Hiers die doner – volgens die description is hy ‘n Habanero!  Who knew?

 

Wit goud – ek ken hom.  En hy was vanmore en laat gisteraand my beste vriend…so bietjie afgekoel in die vrieskas natuurlik…

 

My vrou weet ek’s mal oor chillies.  En sy besluit sy gaan my ‘n nuwe ene aanskaf wat Fruit & Veg op hulle rakke gehad het laas week.  Een sticker op die dosie – “Boerland Farm”

 

Nou kyk, ekke het een allemintige pyndrumpel as dit by chillies kom.  Ek KAN waar ander al weghardloop net van sien…

Ek besluit gisteraand ek maak burgers.  Maar met ordentlike flame grilled patties.  Elk omtrent 250gram mince, vars gemaal – lê nog in sulke wurmpies in hul houers.  Oppie vlammende kole met Jimmy se sous en sout en peper.  Daarna op die rolletjie met my sous en ‘n gebakte eier.  Koningskos.

 

Maar daai sous.  Toe ek vier klaar gekerf het hang daar so doodsreuk in die kombuis wat selfs die “lone ranger” kokkerot by die deur laat uithardloop het.

Ek dog toe: “Hoe warm kan ‘n medium groot oranje chillie dan nou eintik wees?”  Nog nooit een gesien nie en hy sny en voel soos ‘n green pepper! Ai fokkietoggie…

 

My poepol het ‘n wit vlag gehys na die derde byt, my derms het hulself losgewikkel en in gelid in die gang af gestap op soek na melk na die vyfde.  Dit was koud gisteraand en ek moes gaan stort toe ek klaar geeet het…sopnat gesweet!

 

En vanmore voel my agterstewe of Borat hom met ‘n rubbervuis beetgekry het.   Vuisvoos….

Sal dalk die resep plaas vir die avontuur lustige mense hier…ek laat staan eerder daardie chillies in die toekoms.

 

14 Responses

  1. Whahaha Brein… thanx dat jy my bietjie laat lag. Ek’s self mal oor chillies. My man se mond hang partykeer oop as hy sien hoe eet ek brand goed.
    Sit asb daai resep op, ek sal dit beslis probeer.

    hahaha, ek lag weer vir jou..”My poephol het ‘n wit vlag gehys…”

  2. Dit was my post!😦

  3. Sorry Pagoda!! Thanx vir ‘n lekker lag sessie!

  4. Is cool…🙂

  5. Hehe Pagoda. Ek weet waarvan jy praat want ek is ook ‘n chillies verslaafde en hou maar die t papier in die yskas. Maar ek moet sê lyk my jy oortref als wat ek nog gehoor het!

  6. Pagoda,

    Ek het nou lekker gelag… baie goed geskryf , jy is skerp met jou sêgoed ek geniet dit geweldig.

    Ek eet nie juis baie “Hot” kosse nie, maar bang vir daardie brand goed. Hier in Natal eet ek nie sommer kerrie nie net as ek self maak, dan is dit maar flou en eetbaar.

  7. Gaan hom probeer Pagoda, ek hou ook daarvan om sekere kosse voor die fan te moet eet🙂

  8. Pagoda ja ek lief ook chillies, ek kan eet soveel as wat ek wil en my exhaust brand glad nie wit nie,my skoonpa se uitlaatstelsel ontgeld dit ook die volgende dag.

    Pagoda as jy weer warm chillies eet moet jy `n eetlepel Tabasco sous sluk, fokkit dit neutraliseer onmiddelik die chillies se brand, glo my dit werk.

  9. Ek dinkie ek eet die wetters genoeg nie. Vroulief borsvoed nog en alhoewel sy self van ‘n ou chillietjie hou moet sy nou wegbly van hom of sy voer baba karringmelk (volgens raad wat ons verniet gekry het). So is maar uit oefening uit…en dan ‘n habanero in jou skoot…was byna te goed om waar te wees…en dit was ook!

  10. Whahaha dis hillarious!! 😆

    My poepol het ‘n wit vlag gehys en voel vuisvoos!!

    My eerste hard lag van die dag – puik gedoen!!

  11. Pagoda: Ons was Desember in Prins Albert en by die internet kafee op die dorp is daar ‘n tannie wat sulke swaar goed verkoop. Kyk ek like warm en ek like warm kerrie, maar daai was ver bo daai klas. Nie eers toiletpapier innie deepfreeze het gehelp vir dit nie. en braaf was ek toe nou die eerste keer sommer 2 lepels vol. Fokkit ek kom nie naby daai bottel goed nie.

  12. Maak maar soos my hondjie, hy hurk en skuur sy fondament op die koel gras so loop loop, nadat ek hom hot spicy buffalo wings gevoer het.

  13. Omyfok! Ek kan imagine ons humans skuur ons agterente so op die gras. Not a pretty picture.

    Pagoda, as ek reg onthou is die Habanero die warmste chillies! Ons het ‘n chillies boek.

  14. Eet liefs `n potjie vaseline voor jy weer die chillies nader roep. Dit line jou helemal van voor tot agter.

    Nie lat ek glo wat ek skryf nie….het op 4jarige ouderdom die tabasco sous gebruik as rooi koeldrank. Helemal af van enige iets wat brand!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: